Quantcast
Channel: Snotstories – Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

Die Blou Bulle is fucked up. Vir ewig en altyd. Amen.

$
0
0

Deur Thys Nywerheid

Kyk, ek verstaan nie Afrikaners se obsessie met raggas nie. Dis alles goed en wel as jy in die gees van patriotisme die springbokke ondersteun en alles maar fok tog, party mense vat dit darem te ver. Rugby is 'n lekker sport en baie entertaining maar soos alle goeie dinge (behalwe sex en heavy metal) moet matigheid voor oë gehou word. Ongelukkig is daar egter baie mense wat nie juis matig is waneer dit by raggas kom nie, to say the least. En soos almal weet het die skuldiges 99.999999999% van die tyd blou bloed.

Daar is niks verkeerd met die Bloubul rugbyspan self nie. Trouens hulle het al ongelooflike goeie spelers opgelewer. Bakkies en Victor is fokken yster verby pappie! Bloubulle is egter baie soos die Christendom. Daar is absoluut fokkol fout daarmee nie. Maar. Groot fokken "maar" met neon blou ligte en kaal chicks wat soos Megan Fox lyk wat om dit dans. Maar dan kom die fans. En fok dit totally op. Once.

Soos baie ander dinge wat die Afrikaner soos 'n totale neandertal fokken nool laat lyk is dit Steve se skuld.

Vir 'n quick buck het die etter mos doer tyd terug 'n song gaan skryf oor die bulle. 'n Super kak song wat alle regdenkendes laat cringe soos 'n kokkerot wat deur 'n atoombom vol in die ballas getref word. Daar begin Steve toe 'n downward spiral wat alle Snorcity skapies in zef bloubal zombies verander het. Pretoria is deesdae soos the Waking Dead en orals waar jy kyk sien jy net blou zombies. Dis so erg dat selfs  jong onskuldige kinders nie gespaar word van die epidemie nie.

Dis hoe dit is. Met Steve. Poes.
Asof Steve se song nie erg genoeg was nie het ander marapse op die band wagon geklim, hulle piele skaamteloos uitgeruk en doodlluiters op die bloubul brand kom pis. Check hierdie ongelooflike kak video uit:

En dames en here, glo dit of nie – dit raak net fokken erger. Hierdie diep gat het geen fokken bodem nie en hoe dieper jy afgaan hoe meer slymerig raak dit. Hier is 'n zombie wat se brein al amper heeltemal verteer is deur die bloubul virus.

Dan waneer jy heeltemal verswelg is deur die donkerte en so diep binne in die bloubul se anus is dat jy nie kan asemhaal nie dan tref hierdie slap kak jou vol in die gesig. Dit moet die bodem van die gat wees want die fok weet, dit is Godsonmoontlik dat dit erger kan raak as dit.

Wat vir my die vreemdste is: hoekom tree ander spanne se fans nie ook so fucked up op nie? Mens hoor nie van Shark fans wat byvoorbeeld met haaivinne op hulle karre se dakke rondry nie. Die Lion fans het ook nie Robbie Wessels se tos leeuloop liedjie gehighjack vir hulle span nie. Daar is nie hordes fucked up Cheetahs, Sharks,Stormers en Lions songs wat rondlê soos hondedrolle op die ewige grasperk van die interwebs nie. Is dit iets in Snortoria se water wat die bloubulle so fucked up maak? Is daar een of vitamine wat mens net kry as jy nou en dan van die vloer af eet wat die Bloubul fokkers nie inkry nie? Kan mens regtig die kulturele ondergang van ‘n ganse streek blameer op een substandaard pop liedjie deur 'n oportunis wat nie eens aan die regte kant van die Jukskei rivier bly nie?

Fok weet hoekom die Bloubulle so deur die kak is maar een ding is verseker, hierdie is een euwel van moderne Suid-Afrika wat nie op apartheid geblameer kan word nie. Of kan dit?

Deel met jou tjommies!

Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

Trending Articles