Ek het die afgelope Maandagaand voor die TV gaan sit maar was nie regtig in die mood om iets spesifiek te kyk nie. Ek het so met die remote gesit en staar vir die idiotbox vir ‘n rukkie en toe die entertainment components een vir een aangeskakel uit blote gewoonte en tussen al my apps begin scroll om te kyk wat daar is en oplaas op Showmax ge-settle en breinloos deur die reeks en en flieks begin blaai wat on offer was. Future Man het my oog gevang, maar ek het dit al voorheen op die menu gesien en geskiem “naaaah!” Iets het verkeerd gelyk. Die karakter op die poster se gesig pas nie so lekker by die macho suit wat hy dra nie. Bietjie loser vibes? Verkeerde casting? Maybe net ‘n unfortunate poster design? Ek het al telkemale flieks en reekse op die oog af sommer afgeskryf omdat die posters tos lyk. Ja, ek weet ek is maar lekker vol kak, maar het toe wel besluit om dit ‘n shot te gee. Ek het in elk geval fokol anders om te doen om ‘n Maandagaand nie, behalwe om miskien te huil…
Die eerste episode skop dadelik af met heavy action scenes waar Future Man ‘n voortvlugtige gesin help waneer booswigte hulle te voet jaag en op hulle skiet. Net voor die gesin deur die maaifoedie uitgewis word met sy futuristic pusle gun (raai ek nou maar), blaas Future Man ‘n gat deur dwarsdeur die fokker se borskas en tune “Now that’s what I call a whole in one!” ‘Die volgende booswig skop hy so hard dat hy sommer deur die lug trek en rug eerste in ‘n kragboks beland en doodskok: “There’s the shock!” Jissis nee man, ek kan mos nie met sulke lame kak deal nie, skiem ek. Fok hierdie, dis boktos! Maar ek besluit 5 minute is my cut-off en ek kyk verder. Gelukkig is daai lame scene net ‘n baie fokken lame droom waaruit ons hero wakker geruk word deur sy pa. In wie se huis hy nog bly. Want Future Man is eintlik Josh Futterman (kon die woordspeling enigsins meer letterlik wees?) – ‘n loser wat saans computer games jol in sy kamer. Gedurende die dag is Josh ‘n janitor wat by ‘n lab werk. Double loser alert! Honk! Honk!
Ongelukkig moet al hierie info eers geskets word sodat die storie kan spoed optel, en by die 5 minute merk in episode 1 skop alles oor na die hoogste gear. Die storie verbeter drasties na die stupid droom.
Josh is maar ‘n slapgat by die werk ook en kruip weg in die supplies kamer waar hy ook sit en games jol. Sy game van keuse is ‘n futuristic skiet-alles-faktap first person shooter genaamd Biotic Wars. Die game is ook unbeatable. Of so het almal gedink…
Josh is fokken obsessed met die game en hy kry dit actually een aand na werk by die huis reg om die game te beat en die enemy op te fok aan die einde. Maar Josh se obsession is nogal ongesond. Die fictional female main karakter in die game, Tiger, is vir hom so hot dat hy sommer sy broek aftrek na hy die game gewen het, heavy oor haar fantaseer en verwoed begin riem ruk. Een van daai intensiewe American Pie tipe dratie sessions waar jy verag dat mamma of pappa enige oomblik deur die deur gaan bars…
Die volgende oomblik is daar van daai stereotipiese weerligstrale wat mens altyd in scifi movies kry as iemand van die future af kom kuier en daar staan die Tiger toe reg voor hom in sy eie kamer. O ja, nie net sy nie – sy het haar soldier buddy, Wolf, ook saamgebring. Lekker broek op die enkels en piel in die hand. Dis op hierdie punt van fyndraai waar Josh die plot so bietjie verloor. En met plot bedoel ons sy kom. En met verloor bedoel ons hy skiet dit oor Wolf se klere uit!
Wolf: “Goddammit, it is all over me!”
Tiger: “Relax, it is just a little cum!”
Wolf: “It is a LOT of cum!”
En daar vang die storie my hook, line en sinker en ek binge die hele ding faktap in 2 aande!
Wolf en Tiger is van die future (die jaar 2162) en travel terug na die verlede om Josh op te spoor en te recruit om hulle te help om die uitwissing van die mensdom te voorkom. Die game wat Josh ge-beat het, was eintlik ‘n training disk van die future wat deur Wolf en Tiger gestuur is om die uitverkorene op te spoor – Josh die janitor, die enigste poephol op aarde wat die toets (game) geslaag het. Tot hulle teleurstelling is Josh eintlik maar ‘n ou stuk kak loser. Jirre, hy kan nie eers neerbliksem nie en in een van die latere episodes is daar een van die beste non-kontak fights wat ek sover op TV tussen twee losers gesien het. Sulke anti-klimaks meisie fight tussen twee manlike nerds. Subliem.
Don’t get me wrong, Wolf en Tiger is ook eintlik maar losers in hulle eie reg. Hulle is fokol gewoond aan die hede se way of doing things nie en iets basic soos ‘n baba maak vir Tiger byvoorbeeld glad nie sin nie.
Die twee soldiers van die future is histeries komedies sonder dat hulle probeer snaaks wees of besef hoe faktap hulle is nie. Daai deadpan tipe van matter-of-factness waarmee hulle met alles deal. Seks is vir hulle fokol. Hulle naai sommer so voor Josh in die staande posisie terwyl hulle taktiek bespreek soos ‘n span, maar fokkit, laat iemand soen, dan wil hulle kots! In die future het jy nie mond nie. Wel, jy het, maar dit word nie ‘n mond genoem nie. Dit word ‘n rat-hole genoem omdat die mense van die toekoms dreinrotte vreet omdat hulle ondergronds forseer is deur die evil mense wat hulle probeer fight. So, iets so basies soos ‘n soen word na verwys as “going rat-hole to rat-hole with another person”. Maar eers gou weer terug na daai bizarre seks-scene. Hulle naai soos besete mense met straight gesigte. Ek het myself faktap gelag!
Daar is toevallig ander scenes wat snaaksser is, glo dit of nie, maar ek kan nie al die spoilers wegggee nie…
Future Man is ‘n fantastiese scifi komediereeks. Dis 30 minute van absolute aksiebelaaide time-travel en koffie-by-die-neus-uitspuit humor. Daar is talle verwysings na Terminator en Back To The Future word actually deur Josh bespreek met ‘n ander karakter op ‘n stadium. Tot sommige van Back To Future se sound effects word selfs nageboots en inkorporeer met sukses. As jy ‘n fan van die Back To The Future movies is, gaan jy hierdie verslind. Dis soos om ‘n R-rated weergawe daarvan te kyk. En net met time travel movies kan jy regkry om suksesvol met rassisme te spot. In een scene in die laat 50s freak ‘n groep swart college students uit tydens ‘n party toe hulle die polisie buite gewaar. “The police are here!” *mense skarrel* “They’re beating up the white people!” *celebration.
O ja, daar is een hele episode wat James Cameron-obsessed is! Kyk dit eerder self, want dis befok!
Die main cast is fantasties gekies – Josh Hutcherson vertolk die rol van Josh Futterman ( hy was te siene in al die Hunger Game movies, Red Dawn, en Journey To The Center of The Earth)
Derek Wilson vertolk die rol van Wolf (hy kom direk na sy rol in Preacher na Future Man maar was ook te siene in Rectify en The Good Wife)
Eliza Coupe is Tiger (sy het rolle gehad in Quantico, Wrecked, Superstore, House Of Lies, Scrubs en sy was ook die Seaworld trainer in Anchorman 2)
Loop Sluit aan by Showmax se free 14 dae trial en kyk gerus Future Man oor die naweek, nie net omdat dit een van die snaaksste scifi reeks ooit is nie, maar ook omdat dit die actors net oor die 90 minute neem om in hulle costumes en make up te kom. Jy kan vir 14 dae lank verniet kokkenodge en deur ure se kykgenot krap en dan besluit of jy wil aansluit teen R99 per maand. Kanse is baie goed dat jy jou subscription sal wil hou.