Quantcast
Channel: Snotstories – Watkykjy, huh?
Viewing all 228 articles
Browse latest View live

Jordskott is aansienlik donkderder as Murder She Wrote en donker is fokken baas

$
0
0

Die naaste wat jy moontlik aan Sweeds kom is wanneer jy die die instructions op jou Gillette skeerroomblikkie lees terwyl jy jou wors en eiers met die ander hand in die stort cradle:
“För att förbereda dina bollar för bladet, börja med att stänk dem med kallt vatten!”
Of in Afrikaans:
“Om jou ballas voor te berei vir die lem, begin deur dit met koue water te spat!

Dis een manier om Sweeds te probeer baasraak vir watookal die rede is waarvoor jy dit gaan nodig kry. Terloops, as jy dalk soos ek onder die indruk was dat Gillette ‘n Sweedse company is, het ek nuus vir jou. Dis 100% Amerikaans en is begin deur ‘n bra met die awesome (for real) naam, King Camp Gilette, die baas van die safety razor. Maar ons is nie hier om oor jou geskeerde ballas te praat nie, ons het net gedink dis ‘n skerp manier om ‘n artikel mee te begin…
*crickets*
‘n Beter manier om Sweeds te leer lees en praat is deur Jordskott op Showmax te kyk. Hier en daar is daar ‘n woord wat soos gefokte Afrikaans klink – so asof Afrikaans in jou driveway met ‘n bal gespeel het en jy per ongeluk oor Afrikaans se been gery het met jou bakkie. Daai tipe klankie.
Die letterlike vertaling vir Jordskott is “aardskoot” of “earth shot”. Ek verstaan dit nie lekker nie maar dit omskryf glo die rare verskynsel  wanneer ‘n groot  stuk grond of aarde  opgelig en etlike meters geskuif word deur een of ander  natuurlike phenomenon en ‘n gat in die grond agterlaat. Dit klink vir my asof ek daai gat sal toekak en weghardloop by die aanskoue van so rare gebeurtenis, want dit klink nie vir my ‘n fok “natuurlik” nie.

Die actual plot? Speurder Eva Thörnblad (gespeel deur Moa Gammel) keer na sewe jaar terug na Silverhöjd (Silwerhoogte – daar leer jy nou jou eerste Sweedse woord). Dis ook sewe jaar sedert haar dogter, Josefine spoorloos verdywn het naby ‘n meer in Silverhöjd se digte woude. Die lyk is nooit gevind nie en almal vermoed dat sy verdrink het. Fast forward terug met Eva Thörnblad se terugkeer en sy moet ‘n soortgelyke saak ondersoek waar ‘n laitie ook verdwyn het in dieselfde omgewing. Die inpsekteur ondersoek dus of daar ‘n verband is tussen die laitie en haar eie dogter se misterieuse verdwyning. Terselfdetyd moet sy ook na haar rykgat vader, Johan Johan Thörnblad, se legacy omsien. Laasgenoemde het lekker kakbaie grond by die voorvaders gescore – hulle het in fact die hele woud besit – en die oom het ‘n moerse timber besigheid opgebou. Met so baie hout kan jy saag en spyker na hartelus.
Anyway… as the plot thickens, raak meer kinders weg – hulle word ontvoer en hierdie storie wat aanvaklik blyk of dit ‘n run-of-the-mill gryserige polisiedrama is, raak al hoe vreemder en sinister. Enige iemand wat vertroud is met folk tales, fairy tales en so bietjie mix van die occult, sal die donker bedreigins waardeer wat deur die reeks trek. Hierdie is ‘n tipiese ‘whodunnit’ met die bonatuurlike as integrale deel om die folkore vibes te ondersteun. Jy gaan maar jou volle aandag van die begin af moet gee, want die storie is besaai met leidrade wat vingerwys na ‘n dieper, donkerder sub-plot.
As jy ‘n fan is van The Killing, Fargo, Twin Peaks, Grimm en Supernatural, sal jy hierdie reeks moerse geniet. Basies is enige folklore wêreldwyd geskep deur kulture om die natuurlike wêreld om hull te probeer rasionaliseer en enige show wat hierdie doeltreffend kan tap, sal ‘n sukses wees. As jy ‘n fan van ander Nordic of Scandanavian tipe shows of movies is soos Viking of The Girl With The Dragon Tattoo, is daar ‘n groot kans dat jy aanklank sal vind by Jordskott – nie noodwending oor die storielyn alleen nie, maar ook oor die look & feel. Daai donker, grys Europese vibes waar die akteurs min make-up dra (en dit ook nie nodig het nie). Al Liam Neeson se Taken gekyk? Dis daai grys D-Cinelike gevoel wat mens kry. En die woude en grys vibes en mis in hierdie stories is ook gewoonlik poes scary.

As jy ‘n hippie, vegan of een of ander variant tipe tree hugger is, sal jy dalk voel dat Jordskott by tye miskien ‘n dunbedekte propagandastuk is wat waarsku teen die gevare van korporatiewe gierigheid en die grootskaalse uitbuiting en onnodige verwoesting van natuurlike hulpbronne. Case in point, die poesgroot woud in hierdie storie wat deur white monopoly capital aangepass is van een generasie tot die volgende. Maar maybe is jy net besig om ‘n doos te wees wat maar net moet probeer om ‘n lekker TV reeks te kyk sonder om te diep te probeer duik. Netnou versuip jy in jou eie intellek.

Jordskott val onder Scandi noir, oftweel Scandinavian noir (soms ook genoem Nordic Noir) – ‘n genre van misdaadfiksie wat vanuit ‘n polisie-oogpunt geskryf is en oorgedra word. Die dialoog en taalgebruik is moerse basic en kakeenvoudig – hulle bly byvoorbeeld redelik vêr weg van die gebruik van metafore af. Die eksposisie en settings is gewoonlik sulke bleek, natterige en grys landskappe en die mood is oorwegend swaar en donker. Sulke katjie-nek-omdraai bui. Om nie eers te praat van moreel-kompleks nie. ‘n Voorbeeld van moreel-kompleks is om byvoorbeeld om ‘n rapist te vang, sy piel af te kap en in sy mond te druk – sure, rapists is die absolute fokken kak van die aarde, maar dis ook debatable of dit moreel aanvaarbaar is om iemand se piel af te kap en in sy smoel te druk.  Bel maybe net die polisie. Hulle kan dit doen. By the way, hierdie voorbeeld wat ek pas gebruik het is glad nie in die reeks nie, so moenie dat ek jou afsit of teleurstel (jou fokken sicko) nie. Scandinavian Noir beeld ook ‘n spanning uit tussen die oënskynlike vervelige, grys en dun sosiale oppervlak en al die onderliggende kak wat buite sig afspeel in Skandinavia – moord, verkragting en mysogyny.

Jordskott is aansienlik donkderder as die Murder She Wrote tipe ‘whodunit’ speurderstoriestyle. Die donker is fokken baas.

Net ‘n waarskuwing: As jy nie like van subtitles lees nie, gaan jy nie so goed doen met hierdie reeks nie. Ek is fokken bly hierdie reeks is nie oorgeklank nie. Dit sou die hele vibe van sy authenticity ontneem het. Subtitles is cool man, jy kan jou tjommies tune: “Dis baie kompleks hoor. Dis ‘n Sweeds reek met subtitles maar jy raak gewoond daaraan”
Check, nou lyk dit of jy fokken fancy en arty is…

Sign hierso op vir ‘n 14-dae free Showmax trial – Soos reeds genoem kan jy nog baie Scandinavian goodness op Showmax kokkenodge soos The Girl With The Dragon Tattoo (die hele trilogie) of Vikings, maar ons sal nog by hulle ook uitkom. Gaan skrop solank rond met jou free trial. Jy sal glad nie eers ‘n dent in die content kan maak nie, maar ons kan jou verseker dat twee weke genoeg tyd is om te besluit om die diens te hou of te cancel.

As jy van ons vorige reviews gemis het en jy soek lekker leesstof, gaan krap hierso rond: http://www.watkykjy.co.za/tag/showmax/

 

Deel met jou tjommies!

    Advertensies tydens die game – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

    $
    0
    0

    Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

    Advertensies tydens die game

    Retro Tv Commercial

    Advertensies het nou maar eenmaal ‘n manier om meeste uitsendings tos te maak. Dit laat die Comrades soos ‘n sirkus lyk, dit pla as jy die jean-Claude Van Damme fliek op e.tv wil kyk, maar die grootste – en mees onvergeeflike – oordtreding, moet ads tydens regstreekse uitsendings wees.
    Die game is ‘n stukkie heiligdom in meeste ouens se Saterdag. Jy sien ten minste ‘n week lank al daarna uit, spankeuses word bespreek en voorspellings word gemaak. En dan, as die oomblik aanbreek, is dit soos om in ‘n boek of fliek verlore te raak. Behalwe dat jy nie hoef te lees of huil nie. Subliem, met ander woorde.
    Maar dan, omdat die games die vermetelheid het om nie vir advertensies te stop nie, dring uitsaaiers daarop aan om verbeeldinglose, irrelevante advertensies tydens speeltyd in te prop.
    Gedurende die spel. In die game. Terwyl hulle speel.
    Die beeld krimp soos ‘n piep in die winter en ‘n handelsmerk vat die skerm oor. Met skrefiesoë probeer jy uitfigure wie op pas is na wie se doellyn toe, of dit ‘n moerse ses of ‘n stupid shot in die lug op is. John Smith? Bryan Habanna? Graeme Smith? Sibusiso Zuma? Intussen flits bemarkingsboodskappe vir iets arbitrêr soos ‘n bakrekening flink oor die skerm, en êrens betaal ‘n kliënt uit sy boude uit vir dié blootstelling.
    Wat verwag adverteerders? Dat ek op hulle vervelige standaardtjekrekening met superhoë bankkostes verlief gaan raak en in lang toue gaan staan terwyl net drie uit tien tellers beman word? Dat ek onmiddellik die game gaan afsit en bank toe jaag, wat dan anyway toe is? Of dat ek sommer net in my TV-kamer gaan begin handeklap – eers stadig en dan al vinniger tot hulle pay-off line skerm ontsier?
    Adverteerders, so bou julle nie ons lojalitiet nie. Inteendeel, ons is geneig om jou handelsmerk selfs nog meer te verpes. Hou julleself in, man, kry ‘n bier en kyk die game saam met ons. Daarna kan ons besigheid praat.

    Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

    Deel met jou tjommies!

      Afrikaanse musiek – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

      $
      0
      0

      Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

      Afrikaanse musiek

      Hierdie Kersfees is daar net een ding wat ek wil hê. ‘n Ander kultuur. Want die fok weet, as Afrikaanse musiek deel moet wees van my kulturele identiteit is ek eerder enigiets anders.
      Goed, so ons erfenis was dalk nie so great om mee te begin nie Daar’s die geskoffel van boeremusiek, die nasionalistiese inslag van ou volksliedjies (baie daarvan sommer uit Duits verteel) en die suikersoet sentimentalitiet van die ligte liedjie wat gedurende die donker dae van Apartheid so populêr was.
      Deedae weer is daar klaarblyklik so baie kunstenaar en style dat mens die nie kan klassifiseer nie. Behalwe miskien as kak. Ironies stel Afrikaanse groep KOBUS! dit die beste: “Ons is gyselaars in een groot kultuurfeestent, word vermaak deur mense met meer selfvertroue as talent.”
      Dis asof elke Jan Rap en sy maat wat ‘n bokskitaar by Cah Converters koop en ‘n paar sub-standaard lirieke in Afrikaans (en paarrym) kan skryf ‘n maand daarba sy eie CD op die rak kan hê. ‘n Tekort aan talent is definitief nie oorkombaar nie. Looks tel mos baie en daar’s niks wat ‘n stewige backbeat nie kan regtoor nie.
      Check bjetjie MK op DSTV uit. Of eerder, check hulle waib uit. Want hulle is “with it”. Hulle stook en kook en als wat wild is. Kompleet met ‘n MTV-wanabe identiteit en shows soos “Af” wat carbon copies van MTV-programme is.
      ‘n Paar jaar gelede was daar van die “Zoid-generasie” gepraat (na aanleiding van Tannie Zoid, wat nou “gelukkig, gelowig en getroud” is). Laat my asseblief toe om te braak.
      Mens sou natuurlik ook kan praat van die “lame” generasie. Want hulle is. Al hierdie nuew start-up kunstenaars wat dieselfde ou reseppie volg en, “jy weet, net hulle deel vir die Taal wil doen, want dis mos ons taal, en Afrikaans kook hoor, jy moet net hoor.”
      Dis baie maklik om hulle teidentifiser. Hoor. Hier’s ‘n paar tell-tale signs:

      • Hulle cover ‘n ou volksliedjie. Maar hulle doen dit swaarder of bietjie anders en dink dan dis moerse cool en vernuwend. Ironies, selfs. Sou dalk ook oorspronklik gewees het as dit nie die honderdste groep was wat dit gedoen het nie. En van wanneer af is ou verafrikaanste Duitse volksliedjies cool? Nee man, siesa.
      • Hulle oorrond sover moontlik. Dalk omdat hulle uit die verkeerde gat probeer praat. Nou is die “Bloemfontaain” en als is “verbaai” tussen “jaauw” en “maai”.
      • Hulle klink soos… wel almal anders. Almal het ‘n tipiese eenvoudige akoestiese-vier-bar-rock-klank. Of ‘n backbeat. Almal kan mos in ‘n band speel. Almal is mos rockstere. Mos. Rock spiders, as jy my vra.
      • Hulle is Afrikaans-behep. Ons weet almal jy is Afrikaans, ons besef jy is lief ir die Taal en wil nie hêdit moet uitstef nie. So what? Knoop Pappa nog jou ‘koenveters, en was Mamma nog jou toggos? Jirre, word wakker my ou. Kom by.

      Wat ons kan gebruik is meer cool bands wat net toevallig in Afrikaans sing. Want, en dit mag nuus wees vir baie mense, Afrikaans is net ‘n taal. Die nie ‘n geloof of ‘n issue of ‘n lisensie om ‘n doos te wees nie.
      En net soos Afrikaans ‘n taal is, is musiek musiek. Kak musiek is kak musiek. Dit word nie beter omdat dit in Afrikaans is nie.
      Die skreiende ironie is dat hierdie kamtige rock-rebelle presies dieselfde konserwatiewe uitkyk het as het as dié van toentertyd se taalstryders en die tagtigsse Caspirs en besnorde polisiemanne.
      Hoe rock ‘n roll is dit in elk geval om vir die behoud van ‘n taal te stry?

      Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

      Deel met jou tjommies!

        Smaak my Suid-Afrika kan nou maar weer lag vir ‘n slag

        $
        0
        0

        (deur Melt Sieberhagen)
        Not with a bang, but with a whimper. Daar vat die main peanut in die plunder-pantomime toe sy goed en loop. Nie maklik nie, maar darem. Nie vinnig nie, maar uiteindelik. Daar is wel diegene wat dink dat Cyril Ramaphosa die beste ding sedert gesnyde (wit)brood is, maar kom ons wees eerlik: Dis nog ’n politikus. Hy hoef net beter te wees as sy voorganger. En dis nie juis ’n uitdaging nie. So met die land wat terugkeer na ’n semi-normale bestaan, is daar ’n heel nuwe uitdaging wat voorlê: Komediante moet nou weer hulle eie jokes skryf, want die groot joke met die stortkop, kuggie en koggelmander-laggie is nie meer daar as standaard giggelmateriaal nie.

        Ten spyte van die ekstra moeite en werk vir ons in die lag-bedryf, is dit grotendeels ‘n baie goeie ding. Daar is great komediante in Suid-Afrika wat enige tyd kan kers vashou by internasionale acts. Daar is ook minder great komediante, maar die meeste van ons is nog steeds nie kak nie. Sit hierdie naweek bietjie terug en geniet ‘n paar van Suid-Afrika se bestes op hulle besete beste.

        Hier is die (trompetgeskal) Grappige Groot 3 op Showmax:

        Gums and Noses
        Okay, hierdie is nie ‘n komediant as sulks nie, maar een van Suid-Afrika se beste komedieskrywers in aksie. Dis ‘n movie wat al meer as tien jaar terug gemaak is en omdat dit nie mainstream teatervrystelling gekry het nie, het dit tussen die krake deurgeval en nie op baie mense se radars verskyn nie. As jy net een van al hierdie shows/programme kyk, maak seker dis die ene. Craig Freimond het intussen ook draaiboeke vir Material en Beyond the River geskryf, maar dis met Gums & Noses wat hy my die heel eerste keer laat besef het sy aanvoeling vir eg-Suid-Afrikaanse humor is haarfyn en erg akkuraat.

        Dit gaan oor ‘n gewone ou (Anthony Coleman) wat ‘n job losslaan by ‘n advertensie-agentskap. Met al die druk om te presteer en deadlines op kreatiewe buite-die-doos-dinkende op te los, val hy in die groot, wit, poeieragtige slaggat wat soveel ad execs in val: Koukyn. Colombian Marching Powder. Wit Goud. Drugs. Vir geen oomblik gaan ek voorgee dat drugs en verslawing ‘n piele of snaakse ding is nie, maar hierdie is tog ‘n lighartige kykie na presies hoe hard en uitbundig ‘n lewe uitmekaar kan val as substance (ab)use die oorhand kry.

        Lionel Newton is sy pel en partner-in-crime in ‘n vertolking wat my destyds laat besef het hy is een van die beste character actors wat die plaaslike bedryf ooit opgelewer het. ‘n Lekker rol wat met oorgawe vertolk word. En dan is daar natuurlik my absolute gunsteling: James Borthwick as ‘n dokter wat met ‘n goeie plattelandse metafoor verduidelik wat gebeur as jy jou hart te hard rev. Ek kan sy monoloog al uit my kop uit opsê. As jy my ooit in ‘n bar sien, koop vir my ‘n bier, dan doen ek dit vir jou. Natuurlik nie so goed soos Jimmy nie, maar amper. “You’re heart are like my bakkie…”

        Check dit uit. Dis befok!

        Comedy Central Presents…
        Hier is ons nou by die regte grapgatte. Toe ek in 2006 begin stand-up doen het, was daar ‘n paar groot name (John Vlismas, Mel Miller, David Kau, et al) wat die gesig(te) van plaaslike stand-up was. Ons nuwe outjies het ‘n kleinerige mark gehad waarin ons kon inbeweeg en begin om te probeer om soos hulle te wees.

        En toe ontplof alles. Letterlik. Alles.

        Ek onthou die aand toe ek in Melville se Cool Runnings die Underground Comedy (longest running club gig in SA – 11 jaar) ge-host het, en Jason Goliath die eerste keer daar opgedaag het. ‘n Funny ou met ‘n regte werk in finance wat so bietjie kom grappies gooi vir drie minute… Nou’s dit nog nie eers tien jaar later nie en Goliath & Goliath is ‘n enorme comedy powerhouse. Donovan Goliath en Nicholas Goliath is die ander twee en Kate Goliath is een van die voorste promotors en agente in die land. Minder as tien jaar.

        En dis nie net hulle nie. Daar het ‘n swetterjoel komediante op die scene verskyn en die beste van alles is: Hulle is nie kak nie. Glad nie.

        Check die Comedy Central Presents reek op Showmax uit. Buiksprekers, malkoppe en outjies met snorre en truitjies – daar’s ‘n groot verskeidenheid en dis regtig baie snaaks. Dusty Rich, Conrad Koch, Rob van Vuuren, Schalk Bezuidenhout… Hulle is almal daar en hulle deliver.

        Vang ‘n fliek
        Daar is ‘n groot verskil tussen die Afrikaanse en die Suid-Afrikaanse filmbedryf. Nie in kwaliteit nie, maar in blootstelling en publisiteit. Dis great en alles dat Afrikaanse movies weer ‘n ding is, maar ‘n mens moet nie vergeet van die ander plaaslike films wat dalk nie ‘n hele kanaal, trust of mediahuis agter hulle het nie.

        Check bietjie I Now Pronounce You Black and White of Wonderboy For President uit om te sien wat daar ook in die land aangaan. Selfs Blitzpatrollie of Jozi (Alhoewel Jozi eintlik ‘n baie afgewaterde weergawe van Gums and Noses is… Weereens James Borthwick met die most memorable line: “Here at Daspoort Rehab the only pill is the Gospel”) Moet ook nie van die ouer flieks soos Soweto Green met ‘n baie jong ponytail-bedekte Casper de Vries en Taxi To Soweto met Elize Cawood in een van haar beste rolle ooit, vergeet nie.

        Daar is meer plaaslike humor daarbuite as wat jy dink. En dis alles op Showmax. Selfs al is alles wat hierbo genoem is vir jou redelik flou, vervelig of pleinweg tos, kan jy insettle met ‘n pakhuisie vol vintage Leon Schuster movies, ‘n klomp Casper de Vries shows en omtrent elke snaakse TV program wat die afgelope twintig jaar gemaak is. Van Molly en Wors tot by The Coconuts.

        Die drol is uit die drinkwater uit en die nuwe president is daar. Laat hulle die kak wat hulle selfs aangejaag/laat aanjaag het, self uitsorteer. Kry ‘n bier, skop jou skoene uit en lag. Lag baie. Jy verdien dit.

        Sign hierso op vir ‘n 14-dae free Showmax trial

        As jy van ons vorige reviews gemis het en jy soek lekker leesstof, gaan krap hierso rond: http://www.watkykjy.co.za/tag/showmax/

         

         

        Deel met jou tjommies!

          Afrikaanse rekenaarterme – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

          $
          0
          0

           

          Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

          Afrikaanse rekenaarterme

          Vir Afrikaanse taalkundiges is dit baie belangrik om die taal te ontwikkel sodat dit in die wetenskappe en op navorsingsgebied aktief bly. Vir gewone mense is dit egter meer belangrik om verstaan te word en nie soos ‘n volslae idioot te klin nie.
          Kyk, die woord “rekenaar” is nog aanvaarbaar alhoewel almal wat ek ken van “computers’ praat. Maar daar’s ‘n klomp Afrikaanse rekenaarterme wat bloot belaglik is. Probeer volgende keer om jou probleem aan ‘n tegnikus oor te dra met woorde soos “aapstert” vir @, “SVE” (CPU) or “verstekwaarde” (default value).
          Ek het ‘n toets gedoen en ‘n USB memory stick vir ‘n jtommie by die werk geleen. Toe ek daarvoor terugvra, het ek letterlik alles (inlsuitend sy van) in Afrikaans vertaal sodat ek kon uitvind hoe dit voel om soos ‘n poephol te praat.
          “Goeiemore, Meneer Doubessie, is u klaar met die gebruik van my datavinger? Ek het so paar vakkies wat ek wil rugsteun.”
          Sy antwoord? “Listen here, pal, I touched no-one’s stokkie or bessies, okay?”
          Ek wil nie Afrikaanse rekenaarterme gerbuik nie want:

          • Ek is mal daaroor as mense verstaan wat ek probeer sê.
          • Ek dra nie Grasshoppers nie.
          • Ek dra nie ‘n swart dikraambril met Coke-bottel lense nie.
          • Ek rook nie pyp nie.
          • Ek het nie ‘n snor en/of ‘n baard nie.
          • Ek is nie ‘n houtwerkmeneer wat ook rekenaarwetenskap in ‘n Model C-skool gee nie.
          • Ek is nie ‘n akteur in een of ander tagtigs of negentigs Sonneblom Films produksie nie.

          Hou maar daardie rekenaarterme vir jouself en jou kollegaswat onder die grond in ‘n bom-bunker werk, weg van die samelewing af. As julle eendag opkom vir lug, moenie uitfreak as jy sien dat die skootrekenaar al uitgevind is nie.
          By die werk het ek dié leuse in my cubicle opgeplak: “Praat gerus Afrikaans. In jou slaap.”

          Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

          Deel met jou tjommies!

            Die Republiek van Zoid Afrika – Lelike rokke, kak pruike en topklas mense

            $
            0
            0

            Wanneer laas was daar ‘n goeie local talk show gewees? Talk show né, nie variety show nie. Fok, die beste een waarmee ek nou kan opkom is maybe Dali Tambo se People of the South wat tussen 1994 en 2002 op SABC2 ge-air het. Daai show waar die gas elke keer ‘n scatter kussinkie deur Dali in die hand gestop word om dankie te sê vir die besoekie. Sulke zef swart kussinking met goue tossels en sulke wedding font wat tune “People of The South”.

            Dit was eintlik nie kak nie, maar fast forward 25 jaar voor ons weer iets semi decent het in die gedaante van Karen Zoid se Die Republiek Van Zoid-Afrika. Sommer uit die wegspringblokke kan mens sien dat iemand bietjie moeite en passie gesit het in iets wat maklik in Suid-Afrikaanse TV ‘n doodgebore donkie met so een skewe hoefie kon gewees het. Veral met Suid-Afrikaanse TV en veral in Afrikaans. Die show het ‘n decent, befokte animated intro met behoorlike musiek, probably in After Effects, gedoen deur iemand wat dit vir ‘n lewe doen versus iemand wat ‘n jack-off in all trades is.  Dit klink basic en stupid om ‘n aimated intro te loof, maar die intro gee vir jou normaalweg ‘n indikasie van die tipe kwaliteit wat jy van ‘n program kan verwag. Sien dit as die program se welkom matjie voor die voordeur. Die level van moeite en kreatiwiteit word by die voordeur aangetref. Dis dan ook gepas dat Zoid se heel eerste episode begin met ‘n tipe self-deprecating confessional – die feit dat DSTV nou al so desperaat vir content is dat hulle selfs vir Karen Zoid ‘n TV show gegee het. “As Woef en Kie dit kan doen, dan kan ek ook”. Op die oog af dalk self-deprecating maar ‘n skop in die rigting van DSTV se ballas, miskien. Met ander woorde (my woorde): “Check, hierdie is eintlik quality en ons set so half die bar. Julle hoef nie kak te create nie. Bel my net”. Fokweet, as ek nog een local show moet kyk wat te doen het met troues, kosmaak, tuinmaak of diere, dan kak ek in my krimpilienrokkie. Sulke fokken Waterklooftannie vibes. Maar die Afrikaanse Waterklooftannie met die Biggie Best smaak in meubels en lap en wat koffie drink by Cappuccinos ‘saam haar vriendinne’ (ek los die ‘met’ aspris uit).

            Ek fokken kan nie….

            Dank god vir proper local TV, though. Zoid skop haar debuut-epsiode af met legendariese nuusleser, Riaan Cruywagen – daai oom wat nie ‘n fok ouer word nie en wat die nuus al meer as 8000 keer gelees het. Die Alpha van Suid-Afrikaanse TV. Dieselfde oom wat ‘n collection van meer as 400 dasse het. Vierhonderd dasse! Jy het dit nie vir ‘n fok geweet nie. Sien? Karen vra die regte vrae. Die eerste epsiode het in 2014 die lig gesien en saam met Riaan Cruywagen was haar eerste musical guest Zolani Mahola (van Freshly ground). In hierdie episode surprize Zolani en Riaan vir Zoid met hulle eie comedy skets wat deel van die show vorm – Zolwagen (Zolani + Cruywagen = Zolwagen, vir julle outjies wat nog vetkryt vreet en stadig oë knip) – waar hulle die nuus aanbied; Riaan in Afrikaans en Zolani in Xhosa (met onderskrifte). Mens kan amper sê dat die comedy sketse die gom van die show is. Dit gee blaaskanse deur die show sodat die interview gedeeltes meer verteerbaar is. Breaks op die regte plek is crucial en die sketse is moerse slim geskryf, develop en baie goed verfilm. Daar is moeite gedoen hiermee. Dit kon baie maklik verval het in ‘n green screen fokop wat ‘n aanduiding van luiheid sou wees, maar even al was dit ‘n green screen fokop, sou dit steeds meer kreatief gewees het as die run-of-the-mill Kook Kak Kos Saam Karel (weereens, die ‘met’ is aspris uitgelos – meeste van julle sou nie eers die verskil agtergekom het nie)

            Die Republiek van Zoid Afrika is so net onder die 50 minute lank per episode en tans is daar drie van die vier voltooide seisoene beskikbaar op Showmax. Soos met enige show van hierdie aard kan jy kies watter episodes jy wil sien en watter jy eerder wil skip. In season 1 sal ek probably die Kurt Darren episode skip, but then again sal ek dit dalk uit morbid curiosity wil kyk.

            UPDATE – ek het wel die Kurt Darren episode ook gekyk en dit was moerse entertaining. Ou Kurt is ‘n nice oom en die ander gas was Corné Krige. Beide kom voor as opregte nice ouens met so paar lewenslessies en heel interessante agtergronde. In season twee sal ek vir seker Steve Hofmeyr (TEN MINSTE DOEN HY IETS) en Bobby Van Jaarsveld skip, en in season 3 kan Ray Dylan ook maar gaan kak, bloot oor die tipe musiek wat hulle maak en versprei. Dis darem net drie episodes uit die beskikbare 39 wat ek nie wil kyk nie, wat my met min of meer 30 ure se kykgenot los.

            Ek is nou lekker grootbek en ek sal tien teen een die episodes wat ek reken ek wil skip ook kyk, maar bloot vir die comedy sketches en opgemaakte TV advertensies tussenin (daar is so panfluit tannie wat haar CD bemark. Dis kaksnaaks). As ek jou ‘n moerse lekker tip kan gee – treat hierdie miskien as ‘n podcast as jy byvoorbeeld by die werk sit. Gebruik jou baas se wi-fi. Ek het die show sommer deur my iPhone gekyk met oorfone op. Jy hoef nie heeltyd te kyk nie, juis omdat die formaat dit toelaat tot ‘n luisterbare podcast en die gesprekke en interviews heeltyd so lekker vloei. Jy gaan wel so nou en dan ‘n glance na jou foon toe moet gooi, veral met die comedy sketse tussendeur die interviews. En natuurlik die live performances na elke show. Ek begin ook agterkom dat ek ‘n groter fan raak van Karen Zoid se musiek (ek is nou al so paar maande lank impressed nadat ek einde verlede jaar uiteindelik ‘n concerted effort gemaak het en al haar musiek begin luister het), maar Die Republiek van Zoid Afrika het my heavy impress. Ek wens Karen wil bietjie expand met TV production en nog shows maak, want sy kan baie maklik die female version van Casper de Vries wees. Ek het geweet Karen Zoid is ‘n brainiac, maar ek het noot besef hoe fokken snaaks sy regtig is nie…


            Ek het haar vanoggend gou gebel en net vinnig uitgevra oor Die Republiek van Zoid-Afrika.Sy was op pad na ‘n rehearsal, so ons kon nie vir te lank kakpraat nie:

            Karen Meiring van KykNet is ‘n moerse cool tannie. Ek het haar by die Fiestas ontmoet so twee weke terug. Dink jy jou show word renew omdat jou naam ook Karen is?
            Probably! Hahaha!

            Ek moet jou commend op die live band askpek van die show. Dit sit die hele vibe in ‘n heeltemal ander klas. Wie is die band members?
            In die series wat jy op die oomblik kyk is dit Schalk van Der Merwe op bass, Tim Rankin op drums en Henry Steel op guitar en Llwellen John op klavier.

            OK cool, so basically min of meer jou vol band. Is daar nog ‘n season op die horison?
            Yes, my band. Ja, ons het sopas die vyfde reeks klaar geskiet en ek dink hy air iewers in die winter hierdie jaar, haha! Ek sal moet uitvind presies wanneer?

            Gaan jy Noot vir Noot op ons trek en die show vir ewig doen?
            Uhhhm, haha! Hopelik nie? Maar dis lekker. Ons love dit om die show te maak en dis obviously lekker om saam met almal te jam. In standerd 2 het ek potlode collect en nou collect ek collaborations saam met mense. Ek dink ek het nou al 52 gedoen. Ek wil baie graag nog Nataniël doen en ook Steff Bosch.

            Wat is die mees memorable oomblik tydens filming van die eerste 3 seasons?
            Om Thuli Madonsela op die show te gehad het was nogal incredible. En Johnny Cleg is in die nuwe reeks! Ek dink jy kan dit maar sê? Die obvious mense is die heroes maar die goed wat ontvou omdat dit ‘n talk show is en omdat dit ‘n musical collaboration is – jy kan nooit dink hoe die goed sal gaan of uitdraai nie. Op die laaste een het ons Patricia Lewis gehad en ek het gedink “Jis… ek weet nou nie hoe lekker hierdie gaan werk nie…” maar dit was incredible! Een van die bestes in die hele reek. Dis soos om ‘n lucky packet oop te maak.

            Wie skryf die comedy skits? Dis fokken hilarious. Skryf jy dit self?
            As ek moet eerlik wees… baie van dit maak ons net op. Ons trek daai fokken lelike rokke en kak pruike aan… hahaha! En dan kyk ons wat gebeur. Die boererate vir bands skryf ek self…

            Dit was moerse lekker om met Karen te gesels oor haar program. Gaan kyk dit gerus want dis regtig topklas vermaak. Haar gaste sluit mense in soos: Casper De Vries, Zelda La Grange (daai cool tannie wat basically orals saam met Madiba uitgehang het), Laurika Rauch, Helen Zille, David Kramer, Arno Carstens, Willie Esterhuizen, Francois van Coke, Jack Parow, Sandra Prinsloo, Carike Keuzenkampen Koos Kombuis om maar net ‘n paar op te noem van die probably meer as 50.

            Sign hierso op vir ‘n 14-dae free Showmax trial – dit behoort genoeg tyd te wees om deur die eerste 3 seasons te kom. Daarna kan jy besluit om jy wil aangaan met jou subscription.

            As jy van ons vorige reviews gemis het en jy soek lekker leesstof, gaan krap hierso rond: http://www.watkykjy.co.za/tag/showmax/

            Deel met jou tjommies!

              Amerikaanse sitkoms – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

              $
              0
              0

              Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

              Amerikaanse sitkoms

              Sitkoms (of situasie komedies) is al sedert die veertigs deel van Amerikaners se televisie-dieet. As dit werk, werk dit fantasties. Hey, ek het van Seinfeld gehou.
              Maar hoeveel langer gaan ons nog in vervelige intriges, oorbekende situasies en recycled grappies moet vasstaar?
              “Honey, can I see you in the kitchen?” (Ha-ha-ha-ha-ha-ha.)
              Dramatiese ironie! Vervlaks, ek lief hierdie program!
              Die man steek iets vir sy vrou weg, die tiener jok vir sy ouers, vriende raak dronk en vroetel met mekaar. En daar kom die aoutomatiese lagband weer.
              Sug, is Naas se show nie al op nie?

              Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

              Deel met jou tjommies!

                Vat Vyf! Week 9 van 2018 – Ministers, Rassie Erasmus en kakdom skoolkinders

                $
                0
                0

                1) Kyk, die helde het geval hierdie week. Cyril Ramaphosa, ons nuwe president (wanneer kan mens ophou om hom nuut te noem?) het sy eerste kabinetskommeling aangekondig en van 10 ministers ontslae geraak. Lynne Brown gaan uiteindelik by haar haarafspraak kan uitkom. Des van Rooyen gaan uiteindelik voel of hy iewers ‘n konstruktiewe bydrae kan maak (maar nie in die goewerment nie). MrFearFokkol het sy Twitter-naampie verander (maar nie na MrDoesFokkol nie, snaaks genoeg). Net jammer Cyril het Malusi Gigaba gehou, al is dit dan nou in ‘n ander pos. Want, met meer comebacks as Elvis, verwelkom ons terug Nhlanhla Nene as Minister van Finansies! Einste hy wat Zuma gefire het voor die Rand harder gekak het as ‘n kind met ‘n spastiese kolon op ‘n veldskoolkamp. Fok, tot Pravin Gordhan is terug, maar as Minister van Starship Enterprises. En leepoog Bathabile Dlamini sleep nog rond, al is dit dan nou as Minister van Vroue in die Presidensie. Praat van ‘n random pos. Waddiefok moet sy doen? En boewe en rampokkers moet nou op hul hoede wees. Want ou hoeddraer Bheki Cele is ook terug as die Minister van Polisie. Laastens, maar nie die minste nie, die nuwe adjunk-president van Mzansi is David Mabuza. Skobbejak. Tot vandag toe word daar bespiegel dat hy agter heelwat sluipmoorde sit wat in Mpumalanga gebeur het. Waar is Jessica Fletcher as mens haar nodig het!!!
                2) Baie mense vra blykbaar hul geld terug nadat hulle vertonings van The Illusionists by Montecasino bygewoon het, net om agter te kom dit is kulkunstenaars wat op stage is en nie ministers nie. Boonop moes een van die kunstenaars hospitaal toe gejaag word nadat een van die toertjies skeef geloop het en ‘n pyl haar in die kop getref het. Spul pissies. Ek loop elke dag van my korporatiewe lewe met ‘n mes in my rug rond en ek survive.

                3) Kakie-draende rugby-ondersteuners mor dat die nuwe Springbok-afrigter net nog ‘n rassie-aanstelling is. En jou wrintiewaar, mens moet hulle gelyk gee. Rassie Erasmus is hierdie week aangekondig as die persoon wat graag naweek na naweek wil hoor hoeveel meer elke ander ou in die land van rugby af weet as hy. Pop die kalmeerpilletjies nou al, pappie. Dis ‘n rowwe rit en die supporters speel die man, nie die bal nie.
                4) As jy wil weet wat die prys van gewildheid is, vra Julius Malema. Dis ‘n fokken plaas se prys. Die rammetjie-uitnek is tans moergewild onder grondloses nadat die EFF se mosie om met grondhervorming sonder vergoeding te begin, hierdie week met ‘n oorweldigende meerderheid aanvaar is. Die ANC het self ook hul gewig agter die EFF se campaign ingegooi met net die DA wat gevoel het die mosie moet eers verder beredeneer en oordink word. Maar Julius was nie daarvoor te vinde nie en het summier onder die DA ingeklim en hulle gewaarsku dat die EFF hulle gaan unfriend. Skiet die popcorn mense, hier kom nog groot drama.

                5) Minister van Onderwys, Angie Motshekga, wil al weer torring aan die slaagvereistes op skool, hierdie keer vir Graad 7, 8 en 9. Daar word nou oorweeg dat kinders wat 40% in hul moedertaal kry, moet pass. Verder sal kinders wat oor Paasfees skool toe gaan, ook pass. En as jy Pritt snuif in die klas en uitpass, dan pass jy. Skoolseuns wat rugby speel en die bal meer as 15 keer in ‘n wedstryd pass, sal pass. En kinders met twee pa’s, sal pass. Fok, as jy in die spieël kyk en drie keer hardop sê “Pass,” dan pass jy, gabba. As haar plan goedgekeur word, gaan jy sweerlik net kan druip as jy op die hoof se tafel ‘n kluit gaan kap.

                Deel met jou tjommies!

                  Doug Jones – Die gesiglose man van ‘n honderd gesigte

                  $
                  0
                  0

                  Deur Melt Sieberhagen

                  Lekker Oscar-tyd! (“Waar’s daai haas?” snork ek agter die rekenaar en besef dat ek eintlik net my ouderdom verklap). Anyway, nie hierdie Oscar nie, die goue ene. Daar’s ‘n klomp mense en movies benoem en as jy so besig/arm/suinig/lui soos ek is, het jy tien teen een nog nie te veel van hulle gesien nie. Dis okay. Haal asem. Jy kan dit nog sien, al weet jy of dit gewen het. Of nie. Of eers gewen het en toe nie. Né, Warren Beatty?

                  Teen volgende jaar hierdie tyd het jy gesien wat jou wou en dit wat jy nog nie het nie, is tien teen een beskikbaar in ‘n lekker pakketjie, soos hierdie ene:
                  Tussen al die name wat rondvlieg, is daar een wat jy beslis nog nie gehoor het nie. Hoofsaaklik omdat niemand dit baie sê nie. Waar die movie waarin hy is, nou daar’s nou vir jou ‘n mondvol. Doug Jones speel die hoofrol in The Shape of Water wat vir ‘n stewige 13 goue mannetjies genomineer is. Hy het nie een van die nominasies gekry nie. Sy mede-speler het wel. Maar dalk is dit omdat sy karakter nie eers ‘n naam het nie. Nope, sommer net ‘Amphibian Man’. Ek kan nie wag om die movie te kyk nie, maar ek het intussen kans gekry om weer van Doug Jones se beste werk uit te check. Die kanse is uitstekend dat jy vir Doug Jones gesien het. As Guillermo del Toro ‘n movie gemaak het, is Doug heel waarskynlik daarin.
                  Doug is een van die wêreld se beste ‘creature actors’. Wat sou dit in mooi Afrikaans wees? ‘n Kreatuur-akteur? ‘n Kreakteur? Whatever. As iemand die dag ‘n reeks of movie in Afrikaans maak met ‘n groot geknog budget vir ‘n goeie SFX departement, dan worry ons oor wat ons die mense in die mombakkies gaan noem. As jy die nuutste inkarnasie van die Star Trek-franchise onder oë gehad het, sou jy dalk die lang maer visserige ou opgemerk het. Jip, dit was hy.

                  Vir Del Torro het hy in Hellboy 2 : The Golden Army,  ‘n welkome terugkeer tot die rol van Abe Sapien gemaak. In die eerste Hellboy is hy ge-dub deur David Hyde-Pierce (Niles van Frasier), maar David het geweier om ge-credit te word vir die stemwerk, want volgens hom was alles 100% Doug Jones. Gaaf van die man. As jy vir Doug op sy heel beste wil sien, moet jy egter Pan’s Labyrinth kyk. As die Pan-agtige bokkie wat die dryfkrag agter dië sprokie-in-‘n-oorlog film, was hy heel skaflik. Maar die hoogtepunt van sy werk is die “Pale Man”.
                  Albei die Hellboy movies en Pan’s Labyrith  is nou op Showmax. Kyk sommer al drie. Maar as jy net tyd het vir een, maak seker dis Pans Labyrinth. Ja-ja, whatever, ek gee nie om of dit sub-titles het nie. Force yourself. Arme Doug Jones moes vir die rol van die Pale Man ‘n kakhuis vol argaïese Spaans leer wat hy presies foneties deliver het. In daai suit. Kan jy die Tien Gebooie in Hoog-Hollands opsê terwyl jy in Kaapstad se nuwe “spaar-water-of-ek-eet-siel” mascot-pakkie staan? Nee, het nie so gedink. Die minste wat jy kan doen, is die subtitles lees.

                  En as jy doen, word jy ook beloon met die beeldskone Maribel Verdu. Sy’t my in Y tu Mama Tambien oortuig dat ek nooit weer ‘n beter aktrise sal sien nie. Ek wag nog steeds om verkeerd bewys te word.

                  Tot jy tyd kry om The Shape of Water te gaan kyk, duik gerus in die Oscar movies van weleer in op Showmax. Daar’s meer as genoeg. In fact, ek het nou net gaan kyk en tel hoeveel daar is en daar is 41 movies in hulle Oscar collection.

                  Ek skiem Del Torro gaan hierdie jaar dalk ‘n paar goue action figures huis toe vat. Of net vir Doug in ‘n goue pakkie aantrek en huis toe vat. As hy nie gearresteer word by die event omdat niemand weet wie hy is nie.

                  Sign hierso op vir ‘n 14-dae free Showmax trial – dis dalk net-net nie genoeg tyd om daai 41 movies in die Oscar collection te kokkenodge nie, maar jy kan jou bes probeer om ‘n duik daarin te maak.

                  Deel met jou tjommies!

                    Julia Louis-Dreyfus se vlymserp humor in Veep gaan jou in stiches hê

                    $
                    0
                    0

                    Julia Louis-Dreyfus is 20 jaar gelede deur People Magazine aangewys as een van die 50 mooiste mense (mans ingesluit) ter wêreld, maar sy moes tog destyds sekerlik dieselfde accolades ontvang het vir snaaksste vrou ter wêreld. Twintig jaar later en met die mees suksesvolste sitcom-reeks wat ooit wêreldwyd op TV uitgesaai is haar kerfstok, is sy steeds net so mooi, net so relevant en net so fokken snaaks. Jy hoef net te glance na al die Emmy Awards wat sy al ingepalm het oor die jare – dit moet sekerlik ‘n wêreldrekord wees? Sy is tot op hede sover ‘n somtotaal van 22 keer genomineer en uit hierdie nominasies het sy 9 keer met die goue tannie met die tiete en die vlerke weggestap! Sy is die enigste aktrise wat tot dusver Emmy Awards gewen het vir haar werk in drie verskillende komediereekse – Seinfeld (1989), The New Adventures of Old Christine (2006) en Veep (2012). Jy sal Julia Louis-Dreyfus heel moontlik van haar die Seinfeld-dae onthou as jy ‘n kinders van die 80s was. Oor The New Adventures of Old Christine kan ek nie veel sê nie. Dalk was jy ‘n fan van hierdie show ook? Ek kan glad nie onthou dat ek dit ooit raakgekyk het nie. Maybe het ek dit wel gesien en dit het my bloot net nie impress nie, but on the other hand, Darren, het ek myself in 2006 met onheilige kak besig gehou in Nigeria…
                    Ons kyk vandag egter na haar nuutste sitkom, Veep, waarin sy die rol vertolk van Selina Meyer, Amerika se vuilbek vice president en ‘n voormalige senator wat op die harde manier uitvind watter kakmoelike job dit is om in die Whithouse se corridors te operate. Dis fokol as wat sy gedink het dit sou wees nie en dit is presies alles is waarteen haar tjommies haar gewaarsku het. Sy moet politieke brande blus en balans vind tussen haar openbare skedule en haar privaatlewe. Boonop moet sy met haar ingeperkte mag probeer disfunksionele verhoudings tussen omtrent almal rondom haar te verbeter. It is a fokken hot mess meeste van die tyd en die sitkom is totes believable as jy kyk watse kaliber kak Donald Trump se mond 99% van die tyd verlaat. Veep is ‘n fantastiese politieke satire. Dit is ‘n half skewe, half refleksiewe kykie na hoe die arbitrêre aard van mag mens kan consume en opfok van binne af. Dit laat jou ook half bekommerd wonder oor die verborge kragte wat opgesluit lê agter geslote deure van vergaderings met magsbehepte konte teenwoordig. Het ek iemand hoor Zupta sê? Dis so maklik om Veep te kyk, kop te skud en te glo wat in die storie aangaan, want die tema is eintlik maar scarily universeel. Geen real-life politician word by naam genoem nie, maar jy kan hierdie eier net sowel in enige ander land kort van Swede se gesig gooi. Veep het juis sy oorsprong in die Britse reeks, In The Thick Of It en die movie spin-off, In The Loop en die man agter alles is Armando Ianucci. Hierdie reekse en movie deal met dieselfde temas as waarmee ons in Veep te doen kry…

                    Die humor is droog, dog ryk en vol. In Veep kry jy selde daai kakkerige one-liners waarmee traditional sitkoms mee besaai is. Hierdie sitcom bied ongelooflike intelligente humor wat jou laat wonder oor enige land waarin jy jouself sou bevind, se politiek. Hoewel droë humor die show bene gee, is dit soms so vlymskerp, geestig en vinnig dat jy maar jou vinger op die rewind knoppie moet hou. Teen die tyd dat jy die vorige grappie vang, is die volgende een reeds afgelewer deur uitstekende cast. Elke toneel word met die akteurs rehearse en ge-improvise om die finale verfilmde scene nog snaakser te maak, indien moontlik. Hierdie hele proses word waargeneem deur die skrywers wat notas neem van die improvisasies wat hulle voel vir hulle werk en hulle incorporate dit dan in hulle shooting scripts. Wat ‘n fokken ingenius manier om seker te maak dat die beste lyne en aksies en acting deliver word?

                    Om jou ‘n idee te gee van die interpersoonlike fokops tussen die karakters kan ons na so paar stukkies dialoog gaan kyk uit Veep…

                    Mense wat nie hulle fokken werk doen nie:
                    Dan: I was trying to use Jonah for intelligence!
                    Selina: That’s like trying to use a croissant as a fucking dildo!
                    Dan: I thought—
                    Selina: No, no, let me be more clear: It doesn’t do the job and it makes a fucking MESS. Get out of my office.

                    Om die fast-paced natuur en die level van energie wat dit demand van die karakters se werk, beter oor te dra:
                    Gary: OK, I got coffee, I got ginseng, I got protein bars. You want some of those?
                    Selina: No.
                    Gary: No?
                    Selina: I need that stuff that junkies use. You know, when it takes a cop 15 bullets to put him down.

                    Van die karakters het fokol tyd vir mekaar:
                    Sue: Congressman Furlong called and he’d like some face time.
                    Selina: OK, well, let’s see: I’d rather set fire to my vulva, so that’s a no.

                    Wanneer jy in no uncertain terms vir iemand reguit moet tune om te fokof as hulle nie die hints vang nie:
                    Selina: Jonah. Hey, listen, settle something for me.
                    Jonah: OK.
                    Selina: You like to have sex and you like to travel?
                    Jonah: Yes, ma’am.
                    Selina: Then you can fuck off.

                    In politiek, veral met state visits is een land gewoonlik verhewe bo die ander een. Kyk byvoorbeeld na hoe Donald Trump altyd die handshake kompetisie probeer wen met presidente en dignitaries. As if it is a thing:
                    Minna Häkkinen (karakter van Finland se  prime minster): I would like you to understand that in my country, politics is a lot more honest.
                    Selina: In your country, people fuck snow. And I hope you understand that I say that with the utmost respect.

                     

                    Louis-Dreyfus lewer ‘n vertoning wat fondly herinner aan haar Elaine-dae in Seinfeld. Sy gebruik elke repie van talent wat sy besit en sy stort haar hele lyf uit in elke oomlbik op stel. Sy het byvoorbeeld aan die skrywers voorgestel dat sy ‘n nervous twitch met haar een oog op demand kan afpull en dat hulle dit elke keer moet gebruik waar en wanneer hulle dink dit sou werk. Sy is ‘n formidabele en hardwerkende vrou en haar rol in Veep sou beswaarlik met iemand anders in die rol kon gewerk het.

                    Veep hardloop moerse sterk op die klein kassie sedert 2012 en is hernu vir ‘n sewende reeks wat hopelik later hierdie jaar ge-air sal word, wat ‘n baie goeie aanduiding is van hoe goed dit ontvang is vir die afgelope 6 jaar.

                    Sign hierso op vir ‘n 14-dae free Showmax trial – daar is tans 6 reekse (58 episodes) van Veep op Showmax beskikbaar wat jou vir ‘n rukkie lank sal besig hou. Ten minste vir die twee free trial weke, so gee dit ‘n shot en lag jouself kak!

                    Deel met jou tjommies!

                      Banke – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

                      $
                      0
                      0

                      Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

                      Banke

                      Die nie meer die 1870s in die wilde weste nie en ongelukkig kan jy nie meer jou hardverdiende geldjie onder jou matras wegsteek of langs jou foksterriër begrawe nie. Ons het nou banke wat ons en ons geld hanteer. En die mens agter die geld word slegter as die geld self behandel.
                      Waarom, met hoëgraad acid rain in my padkaart-oë, moet ek by vier finansiële instansies wees? Hoekom moet Frikkie Verbruiker die beste deal by elke bank gaan uitsoek asof hy by ‘n slegte kaas-en-wyn aand is waar net sommige happies eetbaar is?
                      Vir die eerste keer in my lewe moes ek onlangs aansoek doen om motorfinansiering. Die beste deal wat ABSA my kon bied was prima plus en persent. Die feit dat ek by hulle bank vandat ek begin tande wissel het, terug in Volksas se dae, en dat ek vandag geen skuld het nie, het as’t ware teen my getel. Op die end het ek by Nedbank reggekom teen prima minus punt-vyf persent. ‘n Paar maande later het om ‘n huislening aansoek gedoen. FNB kon my hier uithelp met ‘n semi-aanvaarbare koers – ABSA het my omtrent ‘n week na die koop deur is ‘n patetiese rentekoers aangebied vir die huis waarin ek reeds bly, geninansier deur ‘n ander bank.
                      Op die koop toe het ek ook sommer ‘n kredietkaart by Standard Bank gekry, deels omdat dit vir my gratis minute op my MTN-selfoonkontrak score, en deels omdat hulle nie opgehou het om my te pla tot ek ingestem het nie. Ek moes hierdie kaart egter onlangs inneem bank toe sodat die tannie agter die dik glasvenster dit kon opsny, nadat ek Standard Bank drie dae lank verbete probeer kontak het om die kaart te stop. Sien, daar is net iets omrent ‘n waiter wat jou vertel jou kaart tune “do not honour” wat nie lekker met my akkodeer nie. Veral nie as ek nul Rand op die kaart skuld en my meise probeer stick vir ‘n romantiese aandete  by Spur nie. (Die rede wsa toe dat my FICA dokumente nie in orde was nie, wat beteken dat ek om mee te begin nie ‘n kaart moes kry nie. Fakse was heel moontlik die spanner in die rims.)
                      Kan iemand groot asseblief vir my net een oplossing gee? ‘n Goeie deal op al die finansiële produkte wat ek klaarblyklik nodig het. My magtig man, ek moet gras sny en bier drink op Saterdae, nie rondfok tussen banke se onderskeie takke nie.

                      Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

                      Deel met jou tjommies!

                        Spotify is finally in SA!

                        $
                        0
                        0

                        Spotify, die grootste music streaming service op planeet aarde, het gister uiteindelik officially in Suid-Afrika gelaunch. Daar gaan natuurlik die diktrille wees wat (in The Nanny se stem) tune: “Jy kon al lankal Spotify in Suid-Afrika luister, hoor! Jy moes net ‘n firewall bou met otterkom en by ‘n VPN aansluit vir 40 Bitcoin en dan deur ‘n hoop spring wat in kerozine gedoop is en met my intelektuele superiority aan die brand gesteek is”
                        Baie geluk, beterweterige Bennie. Pappa is poestrots op jou, seuna. Vir die Bennies onder julle, hier is instructions om jou account te gaan verander na Suid-Afrikaanse een sonder om enige van jou playlists of musiek te verloor: https://community.spotify.com/t5/Accounts/Changing-country-and-payment/td-p/1416026

                        Spotify brag tans met 159 million music fans en jy het ‘n keuse om verniet aan te sluit. En met verniet bedoel ek verniet vir altyd, geen stories, no strings attached. Jy het access tot die volle katalogus van oor die 35 miljoen tracks met jou free account. Jy kan natuurlik dadelik die 30 dae free Premium account probeer, maar doen dit eers wanneer jy bietjie met die free acount rondgespeel het sodat jy kan agterkom wat die verskil is en of dit enigsins vir jou ‘n verskil maak tussen free en Premium vir jou.

                        Die free service word ondersteun deur advertensies wat op average nie langer as 3 minute per uur van jou luistergenot in beslag sal neem nie. Dis aansiendlik minder as waarmee radiostasies jou bombardeer. En is die ads regtig so terrible? Jy kry dan iets verniet in ruil daarvoor? By gister se launch in Joburg het ek so bietjie met Spotify se MD, Claudius Boller, gesels en uitgevra oor die advertensie vibes, want wat ‘n beter targeted audience om in SA te reach as deur musiek? Plus die results kan gemeet word want jy werk met die internet, nie radio waves en duimsuig nie. Tans het Spotify ses ‘key launch advertising partners’, so vir die volgende 6 maande sal jy ads sien en hoor vir Hunter’s Dry, Mini, Ballantine’s whiskey, Pepsi en FNB. Daarna is die ouens oop vir besigheid met ander local companies, so skree later as jy in kontak met hulle wil kom. Die Spotify oom te business card is in my beursie…
                        Natuurlik is daar ook die Premium subscription teen R59.99 per maand wat obviously add-free is. Dit gee jou ‘unlimited skips’ en jy kan songs offline luister. Ek verstaan ook nie wat hulle bedoel met ‘play any track nie’ want ek kon enige track kies en die audio quality klink vir my nogal piele. Spotify stream teen 10.8mb per uur waar die competitors 40mb per uur trek en ek kon nie enigsins agterkom dat daar ‘n compromise in quality is nie. Dis ‘n besparing van ongeveer 10 songs per uur se data as jy so daarna wil kyk.

                        Jou Spotify account sync met whatever device jy op luister. Tuis kan kan jy byvoorbeeld op jou Xbox of Playstation luister terwyl jy games jol of op jou smart TV, PC of laptop. Maar maybe wil jy die musiek in jou kar luister via Bluetooth of USB. Jy spandeer montlik meeste van jou tyd in jou kar in elk geval. Dat jy offline na musiek en podcasts kan luister is ‘n moerse fokken bonus – dis volgende week byvoorbeeld tyd vir Mieliepop Festival en jy besluit dalk om ‘n playlist op te stel van al die artists wat by die festival jol.  Lekker road trip musiek op pad na die jol toe. Dowload jou playlist na jou foon toe by die huis of by jou werk waar jy nie jou mobile data hoef te naai nie. Jou kar het nou die beste personalised musiek collection! Hierso is enetjie wat ek moerse vinnig aanmekaargeslaan het. Feel free to use it:

                        Die enigste drawback wat Spotify moontlik vir jou kan hê is dat die opsie vir ‘n family account ontbreek. Ekself gebruik Google Play nou al vir so paar maande lank. Ons het van R60 per maand oorgeslaan na die family account van R90 per maand omdat daar 5 mense op een account kan wees. Apple Music bied iets soortgelyk aan teen dieselfde prys. Ek kan net nie meer met Apple Music deal nie en ek is ‘n iPhone eienaar. Dit het fokkol met die IOS vs Android nerd debat uit te waai nie. Die app is vir my net te fokken lomp. Sure, dit sou lekker gewerk het as daar fokol anders op die mark was nie, maar Google Play is by verre superior teenoor Apple Music. En wat maak ek nou? Nou gaan ek Google Play dump vir Spotify. Die ouens het net eenvoudig ‘n beter algoritme as enige van die competitors daarbuite. Die user experience is beter as die ander ouens s’n.

                        Reeds by die eerste keer se gebruik van Spotify soek ek minder rond om te kyk hoe die storie veronderstel is om te werk. Ek het die Spotify Windows app gedownload op my laptop, opgesign vir die free account en hierdie artikel begin uitkak. ‘n Man het tunes nodig om te graft, ek sê! Ek het nie geweet waar de fok om te begin nie. Dis nie die app se skuld nie – ek kon net nie besluit op musiek nie, toe ek skielik onthou dat Judas Priest die afgelope Vrydag hulle splinternuwe album, Firepower release het. Fok ja! Judas Priest it is then! Ek het net die eerste drie fokken letters in die search bar ingetik: ‘Jud’, en toe pop die band self op, asook ‘n old school metal, 80s hard rock en ‘n metal crash course playlist. Heavy intuitive.
                        ‘n Major feature van Spotify is hoe dit jou musieksmaak leer ken, wat jou in staat stel om die musiek wat jy reeds smaak, met gemak te vind en aanbevelings te maak om nuwe musiek te ontdek. Ozzy Osbourne se Dreamer het byvoorbeeld begin speel direk nadat Judas Priest se album klaargemaak het. En direk daarna het Megadeth se Symphony of Destruction begin jol. Ek het dit aanvankilik nie agterkom nie omdat ek dik aan die werk was en die oorgang van tunes juis binne my musieksmaak geval het. En toe sien ek die klein message bo-aan die app: “When your music ends, we continue playing similar songs for you. You can turn this off in ‘Settings'”.
                        Lekker sneaky, maar fokken piele!

                        Wanneer jy as ‘n nuwe user aansluit vat hulle jou deur ‘n ‘Taste Onboarding’ wat Spotify help om te leer wat jou musieksmaak involve. Spotify het ook daylie en weekly playlists, tailor made just for you, my bra. Gee dit net so week of twee om te leer waarna jy luister en gee dit ‘n spin. Dis blybkaar ‘n groot fokken deal en ek kan nie wag om te sien waarmee oom computer opkom nie.

                        Hier is nog ‘n voorbeeld van hoe befok Spotify se algorithm werk:
                        Is jy opsoek jy goeie local Afrikaanse musiek om te luister? Ons praat nie van die Afrikaans is Groot kak of Steve se gebedkak, prys-jesus-se-plakkies of sokkie-bokkie-broeknaai treffers nie. Ons praat van goeie musiek wat toevallig Afrikaans is.  Try hierdie bietjie net om te sien hoe dit werk: in die browse section, tik in ‘Valiant Swart’ en kyk wat regs op-pop onder related artists: Koos Kombuis, Jan Blohm, Anton Goosen, Koos Du Plessis, Piet Botha, Karen Zoid, Johannes Kerkorrel en Radio Kalahari Orkes. Jy check wat ek bedoel? Dis nie konterige musiek nie.
                        Wat Spotify ook so trappie of twee bo hulle kompetisie sit is hulle partnerships met Sony en Microsoft vir hulle PlayStation and Xbox gaming consoles. Gamers kan nou lekker tunes luister terwyl hulle resies jaag, mekaar moer of mekaar faktap skiet online. Hulle kan na enige song, album of playlist luister on demand en boonop Spotify control deur ‘n quick menu sonder om hulle gaming te interrupt. Ons het reeds die desptop app genoem, maar jy kan Spotify ook kry op  die Apple App Store, Google Play Store, about al die smart TVs en smart speakers. Vir julle wat Watkykjy lees in Israel, Vietnam en Romania – die Spotify is gister daar ook gelaunch, hoor. *vryf so oor koppie*

                        En hier is die groot vraag wat die musos altyd vra:
                        Nou wat is die fokken benefit om my musiek op Spotify nou OOK te gaan sit? Ek is op Google Play en Apple en Deezer en Bandcamp en my sussie se voorboude se vlegsels…

                        Vir al julle aspiring artists is daar ‘n oulike dashboard option wat jou in staat stel om te track wat jou listenership is, hoeveel mense jou track ge-download het en dies meer. Dit bring die artist en die fans nader aan mekaar en gee die up-and-coming artists die geleentheid om hulle musiek vir miljoene potensiële fans te showcase, wêreldwyd. In terme van vergoeding kan jy ‘n geldjie maak deur jou musiek te license aan Spotify, maar kom ons doen so bietjie van ‘n reality check – as jy reeds kakmin of fokol zak maak op iTunes, Apple Music, Google Play of YouTube, kan jy nie wonderwerke verwag van Spotify nie, maar ek dink wel jou kanse is aansienlik beter om ‘n geldjie te draai omdat jy ‘n beter kans het om volgens die algortime en verwysings op Spotify discover te word. Hulle het die grootste user base. Op aarde. It makes sense?

                        Wat julle musicians ook in ag moet neem is dat pielkoppe soos ek met websites met baie traffic, voortaan eerder julle musiek gaan link met Spotify omdat dit effortless is om playlists te maak met julle musiek en om vollengte albums te embed. Dit reach ‘n groter audience want ons weet dat meeste outjies vir die free option sal gaan. Almal kan ook die stats sien – hoeveel keer jou album of song geluister is. Dit kan promoters laat besluit of dit die moeite werd is om ou te book vir shows en festivals. Hoeveel keer jou musiek gespeel word sal ‘n indikasie wees van of dit goed of kak is en of jy effort insit om jou eie musiek te promote – of jy jou musiek soos ‘n besigheid run en of dit net ‘n hobby is. Julle sal dus in die volgende paar weke (reeds van gister af) sien hoe al die bands en artists wie jy op Facebook volg, jou timeline vrot post van hulle musiek op Spotify. Bedaar so bietjie. Die bands is net excited, so gee hulle kans om bly te wees oor hulle musiek wat miljoene mense gaan bereik.

                        Julle kan my Spotify profile ook volg as julle wil en check of julle die playlists like wat ek eventually gaan begin bou.  Vir jou eie user experience, beswil en luistergenot – tune asseblief jou tjommies om hulle Facebook accounts te link met hulle Spotify accounts, want dan kan julle musiek share met mekaar en colbaroate op piele playlists en al daai lekker dinge. Die social aspect van Spotify is nogal next level. O ja, en as jy Tinder gebruik kan jy, gebasseer op jou musieksmaak dalk jou lewensmaat ontmoet, maar kom ons wees nou eerlik – mense gebruik Tinder net om die gulpvrugpolka te dans. Ten minste kan julle nou score op musiek wat julle beide like.

                        Happy days en lekker luister!

                        PS: hier is daai nuwe Judas Priest album wat so befok is:

                        Score een van 3 Spotify promo codes om Spotify Premium vir 3 maande lank verniet te geniet!
                        Spotify het vir ons 3 promo codes gegee om weg te gee hier op Watkykjy.
                        Met die promo code sal jy vir 3 maande lank Spotify Premium verniet kan geniet.
                        Om in te skryf is maklik: gebruik jou gewone free Spotify account waarmee jy opge-sign het en maak ‘n Watkykjy playlist van ten minste 8 songs.
                        Dit kan ‘n playlist wees van enige musiek wat jy skiem die Watkykertjies sal geniet op ‘n Vrydag om na te luister net voor hulle by die werk fokof.
                        Jy mag meer as 8 songs ook kies indien jy begeesterd raak.
                        Mail die link van jou playlist na griffin@watkykjy.co.za
                        Ons kies die beste 3 playlists en sal dit op Watkykjy embed op Vrydae.
                        Kompetisie sluit volgende Dinsdag, 20 Maart om 15:00.

                        Deel met jou tjommies!

                          High Maintenance – daai bra wat die duiwel se blaarslaai aflewer

                          $
                          0
                          0

                          deur Melt Sieberhagen
                          Almal is deesdae ‘n televisie-ekspert. Want almal kyk televisie. Almal loop ook elke dag, maar jy sien nie hoe mense met totale selfvertroue in die openbaar konstante opinies, opmerkings en oordele rondgooi oor ander mense se manier van loop, waar hulle loop of hoe hulle op die verkeerde manier loop nie. En almal het ‘n opinie oor televisie. Hierdie is nie ‘n resensie nie. Dis ‘n voorstel. Wel, eintlik net ‘n skimp.

                          Met die beskikbaarheid van streaming is “binge watching” nou die nuwe catchphrase. Stop jouself so vol televisie soos ‘n kind homself by ‘n rooikoeldrankpartytjie vol kaaskrulle stop. Het iemand nou al die Afrikaanse word vir ‘binge watching’ gepatenteer? Jy kan nou 8 seisoene van ‘n reeks kyk en dit is jou natuurlike, demokratiese reg. Mense het hard geveg vir jou reg om te kan kies waarop jy jou tyd wil spandeer. Dis jou TV. Jou subscription. Dis selfs jou reg om braai spice oor die popcorn te gooi as jy wil.
                          Anyway, daar is ‘n pakhuis vol reekse daarbuite en jy kan ure van jou lewe belê, as jy ure het. Sommige van ons moet egter nog werk ook, en dis waar ‘n lekker klein, kort reeks soos High Maintenance inkom. Net ses episodes in ‘n season. So jy hoef nie ‘n dokterbriefie te kry om te sien hoe dinge eindig nie. Die hoofkarakter in die storie is die paar kuite van ‘n ou wat dagga verkoop in New York. (Seker tegnies gesproke die ou self, maar sy delivery vehicle is ‘n fiets, so dis beslis sy kuite wat die hardste werk). In elke episode ontmoet ons die verskeidenheid karakters wat hom bel vir n bietjie kleurvolle kool. Gewone mense, buitengewone mense en mense wat die klassifikasie vir “mense” ook maar net-net maak. Maar almal gelink aan die hoofkarakter.

                          Okay, maar laat ons nou eerlik wees: “Hoofkarakter” is dalk ‘n bietjie van ‘n oorskatting van die man. Wat seker eintlik die idee is. Hy’s net die goue draadjie wat deur alles loop, maar daar is ‘n episode of twee waarin hy skaars feature. Die reeks gaan beslis nie net oor hom nie. Kyk, dis nie vir sensitiewe siele nie. Eksplisiet en aweregs, maar erg vermaaklik. Dis lekker om te sien hoe ander mense lewe. En alhoewel hierdie mense as ‘gewoon’ beskou kan word in die konteks van New York waarin ons hulle ontmoet, is hulle alles behalwe garden-variety normaal.

                          Die hoofkarakter het nie eers ‘n naam nie, en as jy meer bewyse soek dat die reeks glad nie oor hom gaan nie, is die feit dat selfs IMDB sy karakter “The Guy” noem nogal ‘n goeie aanduiding. Seker nie ‘n slegte manier om dinge te doen nie, aangesien Ben Sinclair, wat die hoofrol speel, ook die skrywer en regisseur is. Wel, een van hulle. Hy’t die reeks geskryf en geregisseer saam met sy vrou, Katja Blichfield. Hulle is nou besig om saam te werk aan die tweede reeks, maar as eks-man en eks-vrou. Ek hoop die feit dat die verhouding nie meer is wat dit was nie, het nie ‘n slegte effek op die nuwe season nie, want die twee van hulle het daarin geslaag om ‘n blik op ‘n wye verkseidenheid kulture in die Groot Appel te gooi.
                          Ons kort meer ‘vignette’-erige TV reeks. ‘n Mens het nie altyd dae van jou lewe om te belê in die eskepades van ‘n wetenskap-onnie wat in sy onnie meth kook nie. High Maintenance is drie ure van jou lewe wat jy met liefde sal opgee. Dalk sommer ses, want die verskeidenheid karaktes en storie-in-‘n-storie stories, maak dit ideaal om sommer weer te kyk.

                          So sit terug, skop jou skoene uit en bel die ou wat jou giggelgras kom aflewer. Dis tyd vir High Maintenance…

                          Op Showmax sal jy altyd iets vind om te kyk wat binne jou smaak val. Duisende ure se vermaak waardeur jy kan rondkrap. Sign hierso op vir ‘n 14-dae free Showmax trial om te sien presies wat ons bedoel.

                          Deel met jou tjommies!

                            Bedelaars met ‘n Liegstorie – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

                            $
                            0
                            0

                            Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

                            Bedelaars met ‘n liegstorie

                            “Jirre Meneer, partykeer gaan dit ook maar darem donners broekskeur.” Hier verwys ons jou nie na Leon Schuster se plate aan die begin van sy loopbaan nie. O nee. Vuil, stink, songebrande en dronk boemies met liegstories. Dis hom daai. Dis inderdaad hoe ‘n boemie hierdie twee skrywers voor die Stadskouburg in Vereeniging genader het toe ons staderd sewe laaties was. ‘n Stink boemie met ‘n skewe bek, ‘n baard en ‘n moerse liegstorie wat geld uit veertienjarige kinders probeer kry. Nice.
                            Die treinstorie is altyd ‘n gunsteling. En low en behold, almal is altyd net R15 kort vir ‘n kaartjie en die bestemming is altyd Port Elizabeth of Oos-Londen. Ons het dit ge-cross reference met vuil stink boemies van Pretoria se liegstories ook. Verdere ooreenkomste sluit in:

                            • ‘n Familielid lê op sterwe en die lang treinrit is doodsbelangrik.
                            • ‘n Nuwe werk wag in Port Elizabeth of Oos-Londen. (Hy’s seker dronk na die feesvieringe oor die nuwe betrekking.)
                            • Hy vra vir jou posadres om jou geld terug te stuur sodat hy by sy bestemming kan uitkom.

                            En dan is daar ook die jonger, meer tragiese tipe- die junkie met ‘n liegstorie. Ai. Dié armsaliges hang by robotte, stopstrate of winkelsentrums uit. Geklee in vuil swart jeans en vuil swart T-shirts wat soos swart sakke aan hulle brandmaer skelette hang, staan hulle en krap aan hulle arms tot jy die fout maak om na hulle kant toe te kyk.
                            Dan kom die verleë glimlag, nog ‘n armvryf en die swoop.
                            “Askies Meneer, maar ek kom nie van hier af nie. Ek probeer entilik in Port Elizabeth/Oos-Londen uitkom, maar my beursie is gesttl…”
                            Wat heel moontlik waar kan wees. Daai apie op hulle rug het baie lang vingers en laaik veral van geld. Geld vir draks. Of dop.

                            Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

                            Deel met jou tjommies!

                              Bejaarde bestuurders – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

                              $
                              0
                              0

                              Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

                              Bejaarde bestuurders

                              Daar’s ‘n Toyota Camry voor jou. Gebreide bersie in die agtervenster. Moontlik ‘n tissueboks ook. En niemand agter die stuur nie. Jy freak heeltemal uit en ry vinniger om verby te kom. Wanneer jy langs die betroubare sedan inpull, kyk jy dringend links om te sien hoe die kar op die pad bly.
                              Dan sien jy dit. Daar ís iemand agter die stuur! ‘n Krimpie. NEt-net lank genoeg om in die speedo vas te kyk, leun die bejaarde bestuurder vyf-en-veertig grade vorentoe terwyl hy krampagtig aan die stuurwiel vasklou – ‘n bietjie soos ‘n senuweeagtige papegaai op sy stokkie.
                              Staaadig-stadig karring dit aan, oor rooi robotte, toegeetekens en sypaadjies. Salig onbewus van die woede en verwoesting wat hulle saai. Hulle het dan niks gehoor of gesien nie.
                              Presies.
                              Vat alle bestuurders bo die ouderdom van vyf-en-sestig se lisensies weg. Maak ‘n groot K53 plakkaat in rooi letters. Verkieslik A0-grootte met ‘n 450-punt Verdana lettertipe. Die krimpies wat die plakkaat kan lees mag hulle lisensies terug kry. Dis ten minste ‘n goeie, regverdige begin om ‘n groot gros gevaarlike geriatrics van die pad af te kry.

                              Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

                              Deel met jou tjommies!

                                Besluitlose mense in rye – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

                                $
                                0
                                0

                                Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

                                Besluitlose mense in rye

                                Dis Dinsdagaand en flieks is halfprys. Ongelukkig is die ry waarin jy wag dubbel sy gewone lengte. Heel voor staan ‘n onbeholpe vent wat oorgenoeg tyd in die ry gehad het om te besluit of hy die medium Coke en die groot popcorn wil koop. Maar skielik is dit asof hy ‘n hoërgraad fisika eksamen waarvoor hy nie geleer het nie, moet aflê. Hy slaan ‘n blank.
                                Die res van die ry trippel ongeduldig, vou grommig hulle arms en rol desperaat  vir mekaar oë as hy vir die soveelste keer oor die beskikbare groottes en geure uitvra. Uiteindelik maak hy ‘n besluit. Jy begin hoop kry. Dan, eers wanneer die goed reg voor hom is, word sy beursie gesoek. Oor na vroulief wat oplaas haar handsak met 50-liter kapasiteit uitpak om vir die expired kredietkaart waarmee hulle wil betaal te soek.
                                Dit gaan ‘n lang aand wees.

                                Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

                                Deel met jou tjommies!

                                  SNCTM – What happens in Naaiclub stays in Naaiclub (of word ‘n TV-reeks)

                                  $
                                  0
                                  0

                                  In 1994 is Heidi Fleiss, die voormalige eienaar en madam van ‘n upscale prostitution ring in Hollywood ge-prosecute en tjoekie toe gestuur vir so paar maande as gevolg van tax evation, maar dit was maar net code vir “ons like nie high class hoere nie”. Haar A-list clients het creepy mense soos Johnny Depp, Billy Idol, Hugh Hefner, Jack Nicolson en George Lucas ingesluit. Fast forward ‘n kwarteeu tot waar ons vandag is en nie veel het verander nie. Jy sal altyd high class pomp-en-skommel-huise in about enige dorp kort van Springs kry. Dis nie nodig om die wiel te re-invent nie; gooi net bietjie olie op die bearings om die dinge weer aan die gang te kry. En dis presies wat Damon Lawner gedoen het met SNCTM, ‘n neus-in-die-lug naaiclub (for lack of a better term), weereens in Hollywood. Vergeet van Girls of The Playboy Mansion of oorle oom Hugh Heff se genotgrot met die hasies. Hierdie nuwe larney plek vat (aan) die koek.
                                  Jy mag dalk Stanley Cubric se 1999 movie, Eyes Wide Shut, onder oë gekry het at some point. As jy nie het nie, kyk dit gerus – dis ‘n befokte drama/mystery/thriller as jy Tom Cruise se simpel gesig en Nicole Kidman se perdboude kan stomach. Lawner se SNCTM club is basically die Vereeniging weergawe van Eyes Wide Shut se secret society, minus die intricate plots en drama. Wel, daar is drama maar dis die tipe drama waar chicks die woord ‘like’ meer as swart rubberpiele rondgooi…

                                  As jy op skool redelik average tot hondkak gedoen het in jou begripstoetse, sal jy maklik kan aflei dat die club se naam, SNCTM, afgelei is van die woord ‘sanctum’ wat beteken “a sacred or private place; a private retreat or workroom” – al die bestanddele wat jy nodig het om al jou fantasië diskreet uit te leef teen ‘n moerse fokken prys – dit kan jou enige iets tussen $15k en $100k per jaar uit die sak jaag. In ruil vir al jou hardverdiende skille kry jy variasies op black tie events, private dinner parties, seksuele maskerades en erotiese optredes. Of noem dit net op ‘n makliker naam: Poesduur hedonistiese plesier en kakdronk malligheid.
                                  Oppikoppiiiiiii!
                                  O wag, maar jy bly in Suid-Afrika en jy het nie ‘n ekstra R200k tot R1.2m wat los rondlê per jaar nie, so join gou-gou Showmax se free trial om ‘n TV-reeks version van hierdie fuckery te kyk. (As jy wel daai tipe zak het, laat weet ons asseblief, dan maak ons ook ‘n kontkielieklub oop.) Natuurlik is dit ‘n doccie-style reality reeks en dit speel af in Hollywood en hoewel die karakters net gewone (mooi) mense en nie acotrs is nie, is die Hollywood flavour dik ingeroer. Real life should mimic art, jy weet? So elke blerrie persoon wat ‘n ‘belangrike’ roll by SNCTM vervul, moet noodwendig met ‘n aksent praat – van die chef, Emanuelle (maak draadtrek gebaar), wat foie grass lollypops wil voorsit vir die gaste, tot die ‘creative director’, Alina,  wat soos ‘n vacuous supermodel met ‘n botox gesig en ‘n Franse aksent praat en die deelnemende dames laat aantrek in leer onderklere met strapon rubberpiele. Vermoedelik om jou in die hol te naai as jou beursie dit nie hard genoeg gedoen het nie.

                                  Sorry, so deur die loop van die kykgenot het ek besef dat sy eintlik ‘n Duitste aksent het: “Und ficke ihn wie ein Hund in das Arschloch. SCHNELL!!!”

                                  Nodeloos om te sê is die eienaar stink-fokken-ryk. Hy het immers Clark Gable se hunting lodge gekoop en in sy tuiste omskep waar hy vriende en potential clients kan entertain tot die manbotter spat. Kom ons neem een van sy masquarade dinners as voorbeeld: Sy esteemed ladi-da gaste sit nog so en dinner vreet aan tafel en as jy weer jou broek uitvee, klouter twee gooses in leather-onties oor die etenstafel na mekaar toe en eet mekaar sommer uit vir aandete. Dit, terwyl nog ‘n hotterige chick in ‘n aandrok in die hoek staan en viool speel. Vir agtergrondmusiek, jy maak uit? As jy weer sien kom nog ‘n chick in ‘n masker en ‘n French maid outfit aangewals met ‘n roomkoek met ‘n plastic piel, karplaks in die middel van die koek staangemaak. Wat dink jy gebeur volgende? Die piel kry ‘n nuwe huisie en hulle smeer die room orals oor mekaar se tette en kwakke en as jy weer kyk is die gaste se cutlery eenkant toe geskuif en dit ontaard in ‘n KFC family bucket feast. Blink gesiggies orlas! Nom-nom-nom! (onthou laat ek julle ‘n grappie vertel *)
                                  En die vioolmusiek speel ongelukkig steeds aan in die agtergrond…

                                  As ek ‘n gas daar moes wees sou ek sekerlik hande geklap het soos mens by die opera doen: met drie vingers op die palm. Want fancy. En dan probably daai drie vingers vir iets anders gebruik het. Een in die stinkie en twee in die vinkie.. Aaaanyway… die aand eindig met almal wat verkas na verskillende pompkamers in die huis. Verskeie orgies bars luidkeels uit soos wanneer Afrikaanse boneheads Die Stem-gedeelte van ons anthem sing by die rugby. Die volgende oggend recap die eienaar, Damon, die vorige aand se gebeure met bibliese nabetragting met iets in die lyn van “I’ve created my own Disney Land“, terwyl hy sy hond kos gee. ‘n Ware Damasuc-oomblik…

                                  Daar is natuurlik ‘drama’ ook. ‘n Deurlopende agtergrondkennis wat op ons afgeding word:
                                  “Dit is so *dab ooghoekies met tissue* fokken hard op my familie!”
                                  Kyk, Damon (die eienaar van Club Naaisaam) het sy smoking hot vrou en twee dogters verloor as casualties van hierdie besigheid wat hy run. Sy huwelik is in sy fuck you in omdat die ou se club meer belangrik is as sy kind en sy vrou, maar hy is natuurlik te fucked in die kop om dit raak te sien. Mens kan sê dat drank en poes letterlik sy lewe verwoes het. Maar steeds sien hy niks verkeerd met die feit dat hy sy high class brothel bo sy vrou en kinders verkies het nie. Dis soos iemand wat vir homself of sy vriende lieg deur te sê dat hulle Teazers toe gaan vir die kos. Ja bra, die kos by Teazers is net-net slegter as Spur s’n, maar jy is daar om kwak en pramme te sien, ou bees. Nie om knoffelslakkies te tand nie. Ons kyk die show vir die nice tiete, nie jou jammergatstorie nie, Damon!

                                  Naked SNCTM is nogal tacky, maar dis baie entertaining, even net vir die softporn faktor. Wanneer laas het jy in elk geval softcore porn gekyk? Dis tonne beter as daai maagseksmovies wat mens destyds op eTV gekry het (wys dit ooit nog?).
                                  Jy wonder nou seker wat ‘maagseks’ is? Dis wanneer mens softcore porn kyk en die oom en die tannie naai vir goud en jy weet vir ‘n fok die angle is so fokken af dat daai bra se piel die tannie se pens about reg onder die tiete dry-hump. Fokol penetration.

                                  Anyway, soos reeds gesê,  Naked SNCTM is moerse entertaining as ‘n reality reeks en reality doccie. Daar is sover een reeks met agt epsisode van so net onder die halfuur elk en dit sal probably net by een reeks bly soos wat vriend Damon se legal kostes vererger. Kry solank daai tissue boks gereed (jy weet, vir die drama) en Sign hierso op vir ‘n 14-dae free Showmax trial om te sien presies wat ons bedoel.

                                  *Hier is daai grappie (dis ‘n ou een)
                                  Rooikappie loop langs die pad by die robot met die wit bedelaars op die R21. Dis daar net buitekant Monumentpark in Pretoria. Sy hike en is op pad Joburg toe om te kyk of The Goodluck Bar nog oop is. Wolf stop langs haar in sy Ranger en tune: “Lekker, meisie! Kan ek vir jou ‘n lift gee. Ek sien jy hike?”
                                  Rooikappie antwoord terug: “Ek tust jou fokol, Wolf. Jy gaan my net fokken eet!”
                                  Na ‘n lang back en forth oor safety van saamrygeleenthede en mooipraat en beloftes van Wolf se kant af, stem Rooikappie eventually in en klim Wolf se Ranger.
                                  Hulle was skaars by die Joburg/Krugersdrop split op die highway, toe trek Wolf af langs die pad en eet haar.
                                  En toe hulle by New Road kom in Midrand, toe eet hy haar weer.

                                  Deel met jou tjommies!

                                    Buikjeans – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

                                    $
                                    0
                                    0

                                    Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

                                    Buikjeans

                                    Dis ‘n onding wat hier in die tagtigs begin het. Denimbroeke vir dames wat lekker hoog optrek, tot net onder die borste. Die teenoorgestelde van die hipster. Lekker lang hangboude as jy van agter af kyk. En asof dit moet opmaak vir die ekstra lengte oor die magie, is die pype gewoonlik ook net driekwart lank. Sommer stonewashed ook met wit sokkies en bruin vellies as jy super-ongelukkig is.
                                    Terwyl ons toegee dat die tagtigs ‘n moeilike tyd vir almal was en dat ons skuldig is aan dinge waaroor ons nie graag praat nie, is die dra van mom jeans onverskoonbaar. Die mensdom leer nog uit sy foute. Net soos ons nie vandag ons geliefdes met knuppels oor die kop moer of ouens van ander dorpe eet nie, het kleredrag ook saam met die beskawing aanbeweeg.
                                    Die ergste is dat jy buikjeans nie net sien onder ouer vrouens wat in die jare tagtig gejol het en nou nie van beter weet nie. Selfs jong girls wat gebore is lank na die heyday van hierdie modegruwel en passieteenvoeter kies om buikjeans te dra.
                                    Kom nou meisies, kom ons laat sak die heuplyne. Selfs al het mens ‘n buik, werk ‘n hipster beter. In fact, daai pensie hang mos baie lekkerder oor iets as wat hy onder iets ingeprop word. GRoot asseblief met ‘n vet rooi cherry op – gee ons ‘n break. Niks meer hangboude nie.

                                    Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

                                    Deel met jou tjommies!

                                      Jengo lyk na ‘n kaklekker game! En dis locally developed!

                                      $
                                      0
                                      0

                                      Ons het so paar weke terug op ‘n befokte video op Facebrag afgekom van ‘n trailer van ‘n nuwe video game genaamd Jengo. Aanvanklik was die rede vir ons interest die kief animation, maar ons het gou agtergekom dat daar so paar levels van kief betrokke was. Dit het aan die lig gekom dat die game locally develop word en dat een van ons tjommies in die Black Cat Bones, Chris Van Der Walt, saam met die ouens werk om die game se sound track te skryf.
                                      By nadere inspeksie van die game se trailer het die twee karakters ook baie suspiciously soos Chris en Rot (Kobus de Kock Jnr) gelyk: Rot kompleet met die varkpenne in sy hare en Chrissie as ‘n satansbok (hy speel mos in baie metal bands) met sy kenmerkende poeshoed:

                                      Louis Du Pisani, die bra wat die game animate, het ons interest raakgesien en ‘n bottel wyn, ‘n pak effies en sulke hartjie tjoklit in ‘n mandjie gestuur om dankie te sê. Ons het besluit om hom oor te nooi vir ‘n interview met koffie (te poes arm vir drank) want wanneer laas het jy gehoor van local game developers wat die internasionale mark aanvat? Dis kind of ‘n big deal, veral vir hulle. Daar het ‘n paar interessante gesprekspunte opgeduik. Louis is ‘n freelance animator/kunstenaar wat back in the day verantwoordelik was vir MK Ondergrond – die program, sowel as die befokte art work. Hy was self ook in so paar bands gewees, onder andere Knave en The Rift. Iets wat duidelik uit die gesprek na vore gekom het, was dat wanneer jy (veral in Suid-Afrika) in ‘n band jol, dit jou tot ‘n mate equip om ander skills aan te leer, soms noodgedwonge. Stuff soos poster design, bemarking, om nie Comic Sans as ‘n fint te gebruik nie en PR. Artists kom dit net nie altyd agter dat hulle besig is met al hierdie verskillende job titles nie. Jy gaan miskien ook na jy die interview gekyk het so bietjie rondkrap en ander artists se kuns opsoek en kyk hoe dit inpas by verskillende bands en music videos. Dis nogal ‘n diep tonnel om in af te duik as jy eers jou Google flippers aanhet.
                                      Hier is ons gesprek met Louis:

                                      O ja, iets wat nie deel van die verfilmde interview was nie: Du Pisani het nie eers geweet dat Kobus se bynaam Rot was nie, maar het hom toevallig in die karakter van ‘n rot geskets en animate. Hoe fokken weird is dit?

                                      Dan is hier ook so bietjie van ‘n behind-the-scenes konteks sover dit die sound track van die game aangaan. Dis opvallend wat die verskil is tussen musikante wat musiek vir ‘n lewe doen versus musos wat day jobs het om hulle naweek-gigs en dronkword mannewales te support. Musikante wat musiek as ‘n job doen, is altyd besig; of dit nou met rehearsals, admin, beplanning of commerial werk is. Loki Rothman is byvoorbeeld amper altyd besig om films se scores te skryf wanneer hy nie gig nie; Cito van Wonderboom doen music direction vir corporate events waar hy komponeer, sound design doen en omsien na die algemene music direction.
                                      Daar is ‘n hele paar musos daarbuite wat musiek skryf en komponeer vir films, advertensies en events en soos in Chris van Der Walt en kie se geval, musiek maak vir ‘n video games:

                                      Die gamer brasse het ook ‘n moerse lekker vinnige explainer video gemaak wat cover waaroor die game gaan en hoe jy hulle kan support. Soos Louis in die interview genoem het, is daar verskeie levels van rewards wanneer jy hulle help met hulle crowd funding. Vir so min as $20 kan jy jou naam in die credits kry, die volle weergawe van die game kry en terselfde tyd help om Suid-Afrikaanse gaming development op die map te sit. Daar is baie tyd, moeite en kreatiwiteit in hierdie projek ingeploeg en sover lyk die results fantasties.

                                      As jy jouself as ‘n serious gamer of mediocre patriot beskou, ondersteun die ouens by Robot Wizard en sit handjie en geldjie by. Tydens die skrywe van hierdie artikel het die fondse op $29,240 gestaan wat hulle 20% op target sit – en dit alles geback deur slegs 269 backers. Dit sit die backers op average van $100 elk, amper 5 keer meer as wat nodig is om die game te kry. Onthou, dis average. Dit sê vir ons een ding: die ouens wat sover die game back, gaan vir die groter rewards. Nog ‘n opsie is om in die game self te invest teen $1000 ‘n shot. Dis iets wat ons nie in die interview gecover het nie, maar dit lyk of jy kan zak maak uit die sales uit, wat hulle regoor alle platforms license, so lees op daaroor as jy daarin belangstel.

                                      O ja, en as jy pledge, moenie nou worry oor die zak nie. Hulle trek dit eers af wanneer en indien die ouens wel slaag met hulle campaign. Andersins bly jou skille in jou beursie. Kom ons hoop dit is nie die geval nie. Ons het sopas self ook ge-pledge. Ka-ching!
                                      As jy way back in jou kinderdae ‘n fan was van Police Quest, Space Quest, King’s Quest, Leisure Suit Larry en dies meer, gaan hierdie game vir jou ‘n moerse aangename nostalgiese trip wees as jy hom eers in jou kloue het. Deur te pledge raak jy deel van die game se ontwikkeling ook agter die scenes deur feedback en idees en terigvoer te gee. In die ouens se eie woorde:

                                      “You know how it goes: you’re looking for the most inappropriate item combination possible and test it out to see if the developers have the same kind of sick mind as yours. As much as we want to make this project, we are still two mere mortals with grumbling bellies and families to support. So please back this project and FIG and help us point and click our way into history”


                                      Support die ouens, samblief. Kyk hoe mooi het ons almal vir Fokofpolisiekar gehelp met hulle album. Jirre, ons is poescool. Al die geld word deur FIG administrate – hulle is ‘n crowd funding platform wat UITSLUITLIK campaigns run en manage wat fondse insamel vir games. Al die geld gaan vir die development. Gaan krap gerus rond en kyk of daar miskien ander games ook is wat jou fancy tickle. Dis dalk ‘n cheaper manier om van nou af jou games aan te skaf. Jy gaan dalk net bietjie moet wag elke keer, maar jy sal elke keer van die eerstes wees wat daai game het. Op die oog af lyk $20 vir Jengo byvoorbeeld aansienlik minder as die standaard R800 waarvoor dit moontlik sal gaan sodra dit ge-license word aan Xbox en Playstation.

                                      Looi ons gerus met vrae en comments wat ons vir Louis kan aanpass met ‘n opvolg interview, hopelik om die suksesstorie met almal te deel.

                                      Happy gaming! Pew-pew!

                                      Deel met jou tjommies!

                                        Blou Bul-ondersteuners – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

                                        $
                                        0
                                        0

                                        Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

                                        Blou Bul-ondersteuners

                                        “Was jy ooit al daar op Loftus as dit vol is en dit rof is?” sing grapgat Leon Schuster destyds in ‘n poging om die unieke gees te beskryfwat heers wanneer Pretoria se rugbyspan die dag ‘n game het. Jy hoef nie eers op Loftus te wees om hierdie bedenklike ervaring te beleef nie.
                                        Blou Bul-onderteuners is oral. Hulle is rondom Loftus vanaf negeuur die oggend en hulle is op die paviljoen as die Bulle elders speel. Op hierdie plekke is hulle gewoonlik groot, vet en blou met wit horings op hulle koppe. Sommige verf net hul rooigedrinkte gesigte blou, ander hulle pense ook. Want pense is standaard in dié geweste.
                                        Almal se bloed is blou. Mans, vrouens en kinders. (Altyd die kinders. So jonk, so onskuldig, so blou.)
                                        Moenie dink Blou Bul-ondersteuners bly net naby rugbyplekke nie. O nee. Trotse Blou Bul-families stoot Saterdae trollies vol vleis in middelklas winkelsentrums rond en ry groot vierwielaangedrewe bakkies met dik tekkies en blou ballas aan die towbar. Want hulle ballas is ook blou. Die hele familie s’n.

                                        Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

                                        Deel met jou tjommies!
                                          Viewing all 228 articles
                                          Browse latest View live