Quantcast
Channel: Snotstories – Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

Crocs – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

$
0
0

 

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Crocs
Vra mense hoekom hulle Crocs dra en die kanse is goed dat hulle jou gaan probeer wysmaak dat dit die gemaklikste skoene is wat hulle nog ooit gedra het. En dat dit goed is vir jou voete. Crocs beweer selfs dat dit teen bakterieë en slegte reuke weerstand bied en in pragtige kleure beskikbaar is. Ook dat dit baie lig is en dat jy nie maklik daarin gaan gly nie.
Maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, op die ou einde is jy die doos met die plastic skoene. Of neon plastic plakkies, om meer presies te wees. Dan’s daar ook heelwat ander redes om nie die simpel goed te dra nie. Soos dat dit ook gemaklik is om sonder ‘n broek rond te loop of jou hol te krap, maar mens dit nie voor ander mense doen nie. Of dat Crocs ook merkwaardige weerstand bied teen belangstelling van mooi meisies. Of self goeie vriende gou ‘n gly in jou sal bang.
Crocs is darem lig. Anders as my swaar Adidas-tekkies wat ek elke dag aan my voete saamsleep werk toe.
Daar is bitter, bitter min produkte wat aan die oningeligte massas verkoop word met ‘n groot geel uitroekteken op sy kop wat skree: “Kyk hoe lekker zef is ek! Kyk! Kyk, mammaaaa!!!!”
As jy jou geld wil mors, koop vir jou ‘n groot sak dagga en spoel dit in die vortex af na ‘n nommer twee. Jy doen dan drie eerbare dinge:

  • Jy haal dwelms van die straat af.
  • Jy misbruik nie die pappegaaislaai nie.
  • Jy spandeer nie jou geld op Crocs nie.

Ek moes al uit geselskap loop as gevolg van Crocs. Halfpad deur die sin kry die ou my rug en sy pitkos vir die dag: “Jammer, maar ek kan nie mense wat Crocs dra ernstig opneem nie.” Half-verslae skree die persoon agterna: “Maar dis so gemaklik!”
‘n Poep is ook lekker gemaklik. Waar niemand jou hoor of sien nie.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

Deel met jou tjommies!

    Viewing all articles
    Browse latest Browse all 228

    Trending Articles