Quantcast
Channel: Snotstories – Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

Albert Frost wys hoe musicianship fokken harde werk is

$
0
0

Om jou lewe 100% te sustain as ‘n musician (met fokken goeie musiek) is kakharde werk en dit kos groot geld. Jy moet heeltyd in jouself invest en kanse vat om te kyk wat werk en wat fok uit. Life on the road ain’t cheap. Meeste van ons is bewus daarvan maar wanneer jy by ‘n show staan met ‘n brannas in die klou terwyl ‘n bra met ‘n instrument sy zak probeer verdien is dit die laaste gedagte op jou brein. Jy word entertain, raak nog dronker ná die tyd en fokof. Die muso pak op, chat met fans en klim laat in die bed om so paar ure slaap in te kry voor die volgende dag se werk begin. As jy die  “kom-ons-raak-poesdronk-voor-en-na-die-gig” tipe muso is, word jou volgende dag nog korter omdat ‘n hangover jou heeltyd poesklappe gee. Albert Frost het meer ure in sy dag as die deursnit SA musician, want hy drink al vir die afgelope vyf jaar fokol. Fokweet hoe hy dit regkry. Hy is ‘n alles-of-niks mens en het besluit om die “alles” vir musiek te gee en die “niks” vir drank.
alfrost2Albert het verlede week opgevlieg van die Kaap af Gauteng toe om ‘m mediatoer te doen vir die release van sy nuwe album, The Wake Up. Fokol gigs deur die week, want daar was nie tyd vir jol en promote nie. Dis ‘n heavy risky business, want om ‘n album te record (as jy dit proper doen) is poesduur. Teen buddy-pryse kyk jy na ten minste R150k plus. Nou moet jy boonop geld laat reën vir vliegkaartjies, petrol, kos, verblyf en al daai klas van kak. Dit alles net om mense te vertel van die harde werk waarop jy so trots is. Die werk wat jou 18 maande besig gehou het in die studio en moontlik gesorg het dat jy ‘n gig hier en daar (en gevolglik inkomste) moes mis. Dink daaraan in terme van iets wat jy baie graag wil doen – dalk ‘n besigheid of een of ander fokken scheme wat jy van die grond af wil kry. Jy moet R200k leen en dis ‘n long shot en jy’s bang, want sê nou dit fok alle soort pers uit? Wat dan? If you never try, you will never know and you will always wonder about it. Right? Dis dalk tyd om ‘n kans te vat. Maybe is dit tyd vir jou eie Wake Up?

Anyway, die bra moes countless radio en TV interviews doen tussen Pretoria en Joburg gedurende verlede week, en het hier by casa Watkykjy tuisgegaan. Dit alles tussen phoner interviews, Skype meetings en kak uitsort – merch, branding, toerbus, staff. The list goes on. Ek was vir die eerste deel van die eerste dag nie saam gewees nie, want fok 4am opstaan net om Joburg traffic te mis vir 7am call times op TV. Ek het my karsleutels net in Albert se general direction gegooi en iets ongeskik gemompel. Jissis, ‘n man het slaap nodig. My missions saam het hom het Dinsdag 10am begin en teen Vrydagaand het dit gevoel asof ‘n Ekurhuleni dumpster truck oor my gery en reverse het. Fokken pateties. Al wat ek gedoen het was om saam te ry en kak te praat. Uitendelik was die Gauteng promotion week agter die rug en ons het Saterdag 6:30am lughawe toe gefok.
“Fok bra, weet jy hoe fokken gatvol is ek vir Albert Frost?”, tune Albert Frost my net voor ons park. Ek kyk na al die leë koeldrankblikkies, polystyrene koffie cups en chocolate wrappers waarmee hy my kar ge-decorate het deur die week en antwoord eerder nie.
My “werk” was gedoen. Meanwhile back in Kaapstad het sy goose hom ingewag met ‘n van vol gear om straight na nog ‘n gig toe te ry en op te stel. Sondag moes hy heeldag rehearse en die afgelope Maandag het sy promotion vibes in die Kaap begin, gevolg deur sy eerste launch gig vir ‘n sold-out show by die Fugard Theatre gisteraand. Hierdie komende week gaan die launch toer in full gear met shows wat in Bloem begin en die week daarna eindig in Price Albert.

So tussenin al die rondjaery met meetings tight op mekaar het Albert gemanage om vir so 4o minute lank stil te sit sodat ons ‘n interview vir Watkykjy ook kon doen. Rolbees het ingepull en die twee dudes het fokken lekker sit en chat. Gewoonlik het ons tyd om mooi te prep en die sound apart te record, maar hierdie keer was nie so ‘n keer nie. Vir die eerste 45 sekondes klink dit of die buurman Africa Mall probeer bou met ‘n grinder en hier in die middel rond vlieg die Guptas 5 meter bo-oor ons. Daar is ook die kwessie van die Rottweiler wat in die agtergrond kromrug trek en drie van die grootste Rottweiler-drolle uitsqueeze op die grasperk. Dis asof hy vir die kamera perform. Geen kamera nie? Sulke dassiedrolle. Kamera? Fokken Seacom cables. Ek weet nie hoekom de fok die honde dit net met Albert se interviews doen nie, maar hierdie keer het ons die visuals mooi weggesteek.

Die video interview is so net oor die 13 minute lank. Vir die ouens wat die hele chat van so 30 minute lank wil luister (dis genuine ‘n fokken lekker gesprek oor musiek in general ook) het ons ‘n Soundcloud file hieronder embed. Vir die serious fans wat nie zak het om een van die shows te gaan kyk nie, drop ons ‘n mail en ons sal een dubbelkaartjie weggee vir elke show soos dit hieronder gelys is.

As jy The Wake up wil koop, gaan skiet ‘n draai by VH Music – daar is option vir die fisiese CD, WAV files en FLAC files (vir die ouens met serious sound systems)

Volg Albert op:
Facebook
Twitter
Instagram

frost tour

Deel met jou tjommies!

    Viewing all articles
    Browse latest Browse all 228

    Trending Articles