Quantcast
Channel: Snotstories – Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

Dronk geselsies in publieke badkamers – Is Dit Net Ek of is Als Tos?

$
0
0

 

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Dronk geselsies in publieke badkamers
Ons is altwee grootmense en hou altwee ons slange vas terwyl ons langs mekaar staan en pis. Moet asseblief nie ‘n betekenislose dronk geselsie met my aanknoop nie.
“Aaaah! Rrrrrt!” laat los die ou by die piskrip ‘n skril enetjie langs jou: “Ja-nee, ‘n pis sonder ‘n poep is soos ‘n huis sonder ‘n stoep,” laat hy dan van homself hoor terwyl hy sy naam op die porselein probeer skryf en van hak tot toon wieg.
Dit en stront soos “Aah, daar breek ek die seël!” of “Ja swaer, so gannit ma’!” impress my nie veel nie. Ek gaan nie vir jou lag nie. Ek is nie jou vriend nie en ek stel nie belang nie. Ek wil klaarmaak, afskud, my hande was en verder saam met my regte vriende gaan sit en kak praat. Nie met jou nie. Nie hier nie. En kyk asseblief waar jy pis. Jy spat op my.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Deel met jou tjommies!

    Viewing all articles
    Browse latest Browse all 228

    Trending Articles