Ek het vir myself ‘n challenge gestel voor ek play gedruk het vir hierdie video om te kyk hoe predictably kak Afrikaanse popmusiek se videos regtig kan wees. Ek het so paar vrae opgestel om te antwoord en te check of die music video aan ‘n sekere stel tos vereistes voldoen. Miskien wil jy saamspeel? Gaan kry gou vir jou ‘n clip board en ‘n pen, skryf hierdie vrae neer en gaan check so paar Afrikaanse popliedjies uit wat jy nog nooit gecheck het nie. Of gaan revisit so paar van die verkakte videos waarvan jy wel bewus is. Maak jou heading sommer “Suig hierdie Afrikônse vidiejou duk piele?” en beantwoord hierdie stel vrae…
In my geval het ek pause gedruk voor ek deur Ricky Faber se “Kaalgat in die reën moes suffer. Die video word onderaan geplaas vir jou volkome ongerief.
1. Word die woorde “baby”, “sokkie”, of “bokkie” gebruik? Een punt vir elk.
Yup, 40 sekondes in die song in. Moontlik ‘n nuwe rekord om die woord so lank as moontlik in te hou. Dis fokken moeilik vir hulle. Ek moet ook hier bieg dat ek dit tweekeer gekyk het en die woord “baby” tien keer getel het voor ek in my mond opgegooi het.
2. Is die setting vir die video iewers op ‘n plaas, in a parkeerterrein, ‘n hangar of groot sementblad, in ‘n kak restuarant of nagklub van een of ander ander aard of dalk voor ‘n fontein of waterval?
Beslis. Dit lyk of dit moontlik ‘n parking lot van een of ander aard kan wees.
3. Lyk dit of die video iewers in ‘n security kompleks in die ooste van Pretoria geskiet is met ‘n tos-kaanse huis as backdrop?
Nie in hierdie geval nie
4. Kom dit voor asof die video se “director” moerse baie van water hou?
Fok ja! Dit fokken reën dan!
5. Is daar mense wat agter of saam met die “kunstenaar” dans of sokkie?
Jy fokken weet dit. Die hele bliksemse tyd.
6. Die chicks in die video… Is hulle kleredrag dalk een van die volgende: ‘n rooi of wit rok wat by Edgars op special gekoop is; rooi of blou blokkieshemp wat geknoop is by die naeltjie; cowboy boots; cowboy hoed. ‘n Bonuspunt kan toegeken word as die chick blond is en bootse, ‘n kort rompie of short, ‘n blokkieshemp en ‘n cowboy hoed dra.
Die fokken rooi rok feature, ja.
7. Die song self – gaan die repetitive chorus op met ‘n oktaaf?
Nope, nie met hierdie song nie
8. Dra die “kunstenaar” dalk ‘n wit hemp saam met ‘n jean pant? Voeg ‘n ekstra punt by as die kraag opgeslaan is. Voeg nog ‘n punt by as dit snow washed jeans is.
Geen popped collar hierso nie, maar daai wit hemp en denim is om van jags te word as jy ‘n chick is wat nie mooi weet van grimering aansit nie.
9. Het die “kunstenaar” blonde highlights en probeer sy hare gel sodat dit na kruising lyk tussen Tin-Tin en David Beckham?
Natuurlik, my ou.
10. Is die song ‘n original of ‘n cover van ‘n cover van ‘n cover?
Hier moet mens Google inspan (jy luister mos nie eintlik hierdie kak nie). Die antwoord is ja. Hierdie was blykbaar eers Abel Kraamsaal se song toe cover Ricky Faber dit, asook een of ander jafel genaamd Juandré. AB de Villiers se naam word ook rondgegooi.
11. Word daar gebruik gemaak van ‘n “fancy” kar (convertible BMW Z-reeks, Masiepa Benz, classic etc) of ‘n double cab bakkie? In die geval van ‘n bakkie – gee ‘n bonuspunt as dit ‘n Hilux is.
Geen karre in hierdie video te bespeur nie.
12. Word daar gebruik gemaak van ‘n backtrack vir die musiek se beat? Indien ‘n elektriese kitaar wel feature en hy is nie ingeplug nie, tel ‘n bonuspunt by.
Die fokken backtrack is teenwoordig, ja.
13. Gee een punt as daar enige tyd gedurende die video ‘n vuis hartstogtelik gebal word. Of wanneer ‘n handgebaar gemaak word waar dit lyk of die ou tune “net so fokken vis”.
Elke keer as die chorus slaan, vang hierdie marabs “net sulke fokken visse!”
Tel nou al hierdie punte bymekaar en score die video ‘n punt uit tien uit vir kakgeit. Kyk, ons weet daar is dertien punte om op te score en so paar bonuspunt, maar musiek in hierdie klas begin reeds met drie punte teen dit, bloot omdat dit bestaan. Vandaar die extra drie punte vir judgies.
Hoeveel moet mens nou weer kry om matriek te slaag? Wat? Ek kan nie hoor nie? O, dertig persent? In Ricky Faber se geval, score Kaalgat in Die Reën 10 uit 10 vir kakgeid. Hy slaag die kakgeidtoets vir Afrikaanse popmusiekvideos cum laude.
Ons is seker dat jy op ‘n paar sal afkom wat moontlik 12 uit 10 of dalk hoër score. Happy judging!