Quantcast
Channel: Snotstories – Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

Dis-Chem voel ‘n fok vir mense in rolstoele!

$
0
0

Fok, ek haat dit actually om hierdie tipe artikels te skryf. Dis soos om Die Antwoord se abuse te cover – dis ‘n slegte onderwerp oor fokken goor mense, dis tydrowend, dit hou my weg van actual werk af en dit voel asof dit al die positiewe energie by my hol uit suig. Bowenal baat my absoluut fokol (contrary to popular uninformed blief). Ongelukkig moet sulke tos aangespreek word, want mense moet van die kak weet. Dink daaraan as ‘n grudge purchase. Soos ESKOM pre-paid.

Dis-Chem was baie onlangs in die nuus gewees omdat hulle founder en uitvoerende hoof, Ivan Saltzman ‘n memo aan personeel uitgereik het waarin hy gesê het dat hy wil halt roep met die aanstelling en bevordering van wit Suid-Afrikaners omdat hulle in sekere areas agter geraak het met hulle rassetransformasie. Kyk, transformasie moet en gaan in elk geval gebeur, one way or the other, en ek sal voorstel dat hulle by Glenfair Boulevard se Dis-Chem-tak begin werk aan hulle transformasie en vasstel of hulle manager, Harold de Jager oor die nodige kwalifikasies beskik om die pos te beklee waarin hy homself tans bevind. Die kort antwoord is: hy doen nie. Onhou, people skills en soft skills is fokken deel van die job.

‘n Vriend van my, Ali, se broer Peet is eergister by die Glenfair Dis-chem deur security in die parking lot “gearresteer” vir shoplifting. Vir dié wat nie weet wat shoplifting is nie: “Shoplifting is the theft of goods from an open retail establishment, typically by concealing a store item on one’s person, in pockets, under clothes, or in a bag”. Die concealment van die kak wat jy steel, is die belangrikste deel van suksesvolle shoplifting want as jy net met die goods by die shop uitloop waar almal jou kan sien, is jy nie ‘n shoplifter se fokken gat nie. Jy is net deur die kak. Amper almal van ons het al by ‘n winkel uitgeloop met een item onder die arm omdat ons hande vol was en dalk vergeet om daarvoor te betaal. Ek het dit verlede week by Builder’s Warehouse gedoen, terug gegaan, letterlik gesê: “Fuck, I am deur die kak, I am so sorry!” en vir die kak betaal. Pretoria het nie afgebrand nie. Die vriendelike girl by die til het verstaan. Honest mistake. Ek is net bly hulle het my nie arresteer nie want ek moes eergsiter fokken weer iets by Builder’s koop.

Terug by Peet se storie van eergister by Glenfair Dis-chem: Peet is ‘n parapleeg sedert hy in sy rug geskiet is toe hy drie jaar terug beroof is op sy ouers se kleinhoewe in die platteland. Hy het by Dis-Chem ingerol om leesbrille te kry. As jy tjommies met rolstoele het (of dalk al so paar keer mense met rolstoele sien shopping doen het), sal jy weet dat hulle amper altyd ‘n packback agterstevoor om dra sodat hulle makliker by goed soos beursies, selfone, asmapompies, pepper spray, effies of waddefok ookal kan uitkom. Peet het die eerste stel brille probeer en wou verder rol om nog ‘n stel te probeer. Dis ‘n stretch en ‘n mission om te rek om die brille terug te sit, so hy het dit op sy skoot gesit, tussen die backpack se onderkant en sy heup sodat twee derdes uitsteek. Probably ook sodat die ding nie van sy skoot afmoer en hy oor dit ry nie. Besides, hy het sy hande nodig om die rolstoel te operate. Hy het sy broer getune dat hy nogal vir homself ‘n mental note gemaak het oor die brille op sy skoot. Die tweede stel was die regte lensdikte vir hom. Hy het til toe gerol en vir dit betaal. Toe hy by die volgende shop inrol het Dis-Chem se security hom vasgevat – die eerste stel brille steeds net so op sy skoot met twee derdes daarvan wat uitsteek. Hy is na ‘n agterkamertjie in Dis-Chem geneem en van diefstal beskuldig. Peet het aan die shop manager, Harold de Jager probeer verduidelik dat dit net ‘n eerlike fout was. ‘n Simpel oomblik van vergeetagtigheid en deur-die-kakgeit. Die kordate kaartmannetjie van ‘n bestuurder het hom mooi laat verstaan dat hulle video evidence het en dat dit glad nie goed lyk vir Peet nie en dat hulle van hom ‘n voorbeeld gaan maak. Hy wou na fokol rede of verduidelikings luister nie. Hy klink soos een van daardie mense wie se ore toeslaan sodra hulle monde oopgaan.
Meantime wag Peet 81-jarige pa vir hom in die parkeerarea en worry oor sy seun wat nie sy opwagting maak nie. Hy het sy seun gebel, is meegedeel van die nuus van die aanhouding en het het probeer om ‘n redelike dialoog met De Jager te voer wat weereens fokol wou weet nie. Dit het sover gegaan dat die Garsfontein polisie ontbied is om Peet te arresteer. Daar aangekom, het hy 8 ure spandeer waar daar geen geriewe vir parapleë is nie. Hulle het hom eventually laat gaan omdat hulle besef het dat hulle hom nie kan akkomodeer nie. Peet moet vandag in die hof verskyn op ‘n aanklag van diefstal en as hulle hom skuldig bevind sal probably ‘n fine moet betaal en met ‘n kriminele rekord sit. As hulle hom tronkstraf oplê, gaan hy na ‘n fassiliteit toe moet gaan waar hulle kan cater vir gestremde mense. Dit alles omdat ‘n fokken managertjie self aspireer om ‘n Karen te wees en met homself wil praat.

Peet se broer, Ali het gister probeer om met Harold De Jager en sy superior, Derrick Geldenhuys ‘n gesprek oor die storie te voer. Hulle was nie bereid om te luister nie. Ek het gistermiddag self ook Dis-Chem Glenfair by 012 472 8720 geskakel en gevra om met Harold De Jager te praat. Soos wat Harold ‘n aanname gemaak het dat Peet ‘n skurk is, het ek die aanname gemaak dat Harold ‘n groot doos is, want hy het soos een geklink oor die foon. Ek het beleefd gevra of ek hom so paar vra kon vra oor die insident met ‘n man in ‘n rolstoel waarin die polisie ontbied is. Hy het my geantwoord  dat hy glad nie met die “media” wil gesels nie en dat ek hoofkantoor moet bel. Hoe de fok sou hoofkantoor vrae kon antwoord oor die spesifieke insident, Harold se konterige gedrag of sy kak managerial skills? Hierdie is nie die media nie, jou nool. Dit is Wat Kyk Jy?

Hier is die vrae wat ek aan hom wou stel: 

  1. Peet het vir die brille betaal waarvan die lensdiktes vir hom geskik was. Die tweede stel. Sou jy, Harold, deur effense common sense, en die minste breinkraginspanning dalk kon besef het dat dit bloot ‘n stupid lapse van aandag kon wees en dat Peet bloot vergeet het van die brille op sy skoot? Die brille wat nie geskik is vir sy doeleindes nie?
  2. As jy, Harold, nie oor die minimum soft skills beskik vir run-of-the-mill customer service nie, hoe hanteer jy die mense wat vir jou werk?
  3. Dink jy die feit dat jy so super onsensitief is teenoor ‘n gestremde persoon jou ‘n beter of ‘n slegter mens maak?
  4. As ek jou in ‘n rolstoel vir ‘n dag sit en jou deur jou eie winkel laat rol op jou eie, dink jy dat dat maklik sou wees om oor die weg te kom en alles op die rakke by te kom?
  5. Is daardie leesbrille van julle, se diktes mooi aangedui op die rakke? As jy in ‘n rolstoel sit, sou jy dit van onder af kon sien? Of dink jy dat jy dit sou moes ruik?
  6. Wat kyk jy?

Nou gaan jy pielkoppe kry wat tune: “Terwyl die situasie ontmoedigend is, het Dis-Chem die verantwoordelikheid om konsekwent in hul benadering te wees. As hulle hom loslaat, sal dit bevooroordeeld wees, veral omdat daar videobewyse is. Gelykheid en regverdigheid is uiters belangrik.” Die kort antwoord hierop is dat enige goeie manager wat sy sout werd is, in staat moet wees om so bietjie common sense te hê en moet weet wanneer om hulle discretion te gebruik, veral in situasies wat bietjie meer uniek is.

Harold het niemand gefokken bust vir shoplifting nie. Hy was net ‘n doos met ‘n man in ‘n rolstoel. End of.

Dit help ook nie om te skreeu “Boikot Dis-Chem!!!” nie. Gods, my vrou het byvoorbeeld gister R2500 daar gedrop sonder dat sy bewus was van hierdie storie. Wat jy wel kan doen is om hierdie onderste QR code uit te print en randomly iewers in Dis-Chem se rakke te los. Dit maak hierdie oop. Maybe sal dit ander mense met rolstoele of dagdromers tweekeer laat dink voor hulle by Harold De Jager se Dis-Chem in Glenfair hulle pynpille, Berocca of tietsalf  koop, want jy mag dalk net ‘n hele werksdag by Garstfontein se polisiestasie moet spandeer. As hy van mense in rolstoele ‘n voorbeeld wil maak, is vrouens, kinders en krimpies seker volgende op sy lys…

 

 

 

 

Share dit faktap

Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

Trending Articles