Quantcast
Channel: Snotstories – Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

Oppikoppi like you’ve never seen it before! Number 7 is my favourite!

$
0
0

Lekker click-bait line om al die souties te vang, huh? Nommer 7 is mos altyd almal in click-bait land se totes faves. Anyway… as jy die video wil kyk en lui is om te lees, scroll af tot onder.

Hey, het jy Oppikoppi al van bo af gesien, huh? *staan nader en rol so moue op* Ek reël fokken vinnig vir jou ‘n lift, tjomma! Maar seriously nou, het jy Oppikoppi al van bo af gesien? Daar van die Kleinbar se kant af? Dis nogal ‘n mindfuck om tydens ‘n stampvol festival (soos met 2013) daar bo langs die kleinbar se stage te staan met ‘n bier in die regterklou en jou blik oor die plaas te gooi. Net kleur, tente, karre, geraas, musiek en jolyt waarookal jy kyk.

Die James Philips Stage op die Oppikoppiplaas is een van die mees impressive stages in Suid-Afrika, juis omdat dit daai familiar Suid-Afrikaanse lapa vibe het. En dit nogal in die bosveld. Dis nogal ‘n moerse stage ook. As jy in ‘n flatbeonwer is, is die stage heel moontlik groter as jou flat. Check, die james Phillips stage se vloer vorm actually ‘n huis se dak. Met ‘n lekker hoë grasdad bo-oor daai dak. ‘n Huuuge stoep! Jy sien dit net nooit raak nie want die “mure” en “vensters” word altyd gecover met sulke bruin streepsakgoeters. Hier is die stage soos jy hom gewoonlik ken van naby af: As jy nou daar rondom die Skellum stage die bult uitklim na die Windhoe deck se kant toe, kry jy ‘n beter idee van hoe groot die crowd kan raak en jy sien Mordor se duisende tente in die agtergrond. Jy kan nou sien dat die stage se vloer min of meer dieselfde hoogte as ‘n huis se verdieping is. Daardie huis onder die stage het 6 slaapkamers, ‘n badkamer en ‘n klein kombuis. Dis beslis groter as ‘n standaard Pretoria-Oos woonstel (en so twaalf keer groter as ‘n flat in Kaapstad se City Bowl). As daai mure kon fokken praat…
As jy so min of meer ‘n 160 grade draai maak van hierdie bult af, kloksgewys, verander jou view  na die Redbull Stage se kant toe. Daai plek waar jy in die vroëe oggendure 120 hemplose boets per minute kry  wat of chappies of pille kou. Met sulke stowwerige squeegee bottels vol tequila en Red Bull, natuurlik. Persoonlik my least favourite deel van die festival, maar as daar fokol mense is nie, is dit nogal ‘n mooi deel van die plaas.
Nog ‘n plek wat jy van die boonste bar af kan kokkenodge (actually kan jy amper alles van daar af sien), is ons favourite blyplekkie, die Kreef Hotel. Jy kan jou albasters min of meer volgens hierdie foto vind: Kreef Hotel in die voorgrond met die main brekfis, bar en entertainment area, die Kreef Hotel inwoners se tente op die linkerkant en die Watkykjy special section regs met ons eie parking, elekrisiteit, TVs, yskaste, waiters en fluffers. Links agter op die heuel is Boors (die eienaar) se huis en die Kleinbar en regs oorkant die stofstraat anderkant Kreef, is Mordor wat nogal vir ‘n entjie strek.
Met al hierdie in ag geneem en met al jou memories van Oppikoppi met die stof en die dorings en die kakbaie mense en tente en karre en tunes en lawaai en geskreeu wil ons jou nou bietjie iets anders wys. In Oktober, 2016 het dit nogal fokken baie gereën op die plaas en so week of wat later was dit moerse groen. Ek het toe alreeds my drone bestel van die overseas af en voor die hek gaan sit en wag vir die ding, maar ek het hom presies op die fokken laaste dag van 2016 gekry – 31 Desember. My tjommie, Kuberkoos het sy drone ook so week af wat daarna gekry en toe skiet ek en hy deur om vir Boors te gaan kuier op sy plaas, Oppikoppi, hier teen einde Januarie in 2017. Min of meer presies ‘n jaar gelede! Ons het in die rondawels by die boonste stage geslaap, die hele kleinbar net vir onsself gehad en een aand sommer reg langs die boonste stage gebraai.
*wys so met twee hande se wysvingers dertig sentimeter uitmekaar uit*
“Net sulke fokken steaks!”

Ons het na hartelus oor die plaas rondgevlieg sonder dat enige iets of enige iemand ons pla. Fredom! Check of jy gedeeltes van die plaas kan herken in die video hieronder. Hier is byvoorbeeld ‘n screengrab uit die video van ‘n gedeelte van Mordor.
So paar verskonings:
Die weer het nie heeltyd saamgespeel nie, so die videos wat ons oor die twee dae geskiet het, is minder kleurvol as wat ons dit sou gelike het. Ons was ook nog nat agter die ore met ons nuwe drones, so ons het hier en daar bietjie soos drolle gevlieg en dalk nie genoeg rondgespeel met ons kamera settings nie. Ons het intussen aansieklik verbeter, so maybe doen ons dalk eendag ‘n follow-up. Ek kon die footage nie met weggooi nie, so hier is wat ons gekry het:

Deel met jou tjommies!

    Viewing all articles
    Browse latest Browse all 228

    Trending Articles