Julle Oppikoppi veterans kan ook maar gerus deur hierdie tips scroll aangesien die kanse uitstekend is dat hierdie raad gewoonlik spooknugter gelees word en dadelik vergeet word met jou eerste “Koppiiiiiieee!” kreet wat jy laat weergalm soos wat jy die “Opppppiieeeee!!!” mating call van een of ander besope vreemdeling beantwoord in die bosveld. In fact, print hierdie storie uit en gaan sit dit solank in dag een se jeanpant se gatsak. Jy het mos klaar jou wardrobe eenkant langs ‘n tassie uitgepak, so excited is jy oor 2016 se festival.

Foto: Derius Erasmus
1) Raadpleeg die Oppikkoppi website vir band line-ups, fotos en ander inligting. Print sommer so paar copies van alles wat jy as belangrik ag uit en sit dit nou al in jou kar se cubbyhole. Old school werk cheaper uit. Papier is cheaper as gefokte fone. Which brings us to point nommer volgende…
2) Ons tune julle elke jaar om die duur fone en kak by die huis te los, maar niemand fokken luister in elk geval nie, so vat maar jou duur smartphone saam sodat jy kan selfies neem en Tweet en Facebrag en what-what. Maak net seker jou insurance is in tact. Krokodiltrane in jou ProNuro proe heavy kak.
3) Daar is nie kaartjies by die hek te koop nie. Dis nie ‘n karkbazaar nie. Gaan vang hulle hierso online.
4) As jy ‘n dayjob het, sit nou al solank leave in. Oppikoppi gebeur vanaf Vrydag 5 Augustus tot Sondag 7 Augustus. Hierdie jaar val Women’s Day op die 9de Augustus wat ‘n Dinsdag is. Don’t fuck this up. As jy geskiem het die vakansiedag val op die Maandag, mag jy dalk in vet kak wees by jou graft. As jy nie die Vrydag kan af vat nie, kom na werk deur of fokof vroeg Saterdagoggend. Moenie in die donker jaag nie. You’ll get there. It is a journey, not a fokken race, china.
5) Daar sal most likely ‘n roadblock wees net voor Northam, so onthou jou fokken driver’s license en maak seker jou kar se disk is op datum. Los ook sommer die Rondkyk Rothmans by die huis of pak ‘n warm truitjie en lube in as jy graag in die tjoekie wil slaap.
6) Maak vir jou en jou tjommies ‘n kief playlist om in die kar te jol – hier is vir jou ‘n super tip: gaan kyk bietjie na Oppikoppi se line-up en maak tunes bymekaar van bands wat jy fokken glad nie ken nie. Die punt van die hele festival is musiek. Leer bietjie nuwe stuff ken, jou aap.
7) As jy beplan om nie in Mordor/District 9 te camp nie (dis nou die general camping area vir julle newbies) bespreek sommer nou al vir jouself plek in een van die drie awesome tented hotels (http://oppikoppi.co.za/tent-hotels) – daar behoort nog so paar bedjies oop te wees.
8) Vir die campers. Hier is die basics wat jy moet inpak:
‘n Tent wat jy verkieslik voor die tyd uitcheck vir volledigheid. Jy wil nie na bier nommer ses daai sak in die donker uit die boot sleep en agterkom die tentpenne lê in die garage langs die tent en jy’t net die fokken cover ingepak nie. Slegte tye. Ons het al te veel keer gesien hoe volwasse mans langs hulle karre staan en huil soos rooikopweeskinders omdat hom tentjie nie in hom karretjie ingepak is nie.
Slaapgoed – pak genoeg komberse en ‘n kussing of twee in. ‘n Grondseiltjie sal ook help.
So paar camping chairs en tafeltjie sal ook nie sleg wees nie.
9) Vir die campers wat bosbefok wil raak:
Sou jy so voel, is jy welkom om jou kar en ‘n Venter sleepwaentjie full-on te laai met camping gear, tafels, stoele, gas stofies, heaters, eetgerei, ‘n sitkamerstel, ‘n generator met DSTV en ‘n ysmasjien. Teen die tyd dat jy alles uitgepak het is die laaste band besig om te jol en dan moet jy al daai kak weer terugpak. Jy wil at least een band sien?
10) ‘n Man is nie ‘n klip nie en daar moet ge-graze word die hele naweek. As jy beplan om te braai, werk dit so uit dat jy dit op die eerste dag doen, want kanse is goed dat die wiele na aand een gaan afbliksem. Jy gaan moontlik te kaksleg wees die res van die naweek om ‘n braaitang hoër as jou toggos te lig. Moet ook nie alles fokken self saamsleep nie – beplan onderlangs tussen die tjommies wie vat charcoal, wie bring die vleis, watter bra pak die toeknyprooster in. Verdeel daai kosduties tussen almal. Daar sal ook hout te koop wees by Koppi, so los die fokken bome uit. Dis actually iemand se property. En hou daai vure onder ballashoogte en pis hom dood voor jy gaan lallies. Moenie soos Hlaudi Motsoeneng wees nie – werk bietjie fokken saam.
11) Oppikoppi werk met ‘n cashless card system. Vat kontant saam of koop ‘n cash card met jou kredietkaart. Jy kan daai cash card sagkens met ‘n lanyard laat hang onder jou shirt oor jou awesome têtte.
12) Pak so paar pakke chips in, ‘n chokkie of twee, ‘n swerm vrugte en ‘n trop water vir daai inbetween bevliegings. Die res van die tyd kan jy jouself faktap vreet by meer as dertig kosstalletjies. Daar is iets vir almal.
13) ‘n Gemaklike paar skoene word sterk aanbeveel. Jy gaan hopelik baie tussen die ses-en-‘n-half stages rondmission om soveel tunes as moontlik te absorbeer. In die proses gaan daar baie stof ook opgeskop word, so pak ‘n buff in. Daar is gewoonlik buffs te koop ook by die merch stalletjies. ‘n Tipe hoofbedeksel en sunnies om jou teen die son te beskerm sal ook nie sleg afgaan nie. So paar minute na die festival afgeskop het, sal jy ‘n hele paar gopse sien wat bierbokse of waatlemoene op hulle koppe dra, want hulle is fokken snaaks. Dan lag ons almal so tot melk by ons neuse uitspat.
“Jissou, ouens!”
*vee trane so van wange af van al die baie lag*
“Julle is blerrie snaaks, hoor! Flippit!”
Sonbrille werk ook lekker om hotties uit te check sonder dat hulle dit agterkom.
Oppikoppi raak saans kouer as enige van Littlefinger se hoere se harte en bedags warmer as jou niggie. Pak klere in vir drie dae van somer EN drie dae van winter.
‘n Goeie manier om nie eventually voetskimmel na jou gevreet toe te versprei nie, is om plakkies in te pak vir die stort vibes.
Wat onderklere aanbetref, pak in vir twee ekstra dae, want onskuldige poepe kom soms stilletjies uit met skilletjies. Veral op daai laaste dag. ‘n Poep se timing kan ‘n man maak of breek.
14) Jou badkamersakkie moet min of meer so daarna uitsien:
Koekie seep.
As jy meer as net jou koekie wil was, seep vir die res van jou lyf ook.
Deodorant (assefokkenbliefman).
Tandeborsel en tandepaste (grootassefokkenbliefman).
Wet wipes – jy gaan fokken huil as jy nie wet wipes inpak nie.
Boudservette. Moet om vadersnaam nie die fokken kakpapier vergeet nie. Jy sal spyt wees en spyt kom altyd te laat, tensy dit spuit is. Dan kom dit blerriewil orals.
15) As jy van plan is om te score by Oppikoppi, sorg dat jy zaberjassies inpak vir daai kromnekvoël van jou. Of even beter, pak tight-fitting thermal underwear in, want dit is veeldoelig – dit sal jou warm hou gedurende die aande en dit maak die perfekte broeknaaibroek. Sodoende kom daar ook nie stof of modder in waar dit nie moet nie. Geen goose soek stowwerige voorboude nie. Broeknaai is in elk geval heeltemal te under rated deesdae. Broeknaai is dik pret as jy die kaptein en die klein mannetjie in die boot reg opline…
16) Hangovers is ongelukkig ‘n groot deel van die festivities vir die ouens wat nie hulle drank kan hanteer nie. Dit gaan op ‘n stadium van die naweek voel asof jou hoenderkop stadig by jou poeflobbe wil begin uitloop. Baie mense reken jy moet net aanhou drink. Baie mense praat ook loutere fokken kak. Hierso is ‘n proven wenresep om jou hangover uit te sort:
Blaas jou neus om soveel as moontlik stof en snot uit te kry sodat jou sinusse weer kan begin praat met mekaar.
Moer een Berocca bruistablet in ‘n glas water – sluk 2 Myprodols daarmee af.
Maak ‘n sachet Rehidrat Sport aan in ‘n glas water en sluk ‘n Sinutab saam met dit af.
Kry nog ‘n glas water en sluk twee Essentiales of Proheps af.
Eet ‘n brekfisbroodjie met bacon en eier as jy confident is dat jy nie mondkatjies of keelkotsies gaan maak nie.
Probeer om vir ‘n halfuur lank nie te rook nie.
Gaan vang ‘n vet, bevrydende oggendkak.
Vang ‘n vinngie 20 minute slapie as jy kan.
Jy sal binne veertig minute weer reg wees om jou volgende hangover te begin bou.
*disclaimer – ons is nie dokters nie, so moenie rondfok met pille en medisyne as jou konstitusie soos Zimbabwe s’n daarna uitsien nie.
17) Los die volgende by die huis:
Troeteldiere – jou love birds, daai iguana en budjies sal sonder jou survive vir drie dae.
Bikes en scooters – jy sal toegang geweier word en as jy dit somehow regkry om ‘n scooter in te sneak, mag dit dalk net op ‘n bonfire beland.
Onder 18’s. Jy kan nog ‘n jaar of twee wag. Oppikoppi sal rustig vir jou ook sit en wag, pa se grootseun.
Daai kak houding – Oppikoppi staan vir brotherly love, nuwe vriendskappe en befokte tunes.
18) Los jou fokken kar uit en loop tot waar jy moet wees. Park hom net eenkeer. Jy gaan net oor ander mense se tente en bene kont as jy dronk in die donker probeer rondfok. Karre wat in die paadjies parkeer word sal weggesleep word, guaranteed. As jy beplan om heeldag musiek uit jou six-by-nines te blêr, maak seker jou bure like dit en dat hulle jumper cables het. Jy gaan gesuip raak en jou karbattery gan defnitief kak.
19) Dis goed om at least een act op elke stage uit te check en gaan maak ten minste eenkeer ‘n draai by die boonste bar. Dis waar die legendary parties uitbreek.
Jy moet by Oppikoppi ‘n idee hê van watter bands jy graag wil sien, maar jy moet ook fokken realisties wees en besef jy gaan omtrent 20% – 80% daarvan mis. Misdrink, miskuier, misnaai, mistos, misslaap, miskots, misfokkenals. En dis fine, want terwyl jy een ding mis, is jy besig om iets anders raak te sien, te kuier, te naai, te tos… Jy kry die idee.
Jy gaan probably na ‘n band of twee vanuit jou tent moet luister terwyl jy huil, en dis totally OK, bae. Ons sal verstaan. Ons was al daar.
20) Mens maak altyd nuwe tjommies by Oppikoppi. Soms kwaaivriende, soms friends for life. Dit hang maar van jou attitude af, ou perd. Jy mag dalk even die persoon van jou drome ontmoet. En kinders maak. Baie mense het al kinders gemaak by Oppikoppi. Van die eerste festival se offspring loop elke jaar op die sherrif se plaas rond soos mak hoenders.
“Haai kyk, daar is ou Glipsie Van Rensburg weer!”
21) Vat so paar swartsakke saam en try om die camp site netjies te hou. Wees vriendelik met die staff – hulle maak gereeld ‘n draai om jou rubbish skoon te maak. Dit geld vir die ander staff ook. Moenie kak soek met die mense nie – die ouens try net hulle job doen. Sit daai spiere se op safety, my ou.
22) Daar bestaan wel ‘n ding soos “die beste Oppikoppi ooit” en dis gewoonlik die een wat jy mis, so net vir die wis en die onwis moet jy maar liewer nie hierdie jaar s’n misloop nie.
En hier is ‘n bonus tip: moenie ‘n poes wees nie, wees net lekker.
Check julle in die stof!