Dit was presies 14 jaar gelede, April 2003, toe Fokofpolisiekar besluit het om ‘n band te wees. Ek het aanvanklik geskiem “hoekom de fok sal ‘n Suid-Afrikaanse band nou probeer om die Afrikaanse version van Green Day te wees?”. Dit het vir my fokol sin gemaak, maar ek het die band se naam gelike. Ek het Francois later daai jaar vir die eerste keer in die Kaap in The Shack ontmoet een Vrydagaand en sommer dadelik uitgevra oor die kak met Fokof wat my gepla het: “Dude, hoekom die fok sing julle in Afrikaans?”
Hy het net bier-in-die-hand omgedraai en weggeloop met “Ag jirre jissis tog”.
Duidelik het ek nie mooi verstaan nie. Ek het toe wel later daai jaar wakker geskrik en besef dat die ouens besig was om iets moerse fokken groot te begin en ontgin. Hulle het eventually die grootste Afrikaanse rockgroep op aarde geword.
Soos met Springbok Nude Girls, het Fokofpolisiekar se documentary, Forgive Them For They Know Not What They Do, so rukkie terug op Showmax verskyn en dis in ‘n mate ietwat van ‘n eye opener. Wanneer jy na 1 uur en 49 minute bietjie terugsit en dink oor wat jy sopas gekyk het, word so paar dinge duideliker. Iets wat ek probably altyd subconsciously bewus van was, maar nooit regtig veel verder oor gedink het nie, was dat hulle ‘n moerse Engelse fan base het. ‘n Band kan daai kak slegs afpull wanneer jou musiek namens jou praat. Dit raak egter ‘n ander storie wanneer ‘n Engelse kind op jou band se doccie feature en tune dat sy Afrikaans met 75% geslaag het en dat die band 100% credit daarvoor moet kry. Dan is ‘n ou besig om genuine ‘n verskil te maak, al is dit net vir ‘n kind wat Afrikaans pass op skool omdat sy jou musiek stukken smaak.
Die doel van enige doccie (sover dit musiek aangaan in elk geval) is om iets te dokumenteer en te bewaar vir die nageslag en as inspirasie te dien vir wie ookal inspirasie daarin wil vind. Of inspirasie in gedeeltes daarvan kan vind. Hierdie doccie volg die bende min of meer van die begin van Fokof se ontstaan af. Dit volg hulle deur al die omstredenheid en die debatte wat deur die omstredenheid ontketen is. Die hele “fok God” storie met ou Bobby Van Jaarsveld se beursie en hoe daai basically ‘n keerpunt in die band se loopbaan was – nog iets wat ek nie geskiem het so ‘n groot issue was nie. Dis interesting om te sien hoe iets so fokken trivial sulke verrykende gevolge kan hê as gevolg van die kleinsielige, sensitiewe middelklas, uitverkore Afrikaner Christenvolkie. Jirre, wat ‘n fokken mondvol…
Die documentary “eindig” min of meer met jaar waarin die doccie vrygestel is – 2009. Probably vroër as dit, want die hele storie moes nog ge-edit word, bemark word en vrygestel word. So, kom ons veronderstel die doccie cover die eerste 5 jaar van Fokofpolisiekar se bestaan? Hier is een van my gripes daarmee: Fokof is nou al aan die gang vir 14 jaar lank, so daar is 9 jaar missing in hierdie film. Fair enough, hulle het ‘n break gevat met Swanesang en met so albumnaam sou enige iemand vergewe kon word as hulle gedink het dis die absolute einde van die band. Dit laat mens half dink aan ‘n 18-jarige tiener wat ‘n autobiografie uitgee asof hy ‘n wêrledwyse ou man is. God ou, jou hele lewe lê nog voor jou! Hoe sou Nelson Mandela se Long Walk To Freedom gewees het as sy biography net sy eerste drie jaar in die tjoekie ge-cover het? Obviously sou sy boek se naam dan eerder iets gewees het soos “Jirre, hier is fokol om te doen in die tronk maar ek probeer maar“. Fok man, dit sou for the most part ‘n boring boek gewees het – hy het eventually die fokken Prez van SA geword!
Imagine hoe befok dit sou wees as die mense wat die film vir Fokof gemaak het net bietjie gewag het? Die ouens het onlangs geskiedenis gemaak met hulle crowd funding. Hulle het R645k ingesamel in hulle eerste 15 van 60 dae. Daai sou goeie entertainment maak, right? So ook om die proses van die nuwe album te volg en te verfilm wat hulle in Oktober hierdie jaar gaan vrystel. Hierdie die tipe shit wat geskiedenis maak in ons land. Hierdie is die tipe shit wat ook in ‘n doccie hoort. Al hierdie stuff moet nou hopelik in ‘n deel 2 ingaan of iets. Ek fokken hoop die ouens lees hierdie en oorweeg dit, maar soos ek genoem het – die producer van die documentary het moontlik gedink dat dit tickets was vir Fokof, way back in 2008.
‘n Ander observasie (of negatiewe kritiek as jy dit so wil sien) is dat Fokofpolisiekar se gigs oorsee nie feature nie. Waar is die UK footage? Dit moes ‘n groot mylpaal gewees het vir die ouens. Is daar footage daarvan? I wanna know, man! Show it to me! Spoonfeed me!
Afgesien van my perceived negatiewe kommentaar is Forgive Them For They Know Not What They Do fokken netjies aanmekaargesit. Dit raak nooit boring nie en daar is interviews met lekker mense wat met genuine insig oor die band band gesels. Wat regtig fokken great is, is die feit dat die band hulleself gedokumenteer het van die begin af ook. Hulle het footage van alles en dis befok om te sien hoe hulle hulself aan feesgangers voorstel en flyers uitdeel by Woodstock. Mense wat nie ‘n fokken idee het wie Fokofpolisiekar is nie, want hulle is splinterfokken nuut op die scene:
“You guys want flyers? Fokofpolisiekar. Quarter to six. We’re a progressive punk rock sort of style. Aggresive, upbeat and melodic. Afrikaans. Come check it out”
“Aggresive or melodic?”
“Melodic and aggressive. Come check it out. If you see it, you’ll understand it”
Hierso is ‘n moerse tip vir julle outjies wat tans in ‘n band jol of beplan om ‘n band te begin – neem video en fotos van al die kak wat julle doen. Wherever julle travel, whenever julle jam, julle eerste gig, wanneer julle braai, waneer julle met mense interact, wanneer julle poepe aan die brand steek. Leer by die ouens van Fokof. Jy gaan heel moontlik nooit so groot raak soos hulle nie, but you never know. Dis in elk geval fokken lekker om so paar jaar later na jou ou footage te kyk, nostalgies te raak of om poes skaam te kry vir die kak wat julle aangevang het of net om te reminisce.
Kyk Fokofpolsiekar se Forgive Them For They Know Not What They Do op Showmax en raak bietjie inspired. Jou eerste twee weke is free.