Quantcast
Channel: Snotstories – Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

Ons almal loop rond met ‘n stukkie Silicon Valley aan ons

$
0
0

Wanneer jy seriously baie van ‘n show hou, wil jy soms gaan ondersoek instel oor hoekom dit so donners goed is. Wie is die mense agter dit? Hoedefok dink hulle al daai clever kak uit? Wat is die ouens se background en die motivering vir die reeks? Silicon Valley is een van daai briljante reekse wat byvoorbeeld ‘n vet pit druk vir The Big Bang Theory. Ek is fokken jammer, maar as jy ‘n moerse fan van The Big Bang Theory is, is jy die lowest common denominator van mediocrity – die bra wat vir al die kak lame jokes lag. Nee, ou. Moenie so wees nie. Daar  is soveel meer om voor te lewe en oor te lag.

Maar genoeg oor jou, kom ons kyk bietjie na Silicon Valley creators, Alec Berg en Mike Judge. Behalwe vir Sillicon Valley is Berg se producing skills aangewend vir treffers soos The Dictator, Curb Your Enthusiasm, Eurotrip en Seinfeld. Almal goeie shows, maar jy hoef nie op te staan of hande te klap nie. Daai is impressive maar ons wil eintlik bietjie meer kyk na die kak wat Mike Judge aanjaag. As jy ‘n gen-X kokkelol is, sou jy sy naam dadelik opegtel het as jy ‘n Beavis & Butthead fan is of was. Hy was ook verantwoordelik vir die skryfwerk van Office Space, Idiocracy en het vir Saturday Night Live 3 episodes geskryf wat op Office Space gebasseer is. Check bietjie Office Space as jy een of ander tyd kan.
Mike Judge is ‘n genius, amper in die ware sin van die woord – hy het met ‘n BSc graad in physics by die Universiteit van California weggestap. Waddefok het dit met sy Hollywood career uit te waai? Ou Mike het sy graad aangewend om ‘n jobbie in Sillicon Valley te score, terug in die dae voor die dotcom kak gebeur en gebars het. In Mike Judge se dae was sy valley meer interested in military shenanigans en sy eerste job in 1986 was as ‘n progammer vir die F-18 fighter jet. Jirre hoe cool is dit? Om een van die ouens te wees wat code geskryf het vir ‘n fokken fighter jet? Dis ballas! ‘n Jaar later het hy Silicon Valley toe gemove en Parallax Graphics gaan join – ‘n startup video card company met so 40 staff. Hy het dit (die company se culture en mense) net mooi fokol ge-like en na drie maande gewaai om ‘n bass player te word vir ‘n blues band. Bietjie van ‘n aweregse move…
Die belangrikse twee woorde uit die vorige paragraaf is “startup company” want dis hoe amper elke fokken groot company begin is – uit een of ander bleeksiel nool se garage. Dit sluit outjies in soos: Disney, HP, Apple, Microsoft, Dell, Virgin, Amazon, Google en GoPro om net so paar te noem. Die reeks volg min of meer hierdie rigting en skeer bietjie gek met die malligheid van stat-up tech companies en die mense wat involved is. Terloops, die woord “silicon” in Silicon Valley het oorsponklik verwys na die silicon chip innovators en vervaardigers in die area. Dit huisves tans 39 besighede van die Fortune 1000, asook duisende startup companies. Silicon Valley (die area) is ook verantwoordelik vir ‘n derde van Amerika se venture capital investment. Silicon Valley, die reeks, gaan juis oor ‘n start-up wat verskriklik rondfok met venture capital. Daar is ‘n mooi Afrikaanse woord vir ‘venture capital’, naamlik ‘waagkapitaal. Die comedy reeks volg die struggles van Richard Hendricks, ‘n silicon valley ingenieur wat sy company, Pied Piper, van die grond af probeer kry met behulp van wacky en dodgy investors en die show se kort beskrywing som alles mooi op: In the high-tech gold rush of modern Silicon Valley, the people most qualified to succeed are the least capable of handling success.

Dinge fok hilariously uit. Jy gaan vir seker gaan hardop lag. Die believable karakters sluit in: die socially awkward programmer, eksentrieke biljoenêrs, konterige venture capitalist, die Indian coder, die oorgewig stoner en occasionally ‘n hot chick wat niemand kan naai nie. Jy sal dalk onwillekeurig terugdink aan die geeks in jou klas – die ou wat pretty much dwarsdeur sy broek gekom het wanneer die hot chick vir ‘n happie van sy sandwich spread broodjie gevra het (daais met die stukke wat soos kots gelyk het). Dieselfde ou wat vandag fokken ryk is en ‘n minimum van vier kinders het. Kyk, toe hy vir die eerste keer naai (binne die verbond van die huwelik, natuurlik, op die ouderdom van 24) wou hy nie ophou nie…

Die producers van Silicon Valley het uit hulle pad gegaan om die premise van die storielyn so geloofwaardig as moontlik te maak. Hulle het byvoorbeeld ‘n Stanford professor gevra om fiksionele produkte op te droom vir die show. En hulle het. Die nerds wat die rolle vertolk is ook sorgvuldig gekies. Op die vraag van hoe Thomas Middleditch (wat die rol van Richard speel – die founder van Pied Piper) vir sy rol voorberei het, het hy geantwoord: “All I did was just suffer about 15 years of relentless bullying. Pretty standard.”
Die brasse het nerd gevat en dit basically gebottel.  Vorige pogings om die essence  van Silicon Valley op die klein (of groot) skerm vas te vang was maar mediocre. Dit was kartonuitknipsels van wat ‘n clueless buitestaander soos ek of jy sou dink oor die plek. Even ons eie Suid-Afrikaanse-Amerikaanse rykgat en ubergeek, Elon Musk, het geskiem die ouens het heavy raakgevat en ‘n wnner op die tafel gesit: “It was like watching a bizarro version of your own reality”.

Jyself kan nie klaarkom sonder die tech en companies in daai valley nie. Ons almal loop rond met ‘n stukkie Silicon Valley aan ons – check maar in jou hemp of broeksak of in jou handsak of in jou kar. Dis fokken orals, so op ‘n manier moet jy bietjie kan relate hoe Silicon Valley vir silicon valley ‘n splinternuwe hol geruk het met ‘n skreeusnaakse TV reeks…

Hier is so paar dinge wat jy dalk interesting mag vind as jy reeds deur die show ingetrek is:

  • Kumail Najiani,  wat die rol van coder Dinesh vertolk is eintlik afkomstig van Pakistan. Een van sy hoofvakke op college was in computer science.
  • Silicon Valley se intro word vopordurend ge-update, gebasseer op wat in die regte lewe met companies in daai area gebeur.  Jy kan byvoorbeeld sien hoe die Facebook  icon die Whatsapp en
  • Oculus icons opvreet wat natuurlik verwys na Facebook wat die twee companies oorgekoop het.
  • Die complicated en poes snaakse wiskundige vergelyking wat gaan oor om hoe om ‘n kamer vol mans se gladdejantjies te poleer is ‘n actual fokken 12-bladye wetenskaplike artikel wat gepubliseer is. Jy kan dit hierso lees.
  • Die intro music vir Silicon Valley is ‘n actual song genaamd Stretch Your Face deur ‘n Amerikaanse pscych rock band, Tobacco.
  • Silicon Valley se 5 (redelike fokken slim) tag lines is:
    Where everyone wants to be an icon
    See genius in a whole new light
    Helping humanity thrive.
    Changing the way things change.
    They’ve got company.

Silicon Valley is tans besig om season 4 uit te saai in die overseas, maar jy kan solank die eerste drie reekse for free kyk op Showmax as jy opsign vir hulle 14-dae free trial. Dis die moeite werd. Moenie ‘n fokken Erlich wees nie…

Deel met jou tjommies!

    Viewing all articles
    Browse latest Browse all 228

    Trending Articles