Quantcast
Channel: Snotstories – Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

Counterpart is ‘n sci fi spy reeks wat jy absoluut moet kyk!

$
0
0

Jy kan J.K. Simmons sien as ‘n meer gesofistikeerde krimpie weergawe van Bruce Willis, alhoewel die ouens slegs drie maande van mekaar verskil in ouderdom. Het enige van hierdie ouens ooit hare gehad? Who knows? Seker as babas, ja. Maar die kaalkoppe is hulle Hollywood trademark. En waar Bruce Willis 119 acting credits onder die belt het, spog oom J.K. met 188. Bruce is die vuil vest Die Hard aksieman en J.K. is die Law En Order suit en tie bra, nooit regtig in ‘n leading rol nie. Toe kom Counterpart uit en sit hom in ‘n heeltemal ander klas. Hy het ‘n ver pad gestap van sy werk as die stem van die geel peanut M&M in hulle iconic commercial in die ninteties, tot sy dubbele komplekse rol as Howard Silk. Dit help ook baie dat hy vlot in Duits is vir hierdie besonderse rol.

Baie van ons het as klein kinders – toe ons begin selfbewus word sowel as bewus begin word het van ons omgewing en hoe dinge werk – soms ‘n stemmetiie iewers in ons koppe gehad “Is ek regtig ek? Wat as ek ‘n robot is? Is daar net een van my? As daar twee van my was, wat sal ek doen as ek in myself vasloop eendag? Sal die ander ek ‘n lekker ou of ‘n doos wees? En soos jy ouer word het die vrae dalk steeds by jou gespook maar miskien ‘n meer folosofiese wending geneem: “Wat sou anders wees as ‘n mens in ‘n alternatiewe wêreld gelyktydig kon bestaan?”
Dis min of meer die basis van Counterpart en Howard Silk (gespeel deur J.K. Simmons), ‘n low-level agent wie se vervelige loopbaan by ‘n Berlynse UN spy agency vervaal, leer onbewus die antwoord. Jy sou dink dat ‘n job by ‘n spy agency een van die befokste grafts op aarde is, maar Howard weet self nie eers waddefok hy daar doen nie. Hy doen papierwerk en die tipe inligting wat hy raaklees of waartoe hy toegang het, moet hy liaseer en dit lees amper soos halwe kinderboeke. Dis ‘n full on boring desk job. Yawn fest.

Maar dan ontdek Howard dat sy organisasie donker geheime wegsteek vir die wêreld – ‘n poort na ‘n parallelle dimensie en die arme man word gedompel in ‘n geheimsinnige wêreld van spioenasie, intrige en sameswerings deur regerings wat die faktap Gupta’s se kak soos ‘n Gereformeerde Kerk se basaar laat lyk. Nou, voor ons jou hierso verloor – dis nie Stargate-spring-deur-‘n-helder blou-bright-plasmasirkel-met-Nerf-guns-wat-lasers-uitskiet en ou curly telefoondraad comms in jou oor met Britney Spears headsets nie. Hierdie shit is fokken classy gedoen! Hierdie parallel dimensie is anders. Dit het ‘n tipe van passport control wat fokken streng beheer word en jy gaan na die anderkant toe deur ‘n gewone deur. Geen fancy flashes of weird geluide nie. Net koud, soos Berlyn – dis in ‘n koue oorloog met ons eie dimensie en dis ‘n wêreld wat weggesteek is onder die oppervlak van ons alledaagse bestaan. Jy kry gewone aarde, Aplha Earth, en Prime Earth en die oorlog word stadig opgewarm deur spioene van beide kante. Die enigste persoon wat Howard kan vertrou, is Prime, sy identiese eweknie van ‘n uiteenlopende werklikheid wat aan die die ander kant ‘n top spioen is.
Dis noir sci-fi fantasy op sy beste! Die twee wêrelde is moerse geloofwaardig – dit speel af in vandag se tyd maar daar is ‘n mix van settings en megafters en tech tussen  twee tye wat voorkom as die hede en die 1970s. Dit voel by tye nogal complicated – die storie gaan nie oor die verlede nie, dit speel af in die hede maar tussen die twee reeds genoemde parallelle wêrelde wat deur ‘n geheime deuropening en gang verbind word. Soos wat die kontraste in die storielyn vermeng, meng die omgewing ook. Dis full on dystopian, sonder om in your face te wees. Die set design is fokken briljant! In een van die scenes is die twee kante wat in die kouer oorlog gewikkel is, om ‘n tafel besig om te onderhadel oor die oorhandiging van ‘n agent. Iemand se selfoon lui. Die brasse van Prime Earth aan die ander kant van die tafel is duidelik ge-irriteerd, want hulle het nog nie daai tipe tegnologie nie. Dis space race vibes.

Counterpart ondersoek onder andere temas van identiteit, lot en verlore liefde en stel ook die ewige vraag: “Wat as ons lewens anders kon wees?” J.K. Simmons is absoluut fokken uitsonderlik in sy rol. Scratch that, sy TWEE rolle – die subtiele verandering in sy persoonlikheid, klein nuances en byvoorbeeld net hoe hy sy stem effens wysig. Dis “dieselfde” mens maar J.K. gee hulle twee persoonlikhede.

Oom J.K. verduidelik sy twee uiteenlopende karakters as volg:

“I viewed this from Howard Earth’s position, because he is the main guy. Then I started with the Prime and his perspective and it became a very mano-a-mano rivalry for the two.”

The problem for Howard 1 and Howard 2 is that their worlds are diverging… but they’re still linked. Howard Prime often crosses over into Howard Alpha’s homeworld for his missions. Prime works for Section 2, a secret group within the UN agency that Alpha works for but that Alpha Howard is totally unaware of.

J.K Simmons

Soos reeds genoem is die setting en agtergrond waarteen Counterpart afspeel fantasties, intelligent uitgewerk en deeglik beplan. Dis verfrissend om Berlyn as backdrop te gebruik om hierdie storielyn te versterk. Die werklik inernasionale cast van akteurs is ook ‘n welkome afwyking van die Hollywood-fodder wat so gereeld op ons forseer word, al is ons nie altyd bewus daarvan nie.

Jy gaan Counterpart nie sommer kan binge nie. Wel, jy kan probeer, maar dit verg nogal konsentrasie en daar is baie om in te neem. Die skop-skiet-en-donner dele is volop en al die sekstonele word werklik classy aangebied. Daar is ‘n lekker steamy scene met Sara Serraiocco – tot sy haar top uittrek en jy skiem “jirre, wat gaan aan met haar nipples?” Maybe it is your thing? Gaan kyk en laat weet my wat jy dink. Van die reeks en natuurlik van Sara Serraiocco se nipples.

Sluit sommer nou aan by Showmax se free 14 dae trial. Dit sal jou genoeg tyd gee om Counterpart sowel as ander tonne topklas vermaak te kyk. Daar is genuine fokken baie shows en movies om jou besig te hou. Jy kan vir 14 dae lank verniet kokkenodge en deur ure se kykgenot krap en dan besluit of jy wil aansluit teen R99 per maand. Kanse is baie goed dat jy jou subscription sal wil hou. Daar is kakbaie nuwe reekse wat verlede week releasse is waaroor ons nog kan

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

Trending Articles