Dis maklik om te moan dat daar fokol op TV is nie of dat jy absoluut niks het om te kyk nie, terwyl jy onmoontlik al die goeie TV-reekse kon gekyk het wat oor die laaste twintig jaar of so vervaardig is. Met “TV-kyk” generalise ons natuurlik, want die meerderheid van ons kyk movies en shows op ons laptops en ander devices, stream van die interwebs af en los live programme soos sport en nuus (as jy jouself faktap wil depress) vir die tradisionele aapkassie. Dié wat weet hoe om dit te doen, stream al die lekker dinge steeds eerder na die TV toe deur megafters soos gaming consoles, Apple TV en Chromecast, want as jy daai stuff het, het jy gewoonlik piele sound ook. En dis lekkerder om kaksleg op die couch in die sitkamer voor die TV uit te pass as wat dit is om jou laptop en ‘n glas water 3am van jou bedkassie af oor jou piep te trek omdat jy aan die slaap geraak het met jou ear phones in jou bakore. Daai drade maak altyd kak. Ek doen dit steeds religiously met my iPad elke aand. Ape leer nie…
Mense se kykgewoontes verskil en dit verander ook oor die jare. Jy sal dalk vind dat jy meer TV shows kyk as wat jy deur ‘n movie kan sit of andersom. Maybe like jy net sitcoms of dalk is jy heavy into jou dramas. Of miskien doccies en meer factual stuff. Of dalk ‘n netjiese mix van alles? Dis die meer gesonde approach, by the way – iets van alles. ‘n Man kort balans.
Jy kry ook mense wat ‘n ding oor en oor kan kyk. Dis ook heel waarskynlik dat jy nog nooit ooit in jou hele lewe van die meer populêre shows gekyk het nie. Hoe die fok bestaan daar mense wat byvoorbeeld nog nooit ‘n episode van Game Of Thrones gekyk het nie? Julle is daarbuite iewers! What the fuck is up with that?
SKAAM! SKAAM! SKAAM!
*non lui so moerse klok terwyl jy kaal oor Kerkplein loop en mense jou met vrot kak gooi*
Vir hierdie oefening gaan ons veronderstel dat die average Suid-Afrikaner 4 ure TV per dag kyk. In Amerika kyk die average Amerikaner glo 5 ure per dag TV, wat nogal kakbaie is. Wanneer eet en kak die mense? In SA sit ons elke dag op die highway in verkeer op pad werk toe en terug, so kom ons assume dat jy TV kyk tussen 18:00 en 22:00 die aande, elke dag van jou lewe. Oor ‘n tydperk van twee weke sal dit 70 ure wees, ‘n rapsie onder 3 dae aaneen!
Ons kyk juis vir hierdie doeleindes na ‘n 2 weke tydperk, want met Showmax kan jy vir ‘n trial periode van 14 dae lank verniet movies, TV shows, doccies en specials stream. Om dit in perspektief te sit, gaan ons kyk na net oor die 1000 ure se entertainment. In terme van 4 ure average kykgenot per dag, gee hierdie 1000 ure jou 250 dae se entertainment. Onthou, daar is fokken baie meer as 1000 ure se entertainment op Showmax, so hier is hoe ons op die lys besluit het vir hierdie week se artikel:
- Local content is uitgesluit – ons kyk slegs na 22 TV-reekse uit Hollywood – nie movies of doccies nie
- Ons wou kyk hoe naby ons aan 1000 ure kon kom vir die oefening (1059 ure, in fact)
- Daar word slegs gekyk na reekse met IMBD ratings van 7.5 en opwaards. Jy wil nie kak kyk nie en 7.5 word generally aanvaar as “not kak at all”
- Comedies en die verskeie forme van drama’s maak deel uit van hierdie lys
![]() |
Comedy
The Office
(season 1 en 2 is beskibaar op Showmax)
‘n Mokumentary oor ‘n klomp awkward kokkelolle wat in ‘n kantoor werk. Jy het seker ‘n paar neus-in-die-lug tjommies wat reken dat die Britse reeks snaaksser is. Dit is nie. Dis ewe snaaks. For reals.
IMDB rating: 8.8
(10 ure se vermaak) |
![]() |
Comedy
Parks and Recreation
As jy al enige iets van Amy Poehler gekyk het op SNL sal jy hierdie reeks fokken erg smaak. Dis egter Ron Swanson se karakter en weird “wyse” quotes wat die show maak. Die reeks is al amper 8 jaar oud, maar dis iets wat ek eers onlangs ontdek het en faktap ge-binge watch het.
(al 7 seasons op Showmax)
IMDB rating: 8.6
(41 ure se vermaak) |
![]() |
Comedy
Silicon Valley
Richard Hendricks is ‘n Silicon Valley nerd wat sy eie company genaamd Pied Piper probeer opbou. Dit is propvol cringe en die ouens vloek mekaar faktap. Dis ‘n great comedy, veral as jy op een of ander stadium in jou lewe in IT gewerk het en al met dooskoppe te doen moes kry. As jy steeds in IT werk, even beter. Jy ken die drill.
(eerste 2 seasons is beskikbaar op Showmax)
IMDB rating: 8.5
(7 ure totale vermaak) |
![]() |
Comedy
The Big Bang Theory
‘n Moerse hot chick trek oorkant socially awkward supernerds in wat basies fokol weet van wat buite hulle nerd-lewens aangaan. Persoonlik fokken haaaaat ek hierdie show en het ek deur moontlik ‘n totaal van 8 episodes oor ‘n totaal van 10 reekse gesuffer sonder om eenkeer te lag omdat dat daar “niks anders op TV was nie”. Lekker verskoning, né? Die enigste verklaring vir die hoë IBDM rating moet wees dat nerds in regte lewe met die nommers gekook het. Maar… smaak verskil en meeste mense lag hulleself kak vir enige iets duskant ‘n dowwe poep. Enjoy.
(eerste 8 uit 10 seasons is sover beskikbaar op Showmax)
IMDB rating: 8.3
(67 ure se vermaak)
|
![]() |
Comedy
Veep
Jy sal Julia Louis-Dreyfus moontlik van die Seinfeld-dae onthou. In Veep speel sy die rol van Amerika se vuilbek vice president en vind uit dat dit ‘n kakmoelike job is, fokol is wat sy gedink het dit sou wees en alles is waarteen haar tjommies haar gewaarsku het. ‘n Moerse lekker reeks om te binge watch. Sedert Trump president geword het, lyk hierdie show ook actually doodnormaal.
(3 seasons sover beskikbaar op Showmax)
IMDB rating: 8.2
(13 ure se vermaak) |
![]() |
Comedy
Hello Ladies
Stephen Merchant (The Office UK) speel die rol van ‘n moerse clumsy, onhandige Britse vent wat LA toe trek om die liefde van sy lewe te vind. Met ‘n rating van 7.5 is dit die laagste op die comedy lys en ek het dit nog nie gekyk nie. Hier is my eerste 4 ure wat ek kan gebruik om te kyk of dit die moeite werd is. Dit kan my moontlik surprise.
(1 season)
IMDB rating: 7.5
(4 ure se vermaak) |
![]() |
Mediese drama
House
Hugh Laurie as Dr House, ‘n antisosiale, arrogante witty en humeurige doos van ‘n dokter wat fokol van mense hou nie, maar meer fokus op komplekse mediese probleme en kondisies wat hy probeer oplos met ‘n moerse goeie mediese span – waarmee hy 90% van die tyd vassit en stry. O ja, en hy is kruppel en vat drugs. Briljante reeks. As jy dit vir een of ander rede nog nooit gekyk het nie, kyk dit. Al 130 ure van dit.
IMDB rating: 8.8
(al 8 seasons beskikbaar op Showmax)
(130 ure se vermaak)
|
![]() |
Drama
The Newsroom
‘n Nuwe nuusspan poog om ‘n nuwe show die hoogtes in te laat skiet met nuus wat op ‘n etiese en billike manier verslag doen. Hulle report op ware, nuuswaardige gebeure soos dit gebeur (soos byvoorbeeld bin Laden se sluipmoord, NSA se spy vibes) en veroorsaak allerhande kak. Nooit gedink dat Jeff Daniels van Dumb & Dumber kon oorbeweeg na so iets gripping toe nie. Dit laat mens ook soms wonder oor wat eintlik agter die skerms in Amerika gebeur.
(al 3 seasons op Showmax)
IMDB rating: 8.6
(23 ure se vermaak) |
![]() |
Drama
Billions
Wall Street is ‘n fokken boring onderwerp, maar as jy die movie The Wolf Of Wall Street gekyk en gelike het, sal jy moerse baie van hierdie reeks hou en as jy ‘n Metallica fan is, is daar ook ‘n lekker surprise iewers. Season 2 het drie weke terug begin air in Amerika en vir nou is season 1 beskikbaar op Showmax.
IMDB rating: 8.4
(12 ure se vermaak) |
![]() |
Drama / Thriller
The Fixer (ook bekend as Scandal)
‘n Voormalige White House comms director begin haar eie crisis management firm, net om te besef dat haar kliënte nie die enigste mense met geheime is nie. Amper soos die chick version van Ray Donovan, net met minder violence. Ek het eerlikwaar nog nie een episode hiervan gekyk nie, maar my goose het dwarsdeur hierdie ge-binge en dit heavy gelike, so daar score ek nog 50 ure van iets wat ek nog nooit gesien het nie.
(sover is al 4 seasons beskikbaar op Showmax)
IMDB rating: 7.8
(50 ure se vermaak) |
![]() |
Mediese drama
Grey’s Anatomy
Van die ouer Watkykertjies het dalk grootgeword op shows soos St. Elsewhere, Dr Quincy en General Hospital. Julle sal dus vergewe word as julle by default Grey’s Anatomy ook begin kyk het. Dit word oor die algemeen beskou as ‘n chick-reeks en ouens like dit nie om te erken dat hulle dit skelm saam met liefie kyk nie. Ek is een van daai ouens, maar ek het my kak (en interest) verloor met epsiode 18 van season 7 toe almal in song en dance uitgebreek het. ‘n Fokken musical. Maybe sal ek dit weer aandurf op ‘n stadium, maar fok, daai episode het my kwaad gemaak.
(eerse 11 seasons van 14 beskikbaar op Showmax)
IMDB rating: 7.7
(167 ure se vermaak) |
![]() |
Musical drama
Nashville
Jy gaan van ‘n kombinasie van ten minste twee dinge moet hou om hierdie show te geniet- country musiek en Hayden Panettiere. As jy een van daai mense is wat na kak Afrikaanse music videos kyk en tune “ten minste is die meisie fokken hot” dan is hierdie reeks 100% vir jou.
(die eerste 4 seasons wat uit is is sover op Showmax beskibaar)
IMDB rating: 7.7
(63 ure se vermaak) |
Deel I van hierdie artikel bring ons sover op 587 uit die 1059 ure, maar jy sal dalk vind dat jy uit so paar van ons honorable mentions ook so paar reekse ontdek wat jy nog nie by uitgekom het nie. Give it a shot.
Honorable mentions (met IMDB ratings):
Fargo (9.0), Dexter (8.8), Six Feet Under (8.8), Vikings (8.7), Ray Donovan (8.3), Californication (8.3), The Flash (8.1)
Masters Of Sex (8.0), Arrow (7.9), Agents of Shield (7.5).
Ekself moet nog opvang met Vikings, Masters Of Sex en Californication (vir een of ander fokken rede nie verder as season 1 gekom nie en dis ‘n great reeks) en ek het nog glad nie Six Feet Under gekyk nie.
In deel twee van die artikel gaan ons check wat aangaan in die genres van Adventure, Sci-Fi, Fantasy, Crime, Mystery en Action.
In die meatime, gaan sign solank op vir Showmax se free 14-day trial en gaan krap rond en kyk waarvoor jy kus is.
![]()