Quantcast
Channel: Snotstories – Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

Oortreffende klappe vir oortreffende trappe

$
0
0

Kyk, ek weet lankal ons is besig om ‘n spul sissies en pisgrille groot te maak. Elke generasie is groter softies as die vorige ene en ons is eeue verwyder van veg vir oorlewing en actual diere wees. Woef, ek sê!

Maar die jirre weet, die oordrewe, onnodige, en aanhoudende gebruik van die oortreffende trap maak my klaar. Dit, en as diep verdoemende en amper apokaliptiese frases vir alledaagse irritasies gebruik word.

Die oortreders is gewoonlik van die jonger generasie, meestal Engels en fokken baie op sosiale media. Anders Afrikaanssprekendes wat dit by Engelse “cool” kinders gesien het. Of net simpel is. Jy ken die tipe.

Hier is ‘n paar voorbeeldjies van die fokken oordrewe uitroepe wat dien as kommentaar op kak soos foto’s of t-shirt slogans of die rok wat Rihanna dra op die rooi tapyt of ‘n nuwe rap video. Sulke fokken snert.

I simply cannot deal.
I simply cannot. (nog fokken erger)
cannot dealGewoonlik gesê vir ‘n oulike prentjie van ‘n klein katjie/ seekoei/ hasie of ‘n baba wat in ‘n fokken slaaikop lê en slaap. Of ‘n dude met baard en tattoos wat ‘n babatjie vashou.
Waarvoor sal dit beter werk? As  jou hele familie brutaal uitgewis word – voor jou, Kill Bill styl -en jy kan net nie meer die lewe in die oë kyk nie. Gesê net voor jy jou eie lewe neem. Met ‘n masjiengeweer in ‘n volgepakte kerk. Vol kinders.


It’s my absolute worst.

Gewoonlik gesê vir iets lame soos as dit reën en die poppie het fokken Uggs wolbootse aan. Of as spierbeertjie gym toe gaan en al die weights is in gebruik en sy ‘roids is laag.
Waarvoor sal dit beter werk? Anal.

Worst day ever.
Gewoonlik gesê as die Internet af was vir 7 minute en die irriterende persoon nie hulle Instagram feed freneties kon refresh om te sien of daar ‘n nuwe kak prentjie van iemand se hipster lunch êrens “cool” is nie.
Waarvoor sal dit beter werk? Die dag wat jy lewenslank gevonnis word vir ‘n moord – Kill Bill Styl – wat jy nie gepleeg het nie. In ‘n kerk. Vol kinders.
worst-day-everI cried.
Crying!!!1
(daai emojis met die watervalletjies uit hulle se ogies)
Gewoonlik gesê as iemand iets mildly snaaks tweet of post. Jy weet, daai tipe goed wat beswaarlik jou mondhoek laat trek (soos Nkandla style of enige iets op radio).
Waarvoor sal dit beter werk? As jy regtig lag van die huil (wat amper fokken nooit gebeur nie, kom ons wees eerlik) of sommer net as jy huil want jou vrou is weg met jou GTI, jou jetski, die pooltafel en jou seun se beste vriend. O ja, en sy het die kinders vir jou gelos. Al 5 van hulle. I cry. Fully.

I die.
I died.
I literally died. (nog fokken erger)
Gewoonlik gesê vir ‘n kak simpel band wat by iets droog soos Rocking the Daisies gespeel het, soos Prime Circle of die Parlo-poese.
Waarvoor sal dit beter werk? As jy actually fokken omval en begin stink. Soos in, like, literally. Of net na jy jou lewe geneem het met ‘n masjiengeweer. In ‘n volgepakte kerk. Vol kinders.
i literally diedR.I.P. vaagweg-bekende celeb
Gesien veral op Twitter, maar ook Facebook. Een of ander persoon wat eendag dooslank gelede bekend was vir iets, heeltemal onbekend aan die huidige generasie, vrek en dis ‘n uitstorting van “R.I.P.” en “what a tragic loss” en “saddest day ever” en ongelukkige smiley faces en “you will be missed”. Tot die volgende tweet (1 minuut later) oor hoe hulle nie kan deal met die weer in Kaapstad vandag of rude mense by die Vida nie (“my absolute worst”).

Dis asof mense voel ander mense gaan dink hulle is (a) goeie mense omdat hulle jammer is Ray Liotta is dood en (b) culturally aware is en actually weet wie Frank Sinatra se drummer was. Sommer ‘n klomp kak man. ‘n Pot poes.
Waarvoor sal dit beter werk? As jou Oupa Joe doodgaan. Jou oupa wat jou liefdevol grootgemaak het want jou ouers is tragies oorlede met jou moeilike geboorte (sommer altwee), jou oupa wat jou beste vriend was en saam met jou die lewe as avontuur aangepak het. So iets. R.I.P. Oupa Joe. Slaap sag.
robin-williamsDaar’s obviously meer, maar ek kan nie bothered wees om meer tyd te spandeer op hierdie baaiers in die vlak kant van die genepoel nie. Ek hoop maar net dat ons as mensdom ons gesamentlike kop uit ons gesamentlike hol trek voordat ons in ons eie monde kak eendag.

Want tot dan, reken ek ons moet begin om oortreffende klappe (letterlik “oor” treffende) uit te deel vir oortreffende trappe sonder meriete. Hierdie kak moet stop. Once.

(Spoiler alert: Dis dalk reeds te laat. Onthou jy het dit eerste hier gehoor!)

Deel met jou tjommies!

Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

Trending Articles