Quantcast
Channel: Snotstories – Watkykjy, huh?
Viewing all 228 articles
Browse latest View live

Ruk en rol 101 – die beste rock albums van alle tye (deel 4 van 4)

$
0
0

Deur Thys Nywerheid

Ons gaan vandag verder met nommer 12 tot 15 van ons 15 beste rock albums van alle tye. Lees deel III hierso.

12. Nevermind (1991) – Nirvana
Almal ken hierdie album. Almal. Ek het aanvanklik gewonder of ek dit hier moes insluit. My gunsteling album van die grunge era sal dalk eerder Soundgarden se Superunknown wees maar mens moet fair wees. Ten spyte daarvan dat hierdie album vrot gespeel is deur elke radio DJ van Antartika FM tot Radio Siberia  klink dit steeds verfrissend as jy daarna luister . Kurt Cobain was verseker een van die beste rock song writers wat nog ooit geleef het en hy is op sy beste op hierdie album. Wat hierdie musiek so ongelooflik maak is die eenvoud daarvan. Enige musikant sal jou vertel dat dit baie moeiliker is om ‘n goeie tune te skryf wat eenvoudig is as wat dit is om iets complicated te doen. Enige Brakpan laaitie met ‘n Cash crusaders kitaar sal meeste van Nirvana se riffs kan jol maar die genius was om daai shit uit te dink. Something in the Way byvoorbeeld, is net 2 chords die hele song deur. Verder gebruik Nirvana nie eers volwaardige chords nie maar meestal power chords of 5th chords. Hierdie chord bestaan slegs uit 3 musieknote – die root note, die 5de noot van die rootnote se toonleer en die oktaaf. Die 3de noot wat die chord sy “major” of “minor” funksionaliteit gee ontbreek heeltemal. Daarsy, nou kry sommer ‘n free musiekles ook. My favourite songs op die album is Lithium, On a Plain en Polly maar hulle is almal goed. Die energy op hierdie album is ongelooflik en alles word netjies vasgegom met uistekende drumming deur ‘n dude wat op ‘n druppel lyk soos die vocalist en drummer van the Foo Fighters. Baie mense dink die Kurt Cobain legacy is verantwoordelik vir vandag se Emo kultuur waar almal deesdae net teem oor hulle eie kak maar ah well, whatever nevermind.
nirvana nevermind
13. Rage against the machine (1992) – RATM
As jy ‘n album kry met ‘n Buddist monk wat homself aan die brand steek as ‘n vorm van protes op die omslag dan weet jy daar is groot kak oppad. Ontmoet Rage against the Machine, die band wat skuldig is aan van die beste protesmusiek in moderne musiekgeskiedenis. Rage is ook een van die eerste bands wat suksesvol rock en rap musiek gemeng het.  Met Zack de la Rocha wat rap soos ‘n blaffende Pit-bull, Tim Commerford en Brad Wilk se fokkol nonsens rhythm section en Tom Morello op genius kitaar is dinge so warm soos daai arme brandende man op die omslag. Tom Morello is meins insiens een van die mees kreatiefste kitaarspelers wat nog ooit gelewe het. Exhibit A:
https://www.youtube.com/watch?v=6bjYAVk-DCs
(die doos wat hierdie video opgelaai het, het embedding disable, so gaan check hom uit)
Hierdie album is propvol gatskop riffs en skerp politiese liriekie.  Killing in the name met sy hipnotiese “Fuck you, I won’t do what you tell me” is die beste middelvinger song in die heelal. Ek sal dit so geniet om dit vir Sanral te speel. Know your enemy, Bullet in your head, Township Rebellion en Bomb track is ander nommertjies wat deurtrek is van die wederstrewigheid en ondeundheid.
rage against the machine
as jy met vuur speel sal jy brand14. As jy met vuur speel sal jy brand (2003) – Fokofpolisiekar
Ek is nie ‘n fan van die hele “local is lekker“ trip nie. Net omdat iets nou local is moet dit nou spesiaal hanteer word. Dis soos die laat lammetjie wat nie so goed soos sy boeties en sussies presteer op skool nie en nou mamma se “spesiale seuntjie”  is tipe tos. Nog minder val ek vir die hele “Afrikaans is groot“ pot snot. Óf iets is goed óf dit is kak. So simple soos dit. Of die band van Kazakstahn kom en of dit Yslandiese Gangster rap is, pla my glad nie – dit moet net lekker op die oor klink en Fokofpolisiekar klink lekker op die oor. Die feit dat hulle van ons buurland die Weskaap is en in Afrikôns sing is net toevallig. Die band is super tight, vrot van die attitude en die lirieke is vlymskerp. Vir dit wat dit werd is het Fokofpolisiekar ‘n rewolusie in Afrikaanse rock begin en was volgens my kennis die eerste band wat die woord “poes“ in hulle lirieke gebruik het. Dis nou as jy die Nederlandse kinderliedjies wat handel oor katte uitsluit natuurlik. Hierdie is hulle debut EP en bevat onder andere die legendariese tune Hemel op die Platteland maar al die ander tunes is net so cool. Daar is selfs  ‘n versteekte snit aan die einde van die album waar 2 Afrikaners backward masking bespreek en Francois van Coke sing: “Sy soek dit in die anus eerste. En dan in die mond“. Wie sê Punk rock kan nie romanties wees nie?

15. Icky thump (2007) – The White Stripes
As jy ‘n kick ass vocalist, guitarist en song writer is maak dit nie saak of jou drummer suck en jy nie eens ‘n bassist het nie. In fact, dit kan jou net beter laat klink. All hail Jack White, die wereld se rock profeet van die 21ste eeu. Om te dink hy het nog  nooit in sy lewe eens zol probeer nie, of so sê hy. Hard core verby, los die gateway drug vir die kinders en hardloop reguit na die wit lyne toe. Icky Thump is hulle sesde en laaste album en met songs soos Icky Thump, Bone broke, I’m Slowly turning into you en Rag and Bone wys Jack weereens dat hy ‘n meester van riffs is.  Hierdie tunes is lekker rou en vol attitude en het ‘n sterk retro blues inslag sonder om cliché te wees. White Stripes is amper soos hierdie generasie se Led Zeppelin behalwe dat Bonzo ligjare beter as Meg White op die dromme. (Jammer Meg, ek belowe dis die laaste keer wat ek jou drom spel beledig in hierdie artikel.) Daar is ‘n briljante dokumentere movie getiteld “It might get loud“ waar Jimmy Page, the Edge en Jack White oor kitare praat. In hierdie movie openbaar Jack White sy kitaarspeel filosifie. Hy tune jy moet ‘n fight pick met jou kitaar – en die fight wen. Fokol van die playing-guitar-is-like-making-love bullshit, hierdie dude neem die Chuck Norris approach tot musiek en kom fok jou op met ‘n seven nation army.
Daar het jy dit, 15 albums wat elke rock en roll fan moet hê. Soos julle weet is daar ‘n legio albums wat net so goed soos hierdie albums is  maar mens kan eenvoudig nie almal noem nie. Jy kan werklik oor goeie rock musiek skryf tot die dag wat Justin Bieber se stem breek.
white stripes icky thump

Deel met jou tjommies!

    My hart verlang na die Breede…

    $
    0
    0

    As ek dit net tot Donderdag maak…

    As ek dit net tot Donderdag maak, dan klim ek in die Swart Gevaar en druk hom innie rooi alliepad Swellendam toe. Want hierdie naweek, liewe Watkykertjies, gebeur daar ‘n grootse geleentheid genaamd Up The Creek…

    O, om te kan sit en fokkol doen in die koelte van ‘n gazebo met ‘n laaaang drankie in my poot vasgeklem, die glas glimmend van die kondensasie soos die ys langsaam smelt in die Overbergse son – terwyl ek weet ander mense werk.

    Om letterlik ‘n paar honderd meter te kan opstap na die verhoë en befokte local tunes te loop check. “Hey dude, bring sommer die coolbox saam ek sê! Nee, dis nie ver nie,” klink luid op soos klokkies uit die hemel.

    O, om later jolig af te strompel na die bruin kronkels van die Breederivier en op jou rug te sit in ‘n lilo of cheap-ass bootjie met ‘n lafenissie byderhand. “Hey dude, bring sommer die coolbox saam ek sê. Nee, dis net hier onder!” sal iemand terugroep op pad af.
    breede rivierOm sommer so in die ronddryf lekker tunes te luister wat op die wal gespeel word. “Ja, net daar ou. Sommer hier by ons. Het jy skywe op jou, ek sê?” vra iemand hier agter my op ‘n vlot wat stadig verbydryf.

    O, om in die koel dieptes water te trap of sommer net rond te mission terwyl mooie meisies in bikini’s ietsie vir die moeë oë van ‘n man bied daar in die sublieme skoonheid van die natuur. Sag op die oog. Sag…

    Om later, as die son self begin koelte soek terug te keer na die kampplek, dié keer om reg te maak vir die nag se mannewales. Om ou vriende raak te drink by die kroeg en nuwes te maak in die gehoor terwyl ons boogie op die beat van kief kunstenaars soos Black Cat Bones, AKING, Hot Water, The Ballistics, Mean Black Mamba, Piet Botha & The Lyzyrd Kyngs, Gerald Clark, Taxi Violence, Nomadic Orchestra, Bandolero en vele meer.
    image002_Belia OhOm by die kamp te after-party met ‘n bottel Jäger en baie kakpraat tot die vroeë ure van die oggend voor ons rooigebrand en blinkgedrink in ons tente intuimel, net om als weer die volgende twee dae te herhaal.

    As ek dit net tot Donderdag kan maak…


    Sorry maar kaartjies is ongelukkig uitverkoop. As jy ene soek, check die Up The Creek Facebook Page (https://www.facebook.com/UpTheCreek.MusicFestival) uit vir ouens wat dit nie maak nie. Fokkol kaartjies by die hek, china.

    As jy ‘n kaartjie het en na die fees toe kom, ry asb poes stadig en poes versigtig op die grondpad. Hulle is besig om te skraap daaraan en jy gaan jou Corsa Lite omgooi en jou crew beseer of vrekmaak. Buddies doen nie dit nie.
    aKING  photoThomas Ferreira Taxi Violence  By Vetman Photography

    Deel met jou tjommies!

      30 Picture comments wat jy op Facebook kan gebruik

      $
      0
      0

      ‘n Post oor Facebook hier op Watkykjy is nou al vir so 8 jaar lank overdue, toe skiem ons maar om vir julle ‘n boksie vol tools te gee om Facebook beter te gebruik. Actually praat ons boktos. Dis nie ‘n variety van tools nie. Dis maar net 30 prentjies wat ons gemaak het om jou rondfokkery op Facebook so bietjie meer kleurvol te maak.

      Situasie:
      Op ‘n gereelde basis duik daar een of ander naai op wat luidkeels aankondig dat dit nou tyd geword het om bietjie van ‘n culling ‘n Facebook te doen, bietjie ontslae te raak van die dooie hout en net die “Ware vriende” sal waardig genoeg wees om die persoon se Facebook vriend te bly. Vir nou. Tot die volgende rapture. Asof die persoon Jesus is en afkom aarde toe vir die uitverkorenes om in sy space ship te laai en weer terug hemel toe te bars deur die wolke in al sy glorieryke awesomeness. Hier is vir jou ‘n tip: Bly net stil en delete die mense wat jy fokol like. Jy hoef dit nie met trompettergeskal aan te kondig nie.
      Voorbeeld:
      Dit word gewoonlik in Engels gedoen sodat die odd token swart of indië “vriende” ook mooi kan verstaan dat jy besig is om jou state of the Nation speech te maak:
      “Dear Facebook Friends, I’ve been wondering when and how to do this for a while now but the time has come for me to bite the bullet and clean up what I’m doing on Facebook. For 99% of you – this means that I’m about to de-friend you from my personal account on Facebook. It is nothing personal – in fact…. that is what this is all about…. my personal account on Facebook does need to be personal and its not. To use a phrase Ed Dale used in doing this same thing – It’s not You It’s Me. I hope you’ll allow me to explain why I’m doing this and and provide those of you who wish to remain connected with some alternatives.
      Oplossing:
      nouma-pieleSituasie:

      Dit is die ou PC versus Mac, Android/Samsung versus Apple, Windows versus Linux (of enige van die 15 weergawes daarvan) debat. Jy ken daai fight, jy maak uit van die diktrildril. Jy was al deel daarvan.
      Voorbeeld:
      “Fok, julle, dis alweer ‘n mal dag op kantoor. Ek dink nie ek gaan deur al hierdie werk kom nie. Ek het moerse tight deadlines. See you on the flipside!”
      *post foto van koffie, leather mansak en random boek oop doelgerig en noukeurig langs Mac met oop screen*
      Oplossing:
      jy-het-macSituasie:

      Die patesiese kermgat maatjies. Die lewe is altyd swaarder as ‘n sak lood wat om sy linkerklok of -tiet met flatwrap razor wire vasgemaak is. Kak en drama (meestal kripties sodat jy daaroor moet uitvra) en geen cutlery om dit mee op te vreet nie.
      Voorbeeld:
      “Ugh, ek kan nie meer nie!”
      “Ek het niks slaap ingekry gisteraand nie en vandag het ek <insert siekte of kwale hierso>”
      Oplossing:harden-the-fuck-upSituasie:
      Jy het een van hierdie vriende wat so fokken gullible is soos ‘n ANC supporter met elke verkiesing. Daai “vriend” wat links en regs total bullshit stories share. Ons praat nie hier van skinder nie, maar daai bogus nuusberigte.
      Voorbeeld:
      ” Haai jille, ek share gewoonlik nie hierdie tiepe goet nie ma muni wee by KFC kos kopi want hulle hou hoenirs lewendag aan in ienkiebyters!!1 Di was op Carte Blanch gewees vilede week! Deel bq m allie maaikies!!!”
      Oplossing:
      hoax
      Situasie:
      Daar is altyd daai een ou wat van die begin af glad nie deel was van die gesprek nie. Die bra wat ter elfde ure uitslaan, soos ‘n dronk ou imet ‘n bottel brannas by ‘n braai sonder mix wat daar uitslaan soos masels sonder dat hy uitgenooi was in die eerste plek. Daai bra wat manage om alles sleg en maak en eventually fokof en dronk terug bestuur huistoe sonder dat die koeltekonte hom aftrek in sy Kia.
      Voorbeeld:
      Basies almal op Sunetter Bridges se Facepoes page.
      Oplossing:
      pappa-lallies
      Situasie:
      Daar is altyd daardie een persoon wat poesbaie tyd op sy hande het en about elke fokken produk en company daarbuite se se Facebook pages like in die hoop om iets te wen. Elke kompetisie moet ge-fokken-enter word. Dis ‘n konstante uphill battle. Nie vir daardie persoon nie, maar vir jou. Dis ‘n fokken gebmors. As jy jou Facebook account oopmaak lyk dit of die kots reeds uit die tumble dryer gemoer het.
      Voorbeeld:
      “Haai julle, help my groot asseblief om hierdie post te like en met almal te share. Ek het sover 150 likes en kort nog net 300 om afslag op ‘n pakkie chips te wen! Ek kan dit regkry as elkeen van julle my help!”
      *Tag 150 mense. Elke poeslike dag*
      Oplossing:
      tag-te-veel
      Situasie:
      Die world travelers wat backpack deur Europa en dit heeltyd op Facebook post, maar op so manier dat hulle actually soos hipster dooskoppe lyk. Daai nauseating beterweterige updates waar hulle jou wil laat verstaan dat hulle heavy kultuur het, gesoute wêreldreisigers is en kom ons wees eerlik – beter as jy is.
      Voorbeeld:
      “Bucharest is waarlik een van die mooiste stede wat in tyd gaan stilstaan het. Dit herinner my effens aan ons besoek aan Praag verlede winter toe ons by Alexandreina en Padraigan (ons liefste Europese gay vriende) gaan kuier het. Dit is net soveel mooier hier in die winter. Ek en Suzani-Jan gaan more regig tyd insit om die antieke winkels in Lipscani stadig deur te stap en te kyk of ons handgemaakte keramiek worshonde kan opspoor. Hopelik sal die krampe van gister se perdry by Hipocam in Corbeanca nie te veel pla nie. O ja, Jõhõæn-Ghert, jy sal mal wees oor hulle Jumări – dit kos slegs 190 Lei, goedkoper as Avignon se bagquettes.
      PS: vir die van julle wat nie weet nie, Jumări is basies gesmelte varkvet. Dit klink aaklig, maar dis njammies!
      *post 50 fokken foto’s van die eerste dag en hulle is vir at least nog 4 weke op die bragging-trip
      Oplossing:
      chip
      Jy kry min of meer die idee. Ons gaan nie al dertig bespreek nie, anders eindig ons op met heeltemal te veel fokken leeswerk en ons hou jou in elk geval weg van jou precious Facebook tyd af by die werk.

      Hierso is die res van die outjies. Hoop jy kan hulle doeltreffend aanwend op jou reistog deur Facebook se doolhof. Dit behoort jou min of meer te cover vir amper enige situasie.
      dink-nie-so-nie dis-nou-genoeg dit-maak-my-nat eerder-fokol ek-voel-'n-fok fokken-mooi gatkruip goeie tye jy-fokken-speel jy-neem-kos-af kak-aan-te-jaag kak-tune NUP_136391_0244 lees naa-man nice-goed pappa-dubbel-like vertel-my tannie-poppie so-bly popcorn wat pappa-hou-nie-hiervan-nie

      Deel met jou tjommies!

        Up the Creek 2015: As dit son reën, moet jy skep

        $
        0
        0

        En so, na ‘n diepe versugting breek die tyd uiteindelik aan om Up the Creek toe te skiet. Ek sak die Donderdag vroeg al af om teleurstelling te voorkom (en seker te maak ek kry baie van daai pakkies ys in Swellendam wat net R4 een kos).

        Anders as laasjaar lyk dit asof meeste malhase ook ingeclue het om die Donderdag daar te wees as die hekke oopmaak (soos voor ‘n Edgars Red Hanger sale). Daar’s effens van ‘n ry maar no wakkas, ons is vinnig in en kry ‘n befokte spot om te pitch. Volvloer gras, strompelafstand van die kakhuise, leopard crawl afstand van die stages en ‘n blink blou asblik reg langs ons. Die saak is reg.
        UP THE CREEK2015-1(Vir dié wat nie weet nie, Up the Creek is een van die oudste music festivals in die land maar dis ook een van die kleinste. Net omtrent 3 000 malhase word elke jaar toegelaat om te kom swak gedrag openbaar. Kaartjies verkoop doosvinnig uit, so jy moet maar plan sien as die announcements kom. Leen ‘n sakgeldjie by mamma, sny Oupa Floors se gras of verkoop die Beeld in die oggend of iets. Doen net iets.)

        Mense noem dit ‘n rookie mistake om die eerste dag groot te gaan, maar ek skiem dis so algemeen dis actually ‘n rookie mistake om nié die eerste dag groot te gaan nie. Donderdag was so dag. En ‘n fees moet ingebreek word. Once.

        Die line-up vir Donderdag was ook fokken killer. Ballistics, Stoker, Red Huxley, aKing en Scicoustic. Rock around the clock en daarna was dit kliphard suier by die bar. Sommer lekker opcatch met al die usual suspects ook. Shots is gekoop, kak is gepraat, grappe is gemaak, shots is gedrink, geld is gespandeer, shots is gebraak. Hard en aanhoudend. Op en af tot die honne blaf. Jy ken?
        UP THE CREEK2015-2(Hier moet ek eers die lorrie stop en ‘n opregte verskoning aanbied vir almal wat met my in kontak gekom het Donderdagaand en Vrydagoggend vroeg. Ek glo ek was dalk die dronkste kont en grootste poes by die fees in daardie tyd.  Ek kan nie veel onthou nie, maar my vriende het die volgende dag vir my uitgewys dat ek my Vereeniging naam met ‘n plank regoor die Breede gemoer het vir ‘n ses-en-‘n-uit, bietjie soos Zulu Klusener van zeftyds. Ek is jammer almal. Genuine. Ek is nie ‘n lekker fokken mens nie. #Marabs4Life.)

        Vrydagoggend en ons eerste bure trek weg. Ag wat, hulle was Brits anyway. No harm done, old chap. The show must go on. Ons klap heavy kamp vibes, drank innie hand, yskoue lafenis en lekker tunes net so entjie verder. Mense sak af rivier toe om manne soos Mean Black Mamba en die immergroen Piet Botha en die Lyzyrd Kings te loop spec en ballas te hang in die rivierwater. Dik gees.
        UP THE CREEK2015-25Laatmiddag val die res van die crew uit van Kaapstad af. Ou’s moes eers klaar graft ek sê. Ons vier hulle koms met tunes, dop en kakpraat. Mission net betyds op om Taxi Violence te vang vir ‘n blistering fokken set, soos hulle gewoonte nou maar is. Die manne fokken bring dit op stage, dis nou maar wors. Kry selfs ‘n flossie om haar kanne te wys vir al die mooie malle mense. Rock en roll pappa. Tiete vir die mense.

        Toe is dit tent toe om diep te gesels oor die fynere nuanses in die komposisies van groepe soos Limp Bizkit, Def Leppard en K.O.B.U.S. Oor ‘n bottel. Of drie. (Dié keer het ons bure wat, alhoewel hulle Engels is, smaak ons speel piele musiek. Ek vermoed wel dat hulle so hoog soos kites was, maar nou ja, ek sal vat wat ek kry.)

        Saterdagoggend begin kak met eendeweer. Actually begin dit met koue ballas want dit reën in my fokken klein tentjie in. Reën?! Maar dis dan somer in die Ka… Zip oop en dis fokken Londen buite. Fok tog. Oral staan verslae mense met oopmonde en helderkleurige baaikostuums sonder ‘n hemp en met lilos in hulle hande. Hulle bolip bewe so effens. Hulle can’t even. Hulle sit maar die lawwe sonsambreel stilletjies neer. Hulle hartjies is seer.
        UP THE CREEK2015-3Ons voel aaklig. Hangover so groot soos die Here se genade, nul warm dingetjie saamgebring en tent wat blykbaar nie waterproof is nie. You had one job tent. ONE job. Klein stuk kak poestent wat my net teleurstel.

        Soos natgereënde hoendertjies huddle ons saam onder die gazebo en deel ons pynpille, Rehidrat, water en vitamines. Dinge lyk beroerd, moraal is laag. Sukkel-sukkel fok ons aan tot tweeuur en toe dit nie beter word nie, toe klim ek in die Swart Gevaar en kies die hasepad, piel tussen die bene. Ek is nie ‘n reënsoldaatjie nie. Fokkit.

        (My bra en Watkykjy fotograaf Fredit die Image Engineer bly egter en maak seker die hele naweek is mooi in prentjies vasgevang. Hy sê Bandolero was net die medisyne.)
        UP THE CREEK2015-14Reën tersyde, Up the Creek is dié fokken chilled festival en beslis ‘n favourite vir my. Dis fokken beautiful wêreld, die mense wat dit bywoon is moerse shiny happy people (dié doos van ‘n skrywer uitgesluit), dis net die kiefste local bands wat jol en dit word befok gemanage. Omdat dit klein gehou word, behou dit die karakter en loyal following wat dit het onder fans en muso’s. Ek spaar solank vir ‘n kaartjie… En ‘n reënjas… En gumboots… En ‘n fokken tent wat kan tent. Gods.
        Foto’s deur die Image Engineer

        Daar is nog ‘n kakhuis vol kiekies op die Watkykjy Facebook page ook. Gaan kokkenodge daarso…

        Deel met jou tjommies!

          Toet-toet! Als is gravy op die gravy trein – State of the Nation 2015

          $
          0
          0

          Daar’s finally iets lekker om na uit te sien tussen die Desember holidays en die begin van die Super 15 rugby, en daai ding se naam is die parlementêre Staatsrede, soos die fuck show wat gisteraand afgespeel het. Heeltyd speeltyd hier in Kaapstad. Blykbaar.
          ANC-bitch-soos-koei-aangetrekJa, ek weet mens moet worry oor die toekoms van die land en al daai kak maar fokkit, ek was lanklaas so entertain soos gister. Vuisgevegte, waterkanonne, cellphone jammers, klank fokops en toe die uiteindelike snoozefest van ‘n fokken speech. You can’t script this shit. Mzansi fo sho!
          sona2015-snooze-festDie EFF was dik op vorm. Sommer gistermiddag mekaar vuispastei gevoer by ‘n ‘n voorafbeplande press conference. Hulle eie ene! Jirre ouens, daai is fokken blind. Own goal vibes, maar dan moet jy jou eie goalie ook sommer moer. Hulle eie “kommisaris” Andile moes die hasepad kies en holderstebolder gat skuif dat hulle hom nie moer nie. Incredible.

          Opgedress in hulle kwaai kabouterkleertjies en rooi bootsies vra die EFF toe vir Ou Skillie aan die begin van die Staatsrede hoe hy die Nkandla skuld gaan betaal. EFT of mobile wallet of what-what. Vroeër die dag is Shoprite ook genoem. Ek kan net imagine hoe staan Number 1 in die ry tussen krimpies wat hulle Computicket kaartjies wil laat uitprint vir die plesierboot by die Money Market counter. Ook, mobile wallet. Whaaaaaaaa! Classic.
          EFF-dwergies-off-to-workSpeaker Baleka Mbete gooi die rooi kabouters toe op hulle boudjies uit en hulle baklei terug deur hulle hard hats en klein byltjies en pikkies te gooi na die polisie (baie slim vermom deur wit kraaghempde aan te hê, no one suspected anything guys, well done!) Die verwagte foto’s van bebloede kaboutertjies en Juliaaasss se speech is daarna oral uitgesaai en rondgestuur. Mission accomplished Juliaaasss. Very good comrades! Viva revolushaan!
          EFF-is-WEFF polisie-fight-met-eff-in-parlyDie DA het besluit om swart aan te trek en nie die slegte Parlementskos na die tyd te eet nie. Daar is baie lekkerder restaurante in Kaapstad hoor. Hulle supporters weer, het voor die tyd geprotest (lees: net rondgestaan) en is deur waterkanonne en oorywerige poeslisie bygekom. Ironies genoeg, in die enigste provinsie wat hulleself bestuur. Slaan so hulself met hul eie vuis. So in die mond. Met hulle swart klere. Sonder kos. Darem water.

          Die DA het aan die begin van die Staatsrede complain oor die cellphone signal gejam was in die Huis, wat ‘n moerse siniese en Big Brother move was deur die ANCunts moet ek bysê. Dis toe vinnig uitgesort maar na die kabouters uitgegooi is, fokof die DA toe ook restaurante toe oor die witkraagbende gerol het met rollies. Wonder nog steeds wie sulke wit hempde gedra het? Sulke goeie kamoeflering dudes. Amaze. No one suspected ANYTHING. *knipoog so oordrewe*
          zille-en-mmaimane-gaan-spur-toeMet net die ANCs oor in Parlement (en Oupagrootjie Buthelezi en die twee verlore skape van Agang) kon ons land se nommer 1 boef toe sy gebruiklike “goeie storie” nonsens gebruik om almal in ‘n kollektiewe koma in te lees, met die gebruiklike kuggies en bril regskuif. (Amper soos laasjaar)  Hierdie keer was daar egter ‘n evil en vieslike laggie bygesit, eers net na almal gefokof het en toe sommer op random plekke in die aflesing. Daar’s mos nie foutie. Mzansi fo sho!Ons “eerbare” fokken President gee fokkol om vir die land, dis fokken duidelik. Om te lag oor die opposisie wat hardhandig uitgesmyt is deur die regeringsparty en te lag terwyl jy praat oor die fokops onder jou watch terwyl jou eie chommies cheers tussenin, wys net hoe jy nie ‘n duit omgee wat gebeur nie – solank jou posisie veilig, warm en knus is. Fokken swak dude. Pateties.

          Die speech was wat almal verwag het. Als is gravy, soos die trein waarop Zuma, Gupta en sy minister tjommies ry. Die ANC het ‘n goeie storie om te vertel en als verloop presies volgens plan. Sukses oral. In fact, jy kan nie jou gat draai nie of jy trap in stomende ryp sukses elke oggend net voor jy in die kar klim na jou koue stort (loadshedding hallo?) op pad werk toe. Stomende slap sukses.
          zuma-tune-dasiefoutieEk skiem ons moet die Gautrein se spore verleng dat hy hardloop tussen Nkandla, Parlement en die Uniegeboue. Maar ons maak dit poes luxurious soos Rovos Rail. En ‘n firepool, obviaas mfowethu. Dan noem ons dit die Gravy Trein en die ANCs gebruik dit instede van blouligbrigades. Natuurlik kan die Guptas ook ‘n ry kry en hier en daar iemand anders, soos Sad le Clos wat gisteraand ‘n spesiale gas was. En Schabir Shaik, as hy nie te siek is nie.
          chad-le-closs-embarrasedNet een voorstel, laat die trein met ESKOM krag hardloop… Ja, laat hom sommer met Medupi se fokken afwesige krag hardloop. Sien hoe ver julle kom.

          Once.

          Deel met jou tjommies!

            Afrikaanse Popmusiek is poes-aaklig. ‘n Vinnige ontleding.

            $
            0
            0

            Kan ons nie maar uitsluitsel kry oor die benaming van poesaaklige Afrikaanse popmusiek nie?  Vergun my om Afri-Poes voor te stel.  Ter illustrasie kan jy gerus hierdie videos kyk wat ek tussendeur die artikel soos onkruid gestrooi het om saam met ons al die bedorwe elemente te identifiseer. Kyk of jy dit deur al die videos kan maak en dan trek jy jou stoel bietjie nader sodat ons so bietjie kan gesels.

            So wat was die resep vir absolute disaster in hierdie “music video” gewees? ‘n Rebel wat kitaar speel deur ‘n Fender amp? Waarteen sou hy possibly rebelleer? Sy naam is dalk ‘n goeie begin. ‘n Goeie voorbeeld van tipiese saamverfokking van ma en pa se name waar mamma in hierdie geval gewen het. Heel moontlik ‘n basiese wiskundige probleem van Mona + Andre = Mondre, dog fresh futuristik – dis nie sommer aldag dat mamma se naam eerste gebruik word nie. Maar punte daarso, hoor, anders was dit Anmon gewees. Strike a woman, strike a rock. Amandla!

            Gun my dan ook die geleentheid om op hierdie punt te veralgemeen, want al hierdie musiek werk op dieselfde manier. Kom ons skeer alles oor dieselfde kak… ek bedoel kam. Nee wag, fok dit – ek bedoel kak. Hierdie klas van videos bied self geen surprises nie – ek wens dat mense wil fokken wegbly van filters af. Ek praat nie van ‘n basiese colour grading hier en daar nie. Ek praat van filters wat lyk asof ‘n onbeholpe CSI team besig is om manbotter orals oor die gordyne, duvets, bar counters en mense se gesigte te soek met ‘n kamera. Die CSI span wat die kort, geel bussie skool toe gery het. As jy regtig met filters MOET werk, leer hoe ‘n vistenk se filter werk of vra iemand wat ‘n swembad het om jou ‘n poesklap te gee.

            Jirre, en dan kry jy ook die obligatory “ek ken ‘n HOT meisie wat ons in 50-shades-of-grey hygroman tipe laandjery oor ‘n bed iewers in ‘n tos-kaanse huis van my oom kan drapeer”. Dit moet moet dus lyk of die artist poes suksesvol is. En dis maklik om die Steve tipe Afrikaners te flous of om te impress, want as jy in ‘n estate bly in die ooste van Clitoria saam met 4000 ander mense agter ‘n boom-gate, het jy dit gefokken maak, ou tjomma. Gooi ‘n geleende kar van Audi of Toyota ook sommer in die mix.

            Nog so paar elemente wat in hierdie genre opduik is band members met instrumente wat veral feature in die kamtige “live” gedeeltes van hulle videos. Intrumente wat jy nie vir ‘n fok kan hoor oor die basic synth of ‘n Casio keyboard nie. Met basic synth bedoel ek jy kan ‘n hond by die SPCA ‘n keyboard gee en hy sal vir jou 4 note herhalend kan speel uit desperaatheid om raakgesien en aangeneem te word.

            Wat is volgende? O ja, die fokken popster look, pappie!
            “Wat is daai, boetie? ‘n Receding hairline? Dis fine man, dra wat jy het.”
            “Nee fok dit! Ek het ‘n nuwe styl ontdek. Dis die Bobbie Kallis hairstyle. Ek Jacques Kallis die kak uit my scalp uit, en dan Bobbie ek ‘n handvol slaksemen oor die ylerige outjies. Gooses smaak van pappegaainaai.”
            *maak denkbeeldige holnaai beweging met heupe en arms*
            Klere? No problem, Sarel. Stywe broeke in kleure wat net beskryf kan word as “ek is gemaklik met my seksualitiet as homoseksuele wasbeer.” Die hempies moet ook altyd blink en so styf sit soos ‘n bruinbeer wat jy nie kan uitkry nie, al het jy ‘n kilogram Special K afgesluk met ‘n liter Brooklax. Skoene is moeiliker om te kies omdat die size altyd so sentimeter of drie langer as jou voet moet wees. Die punte moet skerp genoeg wees om ‘n slang in sy hol te kan skop en hulle moet blink soos ‘n vet, dronk oom by Loftus se voorkop.

            Terug by die song structure – daar is so tienton lorrie wat daar agter die bult staan. Dis vrot van die brommers, vlieë en aasvoëls maar Afrikaanse popsterre staan tou by hom. Hulle mind nie die stank nie, want hulle weet die fans smaak van kak. Die lorrie se naam is EuroVision en hy is belaai met kakbaie kak oorsee tunes teen ‘n bargain. Dis soos die Montana vlooimark van kak musiek. Hulle koop die regte vir daai songs en “verwerk” dit tot Afri-Poes treffers. Hulle sal binnensmonds erken dat dit nie hulle eie tunes is nie, sou iemand hulle uitvra daaroor maar min mense vra hulle uit daaroor. Daar is gewoonlik werk nodig om die songs te modifaai nie – 99% van die songs bevat reeds die kardinale key change. Daar waar hulle dieselfde repetitive chorus agter die Magaliesberg gaan haal en hom hierso by die vierde keer hoër sing. As daar ‘n video is wat die aakligheid op hierdie stadium vergesel, sal die sanger so wydsbeen as moontlik staan, asof hy sy ballas in ‘n beesdip laat probeer dangle. Die drummer gaan aapkak, maar dis OK want niemand in die gehoor het ‘n oor vir musiek nie. Hulle weet nie dat jy ‘n basic 4/4 beat met met iets soos Fruity Loops kan maak en kan las soos ‘n tweedehandse hosepipe nie. Jy kan vir die drummer ‘n paar Ricoffee blikke en liniale gee om die goed mee te bliksem asof daar Sondag geen kerkdiens is nie en niemand sal dit ‘n fok agterkom nie.
            poeslike-lawaaiDie lyrics is die heel fokken maklikste om uit te sort. Maak Google Translate oop op Internet Explorer 2.0 en bliksem dit daarin. Dis moontlik hoekom mens treffers kry soos “Ek Wil Hier Vanaand Bly” in plaas van “Ek wil Vanaand hier bly” en Steve Hofmeyr se “Ek Wil Jou Nooit Weer Sien”. Google is nie regtig baie fokken goed kan praat die afrikaans. In Afrikaans rol mens met die double negative, jou fokken nool. Gaan haal hom uit least uit die asblik uit, vee sy gesig af en laat hy daar aan die einde van die sin rondstaan en sy tottie om sy vinger brei.

            Ons het al bietjie oor location gepraat, maar ‘n meerderheid van hierdie videos word ook iewers in kuierplekke geskiet, vermoedelik in Pretoria-Noord. Die “kunstenaar” ken gewoonlik die hoof van die hool of het ‘n tjommie wat die oggendskof by die bar doen. Hy gee hom in elk geval ‘n lift soontoe op pad na sy dayjob toe. Dis baie belangrik dat die bar segments van die video in die oggend geskiet word waneer die “band” nie gepla kan word nie. Die sanger wil actually in die aand gepla word wanneer hy van Woensdae tot Vrydae by die bar counter rondhang met dieselfde klere wat hy in die video gedra het in die hoop dat een of ander flossie hom gaan eye: “God, is jy nie Gertjie nie! Jy het mos daai song ‘Jou Hartjie Ssshaped Vagina laat my Lendes Klop’ gemaak! LOL!”
            *sy spreek dan LOL letterlik as ‘n woord uit*
            Indien die aand met die skêr suksesvol was, sal treffers soos: “Voorbehoedmiddels is vir die Voëls” en “Enkelouer in Ermelo” moontlik die lig sien.

            Mense sal daai shit koop, my broe. Die platemaatskappy kan hulleself Mammon Records noem en daai drek sal steeds van die rakke af vlieg of dit tot op die drie Afrikaanse kanale op DSTV maak. Vir daai mense wat net DSTV het vir die Afrikaans en die rugby en verder NASPERS boikot.

            As ek julle aspirant Afri-Poes musikante ‘n tip kan gee vir videos – speel ‘n elektriese kitaar wat nêrens ingeplug is nie, iewers in ‘n oop stuk veld. Dis nog nooit gedoen nie. Nog ‘n voorstel – websites soos Soundcloud gaan jou glad nie help nie. YouTube is die Alfa en die Omega van musiek vir Afrikaanse popkunstenaars. Moenie worry dat dit ‘n video sharing platform is nie. Doos so paar prentjies en fotos sonder transitions in saam met jou musiek. Gebruik Windows Movie Maker (die oudste weergawe is die beste).

            Soms wens ek dat die website wat die kern van die roman “Draalnoot Vir ‘n Janfiskaal” vorm, regtig bestaan vir mense wat Afri-Poes musiek maak…

            Deel met jou tjommies!

              Mpumalanga: Hou vakansie soos ‘n koning op ‘n marabs se budget

              $
              0
              0

              Vakansie is veronderstel om jou te laat uit chill en om te vergeet van al die kak en drama by die huis en especially die werk. Om net weg te kom van daai yawn fest wat hulle meetings noem op Maandae is klaar ‘n moerse bonus round. Sommige base haat hulle vrouens en kinders en like van meetings reel op Vrydae. Geen big boss fights vir jou nie, pellie – gooi 20 sent in, maak level drie klaar en klok uit by die graft. Skip die bonus round. Jou vakansie is die bonus round. Vat die langpad.

              Disclaimer:
              Ek neem verskriklike kak foto’s met my iPhone, so voor jy verder lees, kyk dalk eerder die video. Ek is effens beter daarmee:


              Ongelukkig kan jy nie net in jou tjor klim en ski-daddle nie – daar is so bietjie beplanning en alles moet ge-double check word want dit wat jy saamneem op vakansie en dit wat jy agterlaat by die huis moet opgepas word of at least insured wees. Dis ‘n kak gevoel om terug by die huis te kom na ‘n lekker holiday en daar is net sulke skaduwees teen die muur waar jou TV, Xbox en hi-fi gestaan het. Omdat Watkykjy nie op foodstamps, draties en hand-outs werk nie, word vandag se post ge-sponsor deur King Price insurance, so gaan check hulle gerus uit vir ‘n instant quote online.
              king prize insurane
              Baie mense like van see toe gaan vir holiday. In fact, die hele Vereeniging like van 5am opstaan op die eerste dag van die Desembervakansie en saam met die Hele Vanderbiljpark op die N3 se traffic te sit op pad Margate toe. Kan ons iets anders as die see voorstel? Julle outjies wat nie die natuur smaak nie kan nou maar ophou lees en meeting toe gaan – vir die res van julle, may we suggest Mpumalanga? (Oos-Transvaal vir die ouens wat nog nie die memo gekry het dat dit al 2015 is nie). Suid-Afrika het van die heel mooiste natuurskoon op aarde en Mpumalanga hoort in die top 10.

              Omdat hierdie ‘n shoestring-budget vakansie is, gaan ons meestal die cheapskate vibes bespreek, maar ons sal hier en daar so paar extra options drop vir die ouens wat ekstra coins in hulle sakke het, maar eers vir so paar general tips:

              • Probeer ‘n 6-dag vakansie. Jy sal alles kan doen in 6 dae, tensy jy ‘n moerse hangover het en ‘n hele dag in die bed moet spandeer (wat fokken dom is).
              • Die Graskop/Sabie area is basies dood na Kersfees vir een of ander rede – ons het die 28ste Desember uit Snor City gewaai en die traffic was nie ‘n probleem nie. Toeriste was ook aansienlik minder. Hopelik het jy nog nie Kaapstad se strande na Kersfees probeer aandurf nie. Wat ‘n fokken gemors – die Capies wat nog nie uit die kas geklim het nie, sluit hulleself daarin toe oor daai tydperk.
              • As jy in ‘n groter groep gaan, raak dinge baie cheaper. Jy maak uit van bulk vibes soos Makro? Dis hom daai. Bulk is better. Kos en petrol raak cheaper en jy kan dalk die verblyf ook so bietjie afstry as jy moet.
              • Jy het ook ‘n groter gemeenskaplike skill set in ‘n groter groep. Daai een pel van jou met die double cab wat Zulu kan praat, ‘n meester braaier is en vroeg opstaan om vir almal ontbyt te maak? Vat hom saam, dan hoef jy amper fokol te doen. Maak net seker jou ratio is reg – ons was drie ouens en ses chicks gewees.
              • Petrol en kos gaan jou grootste uitgawe wees. Moenie te weel worry oor die verblyf nie – amper enige shithole in die Laeveld het ‘n befokte view. Jy soek net ‘n tipe home base waar jy in die aande kan braai, fles vat en jou ogies vir so paar ure kan toemaak voor jy weer die pad vat die volgende dag om dinge te gaan suss.
              • A little planning goes a long way – beplan ‘n roete en kyk wat julle elke dag kan besoek, hoeveel K’s julle gaan klok, hoeveel tyd julle by elke stop min of meer gaan spandeer en waar julle lunch gaan munch. Jy hoef nie weermag beplanning toe te pas nie.
              • Maak die pad terug huistoe deel van die holiday. Jy wil nie 500km straight huistoe jaag en net stop om te pis, chips te koop en te rook nie.
              • As jy ‘n stel of drie cheap walkie-talkies het met ‘n 3km range het – vat dit saam. Dis moerse handy (en dalk sal ‘n post oor convoy vibes ‘n artikel op sy eie wees een of ander tyd). Ons het vergeet om ons s’n saam te vat. Dit het die selfoonrekeninge nogals hard gezaber. *maak mental note*

              Die roete:
              ‘n Goeie home base om soveel natuur as moontlik in te neem, is in Graskop. Andersins as acid, kan jy noit te veel natuur inneem nie. Ons het by drie chalets ingeklok by Panorama View. Dis nogal heavy old school, maar dis dirt cheap en die view maak op vir die karige meubels. Moenie dat die kak fotos van die mis en die groen infinity pool jou flous nie. Dis genuine mooi, veral as die mis later opklaar:
              1 panorama pool 2 panoramaVandaar het ons deurgeskiet Pelgrimsrus toe en die res van die dag daar gechill. Die town is nie meer so fucked soos wat hulle op Carte Blanche getune het so jaar of wat terug nie en omdat almal dink dat die town in die ANC se poefgaatjie op verwdyn het, was dit lekker stil en rustig gewees. Goed vir ons, kak vir besigheid. Jy kan die hele town in so 4 ure rustig deurloop en dit sluit jou lunchtyd in asook om te gaan pose vir so paar 18-voetsek fotos in ou klere. Tip – dudes, trek soos hoere aand, chicks, trek soos myners aan. Hier is so paar fotos (nie van hoere of myners nie). Dit sluit in ‘n ou slot machine in, ‘n view van die hartseer straat en so bietjie kakhuiskuns:
              3 pelgrims 4 pelgrims 5 pelgrimssOppad terug later die middag het ons net buitekant Graskop verby die Big Swing gery en ‘n mental note gemaak dat ons die Poolse bra wat saam met ons gekom het vol vodka gaan stop terwyl ons braai die aand en hom convince om die volgende dag daar af te spring. Dis redelik duur teen net so oor die 300 skille per jump, maar dis die moeite werd as spectator value om net te gaan check hoe mense daar afbliksem en bloumoord skreeu – dit kos nie ‘n sent nie. Ander mense se stress is altyd verniet. As jy wel daar wil afspring, maak seker jou life insurance is in orde, right?
              6 big swingOns het egter vroeër die dag eers so paar watervalle gaan besoek in die area. Daar is kakbaie van hulle, maar die vernaamste sou ek reken is die Lone Creek, Horse Shoe, Bridal Veil en Mac Mac Falls. Gaan vang ook gerus ‘n goof in die Mac Mac Pools. Die water is fokken koud maar dis refreshing. Verloor eerder ‘n paar sentimeter in jou broek vir ‘n rukkie as punte, want dis iets wat jy nie moet skip nie. Iets wat ek nie mooi kon kop nie, was dat hulle R5 per persoon entrance vra by die watervalle. Dis cheaper om almal te gaan check bymekaargetel as wat ‘n medium popcorn jou by die movies sal kos om Fast & Furious 36 te gaan kyk.
              9 horse shoe 10 bridal veil 11 bridal veil 13 Lone creekOp hierdie stadium moet ek seker maar die kaart van die area share sodat jy jou eie roete kan beplan, want ons roete deviate effens – ons het in ‘n luxury lodge in Hoedspruit gaan bly vir so 3 dae. Dit help om vriende te wees met oorsese mense met dik beursies wat insist om vir alles te betaal.
              8-roeteOm egter by die topic van die armgat vakansie te bly gaan ek nie te veel uitwei oor die lodge in Hoedspruit nie, maar daar is kakbaie echo lodges in daai area wat deel vorm van die Kruger Wildtuin (hulle deel wild) en is moontlik ‘n goedkoper opsie as verblyf in die Kruger self. Wat is nou beter as ‘n befokte kampvuur om die nuwe jaar mee in te gaan of om ‘n moerse braai reg langs die Olifantsrivier te gooi? Dit help ook om die eienaar te ken:
              19 lodge 22  lodgeOppad terug van Hoedspruit af, weer in die rigting van Graskop en omliggende omgewing het die twee van die drie karre ‘n moerse beating gevat en hier het ons armgat vakansie die beursie begin date – tyres is duur. Net nog ‘n tip terwyl ons op die subject is – jou kar se waarde depreciate en jou versekering is veronderstel om minder te word soos jou kar se waarde val. Min mense bel gereeld hulle versekering om die premies te verlaag. Glo my nie? Bel dadelik jou versekering, tune hulle jou kar is ouer en jy wil minder betaal. Om net weer vinnig by ons post se sponsor, King Price ‘n draai te skiet – hulle verlaag jou kar se premie automaties maandeliks.
              25 terugSo paar duisend rand en twee ure later was ons weer op die pad terug Pretoria toe via Graskop. Een van die plekke wat ons oppad na die plaas toe moes skip omdat tyd uitgehardloop het, was die Echo Caves. Dis so 90 skille per persoon vir ‘n uur se guided toer en as jy onfiks is, is dit kakharde oefening. Moenie lunch chow daarso nie – hulle het net basic goed soos toasted what-whats. Hou eerder uit vir nog so uur, want daar is ander options. Gaan maak ‘n draai by die Drie Rondawels se uitkykpunt (asem-fokken-rowend) oppad terug en as jy regtig dan moet eet, skiet gou in by Forever Resorts in Blyderivier Canyon vir ‘n cheaperige restaurantete. As jou timing egter cool is, jaag straight verby Blyde en gaan kokkenodge Bourke’s Luck Potholes wat net om die draai is:
              30 bourkes luck 31 bourkes luckSowat 8km vanaf Bourkes Luck is die Boskombuis – trust my, jy WIL daar gaan lunch vreet. Goeie fok, hulle steaks, potjiekos, wors… man, alles is befok lekker en dis cheaper as jou naaste Spur. Hulle het yskoue bier en die view is unbeatable. Probeer net voor 15:00 daar wees voor hulle toemaak.
              15 bos kombuis 16  bos kombuis 17  bos kombuisAs jy jouself klaar dik gevreet het kan jy verder met die pad aankarring en by God’s Window ‘n draai gaan gooi vir ‘n uitsig waar jy so ver as Pretoriuskop in die Kruger Wilduin kan sien op ‘n goeie dag. Laatmiddag is die beste tyd om te gaan en as jy daar klaar is kan jy vir jouself allerhande handgemaakte toeriste kakkies koop met die paar sente wat jy oorhet. Ons het nou so vieslike sout-en-peper stel buite op ons stoep. Ek sal graag my goose wil blameer, maar ek is die sot wat die gekoop het…
              14 gods windowDaar is moerse lekker plekke om in Mpumalanga te gaan uitcheck. Jy gaan net slim moet werk met jou beplanning, veral rondom die weer. Moenie in ‘n kamer sit as dit reen of as daar te veel mis is nie – go out and do something. Hierdie is min of meer wat ons in ses dae kon in squeeze. Maybe het jy al beter gedoen en meer gesien in hierdie area? Was jy al daar? Tune ons bietjie met tips en FFS, moenie met jou volgende vakansie weer suidkus toe fok nie – gaan explore bietjie die res van Suid-Afrika. Ons land is Mejuffrou Wêreld.


              throne-king price

              Deel met jou tjommies!

                Om ADD in die DSM te kry en JMSP as jy LOL oor BDSM

                $
                0
                0

                (‘n Taamlike ernstige protes-parodie deur Barend Buitekamer)

                Ek loop nou al vir baie jare rond met ‘n siel vernietigende grief jeens die Afrikaanse kunste bedryf. Van toeka se dae tot hede en of dit nou musiek, rolprente, skilderye of boeke is, die invloed van Afrikaner Dopper Delirium is net so onmiskenbaar en alomteenwoordig soos die reuk van ‘n week oue dooie muishond op die bodem van ‘n long-drop op ‘n warm dag in die Vrystaat.

                Afrikaner Dopper Delirium, oftewel ADD, is ‘n term wat ek geskep het. Ek werk nog aan ‘n omskrywing daarvoor, sodat dit in die DSM (Diagnostic Statistical Manual) opgeneem kan word, sodat psigiaters in samewerking met farmakoloë ‘n neurologies aktiewe chemiese middel daarvoor kan vind; en sodat die middel in die vorm van bruis-setpille saam met staats-kondome gratis aan die Afrikaans sprekende publiek beskikbaar gestel kan word.

                Ek is eindeloos gefrustreerd wat die skepping van ‘n aanvaarbare psigo-mediese definisie vir ADD betref; juis omdat dit net so ‘n wye spektrum soos outisme en skisofrenie dek, indien nie wyer nie. Die verdomde DSM is ook net een letter kort van BDSM, want ons word inderdaad gebind en gedissiplineer deur, en martel onsself met pille vir geestelike kwale waarvoor daar nie chemiese oplossings is nie, of wat sê ek? Vir die doel van hierdie futiele literêre oefening het ek ‘n oordosis kafeïen pille met ‘n Red Bull keel-enema ingejaag, en my gedagtes laat gaan kragtens voorbeelde, eie ondervinding en pseudo-filosofiese analise.

                Ek kan nie vir almal praat nie, maar ek kan vir myself getuig. Daar is ‘n Engelse cliché wat lui: “If you spot it, you got it!” Nou ja toe, daar het julle dit. Ek ly ook aan ADD, maar ek het baie jare gelede besluit om iets daadwerklik daaraan te doen. Die eerste stap was om dit aan myself te erken, my magteloosheid teenoor dit te betuig, en om bereidwillig te word om ‘n pad van genesing te stap. Die res sou volg. En dit het. Ek het heeltemal befok in die kop geraak, en met geregverdigde woede in ‘n toestand van totale fisiese en geestelike opstand teenoor ADD ontwaak.
                Ek het my verlede van die wiegie tot nou toe in oënskou geneem en tot die gevolgtrekking gekom dat ADD nie net geneties oordraagbaar is nie, maar ook aansteeklik is deur middel van kondisionering, klassiek en operant van aard. Vir my het ADD seer sekerlik ontkiem toe ek as baba amper in doopwater versuip was; soos aanbeveel in vóór geslagtelike kultureel- godsdienstige voorskrifte.

                Wat daarna gevolg het, was drie dekades se intense sosio-dogmatiese kondisionering afkomstig van ouerhuis, maar meesal kerk, staat en kontemporêre media. Van kleuterskool tot laerskool tot hoërskool, was die drakonies-diktatorale opvattinge van kerk en katkisasie en Nasionale Party staat in my keel af forseer met ‘n paplepel gesmee uit Nederduitse stinkhout vernis met Dopper-dissipline. Bo en behalwe die ouerhuis, was die oordrag vektore van ADD sistematies-effektief gefokus; by wyse van deurlopende opvoeding en opleiding verskaf in sogenaamde jeug-weerbaarheid programme aangebied deur die Sisteem van kerk en staat in die vorm van veldskole, kadetkampe, nasionale diensplig en talle ander vrywillig-verpligte jeugaksies.

                Op die ouderdom van elf jaar oud kon ek al mense bekruip en dodelike booby-traps stel in die naam van die Jirre en die Nasionale Party. Op die ouderdom van dertien jaar kon ek al, in die naam van die Jirre en die Nasionale Party, met ‘n R1 aanvalsgeweer skiet; asook uitmekaarhaal en aanmekaarsit. Na twee jaar se nasionale diensplig in die Jirre en die Nasionale Party se heilige weermag, was ek ‘n teenage mutant Boere killing-machine. Ek het nie net vyftig of ‘n honderd push-ups op ‘n slag gedoen nie. Nee. In die naam van die Jirre en die Nasionale Party het ek sommer almal gedoen. Ek het nie net om atletiek velde gehardloop nie. Nee. In die naam van die Jirre en die Nasionale Party, het ek sommer om die horison gehardloop. Full-kit. Met my spotter op my rug, en met ‘n scoped R1 en ‘n Bybel onder elke arm. Ja, ek was so taai soos die rowe op ‘n dooie ratel se gat wat vir twee weke in onuithoudbaar bloedige hitte op die pad tussen Leeu-Gamka en Fraserburg gelê het.

                Ek en ‘n aantal van my ultra-gekondisioneerde kamerade het besluit om ons diensplig in die naam van die Jirre en die Nasionale Party te verleng. Sluit by die polisie of army aan. Travel die hele land vol. Ontmoet nuwe mense. Bliksem en skiet sewe soorte heilige kak uit hulle uit.
                Townships toe.
                “Daar gaat jy!”
                Jy moet jou naaste liefhê soos jouself, maar…
                “Storm! Bliksem! Moer die fokkers!”
                Grens toe.
                “Daar gaat jy!”
                Jy mag nie moord pleeg nie, maar…
                “Storm! Bullet! Skiet die fokkers! Voorwaarts! Amen!”
                PRAISE THE LORD AND PASS. THE AMMUNITION!

                Om aan vandag se kataklismies bedorwe slapgat generasie behep met dub-step, die Hel van Hoekom wat uit my generasie ontstaan het te verduidelik, is haas onmoontlik. ADD het nie net heelwat daarmee te doen gehad nie, dit het alles daarmee te doene gehad. Eng protestante verkramptheid van staat en kerk was die spil waarom alles gedraai het..

                Die generasie gebore in die laat tagtigs en negentigs reken hulle is die apex van confused, maar hulle het nie ‘n mikro fraksie van die Hel van Hoekom geproe nie, hoef geen verduidelikings te gemaak het oor hul verlede nie, en het nog nooit dieselfde verlammende vrees en onsekerheid vir die toekoms gehad soos ons nie. Hierdie vrees en onsekerheid word dikwels weerspieël in die kreatiewe avonture en skeppings van my generasie, en dit lei tot veroordeling jeens ons afkomstig van beide die vorige en huidige generasie. ADD is dus ‘n bliksem van ‘n ding wat heen-en-weer- tussen generasies spring, maar op die ou end maak dit nie eintlik saak vanwaar dit kom nie. Wat saak maak is waar dit tans is en waarheen dit op pad is en wat dit betref het ek geen goeie nuus nie. Dit moet bloot net wortel en tak uitgeroei word. Hoe gouer hoe beter. Kennis is mag. Wysheid is prag. ADD verkrag.

                Bo en behalwe sosio-dogmatiese kondisionering en drakonies-diktatorale opvoedkunde, is daar twee ander uitstaande kenmerke direk eweredig aan die tans vae omskrewe kern-definisie van ADD, naamlik sensuur en verkramptheid. Byvoorbeeld, tydens die vrywillig-verpligte veldskole wat  my generasie as kinders bygewoon het; asook ook in godsdiens, wat op skool ‘n verpligte vak was tot en met standerd sewe, was ons allerhande kak in die kop gepraat deur onse geliefde onderwysers, instrukteurs en ander tipes kindermolesteerders met hul verlepte persoonlikhede.

                Jy mag nié na Led Zeppelin, Black Sabbath, Deep Purple, Pink Floyd, Kiss, Iron Maiden, Jethro Tull of enige iets soortgelyks luister nie, want dit is Satanies en jy sal brand in die Hel as jy daarna luister. Ek kan nog heelwat bands se name noem waarna ons verbied was om te luister, maar my rekenaar se processor en graphics card sal uitbrand as ek dit alles moet uittik. Cora Marie en Bles Bridges? Ja, enige tyd. Sonja Herold? Ja, enige tyd. Solank sy net nie Aqualung na jou sing nie.

                Dieselfde geld vir die lys van boeke wat ons nie mag gelees het nie; asook die rolprente waarvan ons nie eers na die voorprente mag gekyk het nie. Onder ontelbare ander, was The Wall van Pink Floyd en A Clockwork Orange deur Stanley Kubrick daardie jare verban gewees deur die gedagte-polisie. Enige vorm van pornografiese vermaak, hetsy in ‘n in gesmokkelde Playboy of op VHS kasset, was onwettig en so uit soos meid-naai in die slegs-blankes kant van jou plaaslike polisiestasie se aanklagkantoor. Die Bybel? Ja, enige tyd? Leon Schuster en Lassie films? Ja, enige tyd. Rugby en krieket? Asseblief, gaan gerus voort. Sport is die opium van die massas. Gaan mainline voor die televisie met ‘n Huisgenoot op jou skoot; totdat jy so dom is dat jou gesig afval en jy dit as lap kan gebruik om die idioot-kwyl van jou sitkamerbank af te vee.
                Jy mag jouself nié skuldig gemaak het aan die heidens-Sataniese praktyk van body-modification nie. Behoed jou lewe en behoed jou siel as jy met meer gaatjies in jou lyf by die skool of huis aankom as wat die Jirre jou gegee het. Behoed jou lewe en behoed jou siel as jy met ink in jou vel by die huis of skool opdaag, behalwe natuurlik, as dit ‘n geboortevlek is wat die Jirre aan jou gegee het.

                Die oorsprong van daai geboortevlek gaan jy ook darem moet ‘n bietjie moet verduidelik, want daar was heelwat tannies en ooms in die Middeleeue wat soortgelyke vlekke gehad het; en wat vrywillig erken het dat dit die Merk van die Dier was, nadat Die Vraag onder liefderyke kerklike tug aan hulle gestel was deur Pastoor Thomas De Torquemada en sy ouderlinge. “Kom ons sê jou wat, geliefde suster? Al wat jy moet doen, is om in die naam van die Vatikaan van Fok te erken dat daardie vlek op jou linker skouer ‘n love-bite is wat die Duiwel jou gegee het terwyl hy jou van agter af in die hol genaai het. As jy dit doen, sal dit nié vir ons nodig wees om hierdie kerkklok dwars in jou poes tot by jou goiter op te druk nie.”

                Yip, dis hoe dit tydens die Middeleeue gegaan het. Dit het uiteraard oorgespoel na die Middeleeue van die 1970’s en 1980’s van my generasie hier in Suid-Afrika. As jy ‘n tiener goose was en jy het vooruitstrewend geraak, preggies met ander woorde, dan het een van twee dinge gebeur. Jy moes of jou kind afstaan aan  die Wouter Basson pleegsorg-plan,  of jy moes uit die skool fokkof en ‘n jong  desperate huisvrou met OCD word. Jy mag daardie tyd nié genaai het nie. As jy en jou kys enige vorm van seks voor die huwelik beoefen, hetsy dit volle penetrasie of net ‘n hand-partytjie is, dan is julle kaartjies na die Hel geknip en dan sal julle saam met al die gays en tranny’s ewige hiernamaalse foltering verduur.
                Moet ek aangaan? Ek kan en ek gaan, want ek dink dis nodig. Julle moet die idee kry. Die idee van ADD. Die ding is net, daardie tyd was daar nie iemand wat bewus of bereid was om dit te identifiseer, te analiseer, en toe te voeg tot die DSM nie. Vandag is daar. Ek en al die rebelse Generasie X Ellendelinge wat sukkel om kreatief êrens te kom in die kommersieël-kapitalisties gedrewe Afrikaanse kunste bedryf; wat tans nét so deurweek is met ADD as dertig jaar gelede.

                Die subtiliteit van hedendaagse ADD maak dit nie minder vernietigend nie. Inteendeel, ten spyte van minder konserwatiewe wetgewing rakende  Eskimo pornografie byvoorbeeld, is die kern-aspekte van ADD (sensuur en verkramptheid) nog steeds nét so kragdadig lewendig as in die Middeleeue en dertig jaar gelede; indien nie meer nie.

                Kyk maar na die bedenklike toestand die hedendaagse Afrikaanse kunste bedryf. Ek vind dit uiters onrusbarend, want alles gaan oor kommersiële en kapitalistiese gewin. Alle kuns moet moreel aanvaarbaar en anti-alternatief hoofstroom wees, want as dit die geval is dan verkoop dit. Alle kuns moet onderworpe wees aan die vae ongeskrewe wette en voorskrifte van kommersiële sensuur en kapitalisties gedrewe verkramptheid aangevuur deur ADD.

                Soos ‘n bra van my onlangs opgemerk het: “Daar is nie meer kunstefeeste nie, want alles van Aardklop tot die KKNK het kommersieël geraak. Dis nou dus te-feeste en nie meer kunstefeeste nie.” Hierdie te-feeste het ontaard in geldmaak platforms vir korrupte bank borgskappe, skelm musiek en drama produksie maatskappye; asook kriminele Sjinese karaoke invoer konsortiums en Sudanese vetkoek stalletjies. As jy enige iets kan sing, dans, verf of opvoer; op die melodie van Achy Breaky Heart, dan is jou Afrikaner lebensraum by enige te-fees gewaarborg tot en met die wederkoms.

                As artikels oor die kunstenaar en sy kuns nie in die Huisgenoot of Keur kan verskyn nie, dan is dit sosiaal onaanvaarbaar. As die sanger se liedjie nie tydens die Huisgenoot Skouspel, of tydens die opname van ‘n Noot vir Noot of Sewende Laan episode gesing kan word nie, dan is dit sosiaal onaanvaarbaar.

                As ‘n skrywer of digter se pennevrug nie deur eerwaarde heilige broeders by die Nasionale Sinode van Kerke voorgelees kan word nie, of as dit nie woord vir woord in ‘n verdoemenis preek aangehaal kan word nie, dan is dit sosiaal onaanvaarbaar. As dit nie ‘n Christelike hyg-dagboek vir ‘n Bingo verslaafde geriatriese lesers mark is nie; of as dit nie die soft-core  egskeiding joernaal of naai-biografie van ‘n gefrustreerde huisvrou is nie, stel uitgewers net nie daarin belang nie. Lesbiese vampiere, lyk naai, kannibalisme en ultra-geweld is so uit soos duimspykers in ‘n effie fabriek. Jy durf nié hierdie onderwerpe eerlik en deeglik in Afrikaans aanspreek nie, want dit is sosiaal onaanvaarbaar en teenstrydig met Bybelse voorskrifte al is dit fiktief. Die Afrikaanse kontemporêre boeke-mark is van horison tot horison toe geplant onder pienk en pers papawer gedagtes uit die bladsye van Christelike dagboeke, Hantam wyk resepteboeke, rolbal biografieë en kultuur-kierie handleidings.
                Moet ek aangaan? Okei bybie, ek sal.

                Die Afrikaanse kontemporêre rolprent-mark is versadig met grensgeval gospel films oor armgat droogtegeteisterde gemeenskappe, wat hulle harte en bene oopmaak vir een of ander vertraagde karakter gebore uit die bloed-skandelike gedraginge van agtergeblewene dorpsmense of diesulke plattelanders se seksuele omgang met plaasdiere en miershope. En as dit nie hierdie Johnboy Walton tipe cinematic armlastigheid is nie, dan is dit ligte luim hoërskool zef-flieks oor jagse tiener yuppies wat die bloed uit ‘n waenhuis hoer sê tampon sal suig om te wys hoe kief of cool hulle is.
                7de Laan Uncut is in my bra.
                Bloed en derms is uit.
                Die waarheid tel nie.
                Alternatief is uit.
                Anargisme is uit.
                Realisme is uit.

                Nou kom ons by beeldende kunste. Skilderye en daardie klas van dinge. Stil-lewes. Natuur tonele. Blommerangskikkings. Vrugtebakke en koekblikke. Piet Poes se verwaarloosde hoek-kafee êrens op ‘n stofpad in ‘n godverlate klein dorpie in die woestyn provinsie van Dumbfuckistan, Suid-Afrika. Olieverf op doek. Paint jou Pierneef geïnspireerde handtekening regs onder en raam dit. Gaan suig dan die piel van enige Nigerian met ‘n kunsgalery in Pretoria, en binne ‘n week kry jy ‘n brief van Johan Stemmet wat jou ‘n borgskap aanbied met die komplimente van ABSA. As jy weer jou oë uitvee, dan hang ‘n print van Piet Poes se hoek-kafee in Nkandla of die Withuis, en as kunstenaar smile jy al die pad FNB  toe.

                Danksy ‘n geleerde vriend van my, wat verkies het om anoniem te bly, is ek nou in besit van die perfekte voorbeeld van die gevolge van ADD. Hierdie voorbeeld is van toepassing op die Afrikaanse musiek bedryf. Omdat hy ‘n eerlike ou is, het my geleerde vriend aan my erken dat hy dit geskryf het terwyl hy intellektueel narkolepties was as gevolg van akute alkoholiese intoksikasie. Met ander woorde, hy was poes-dronk gewees. My geleerde vriend is geensins ‘n musikant of digter nie, en hy het ook geen verbintenis met of belangstelling in enige produk, persoon, of entiteit in die Afrikaanse musiek bedryf nie. Hy het een donker en stormagtige nag bloot net poes-dronk geraak, en in ‘n momentary lapse of reason and sanity, het hy ADD perfek in lirieke verwoord. Hier is dit:

                Aaaidiehaaaiii

                My bybie, bybie, bybie
                Jy laat my hart tjoklits pomp
                Bybieeee aiiidieeehaaaiii
                Jou skoolrok op my stoel
                Laat ek jou kwassie voel
                Aaaiiidiieeehaaaiiiii

                Koor:
                Aaaidiiieeehaaaiiii
                Aaaidieeehaaaiiiii
                Aaaidiehaaaaiii
                Aaaaidieehaaaaiiiii
                Aaaaiidiehaaaaiiiii
                Aaaaidieeehaaaiiiii

                Jou muis wys vuis
                Jy lyk so tuis
                Aaaidieehaaaiiiii
                Kom ons kyk rugby
                En braai ‘n tjoppie
                Aaaidieehaai
                Aaaidiehaaaii
                Ek vat jou terug
                Tot oor die brug
                Aaaaidieeehaaai
                Aaaidiehaaaiiii
                Jou pa is bly
                Jou ma is bly
                En ek gaan nog jou sussie vry
                Aaaaidiieeehaaaiiii…..
                (herhaal koor ad infinitum)

                En is dit nie absoluut manjifiek nie? Is dit nie onbeskryflik awesome en amazing nie? Die manne met die peroxide in hul stokkies-hare en waai-kuiwe, gaan mekaar mos half doodbliksem om dit eerste op die maat van Achy Breaky Heart te sing by die volgende Huisgenoot Skouspel, en die skares gaan dit love. Die filosofiese diepte en menslike drama verskuil in hierdie song is onpeilbaar kompleks. Van die eerste tot die laaste woord vind daar paradoksaal-paradigmatiese taal verskuiwings plaas; en wat onmoontlik is om in minder as dertigduisend woorde op te som. As vryskut taalkundige sonder hoegenaamd enige kwalifikasie buiten ondervinding, het ek besluit om die lirieke deur Google Translate te druk vir verdere grammatiese ontleding. Die resultaat was verstommend, en hier is dit:

                Aaaidiehaaaiii

                My baby, baby, baby
                You make my heart pump chocolates
                Bybieeee aiiidieeehaaaiii
                Your school on my chair
                Let me feel your brush
                Aaaiiidiieeehaaaiiiii

                Chorus: Aaaidiiieeehaaaiiii
                Aaaidieeehaaaiiiii
                Aaaidiehaaaaiii
                Aaaaidieehaaaaiiiii
                Aaaaiidiehaaaaiiiii
                Aaaaidieeehaaaiiiii

                Your mouse pointing fist
                You look so at home
                Aaaidieehaaaiiiii
                Let’s look rugby
                And fry a chop
                Aaaidieehaai
                Aaaidiehaaaii
                I take you back
                Up on the bridge
                Aaaaidieeehaaai
                Aaaidiehaaaiiii
                Your father is living
                Your mother is living
                And I will have your little sister free
                Aaaaidiieeehaaaiiii …..
                (repeat chorus ad infinitum)

                En daar het julle dit. Afrikaner Dopper Delirium (ADD) in al sy glorie, soos die septiese uitslag op die voos genaaide poes van die kommersiële hoer wat Afrikaans geword het, wat haar bene skaamteloos oopmaak vir enige iets fallies; al is dit die enigste kapitalisties-korrupte kaktus op die verskroeide vlaktes van kunstigheid in Afrikaans.

                Namens myself en ander alternatiewe kunstenaars (skrywers, musikante, ens. ) wat sukkel om ‘n plekkie in die son van Afrikaans te kry, het ek die volgende boodskap aan alle eng-konserwatiewe Afrikaner protestante wat ADD willens en wetens bevorder: As ons nie ons plekkie in die son kry nie, gaan ons dit verduister. Vanuit die duisternis sal ons sorg dat diegene wat ons nie toelaat om te droom nie nooit weer slaap nie. Hier kom ‘n rewolusie. Miskien nie vandag nie. Miskien nie môre nie. Miskien ook nie eers in ons leeftyd nie, maar dit kom…

                VREES AFRIKAANS!

                Deel met jou tjommies!

                  ‘n Pretoria plot-dam en Die See

                  $
                  0
                  0

                  So bietjie background oor hoe ek op die band (Die See) se tunes afgekom het. Rappie is mos meer my ding maar vir new year’s het ek en ‘n paar tjommas by ‘n bra se plek iewers noord van Pretoria uitgeslaan. Dit het op ‘n kol amper gevoel of ons by Wolmer gaan uitval. Amper.
                  Daar het ek saam met die drummer van Die See ‘n paar doppe gemaak en dalk die jaar op die beste moontlike manier begin. 1 Januarie sal belsis in die boeke opgeskryf word. Orgasmies lekker.

                  Fine ek het weereens nie die fireworks gesien nie (11:30 in die kar uitgepaas na te veel whiskey), maar die volgende oggend het bra Willie ‘n varswater bass gevang, klomp prawns uitgeruk en daar is weer gekuier soos in die ou dae. Ek spaar nou vir my eie canoe.

                  So het some tjerrie, wat net die ander dag ‘n R300 se bottel wyn in 44 Stanley se parking lot uitgekots het, by die plot party ‘n CD met klomp van Die See tunes in my hand gestop. Dit pomp die laaste paar weke in my bakkie en ek moet bieg, ek is fokken spyt dat ek nou eers dit leer ken het.
                  die seeHier is volg my amper music review:

                  Jaco staan sy Man(s) saam met Die See

                  Die eerste reaksie van mense wat hom goed ken was iets soos; “Het Jaco nounet sy moer gestrip? Ek kan nie dink dat dit al ooit gebeur het nie, weird.”
                  Ja die bra is actually bekend vir sy kalmte maar een marabs het die ander aand in Railways Cafe geskiem hy gaan so bietjie kak maak deur die band the heckle. Ek meen seriously – as die krimpie nie in die moerse arty décor en hoë konsentrasie baarde kon sien dat die show dalk so bietjie meer sophisticated as sy Patricia Lewis plaat wat hy in sy Hilux luister gaan wees nie, kort hy either nuwe ogies of dalk moet hy heeltemal die Castle Draughts uitlos.

                  What a doos.

                  Meneer Mans was aan die begin heel kalm, geduldig – homself. Maar die bra het bly karring en eventually het Mans sy moer gestrip en hom in tjoerras Afrikaans mooi verduidelik waar die deur was. Ons was moerse bly die dronk ballie het gefokof want toe kon die res van ons ‘n piele show sonder die bonehead se neulende backtrack geniet. Jy weet, sekere mense moet dalk eerder net by die huis bly. At least so sal hul
                  uncultivated kak opinions ook minder aandag geniet.

                  Mans was daar saam met Die See of soos die @empireofdesire verduidelik het; pretty much die Afrikaanse weergawe van Pink Floyd. Dit is about hier waar Griffin ophou lees – die bra is nie groot op die Floyd nie and dankie fok tog smaak verskil.

                  Anyway, Die See is heel duidelik een van daardie bands wat musiek maak vir die passie van die saak – hulle worry meer oor of hulle self daarvan hou as om CDs te verkoop en dit is hoe dit hoort. As die Suid-Afrikaanse musiekmark nie so groot fokop was nie, sou al die brasse van Die See meer tyd op hul passie kon spandeer en dalk minder krag op hul day jobs hoef te mors. Die dudes dink so bietjie voor hulle besluit wat die vibe van elke tune gaan wees en wat hul met hul woorde wil bereik.
                  die see 2Hulle moer freaky sounds en lyrics saam en bring tracks uit wat jy vir ure op ‘n dag kan luister.  Trippy tunes or diep dinge. Dik lekker road trip tunes (fokkit ek is bly die blonde Betsie wat new years saam met my iewers noord van die Moot vars bass breakfast gechow het, het Die See se CD in my Bantam Bakkie vergeet.)

                  “Laat die sap van die wingerd vrylik vloei, die vrug van die boord behoorlik bloei. Laat die fungus gerus maar groei, laat die vrou weer wild haar werwels tilt.” – Die See
                  Henry Ferreira se vocals het my met tye aan Gazelle laat dink tog is sy range aansienlik meer intriguing. Lekker wille klanke, veral met hulle nuwe tune – Waar’s my sleutels.

                  Dylan Graham laat die lead-guitar sing en weereens, dit is nie jou average two-tone kak wat hier produce word nie so as jy dalk die manne live sien sal jy verstaan hoe fokken goed hul technical ability is.

                  Dan is daar Mr Mans en kom ons sê net sy skills strek aansienik vêrder as sy bouncer abilities. Mans maak klanke met die baskitaar en allerhande ekstra electronic gadgets wat daardie Floyd trippy vibe uitbring. Dit is iets om te beleef.

                  Last but by no means the least – Dean Basson op die drums en hy maak dalk die grootste verskil in Die See wat hul eerste album sonder ‘n drommer uitgebring het. Basson bring kalmte tot ‘n crazy mix musicians en nes die res sou hy nie in hierdie band kon feature as hy nie self ook ‘n bogemiddelde skills gehad het nie. Sorry tjerries, die bra trou een van die dae so al wat julle kan doen is om maar saam met my oor sy stokwerk te drool.

                  Ek rate hierdie ouens. Hulle mag dalk net die Currie Cup equivalent in musiek die jaar vat. Hulle gooi ‘n befokte live show, ek sal hul dalk net op ‘n stage, laatnag, voor so 30 000 fans wil sien. They are good enough and living proof that in this country we should be setting the global trend, not following the kak the US keeps jamming into our ears.

                  Ek weet actually fokkol van tunes, so ek het maar ‘n rappie style post match interview met Die see gedoen.
                  Enjoy.

                  Die See

                  die see 3

                  Deel met jou tjommies!

                    Mr Cat & the Jackal se kakste gig ooit

                    $
                    0
                    0

                    deur JC Visser (bassist van Mr Cat & the Jackal)

                    Mr cat and the jackal 2

                    foto deur Greg Maxwell

                    Mr Cat & the Jackal is ‘n multi-instrumentele musiekgroep. Baie van hul tyd word spandeer in ‘n toerbussie op pad na vreemde dorpies met non-compos-mentos oomblikke.
                    Die volgende staaltjie kom van die heel eerste solo-toer. En van toe af eet die ouens sjampoe. Vir die hare op hul tande. Hierdie is ‘n Ware verhaal.
                    Julie, 2009. “Fokkenpassop!” Ons stamp met ‘n trailer vol instrumente deur ‘n pad gevreet deur slaggate. Blindelings steek klein lorries ons verby, volspoed. Ons giggel senuagtig terwyl die kraterpad ons lei na ons eie slagting. In ‘n pragtige dorp om ‘n dam – Hartbeespoortdam. Ons eerste keer Gauteng toe.

                    Sopas ‘n debuut-album uitgereik met fanfare in Stellenbosch en Durbanville, maar die geraas trek nie baie vêr nie en dinge is maar koud vir ons in die Noorde. Die enigste manier hoe jy oor provinsiale grense bekend kan raak, is wanneer jy een of ander nommer op die radio het. En dit het ons defnitief nie. Jy sien, ons maak redelike vreemde musiek. Soos ‘n bejaarde hanswors is ons nie seker of gehore ons geniet omdat ons talentvol nie is nie, en of hulle net hande klap uit respek en simpatie het vir die self-martellende situasie nie.

                    Dis die einde van ‘n 2-week toer en ons word per toeval geboek om in restaurant te speel op in die hoof toeriste-aar van ‘Harties’. Daar word ‘n gehoor, klein bietjie geld en selfs blykplek vir die aand belowe. Pierre het as kind na Hartbeespoortdam gegaan en het allerande stories vertel van ‘n watersport Utopia. Ons is almal vreeslik opgewonde om hierdie diamant van ons land te verken. Dinge lyk goed! Uiteindelik iets om na uit te sien!

                    Soos ons daar aankom, bel Jannie “Bull-in-a-China-shop”. Hy stel ons in kennis dat die hele dam nou giftig is en dat ons nie die water moet drink nie. Net soos die woorde deur die selfoon kom, sien ons ‘n ou langs die pad stap. Hy stop en kyk ons stip in die oë. Hy buig oor. En kots. Dit was ‘n teken.

                    Die venue is ‘n lekker 300-stoel buitelig restaurant. Groot hout bar, 2 dobbelmasjiene en ‘n pool tafel. Langsaan is ‘n soortgelyke plek. Jy kan ‘n ou hoor wat backtrack liedjies sing. By die kinder speel-area is daar ‘n moerse opblaas krokodil. Sy bek gaan die heeltyd oop en toe. Die lawaaierige lugpomp vibreer op B-mol. Soos ‘n enorme meganiese vuvuzela. Sonder fokken ophou. Die mense wat vir ons die vertoning georganiseer het (en ook die klank sou doen), bel om ons te sê dat hulle hul bakkie se as gebreek het op ‘n pothole. Hulle kan nie meer deurkom nie. O, en um… “Good luck!”.foto deur Greg Maxwell

                    foto deur Greg Maxwell

                    Die eienaar van die plek is baie entoesiasties. Hy dink ons is beroemd. Ons dink weer hy is net baie vreindelik. Daar word oor die verbale kontrak gegaan. Gelukkig toer ons altyd met spaar klanktoerusting so ons pak uit en maak reg met groot opgewondenheid. Maar die restaurant bly leeg. Dis 2 namiddag op ‘n Sondag. Gewoonlik sou daar ten minste ‘n paar tafels vol mense wees om te kom eet, maar nou is daar absoluut niemand nie. Meneer Eienaar is nog steeds oor-entoesiasties en hy vra ons of ons rook-rook soos in ‘rook’. Na ‘n klomp grappies staan ons almal in ‘n sirkel agter die boom en teug aan sy slowboat. Na net die helfte van dit is ons almal so gaar dat ons saam besluit om die ding or die muur te smyt. Dit was defnitief meer as net Jamaican slaaiblare gewees.

                    Nog steeds niemand nie. Nou wag ons maar. Senuagtig. Kleure meng oor mekaar. Maag swem. Meneer Eienaar raak net vreemder en vreemder. Die lug is dik met ongemak. Ewe skielik marsjeer die eienaar sy kombuiswerkers uit. Hulle word voor ons gesit. Nou het ons ‘n crowd, so nou moet ons speel. Ons begin toe maar met ‘n instrumental wat groei in ‘n ballade en dan terug val in ‘n existensiële wals wat ons eindig met ‘n oerwoudagtige soundscape.

                    Meneer Eienaar en sy kombuiswerkers weet nie hoe om te reageer nie. Hulle herken amper geen van ons instrumente nie. Dis te vreemd. Ons is te vreemd. So ons is dalk duiwels. Na elke liedjie is dit tjoepstil, behalwe vir die meganiese krokodil-vuvuzela. Later word dit ook afgesit. Die atmosfeer is nou so ongemaklik, dat jy in die dikte daarvan kan verdrink. Anne Frank met gastro…

                    ‘n Vrou loop in. Miskien sesvoet-twee met ‘n massiewe 80’s blonde haarstyl. Sy bestel 2 dubbel brandy en Cokes. Alpha Vrou. Meneer Eienaar ken haar. Hulle staar na ons deur skrefies-oë. Ons speel onskuldig ‘Kallimba Lullaby’. Alpha Vrou staan op en skree: “Speel Juanita du Plessis!” Gertjie kyk net af en begin “We’re all gonna have to die one day, Hurrah” te strum. Sommige van die kombuiswerkers lag. Uiteindelik is ons klaar na 9 liedjies. Ons het 4 uitgesny maar dit het nog steeds gevoel soos 10 jaar by die tandarts. Die laaste liedjie wat ons opvoer is “Walk the Plank” – ‘n over-the-top seerower song.
                    “Ooooooo!”, skree Alpha Vrou, “Nou DIS lekker!” En sy begin te dans. Ons vang bietjie gees en so vir ‘n hele 2 minute is daar ‘n lekker vibe.

                    Dan stop dit.

                    “Speel nog!” Eis sy. Maar ons is klaar. Daar is nie nog dans-tempo liedjies in ons repertoire nie. “Ag nee man!”, snou die vrou ons toe nou.

                    Daar word blitsvinning toerusting opgepak. Sy is by die bar saam met Meneer Eienaar. Tyd vir kortetjies. Hulle koop vir hulleself tequila en vir ons groen sours. Meneer Eienaar sit met sy voete op sy bar en voer die dobbelmasjiene R100-note. Die knoppies word vasgepen met vuurhoudjies. Moet seker ‘n werksding wees.
                    “Onthou…um… onthou die kontrak…” noem ek met ‘n heserige stemmetjie aan Meneer Eienaar.
                    “Wat?”
                    “Die geld wat jy gesê het…”
                    “Wat?”
                    “Ons moet… waai. Kan jy ons nou betaal, asseblief?”
                    “Sit. Koop vir jou ‘n dop!”

                    Ons kan niks doen nie. Watookal ons gerook het is definitief nog steeds in ons are en spoel met paranoia deur die brein. Niemand weet waar ons gaan slaap vanaand nie. Kry nie die pothole-gestrande organiseerders in die hande nie. Tussen die 5 van ons is daar ook nie rêrig geld nie en nog niks is daai dag geëet nie. Almal maak beursies leeg, deel saam 2 biere, gaan sit om ‘n tafel en staar die verte in.

                    “Wil julle my tiete sien?” – Alpha Vrou het al ‘n paar doppe gehad.
                    “Julle is mos famous. Was jy al op TV?” Sy sit omtrent op my skoot.
                    “Hoekom wil julle nie my tiete sien nie?”
                    Ons is te dom om te antwoord en sy loop weg – die moer in.
                    Vyf minute later is sy terug, maar met ‘n ou. Breë skouers in ‘n motorfiets leerbaadjie.
                    “Hulle wou my tiete sien!”
                    Gelukkig lyk dit asof hierdie ou weet van haar, so hy rol net sy oë. Ek sluk hard. Hy leun met sy kneukels op die tafel: “Is julle van die Kaap?”
                    Ons knik.
                    “Die Kaap is lekker” Ons knik entoesiasties, glimlag selfs.
                    “Lekker KAK!” Hy draai om en stap weg met sy stert in die lug.

                    Soos ‘n boodskap van die engele kry ons ‘n oproep van die organiseerders af. ‘n Vriend van ‘n vriend van hulle het ingestem om ons te huisves vir die aand. Meneer Eienaar kom daarna na ons toe en gee bietjie geld. Dis duidelik tyd om te fokof. Toe almal in die amper petrol-lose kar klim bars ons uit van die lag oor die hele situasie. Die tipe gegiggel van ongeloof, asof jy nounet van ‘n haai af weggeswem het. Maar toe stap leerbaadjie uit. Ons sluk ons smiles en jaag onmiddelik weg.

                    Die son het sopas gaan sak. So honger is ons dat daar oorweeg word om ons maagklanke vir die volgende album op te neem as ‘n nuwe instrument. Petroluum en pizza word erg benodig. By ‘n ‘Italiaanse’ resaturant word daar roekeloos parkeer. Lekker groot vuur buite. Vinnig 5 Black Labels bestel. Cheers! Menu lees soos ‘n heilige geskrif. Hoekom is die restaurant so stil? Daar is kinders en dis redelik vol maar ‘n vreemde klankdemp oorheers. Pierre gaan badkamer toe om sy vleisdas leeg te tap.
                    Hy kom met ‘n wit gesig en ‘n benoude lopie vinnig terug. “Ons waai NOU!” Soos ‘n geoefende span, staan ons gelyk op, los ‘n R100 en vat weer die pad.

                    In die badkamer het daar ‘n ou in Camo langs Pierre kom pee.
                    “Waar kom jy vandaan?” Vra die man.
                    “Stellenbosch”
                    “Hoekom dra jy kafferskoene?”
                    “W-wat?”
                    “Weet jy wat ek doen vir ‘n lewe?”
                    “N-n-nee…”
                    “Ek skiet kaffers.”
                    Net soos dit. Toe lig hy sy hemp op om sy moerse mes en AWB tattoo te wys. Hy was nie besig om Pierre te intimideer nie – hy was besig om te brag.

                    Met pieringoë ry ons verdwaald deur Harties en kry op die ou eind Sjinese kos. Voel veiliger tussen ander vreemdelinge. Daar kom tel die vriend van ‘n vriend van die organiseerders ons op. Ons volg hom na die verblyf. Buite die huis is ‘n karavaan waaraan die man werk. Hulle het 5 honde en ‘n bababrakkie. Almal in die huis is
                    baie oorgewig, insluitend die honde en die brakkie. Dis soos twee families waar die een die ander geëet het. Die man en sy vrou is baie gaaf maar duidelik bietjie geirriteerd dat hierdie band op nommer 99 op hulle gedompel is. Hulle gee ons ‘n 5L bottel water en verduidelik hoekom die dam nou giftig is. Iets vrot diep in die onderkant. Moenie die kraanwater drink nie, en moenie te lank stort nie.

                    Die 5 van ons deel ‘n klein kamertjie met 3 matrasse. Pierre het een van daai miniature 11” skootrekenaars wat mens saam met ‘n Blackberry selfoonkontrak kon kry in 2008. So ons maak gereed om die enigste movie te kyk wat hy het – ‘Pirates of the Carribean’. Net na die openingstitel gaan die battery dood. Die charger maak nie
                    kontak met die kragpunt nie en ons weier om die vriendelike oorgewig mense wakker te maak vir ‘n ander dubbelpunt plug. So net voor ons aan die slaap raak begin ons weer te lag. Daai tipe emosie wat jy as kind gekry het as jy huil terwyl jy roomys eet.

                    En dan wonder mense hoekom ons musiek so donker is…

                    Hartebeespoortdam sal ons nooit weer sien nie.

                    Mr Cat & the Jackal se derde album, SET is nou uit en beskikbaar op iTunes. Gaan besoek gerus hul Facebook-blad vir verdere inligting.

                    foto deur Iggy Bester

                    foto deur Iggy Bester

                    Deel met jou tjommies!

                      Hoekom jy fokken 3am móét opstaan vir moontlik die beste krieketgame ooit – Proteas vs New Zealand

                      $
                      0
                      0

                      Kykhie, stop alles waarmee jy besig is by die werk en slip gou uit om chips, dips, biltong, jelly babies, droëwors en bier te gaan koop, want die fokken Proteas jol more ‘n poesbelangrike game. Hopelik was jy wakker genoeg om soos ‘n paar van my tjommies leave in te sit vir more se game en jou werk ‘n vet pit te druk. Jy het nog tyd – sweef daai fokken leave form oor na HR se kant toe en kry die fokken ding net gesign. Drie-uur die oggend is ‘n heavy muf tyd om krieket te kokkenodge, maar dis nou maar ongelukkig hoe dit werk met die international time zones en daai klas van kak. Die ander cool ding is dat jy sommer van 3am af gespat kan raak, net na 11 sommer ‘n brekfis kan braai as die game klaar is en dan hoenderkop terug in die bed klim en jouself aan die slaap lag of huil, watookal die results tussen die Proteas en New Zealand gaan wees.

                      Môre se game is moontlik die taaiste World Cup game wat SA se beste sportspan ooit moet jol. Die Kiwis sit met seker die beste span in hulle geskiedenis wat hulle na die World Cup toe gestuur het en hulle het sover fokol games verloor. Not a one. Nada. Jirre, en hulle kan bliksem en boul. Heavy gevaarlike tye waarin ons lewe, maats. Die Proteas, aan die ander kant, het bietjie van ‘n weird team. Jy is nie aldag seker wat jy van hulle af gaan kry nie. Hulle is bietjie soos daai skisofreniese oom van jou van Waterkloofrif wat by jou 16de verjaarsdag uitslaan – jy weet nou nie so lekker of hy vir almal by die party R1000 in die hand gaan stop en fokof en of hy sy piel aan al die meisies gaan ontbloot sodra hy met sy clown suit uit sy Mazipa Benz spring nie… Kom ons hoop en bid die Proteas het nie clown suits aan nie, want ons land se wêreldbekerkrieketgeskiedenis is amper so donker soos wat ESKOM dinge vir ons maak sedert 2008…

                      Die slim mense tune altyd jy moet weet waar jy vandaan kom om te weet waarheen jy op pad is, so hou gou handjies vas en bid saam terwyl ons die donkerte saam inloop…
                      (vrywaring – visuele beelde mag sensitiewe Watkykertjies ontstel)

                      1992: Semi-finals – Proteas vs die Bleekbene
                      Hierdie is rofweg twee jaar voor Suid-Afrika begin bitch het oor dial-up speed. Die vloekwoord, Duckworth-Lewis was aan weinig bekend. Ook nie die woord “Choker” nie – maar hier was fokol choking – hier was trane. Baie, baie fokken trane. Suid-Afrika het 22 lopies gekort om Engeland op te fok, en dit slegs van 13 balle af. Heel maklik. Finals, hier kom ons! CHAAARGE! Skielik word dit 22 van 7 balle. Ook doenbaar.
                      Toe kom een of ander poes met ‘n wit hoed uit en tune dat Suid-Afrika nou 22 lopies kort van slegs een bal. “Totsiens, en baie dankie dat julle gekom het, hoor.”
                      *poep so in sy hand en gooi poep in die algemene rigting van ons krieketspan*


                      1996: Quarter-finals – Proteas vs West Indies
                      In 1996 het ons eerste in ons groep gekwalifiseer. Mammas en pappas het al begin klaskapteinbalkies uithaal. Toe verloor ons teen die Windies met 19 runs. Brian Lara het vir ons stukkend gepoes. Herleef die horries:

                      1999: Semi-finals – Proteas vs Die Gifappeltjies
                      Klusener en Donald staan reg met die stokke om leerballe te etter. Die laaste over was die kakste ooit in SA krieket. Daar is mense wat nou nog kwaad is vir Donald daaroor. Ons weet nie of hy ooit weer tiet gesien het na daardie game nie. Nee eers op die internet nie:

                      2003: Eerste rondte, klaar met kees.
                      PollockMet tromme en klinkende simbale het Suid-Afrika ons mooi land aangebied as speelgrond vir die wêreld se beste. Een van die swakste jare in SA krieket het in 2004 gevolg, waarin ons net die Windies in ‘n single match kon oorwin. Maar terug by 2003 – die Proteas moes chase teen Sri Lanka. Dis die jaar toe Shaun Pollock ons kaptein was en die span moes tune wat om te doen. Dis ook die jaar waarin hy uiteindelik na die match uitgevind het hoe ‘n fokken calculator werk. Suid-Afrika was op 229 en het net een fokken punt gekort om deur te gaan na die volgende rondte. Mark Boucher het geskiem ons target was 229 en nie 230 nie. Hy het toe sy mooste textbook block gedemonstreer met die laaste bal en Suid-Afrika huis toe gestuur. Hulle hoef darem nie te ver moes loop nie, siende dat ons die hosts was. Ons was daardie jaar die Bafana van krieket. Pollock, die rooikop-stiefkind, het bedank as kaptein (maar steeds vir die Proteas aanhou speel) en Biff was ons nuwe kaptein. Daai is ‘n fokken storie op sy eie ook…

                      2007: Semi-finals Proteas – vs daai Geel Stink Mannetjie van Sin City (Ozzies)
                      Wat die Proteas fokken mooi reggekry het in 2007 was om eerder met almal se emosies te speel as actual krieket. Jirre, pappie, hulle het vir ons ge-rollercoaster daai jaar. Ons het Engeland, die Windies, Ierland en Skotland goed opgefok (maak so denkbeeldige draadtrekbeweing) en Sri Lanka net-net geklop. Australia, New Zealand en Bangladesh het vir ons in Rizlas gesit en vir ons gefokken double clutch. Dis egter die Ozzies wat vir ons die hardste gerook het in die semis – laagste score ooit vir die groen-en-goud – almal uitgeboul vir 149 om ons te verneder met ‘n oorwinning van 7 wickets.

                      2011: Quarter-finals – Proteas vs die Kiwis
                      Vreeslike dramaties match. *rol oë soos ‘n tiener* Voor hierdie twee spanne mekaar die stryd aangesê het, kon die Proteas net sowel sertifikate gekry het vir die prestasie “boul almal teen wie jy speel uit voor 50 overs”. Toe loop die Kiwis op die veld en dun straaltjies pis loop teen Suid-Afrika se been af in sy tekkies in. In ‘n dramatiese wending het ons 8 paaltjies in ‘n kwessie van 68 runs verloor. Dit was so ‘n fokken skaam oomblik gewees dat YouTube moontlik geweier het om enige iemand toe te laat om soveel skaam in een video op YouTube toe te laat.
                      *vee sweet van voorkop af en dab trane met sneesdoekie uit ooghoeke uit*

                      Hier kom ons by 2015.
                      Hier kom ons by 2015. Dis ‘n groot oomlbik. Die choker-apie is van die rug af geskud en die Proteas het baie om oor trots te wees. Ons brasse het hulle heel eerste knock-out oorwinning in Wêreldbekerkrieket beleef en die pressure, alhoewel massive, is draaglik. Ons het ‘n goeie kaptein in AB en daar heers ‘n groot kalmte voor die storm. Aan die ander kant is New Zealand hopelik over confident en so paar verkeerde judgement calls kan ons red. Ons moet net nie chase nie. Jirre, laat ons net nie chase nie, samblief. As ons môre se match wen, dan fokken drink ons. As ons môre se match verloor, dan fokken suip ons!

                      As ‘n side note is hier vir jou ietsie om oor te dink – die Proteas het nog net 7 ODI matches teen die ozzies gejol by die MCG sedert 1992, waarvan ons 6 gewen het. Daai is lekker stats. Fok ons New Zealand môre op, sal dit dalk een van die beste finals ooit in krieketgeskiedenis wees by die MCG. En hopelik teen die Ozzies, want dis fokken lekker om iemand by sy eie huis te verneder. Soos wanneer jy by jou vriend Hennie se huis braai, kakhuis toe gaan en terugkom om te announce: “Jirre Hennie, jy was laaste in die kakhuis. Jy het ‘n floater met mielies en en rys gelos, jou naai!”

                      O ja, en as Duminy dit by some miracle regkry om in more se match weer ‘n hat-trick te boul, maak ek ‘n GoPro aan my tril vas, smeer myself vol heuning en hardloop al skreeuende deur Danville se strate. Dronk, obviously…

                      work must wait

                      Deel met jou tjommies!

                        Salige Saterdag tunes en bier by Retrofest 3.

                        $
                        0
                        0

                        Om so paar moerse talented local musos te vra om hulle versions van die mees iconic tunes van 1960s en 1970s te perform is mos nou ‘n fokken kief idee. Jy weet, “musiek wat die wêreld verander het”.
                        *double clutch zol en blaas rook so stadig uit met skaapuitdrukking op gesig*
                        Bietjie anders as die gewone gigs wat jy in rokerige clubs bywoon wanneer jy jou town probeer rooi verf met longbotter en die volgende dag daaroor praat op Facebrag.

                        Retrofest trek nou ongelukkig al by hulle derde jaarlikse festival en ek sê “ongelukkig” want ek het die eerste twee gemis. Dis een van daardie gevalle waar jy voel asof jy iets te laat ontdek het. Soos marabsies wat Oppikoppi of Up The Creek vir die eerste keer ontdek dan na twintig jaar  besef dat dit so ‘n befokte vibe is dat dit voel of jy iets ontneem is voor jou moerse ontdekking. Die laaste keer wat ek daai emosie beleef het was toe ek ontdek het dat my kar se vensters alliepad toegaan of oopgaan as ek die remote inhou – ‘n dag voor ek my kar verkoop het. Dit word hoogs aanbeveel dat jy nie uitmis volgende jaar nie.

                        Die setting vir Retrofest herinner nogal aan Up The Creek en Mieliepop se surroundings – dis fokken mooi. Doen ‘n Google image seasrch, jy sal sien. As jy al ooit in The Cradle of Humankind was (daai spot waar die eerste knopkierie of selfoon charger of watookal ontdek is) sal jy weet waarvan ek praat. Nirox Sculpture Park het gesorg vir die skildery en natuurlike backdrop waarteen die bands gejol het. Lekker rustige familievibes en acoustis music op ‘n Saterdag. Die ouens het elfuur die oggend afgeskop en alles was befok. Tot ongeveer kwart oor elf. Daar is altyd daai een poes….

                        ‘n Chick het in die stroompie neergeslet wat voor die stage verby vloei en arms omhoog (asof dit Woodstock was) begin saamsing. En toe begin sy skree op die bands en die audience. As sy dalk meer aantrekliker as ‘n pug was, was dit dalk ‘n ander storie, maar sy was nie. Haar man/boyfriend/steek/parole officer was net so gekettie gewees. Dis onmoontlik om se vroeg die oggend gegok te raak op craft bier, so hierdie kokkelolle het moontlik welcanol en connies crystals gemeng en by die huis gerook en probably dadelik mayonaise tussen hulle tone gepsuit in die venue se kakhuis toe hulle daar aankom. Die twee het aan mekaar gehang en dinge vir almal versuur tot die security hulle van die property verwyder het. Mag hulle asseblief fokken nooit kinders maak nie.

                        Met die onaangenaamheid uit die weg het die bands ongesteurd voortgegaan en piele covers gedoen van Bob Dylan, Leonard Cohen, David Bowie, Jimi Hendrix, The Doors, Johnny Cash, Van Morrison, Nina Simone, Otis Redding, The Beatles, The Rolling Stones en klomp ander legends. Daar is natuurlik ook van hulle eie originals uitgeruk wat die hele vibe solidify het. So tussendeur die tunes kon ons rustig socialise, bier klap en stadig dronk raak. Lekker gesels-dronk. Nie wys-jou-lop-sided-tiete dronk nie. Ek het ook moontllik die lekkerste kos getand wat ek al by ‘n gig gehad het. Om-fokken-nom!

                        Hierso teen vyfuur se kant was ek moerse dankbaar dat Big H my en my skêr by ons huis kom oplaaai het vir die gig en weer veilig tergug tuis besorg het want die bier en rum het begin geselsies maak tussen my ore. En so bietjie in my broek ook, maar dit het fokol met julle uit te waai. Dis privaat.

                        Daar is ook nog ‘n rede om dankbaar te wees vir Big H se teenwoordigheid en dis iets wat ons met julle kan deel – die befokte foto’s wat hy deur die dag geneem het. Hier is so klein selection. Jy kan die res op die Watkykjy Facebook page gaan kokkenodge.
                        (moerse thanks ook aan Lloyd van Retrofest – jy run ‘n solid ship, bra)
                        01_Southern Wild_DSC_6772_3 02_Gareth Wilson_DSC_7416_5 03_Lucy Kruger_DSC_7656_4 04_Nakhane Toure_DSC_8037_4 04a_General__DSF3179_31 04a_General_DSC_8432_9 05_Shawn Phillips_DSC_8622_3 05a_General__DSF3240_10 05a_General_DSC_8856_2 06_Some Grow Young_DSC_9224_15 06_Some Grow Young_DSC_9701_4

                        Deel met jou tjommies!

                          Omtrent seks, seuns, hormone, juffrouens en dose.

                          $
                          0
                          0

                          (deur Befokte Wetenskap-juffrou)

                          Geagte watkykjy-leser,

                          Siende dat daar onlangs weer ‘n berig was oor ‘n onderwyseres van Menlo wat deur die een of ander onopgevoede bliksem seksueel geteister is, en ek self as juffrou meermale moes deurloop, skrywe ek nou die volgende aan al die hoërskoolseuns daar buite: MOENIE ‘N POES WEES NIE.
                          teachers petKom ons kry sommer die volgende van die begin af reg:
                          1. Ek is nie een of ander eng ou tannie met suur pruime nie. As jy en juffrou Van der Merwe oor naweke of wanneer-ookal soos twee perdebye steek, en sy wil en jy wil en alles geskied dienooreenkomstig voel ek nie eens een vlieënde fok daaromtrent nie. Gedra jou net by die skool en hou alles on the down-low. En moenie dink oor een juffrou game is, is ons almal reg om jou ‘n blowjob te gee nie.

                          2. Mooi was nog nooit lelik nie en ek verstaan dit. As jy dus dink ek lyk mooi vandag en jy gee dan vir my ‘n opregte kompliment gaan ek jou nie voor die dissiplinêre kommitee sleep nie want ek is nie ‘n pedantiese doos nie, en meeste ander juffrouens ook nie. Maar om godsnaam moet my asseblief nie vra of ek ‘n boobjob gehad het nie. (Die antwoord is “Nee, maar wat de fok het dit met jou uit te waai?” en ongelukkig mag ek nie die bogenoemde sin hardop sê vanweë my posisie nie).

                          3. Ek dink nie ek is besonders warm nie en ek “soek” definitief nie “daarvoor” nie. Moenie so verkrampte chauvinistiese poephol wees nie. Ek trek ordentlik aan en kam my hare want arme jy moet elke dag in my gesig vaskyk en ek wil dit darem nie vir jou ondraaglik maak nie. Ek lyk oukei maar voel nog lank nie na ‘n super-model nie.
                          hot-teacher_o_3017639‘n Paar moenies:
                          • Net oor jy iets dink beteken nie dit hoef sonder sensuur uit jou mond uit te bars nie. Moenie kommin wees en vir my vra of my pussy so lekker soos ek is nie. Ek sou graag wou antwoord dat “almal se “pussies” maar dieselfde is, so hoekom voel jy nie maar bietjie in jou eie een rond nie?” maar apparently is dit onbeskof van my.

                          • Moenie die etter wees wat sy broeksakke sny en daardeur sit en tos terwyl ek praat oor hoe awesome Tesla was en Faraday se wet van elektromagnetiese induksie aan jou probeer verduidelik nie. Almal kan sien jy is ‘n doos wat geen beheer oor jouself het nie, want ons is nie fokken blind nie. Moenie daarna ‘n groter doos wees en liefies vir my vra of jy jou hande kan gaan was nie, want ek sweer ek is net een tosser weg daarvan om saam met jou badkamer toe te gaan en jou tottie vir jou af te sny en in jou hol op te druk, met ‘n “Ek sien hy pla jou. Kom juffrou help jou gou”-refrein wat dit gepaard sal gaan. Gaan trek eerder draad by die huis.

                          • En dan vir die ander onderwysers en hoofde, moenie as ‘n geskokte juffrou vir jou ‘n storie soortgelyk aan bogenoemde vertel, vir haar vertel dat sy “eerder nie haar hare moet los dra nie want dit is uitlokkend” of dat sy “moes gedink het voor sy afgebuk het” by iemand se tafel om iets aan hom te verduidelik nie, of dat sy “moes gedink het” voor sy na skool iets aan die sukkelende seun in graad tien alleen in haar klaskamer verduidelik het nie. Jy is ‘n groter poes as die laaitie wat in die eerste plek oortree het. En ek is jammer, ek gaan nie 60kg optel en my borste laat verklein net sodat ek meer “aanvaarbaar” lyk “vir ‘n juffrou” en nie meer geteister word nie. Fok julle almal. Ek doen my werk. Ek doen meer as my werk, ek swot selfs verder sodat ek beter en beter kan word want ek gee ‘n fok om. Ek is meer gekwalifiseerd as meeste ingenieurs en ek kan fokof maar ek wil nie want om een of ander rede dink ek ek kan jongmense help glo en hoop vir die toekoms en om hul volle potensiaal te bereik. So sien asseblief net dit óók raak nadat jy my tiete byna onder my bra en top en baadjie uitgekýk het.

                          • Moenie net aanneem dat ek genoë is daarmee dat jy vir my vertel ek het die een of ander effek op jou nie. Dink wat jy wil, maar hê minstens genoeg respek vir my moeite om jou klas interessant te maak en my werk te doen om nie alles vir my te sê nie. Contrary tot wat baie mense dink, is dit nie lekker om al die op- en aanmerkings te moet aanhoor nie.

                          • Moenie vir my vertel jy sal my aand maak met ‘n knip-oog nie. Seun, jy is veels te dun en te min vir my, okei?

                          • Ek kan nog baie aangaan maar dit sal dieselfde refrein oor en oor wees.

                          • Kortom: MOENIE ‘N POES WEES NIE.

                          Dankie boys, jul samewerking word waardeer.
                          Groete,
                          Befokte Wetenskap-juffrou
                          xxx
                          hot for test

                          Deel met jou tjommies!

                            Oor Paasfees en RSG

                            $
                            0
                            0

                            (deur Barend Buitekamer)
                            So, dis weer Paasfees of Paastyd of Paasnaweek.

                            PAAS? PAAS wat? Wat is PAAS? PAAS die sout aan asseblief? Wat is PAAS se storie? Is dit PAAS se blaas of MAAS se poes? Deon MAAS skryf befokte artikels. Boetie het uit ge-PAAS want hy’t weer te veel SWART LABAAL gesuip. PAAS sop die slang! Waddefok? Hoekom, as dit in Engels Easter genoem word, kan dit nie in Afrikaans OOSTER of IESTER genoem word nie? Dankie tog, dit word nie gedoen nie.

                            Which brings me tot die punt!

                            Die Ou Toppie en Ou Lady luister mos na RSG, soos die meeste ou mense mos maar doen, en omdat ek nou weer vir ‘n rukkie hier rond mission, kan ek nie anders as om die klomp TOS soms aan te hoor nie.

                            So, nou die dag loop ek weer verby daai ou meide-draadloos in die kombuis. Ja, DRAADLOOS. Mooi Afrikaanse woord daai. Soos MELKSKOMMEL en BRUISMELK en PADKAFEE en SPYKERTAFEL en SKOPPELMAAI en MAAIFOEDIE – woorde wat mens maar min op skrif sien of hoor in gesprekke.

                            Anyway, toe ek verby die DRAADLOOS loop was daar een of ander DISKUSSIE aan die gang op RSG. DISKUSSIE is natuurlik die Afrikaanse woord (en hiper-anglisisme) vir gesprekvoering, en word graag deur pseudo-intellektuele hipster PLOERTE op RSG en kykNET gebruik. Dit is ook POPULAAR… ek bedoel gewild… onder diegene wat in Centurion bly, met ander woorde, die SENTUURIAANE.

                            Predikante gebruik hiper-anglisismes ook graag in hul preke, maar dan is daar die ding van GEMEENSKAP. Voordat jy kan Hemel toe gaan moet jy eers GEMEENSKAP met Jesus hê. SEKS? HOKAAI! AIKÔNA! Klink vir my dodgy.

                            Maar laat ek by die SUBJEK bly. Oor die DRAADLOOS op die diepe RSG diskussie, hoor ek toe die woord: PARTIKULAAR. Jirrejissesgot! En daar bekak ek myself amper. Waddefok?
                            Ek is nie ‘n taalkundige of taal puris nie. Ek skryf ‘n ding soos hy uit my serebrale rektum kom, maar… PARTIKULAAR?

                            PARTIKULAAR! Laat ek dit in konteks plaas: Eerstens, die dom pseudo-intellektuele hipster PLOERT wat die woord gebruik het se MAAS se poes. Sy PAAS se blaas ook sommer. Ek neem aan die BOKS wat die woord gebruik het, het probeer KLEVAAR klink wou fancy wees. In die konteks van sy sin het hy die Engelse woord PARTICULAR met opset in Afrikaans uitgespreek as PARTIKULAAR. Kon die dom fok nie net die woord ‘spesifiek’ gebruik het nie? Spesifiek is ook ‘n anglisisme, maar wat is dit nou met hierdie hiper-anglisismes? Dis net so erg soos daai luigat SMS taal wat so POPULAAR is, indien nie erger nie. Kan ons miskien ‘n DISKUSSIE daaroor hou en tot ‘n PARTIKULARE gevolgtrekking kom? Of is dit PARTIKULÊRE KONKLUSIE?

                            Dankie.
                            Barend Buitekamer.
                            poes

                            Deel met jou tjommies!

                              Ou SA TV uit die 80s en 90s. Onthou jy hierdie kak?

                              $
                              0
                              0

                              Raak kalm en gaan kry miskien vir jou so paar pakke chips en ‘n koendrankie of drie. As jy by die huis sit, trek ‘n gemaklike broek aan, kry ‘n bersie en gryp so 12 biere en moerse sak bilbong. Ons vat ‘n trip af met memory lane en kyk na so paar goedjies uit die vervloë dae van Suid-Afrikaanse TV. Dit mag jou dalk vir vyf ure lank uit die kak of jou boring werk hou…

                              M-Net Oopketel-tyd
                              Vir al die arm marabsies in die laat 80s, 90s en tot en met 2007 was M-Net se oopkyktyd ‘n big fokken deal gewees. Amper so groot soos die presenter, Suanne Braun se hare. So gepraat van haar – sy het eventually gefokof uit Suid-Afrika en  in die USA rolle gespeel in reekse soos Just Shoot Me en daai horrible sci-fi reeks, Stargate-SG1. Onder die foto kan julle Mnet Open time se intro kokkenodge uit 1991 uit, met Suanne wat jou tune wat is wat. Sy was effens minder bekend as Ashley Hayden, die ander Mnet presenter met die Madonna-gap tussen haar tande.
                              Stargate SG1 suanne braun
                              En so net na whatever teen 19:00 die aand klaargemaak het op Oopkyktyd (gewoonlik iets cool soos Simpsons of Dinosaurs) het Mnet jou armgat wie se ouers nie R120 per maand kon uitruk nie in kennis gestel dat jy nou op al die fokken magic gaan uitmis, ironies met die jingle “Welcome to the magic”. Ons het eventually as kids ook M-Net gekry deur my ouma wat ‘n fokken blaaint move op my ouers getrek het – sy het vir ons V-Town marabsies ‘n decoder en ‘n aerial vir krismis gekoop. Jirre, my pa was die poes in gewees, maar die parents het toe maar kak en betaal. Jy kan nie sommer ouma se persent net so laat staan nie. Welcome to the magic, inderdaad…

                              Die SABC se intro vibes
                              In 1996 het SABC2 en SABC3 se identity intros dieselfde gelyk behalwe vir die nommers 2 en 3, natuurlik. Dik futuristies. Jirre, kan jy glo die SABC het fokken 3d ontdek eventually? So losweg 10 jaar na die res van die wêreld.

                              Pumpkin Patch
                              Woof! Woof! Woof! *gooi ore so oor oë en fokken teem oor iets arbitrêr*
                              As daar nou een ding is wat ek van vroeg van kindsbeen af wou poesklappe gee, is dit Woofles die fokken poesdom watch dog van Pumpkin Patch. Hy en daai twee obnoxious gay nefie poppe, Freckles en Speckles ook. Gods, hoekom moes hulle heeltyd fokken skreeu op almal? Check jou conversation levels, bra. Jy is op ‘n 11. Ons soek jou op ‘n ashoop, soos die fokken lappop wat jy is. At least was Lauren soortvan iets om na te kyk, net omdat laities nie regtig van beter geweet het nie. Al het sy bietjie van ‘n skeel poep-ogie gehad. As mens nou terugkyk na die foto kan jy nie help om haar kaal te imagine (sommer op daai hooibaal) met twee Duitse mans wat kaalgat weerskante van haar so krom agteroor staan en “Ich komme!” gil nie. Big ups vir Uncle Bill though, die grootbaas van Pumpkin Patch en heel moontlik Suid-Afrika se eerste bruin burgemeester. Al was dit net op TV…
                              pumkin patch

                              Egoli – Plek van Goud
                              Almal wat in Joburg of Pretoria drama geswot het, het eventually op Egoli opgeëindig, al was dit vir ‘n once-off rol gewees of om te help skryf aan ‘n episode. Dié wat dit nie gemaak het nie, hou tien teen een skool of verkoop versekering. Hierdie soapie het vir agt jaar lank sterk geloop vananf 1992 en uiteindelik ‘n stille dood gesterf in 2010 met die movie “Egoli: Afrikaners is Plesierig” met ‘n allemintige rating van 2.7/10. Eerstens, wie in hulle right minds het gedink ‘n movie  met ‘n titel wat losweg op ‘n Karen Zoid chorus gebasseer is sou goed doen en tweedens, wiedefok het die ratings so hoog op-gevote op IMDB? Jirre. Sonder om verder oor die show te keelkots, hierso is die intro. Sorry, dis nie die een wat met die fancy blou juweelkissie met die ring in begin nie. Daai CGI was baie vêr voor sy tyd.

                              Simunye – we are one
                              Daar was ‘n tyd in Suid-Afrika waar “Simunye – we are one” ‘n slagspreuk was wat almal geken het en dit meestal geglo het ook. Vandag is dinge effens minder ayoba. 2015 se leuse vir Suid-Afrika blyk iets in die lyn te wees van “Get out of our fucking country, makwerekwere!” So loop hy maar. Anyway, hierso is so stukkie rainbow nation nostalgie. Die kans dat jy in die laaste jaar of twee iets op SABC gekyk het is baie laag…

                              Ou TV1 nuus – 1987
                              Hierdie is ‘n lekker vreemde enetjie. Check bietjie TV1 se title animations en daai heavy kenmerkende 80s nuus tune. Die nuusleser (kan iemand dalk sy naam onthou?) dra ‘n suit wat basies van die duurste polyester en kostmengsel geweef is. Check of jy deur die hele 15 minute kan kom. Een van die main berigte is een van Suid-Afrika se grootste jewelery heists in die hartjie van fancy Joburg, by die Johannesburg Sun Hotel. Meer as R1,5m se edelstene (wanneer laas het jy daar woord gehoor?) is gesteel deur twee skobbejakke. Fokweet of die ouens ooit gevang is want daar is fokol info op die internet beskikbaar. En vir julle wat skiem dit was ‘n Stander-bende storie, dink weer. In 1987 was dit alreeds 3 jaar sedert Stander in Amerika doodgeskiet is. Anyway, R1.5m is kakbaie zak om in 1987 te steel as jy dink dat dieselfde bedrag in goedere geroof is in Hyde Park, minder as ‘n maand terug.

                              Verder in die video word die vakansie se heavy traffic bespreek met visuals van karre wat jy fooookken lanklaas gesien het. Die omie wat ons vertel dat die Dollar 44 sent tenoor die Rand staan, Cobus Bester, werk ook nog steeds – by RSG. Dis fokken bizarre. Maar maybe is jy meer into die oom wat die sport aanbied en selfs ‘n storie file oor ‘n poes lame visvangkompetisie in Ventersdorp. En dan is daar ook something for the ladies. Hierdie sexy toppie wat vir jou vertel van koue fronte en kak uitwys op sy sinoptiese kaart wat lyk of dit deur ‘n blinde hond met ADHD geteken is:
                              die-weer-omie-van-ou-TV1
                              Die Sonkring
                              chantell standerAs ek myself nie misgis nie, was hierdie die Afrikaanse TV reeks waarin Chris Chameleon ‘n roomyskind was en heeltyd vir sy sussie iets in die lyn van “Ryne! Ryne! Kyk die apies!” geskree het of iets. Dik drama storie gewees hierdie. Hoe anders met akteursname soos Henriëtta Gryffenberg, Philip Moolman, Trix Pienaar en Paul Eilers (fokweet, hy was ook in alles, al was dit net sy stem wat vir tos Duitse oorklankings soos Baasspeurder Faber en Derrick gebruik is). O ja, en moenie van Trudie Taljaard vergeet nie – “Morkels, your 2-year guarantee store”. As jy die storielyn effens kon onthou, hier is vir jou ‘n refresher: Drie skêre in matriek, Dina, Karen en Maryne gaan kuier by antie wat palms en kristalballe lees.  Die antie voorspel net kak en hare vir hulle toekoms en dis alles daai stupitte asshôl bitch, Maryne se skuld. Vat so, toekoms!

                              PS: Dina was die hot een, hoor.

                              KTV
                              candice hillebrand
                              Een ding wat TV min of meer regoor die wêreld vir kinders opgefok het is dat kids shows, movies en cartoons die hele fokken tyd beskikbaar is oor heeltemal te veel channels. Jirre man, dit was mos lekker om bietjie na iets uit te sien. If memory serves me, het KTV altyd 15:00 tot 17:00 in weeksdae gewys en dan iets soos tussen 10:00 en 12:00 op Saterdae. Fokol op Sondae. Jy’t uitgesien na Turtles, Brave Star, Smurfs, Garfield, Inspector Gasget en fokweet wat alles. Die res van die tyd het jy in die strate van jou BMX afgepoes of jou enkels opgefok met daai verkakte fietse waarmee mens agteruit trap om te briek en broadies te kap om sesjarige tietlose meisies te probeer impress

                              . Deesdae begin kids al van 2-jarige ouderdom af eelte te kry van iPad vasklou. In ‘n manier mis mens ook die kinder-aanbieders van KTV se dae. Jy het ook secretly vir jare lank gewens (tot jy at least 18 was)  dat die Simba Suprise by jou skool gaan uitslaan met presente en hampers en what-what. Daai fokken leeu het nooit gepitch nie. Ek fokken haat hom. Ek het nogal hard gesoek vir ‘n Simba surprise video op YouTube, maar die beste wat ek kon opspoor is Mike’s Kitchen se twintigste verjaarsdag op KTV. Toe ‘n pizza meal en Coke ‘n skamele fokken R9.95 was. Wat hierdie video ook verder bevestig is dat ten minste een van die kinder-aanbieders altyd baie ouer as die ander kinders is. Totes fokken awkies as jy my vra, behalwe as dit Candice Hillebrand is. Sy het nou vir jou fokken mooi grootgewoord, pappa!
                              *wolwefluit terwyl hand so voor in gulp rondvroetel*

                              Mannemarakmannemarak
                              Mannemarak is my naam
                              ek kom ver van hiervandaan.
                              Met my ruimteskip, oud en gebreek
                              besoek ek die aarde een maal ‘n week!

                              Chorus: Op my planeet wil ons alles weet
                              en wat ek weet sal ek nooit vergeet.

                              Op enige plek kan ons twee land
                              en verfilm die aarde van hoek tot kant.
                              As die nood druk kan ons vinnig verdwyn
                              want ek en my skippie is baie klein

                              En dis al wat ons oor hierdie klein kak gaan sê…

                              Miena Moo
                              karring ramkat karring straatkat
                              Louise Smit Produksies het SA kindertelevisie amper singelhandedly stewig aan die balhare beetgehad in die 80s en 90s. Sy was die baas agter  onder andere Haas Das se Nuuskas, Pumpkin Patch, Kideo (met daai skêr wat op ‘n stadium Steve Hofmeyr se stok gery het), Wielie Walie en Mina Moo & Kie. Laagenoemde was nogal ‘n far-out storie gewees. Ek gaan ‘n wilde raai vat en skat dat Karring Straatkat se karakter gebasseer was op Popeye, want as die gemorskat eers ‘n slukkie melk inhet, moet jou voete raas, veral as jy een van daai twee klein konte, Bak en Terie was. Dan, pappie, verander Karring Straatkat in Karring Ramkat! *maak sulke baie onaardse katgeluide*. Dan moet jy maar jou saambreeltjie uithaal, want dit gaan poesklappe reën, ou perd. Geen wonder vandag se Afrikaanse grootmense sukkel so met agressie nie. Sodra hulle ‘n slukkie dop inkry wil hulle net alles poes.

                              Suid-Afrikaanse TV het 1976 afgeskop en Haas Das was die heel eerste local kinderprogram op TV. Dis half verstaanbaar dat antie Louise genoeg zak gemaak het om in 1980 haar eie televisie studio te bou en haar empire te vestig. In 1998 het sy dit aan Red Pepper Studios verkoop. Tien teen een vir ‘n kakhuis vol pitte. Maar genoeg nou eers van die tannie. Hoe lykit met ‘n bonus? Hier is die eerste vol episode van Mina Moo en Kie:

                              Super special bonus round as jy nog wakker is: Kyk Haasdas en Brakanjan.
                              As jy so drie ekstra ure wil relax, kokkenodge Haasdas en Brakanjan:
                              Haasdas

                              Brakanjan

                              Dis natuurlik ontmoontlik om alles te cover, maar ons het hierdie sakie al aangeroer terug in 2011. As jy een van daai presteerdertjies op skool was wat altyd eerste met alles klaargemaak het en dan oorgeslaan het na “verrykende werk toe” lees gerus hierdie artikel ook: Suid-Afrikaanse TV: 101 shows wat jy miskien sal onthou

                              Maybe gesels ons oor so 15 jaar oor Game Of Thrones se kak graphics…

                              Deel met jou tjommies!

                                Skeermes is koning!

                                $
                                0
                                0

                                Hierdie is al ongeveer 5 jaar oud en is na ons kant toe aangestuur deur ‘n Watkykertjie

                                Deur Mrs T

                                My aand was doodgewoon. By die huis gekom, kos gemaak, kinders laat bad en in die bed gesit en manlief voor die TV gelos om sy Discovery in vrede te kyk. Besluit dat dit vir die volgende uur “my-tyd” is en dat ek die oorlog teen ongewenste hare nou moet aanpak anders lyk ek soos ‘n bosbobejaan en kan ek nie die naweek swem nie.

                                waxstickGryp toe die boks “koue waks” en pluk hom oop. Hoe moeilik kan dit nou wees? Geen waks wat eers gesmelt moet word nie, dis twee strokies met waks in die middel – amper soos ‘n toebroodjie, wat jy dan warm vryf, oop trek en teen jou liggaam plak. Daarna trek jy strokie vinnig af (en skree natuurlik soos ‘n maer vark) “no mess, no fuss”. Ek glo ek verstaan die instruksies en dit is mos darem deur ‘n vrou uitgevind en baaaiiiieee ander vrouens gebruik dit op ‘n daaglikse basis, so ek sal dit sommer tjop tjop onder die knie kry. (Yea, raaite.)

                                Ek vryf die strokie tussen my hande, maar kan die ding nie warm genoeg kry nie. Hoe nou gemaak? Kan hom nie in die toaster sit nie, dit sal net marakkas maak en die haartang gaan nie lekker werk nie. Natuurlik! Die haardroer! Blaas toe die waks tot ek voel hoe dit sag en speelbaar raak. Dink toe sommer aan ander dinge wat ook sag en speelbaar is…

                                Raait, daar is my cold wax toe hot wax. Ek trek die een strokie af, plak die slymerige, taaierige storie op my been, knyp die een oog toe, byt op my tande en tjjjjj trek hom af. Kon erger gewees het. Ek is trots op myself dat ek so oulik is en sien sommer hoe glad my bene en die res die naweek gaan wees. Manlief is juis so liefdevol as ek mooi glad is. Ek het die procedure nou mooi onder die knie en vorder fluks.

                                fur burgerNou kom die moeilike deel. Soos ons ouer word kry ons mos pakkasie. Ja man, dis nou die spaarwiel om die heupe en maag, die paksak op die boude en die res wat dril soos rofies in die army, jy verstaan? Maak toe die spieël staan op die toilet, staan in my Eva’s gewaad voor die spieël en lig my voet teen die bad sodat ek mooi kan sien en mooi kan bykom. Plak die strokie van Paragwaai al die pad tot by Holland , al op die bikini lyn (nie dat ek ooit dood in ‘n bikini gesien sal word nie).

                                Ek het besef dat hierdie deel van die operasie seer gaan wees en het die waks nie so warm gemaak soos die ander nie. Ek wil tog nie in die hospital beland met 3de graadse brandwonde aan my kwak nie! Wat sal die mense se en hoe kyk ek die dominee daarna in die oë. Ek staal myself, vat die strokie styf vas en ruk.

                                Ek sien sterretjies en wonder of ek moet lag of huil. Hel, maar dis hond seer! Kyk af en ja, sowaar, ek het die strokie net halfpad afgetrek. Foooooook. Daar sit die res dan nog. Hou aan die wasbak vas en PLUK!!!! Ek doen die hoender dans, die nou dieselfde arm geflap wat ons doen as ons onder die arms geskeer het en ons spuit per abuis Mum 21 aan. Rooi in die gesig en met my asem wat jaag bestudeer ek die waks strokie om te sien of ek darem al die hare gekry het.

                                Groot is my skok. Die strokie is LEEG! Neeeeeee … Geen hare, geen waks! Nou waar de hel is die waks! Ek buig vorentoe en lyk soos ‘n volstruis wat sy kop in die sand wil steek, loer oor die spaarwiel en wraggies, daar sit die hare steeds, dis nou die hare wat veronderstel is om op die waks strokie te sit. Ek voel versigtig daaaaaaar onder en sug swaar, want daar, op my mees privaatste plekkeina-my-kwakie-kie, waar ek nie mooi kan bykom nie, daar sit die waks. Sonder om te dink haal ek my voet van die bad se kant af en stamp hom hard op die vloer terwyl ek vloek soos ‘n matroos. Ek sluk halfpad deur my rympie amper my tong in toe my kwak en wangetjies mekaar omhels.

                                Jip, daar staan ek toe, toegeplak van Paragwaai al die pad tot in Holland en my hart klop in my groottone. Hoe nou gemaak? Ek loop soos ‘n Pikkewyn op en af voor die wasbak terwyl my maag draai en ek hard bid dat my maag nie nou ‘n illegal occupant moet evict nie, want anders sal die kompressie waarlik my kop laat bars. Dink Lolla, dink! Ek kry ‘n blink plan, gryp die haardroër en begin blaas. My oë traan van die blow wave, maar heel laas, die waks wil niks weet van smelt nie. Miskien moes ek langer uitgehou het, maar ‘n mens kan ook net soveel warm wind DAAR hanteer. Ok, wat volgende? Miskien warm water?

                                Ek probeer eers warm water met die stortkop (waarmee jy jou hare in die bad was) op die waks spuit, maar dit werk nie lekker nie. Tap toe maar die bad vol warm water en kry myself baie jammer omdat nie eers die gevangenis op Robin Eiland so gemartel is nie. Wel, die enigste ding erger as jou privates wat mekaar omhels, is jou privates wat vas aan mekaar geplak is en dan nog aan die bodem van die bad vassit terwyl jy so rooi soos ‘n kreef verkleur en jou brein vir jou bly skree “STAAN OP, IDIOOT, STAAN OP, EK IS BESIG OM TE KOOK”.

                                Ek leer toe op die harde manier dat warm water nie “koue waks” smelt nie. Back to square 1. Ek loer om die badkamer deur (wil nie he manlief vroumens gilmoet my so sien nie) en waggel dan kamer toe waar ek my selfoon gryp en terug badkamer toe waggel. Raait, wie bel ek nou? My ma stoot wolke rond, my tante het in haar lewe nog nooit eers van waks gehoor nie. Die dra dan steeds doekies, al is tampons al jare op die mark. Anyway, wie?My skoonma! Natuurlik! Sy doen mos altyd hierdie weird en wonderful goed en ken al die boererate onder die son. Skoonpa antwoord en ek praat hom sommer dood. Ja, skoonma is daar en dan hoor ek haar stem. Ek wil sommer huil van blydskap. Sy sal kan help. Ek hakkel so effe, maar vertel haar van my dilema. Stilte… steeds stilte. Ek begin net wonder of my foon sein verloor het toe ek haar hoor lag. Sy lag so dat sy nie met my kan praat nie.

                                Eers lag ek saam, dan raak ek vies. Sy hou op lag, maar ek kan aan haar stem hoor dat sy nog nie klaar is nie. Wat sê die boks? wil sy weet. Wat sê die boks? Seker nie dat jy dom genoeg moet wees om jouself weer in ‘n virgin te verander nie. Skoon ontstoke gryp ek die boks terwyl skoonma weer aan die ander kant proes. Skoonma, ek soen jou sommer. Daar, binne die boks is ‘n botteltjie olietjies om die “ekstra waks” mee te verwyder. Ek wil sommer my eie gaai skop dat ek nie eerste in die boks gekyk het voordat ek skoonma gebel het nie,want nou gaan die hele familie weer die storie van Lolla se toegeplakte kwak hoor en sal ek seker nooit die einde daarvan hoor nie.

                                Ek druk die foon dood met haar gelag in my ore, gryp die bottel en smeer liberaal van die “olie” aan. My oë traan, my neus loop, my ore is toegeslaan en my kwak is dood, letterlik, geen gevoel nie, maar DIT WERK!!! Ek laat nie op my wag nie en skrop asof my lewe daarvan afhang. Mind you, my lewe hang daarvan af. My bene voel soos jellie, my hart klop asof ek sopas ‘n maraton gehardloop het. Klaar, maar agge nee, die hare is steeds daar….. Flippen hel!!! Dis nou genoeg. Bogger dit. Ek gryp die skeermes en skeer dat jy net hare sien waai.
                                Hoop nie ek skeer myself raak nie, want op hierdie stadium is my kwak en omliggende dele so dood dat ek my eie been sal afsny sonder om dit te voel.

                                Wel, mense, nooit weer probeer ek waks nie en ek beveel julle sterk aan om behoorlik daaroor te besin voor julle begin. Nou wonder ek, sal ek volgende week probeer om sonstrepies in my hare te sit?

                                I THINK NOT!

                                Deel met jou tjommies!

                                  Die Mystic Boer ry weer – Valiant Swart gesels oor sy “nuwe” vinyl

                                  $
                                  0
                                  0

                                  valiant swart die mystic boer lp coverDis nou al negentien jaar sedert Valiant Swart se debuutalbum, Die Mystic boer op CD verskyn het en dit is sopas her-uitgereik op vinyl. Vir die ware Valiant fans wat nog nie daarvan weet nie, sal hierdie befokte nuus wees. Heavy limited collector’s item vibes.

                                  Bra Valiant het hierdie massiewe taak aangepak in samerking met Cow Africa (ook dik tjommies van Watkykjy), ‘n next level design en PR agency in die Kaap. Fans kan hulself opnuut verlustig in die songs wat die Boland punk vir die eerste keer op die map gesit het, met tunes soos “Die Mystic Boer”, “In Die Transvaal”, “Ware Liefde” en “Buitenkant”.

                                  Hierdie LP is duidelik kief quality met die kenmerkende classic platecover asook ‘n moerse nice volkeur sleeve (daai ding waarin die LP slaap in die aand binne-in die cover) met lyrics en ‘n collage van historiese resensies en exclusive foto’s uit die band se persoonlike archives. ‘n Moerse nice touch.

                                  Valiant tune: ‘Dit was van kleins af my droom om ‘n plaat te maak. Toe ek in 1990 voltyds begin musiek maak het, het ek gedink dis maar net ‘n kwessie van tyd voor my debuut-uitreiking sou gebeur. Sedert 1985, egter, het CD’s geleidelik begin om langspeelplate te vervang as die gewildste musiekformaat. In 1991 het The Dolly Rockers, in daardie stadium die grootste alternative groep in Kaapstad, die laaste beskikbare vinyl in die Kaap gebruik vir die druk van hul EP. Daar was fisies nie meer rou materiaal vir langspeelplate nie. Vir ‘n brandarm ‘alternatiewe’ Afrikaanse rocker soos ek was dit ‘n ondenkbare, onmoontlike droom om ‘n CD te maak. Ek moes nog vyf jaar vir my debuut wag – op CD.”
                                  valiant swart mystic boer plaat en coverEn dan verder: “Teen daardie tyd het langspeelplate al grootliks van die toneel verdwyn. Met die herlewing wat vinyl die afgelope paar jaar ondergaan het, het ek gedink dit sou nogal lekker wees om ‘n beperkte oplaag van een van my albums op LP uit te reik. Eendag het Charles van Cow Africa my gebel met die voorstel dat hulle so ‘n uitreiking namens my orkestreer. Ek het dadelik ingestem, en hier is my langspeelplaat-debuut uiteindelik – vyf-en-twintig jaar later!’

                                  Die oorspronklike cover is sorgvuldig hersien en opgedateer deur Cow Africa. Die musiek self is egter onveranderd gelaat; sound levels is slegs effens aangepas vir die langspeelformaat.
                                  valiant album design 2 valiant cow africa 2Charles Miller van Cow Africa reken: “Die herlewing in langspeelplate is iets wat ons almal hier by Cow na aan die hart lê en meeste van ons is ywerige versamelaars. Ons het gesels oor kunstenaars wat perfek sou wees vir vinyl, maar nooit in daardie formaat verskyn het nie, en Valiant se naam het sommer heel eerste opgekom.”

                                  Die ouens by Cow Africa tune ook verder dat hulle beslis daaraan dink om nog van hulle favourite local artists te help om legendary albums op vinyl uit te gee. My tepels bars sommer deur my Veldfokus knopieshemp van excitement!

                                  Met hierdie re-release van “Die Mystic Boer” verskyn Valiant se musiek vir die eerste keer fokken ooit op vinyl, net betyds vir die 20-jaar anniversary daarvan.
                                  Ons het die man vinnig ge-corner vir so paar woorde terwyl hy hierbo in Snor City was:

                                  Daar is Slegs 500 van hierdie LPs laat maak (dis ‘n once-off, ou pellie) en is beskikbaar teen R300 elk. Bestellings kan geplaas word by Permanent Record (vir die mense in die Kaap) of by Stash Records (as jy in die Gauteng bly), maar jy sal moet fokken spring, want die eerste 100 copies het reeds by Valiant se shows verkoop toe hy ‘n week of wat terug hier in Gauteng was vir so stuk of drie gigs.

                                  Jy kan ook jou kanse waag hierdie Saterdag by die vinyl sale by Lucky Rodrigo in Lynnwood (Pretoria), of die vinyl fair hierdie Sondag by Katy’s Palace in Sandton.

                                  Koop by Permanent Record:
                                  www.permanentrecord.co.za

                                  Plaas ‘n bestelling by Stash Records:
                                  richard@stashrecords.co.za
                                  https://www.facebook.com/StashRecordsMusic

                                  Valiant se website:
                                  http://www.valiant.co.za
                                  die mystic boer ry weer

                                  Deel met jou tjommies!

                                    Hoekom die fokol so mooi groei in Oudtshoorn…

                                    $
                                    0
                                    0

                                    As jy die naam Oudtshoorn hoor is die eerste image wat in jou kop opflash heel moontlik dié van ‘n oopbek volstruis, jou tweede gedagte iets in die lyn van “Ah, dis mos waar die KKNK elke jaar plaasvind? Ek moet onthou om hierdie jaar weer nie te gaan nie” en jou derde gedagte sal moontlik iewers hover tussen “die Cango Caves is poesmooi” of “hier groei fokol en dit groei nogal pretty hoog.”

                                    volstruisWees eerlik, die image van die volstruis is die dominante een, right? Dit steek steeds vas in jou kop. Oudtshoorn word ook beskou as die “ostrich capital of the world” en dis fokken ironies, want dit het betrekking op die inwoners en hulle local government. Almal se koppe is diep in die fokken sand begrawe terwyl cowboys soos die burgemeester, Gordon April en sy tjommie, die onwettige (dis ‘n storie op sy eie) munisipale bestuurder, Ronnie Lottering doen net waddefok hulle wil. Asof die twee bra’s die twee diktrille, Uncle Bill en Woofles van Pumpkin Patch is. Hulle run daai volstruisplaas met ystervuiste. Of dit nou ‘n direkte of indirekte gevolg van mismanagement was (ek gaan raai direk), het die Cango Caves ook sommer in hulle skoot beland. Check, die ANC het met die munisipale by-elections in 2013 hulle majority votes verloor. Soos ‘n skelm second-hand car salesman wou hulle nie die sleutels aan die nuwe regmatige eienaar oorhandig nie en het allerhande legal cases gaan oopmaak om die proses te vertraag. Dit het hier by die R13m rond getrek en daar was gespekuleer dat daai zak sommer straight van die Cango Caves se trust af ge-funnel is. Sommer R16m. Wonder wat van die ander R3m geword het. “I give a-you the Chappies?”, sou die Griek by die kafee seker getune het. Geld wat gebruik moes word vir infrastrukteer, ontwikkleing en maintenance van die grotte.
                                    greek-cafeHulle kon net sowel ‘n poesgroot geel munisipale skip voor die grotte se entrance neergesit het wat tune “Fund ons bullshit hofsaak as jy die grotte wil sien, jou kont!” – Teen R60 per kind en R100 per grootmens het so paar Japanese toeriste met kameras seker die grootste deel van alles gecover. Hoe moeilik kan dit in elk geval wees om ‘n grot te manage? “Daar is die grot. Sit jou koplig aan. Moenie afpoes nie, dis glad.”

                                    Suid-Afrika is seker die enigste plek op aarde waar die regering daarmee kan wegkom om ‘n heritage site onder hulle bevolking se gatte uit te steel. Dis fokken insane. Ons kan net moerse bly wees hierdie fokkers is vêr weg van Gauteng af, want hulle sou sekerlik Fort Schanskop en die Voortrekkermonument met so paar heavy duty helikopters kom steel het. Dan het ons almal met ons vingers in ons holle iewers in ‘n groot gat gesit en Van Coke Kartel kyk by Park Acoustics. Minder goeie tye. Ons moet sag partytjie hou.
                                     *fluister* “Party-party-party….”
                                    cango-caves-entrance-feeMet enige politician of hooggeplaasde is dit nou maar altyd ook so dat jy iemand nodig het om jou image te polish. Al is jy ‘n gewone ou met ‘n fancy ketting om jou nek wat uit oorgeblaasde goud gegiet is en met die dorp se sleutels rondloop in jou jeanpant se sak. Dink bietjie along the lines van The Fixer. Het jy hom? Ok vergeet nou heeltemal drewan bairdvan Kerry Washington se tiete en dink in terme van Oudtshoorn. Dink meer in die lyn van ‘n irriterende Freckles en Speckles van Pumpkin Patch, all fucked into one person. Hier het hulle ‘n ou wat drolle polish – Drewan Baird. Of soos hy vroëer onder ‘n alias bekend gestaan het as Nathan Bond. Die gevaarligte moet reeds soos Zuma se blouligbrigade jou mooi ogies verblind. Daar is redes hoekom mense hulle name verander. Gaan Google maar self hoe die bra beskuldig word van bedrog en gestelery oor ‘n wye spektrum. As jy wil fokken zak maak, trek Oudtshoorn toe en word een van die hoogsbetaalde konsultante in Suid-Afrika. Konserwatief geskat maak hierdie ou ongeveer R350k per maand uit die regering uit. Hy maak meer as wat onse his honorouable president, Jacob Zuma maak. En sodra mens Zuma mention weet jy dat hy meer zak maak as Modder Eiland se prime minister, David Cameron.

                                    Hier is hoe die ou heuning oor sy eie piep smeer:
                                    “In a career spanning three decades, I have engaged The United Nations, The Bill & Melinda Gates Foundation, The Henry J Kaiser Foundation, The Ford Foundation, The J Paul Getty Foundation, HBD (Here be Dragons), bill-gatesPopulation Services International. PayBills: ABSA, PwC, KPMG, Deloitte, SAB. Dimension Data: SARS, Gensec, Old Mutual, Sanlam. BMS: Multi-Data, Old Mutual. Q-Data Consulting: Sanlam e-Biz,Old Mutual. The Independent Communications Authority of South Africa (ICASA). The Centre for Innovation & Entrepreneurship at the UCT GSB. I advise several political and business leaders, anonymous by instruction. I have presented investment options to every South African Arms Procurement Program Participant in the South African Department of Trade & Industry’s National Industrial Participation (NIP) Program.”

                                    Jirre, hierdie ou is fokken awesome! Sy website moet seker befok pro lyk en hy moet kakbaie followers op Twitter hê. Hy is die baas van kommunikasie! Hy vleg dik koeksusterpiele met almal. Alas, not so much.
                                    drewan-baird-websitedrewan-baird-twitterMaar hey, dis seker heavy professioneel om ‘n .wordpress.com website te run as jy al daardie verantwoordelikhede het en die government jou beursie volmaak. Veral as jou career oor drie dekades strek ondanks die feit dat jy so paar jaar terug platsak in ‘n tolbosdorpie ingerol het op ‘n scooter en jou job description min of meer  “die-tannie-by-die-poskantoor- wat-die-pakkies-gaan-haal-en-stamp” was. Ten minste groei careers bietjie meer welig in Oudsies as  die fokol wat so in die wind waai…

                                    More hou Oudtshoorn weer hulle by-elections en hopelik word hierdie fokop van ‘n dorp uitgesort once en for all. Jy skiem nou seker “hoekom de fok moet ek worry oor Oudtshoorn?” Dis ‘n moerse eenvoudige antwoord: Die manier waarop Oudtshoorn bestuur word in die Wes-Kaap is vergelykbaar met hoe eTolls gerun word in Gauteng. Ons almal betaal vir daai kak op een of ander manier sonder dat ons dit besef of deel wil wees van die groter gemors. Ons word deur onsigbare piele in die hol genaai. As die kleiner dorpies reggeruk word, kan die groter stede aangepak word. En hopelik, by any chance, verstaan jy dalk ‘n bietjie beter hoekom 2016 se munispale verkiesing nie ligtelik opgeneem moet word nie, landswyd. Kom ons fix hierdie kak man. Jissis.
                                    *drop mic en loop van stage af in woestyn in en begrawe kop*
                                    outdtshoorn

                                    Deel met jou tjommies!

                                      Mr Vos Vos, ek is fokken pê!

                                      $
                                      0
                                      0

                                      Hierdie jaar se Koppi was die jaar van die oordeelsfout gewees. Jirre, ek het kak beplan en lees verder, jong dame of heer, as jy hou van bietjie schadenfreude en dalk sommer ook uit my stupid fokken foute wil leer.

                                      Ek het vir die eerste keer tussen die stages ge-surface toe Poverty Of Ideals begin jol het en daar oopmond gestaan en kyk na hierdie kliniese instrumental progressive jazzmetal band of what ever de fok jy dit wil noem. Jirre, hierdie ouens maak complicated musiek. Dis asof hulle cum laude uitgeloop het by die Universiteit van Hoërgraad Metal. Hulle het die stage ten volle benut. As jy ooit daaraan dink om byvoorbeeld ‘n drummer te word, moenie na hierdie ouens kyk nie. Jy gaan voel asof jy die talent van ‘n gebreklike aasvoël het.
                                      0113_Poverty Of Ideals_D7A_9966_1Effens later die aand het Cortina Whiplash die Skellum stage betree en hulle was kakwarm gewees. Beide in gees en vlees. Hulle is hier naby die einde van hulle set gejoin deur Esmé Evakwaad wat as ‘n huldeblyk een van die ou Plank tunes, Luislang, aan Drikus opgedra het: “Die wêreld is ’n luislang wat aanhou druk totdat jy soos Jimi Hendrix in jou eie kots verstik”. Die marabs wat fan tickets deur Cortina gewen het, het hulle ook op ‘n stadium op die stage gejoin in ‘n goue spandex broek, bier oor homself uitgegooi en ‘n pelvic thrust of twee gedoen. Niks special nie. Iets wat enige dronk doos kan doen. Die ou kon bietjie meer hol geskud en gedans het. Jirre, of at least ‘n wawiel maak. Seker maar stage fright gewees. I are disappoint.
                                      0119_Cortina Whiplash_D7A_2167_1Maar nie so disappointed as wat ek in myself was nie. Aking het laasjaar seker een van die beste local albums in ‘n baie lang tyd release en ek was dik amped om hulle vir die eerste keer in ‘n lang tyd op ‘n groot verhoog te sien. Die main stage het hierdie jaar groter gelyk as die vorige jare en Aking se crowd het fokken diep gestaan. Van die grootste crowds nog virre local act. Heavy support. Huge. Iets het vir my uit plek gevoel met hulle eerste song. Asof hulle nie die hele stage benut nie en net rondstaan en musiek jol. Ek het vir nog twee songs rondgestick en die ouens nie ‘n kans gegee nie. “Ek is hier om musiek te kyk ook, nie net om te luister nie. Die ouens gebruik nie die stage nie”, was my woorde aan ‘n tjommie net voor ek dikbek gefokof het.” Gods, ek is ‘n fokken tietkop. Ek is die volgende dag vertel dat dit moontlik Aking se beste show tot op datum was.
                                      0121_Aking_D7B_7328_1Ek het Vrydagaand se kykgenot afgesluit deur Bitches Brew op die Builof Stage te gaan kyk. Op hierdie stadium het Phil, die bassist van Livingston saam rondgemission en ons het so tussen stages rondgeval en per ongeluk opgeëindig by Parlotones ook. Ons het dit uitgehou vir ‘n volle 40 sekondes lank. ‘n Mens Khan net soveel keer kyk hoe ‘n ou sy spinnerak maskara onder sy bowler hat laat uitloop. Die musiek is seker orraait, maar jirre die hele act raak nou bietjie lank in die tand na so amper 20 jaar. Tyd om julleself te re-invent, ouens. Ons is toe maar terug Bitches Brew toe vir die meerderheid van die set en het maar handoek ingegooi en gaan kappe maak by base camp.
                                      0126_Bitches Brew_D7B_7826_1Bands wat op my to do list was vir die dag waarop ek uitgemis het was Filth, December Streets, Stoker en Bye Beneco. Fok man.

                                      Saterdag het heel rustig begin. Kobus De Kock Jnr het bietjie vir die wilde prawns van Mordor worsies deur die draad gevoer in ons kamp en toe vat ek en nog ‘n tjommie, die Duitse documentary filmmaker, Basti, wat saam met Livingston travel op ‘n game drive om so bietjie wilde mense te gaan kyk. Ons het ‘n roomyskarretjie tune poeshard gespeel in die hoop om die rooigebrande District9-bewoners uit hulle gate te lok. Die video sal seker volgende week gereed wees. Een ding wat ons wel opgelet het was dat die buitewyke van Mordor heelwat leër was as verlede jaar. Dit moet sekerlik ‘n teken wees dat ons land se ekonomie poeshard genaai word, veral hierdie jaar. Hello, loadshedding! Hello, Zuma!

                                      Ongelukkig het twee shows van Saterdag se line-up lelik ge-clash: Brixton se tribute show by die kleinbar en Livingston se eerste show in SA. So skuins voor sunset was Livingston die absolute hoogtepunt van Saterdag gewees vir my (en kakbaie ander mense). Toe hulle eventually Nude Girls se Blues Eyes cover as ‘n hat-tip, het die crowd hulle kak verloor. Nie dat hulle nie entosiasties was vir die eerste deel van die set nie. Inteendeel, dit was ‘n surprise om te sien hoe about almal saamsing en Livingston se lyrics ken. If memory serves me right, het hulle afgesluit met Chemicals en moes terugkom vir ‘n encore na ‘n oorverdowerende “We want more!” van die crowd af. Absolute goud. Hoendervleisoomblikke, even more so for them.0212_LIVINGSTON_D7B_0025_1

                                      “Jy moet fokken rondhardloop en aapkak gaan. Jy moet die hele stage gebruik. Moenie laat ek jou vang stilstaan nie!” was my woorde aan Chris Van Der Walt, bassist van The Black Cat Bones vroeër die dag. Ek het die vorige dag mos Aking gesien en is mos ‘n fokken kenner van alles. Ek is ook ‘n poes. Mos. Derde song in die Bones se set in, spring Chris, land skeef soos ‘n drierandnoot en skeur sy knieg se kruisligamente. Morsaf. Dave Grohl-style tape hy sy been met fokweet wat vas en die show gaan aan. Hop rond soos Helen Keller, maar elke noot kom uit en die show is befok. Vroeër die dag was drummer Jason Oosthuizen al gesuip soos ‘n Sannieshof bouer en niemand het gedink dat hy dit eers tot op stage sou maak nie. Ek vermoed hy is so paar kruiwaens vol poesklappe belowe deur die res van sy band as hy sou opfok, want die bra se timing het niks makeer nie. Hy moes net eenkeer gedurende hulle set gou-gou backstage so paar mondkatjies maak en is toe weer terug agter die stokke om verder rock ‘n roll verwoesting te saai saam met sy tjommies. Great show, net jammer oor die been-storie. Dit het effens van die energie ontneem. Maar net effens.
                                      0214_The-Black-Cat-Bones_D7A_8736_1Daarna het ons effens tussen so paar stages rondgefok, ‘n oor gegooi hier, ‘n loer gegooi daar en besluit om te settle op Sannie Fox se show by die Bruilof Stage. Vir omtrent 5 minute lank. As ek wat ons gesien het in twee woorde moet beskryf sou dit wees “utter disappointment”. Baie mense het dit nogal ge-hype en ge-rate voor die tyd maar dit het fokol vir my gedoen. Ek hoop om binnekort nog ‘n Sannie Fox show iewers te sien om my opinie te verander. Sorry, Sannie. Rain cheque?
                                      0222_Sannie Fox_D7A_1364_1-3Vir die 23:00 slot het ons rondgemission om Full Swing by die klein bar en Nomadic Orchestra by die James Philips stage te kyk. Soos altyd was Nomadic Orchestra heavy energetic en het die crowd laat bons en by Full Swing het dieselfde gebeur: Lanie van Der Walt op die upright (double) bass, Michale Lesar oppie decks, Greg Georgiades met sy Ukulele en Thalia Sklair wat sing en dans in wat beskryf kan word as ‘n deftige 1920’s poespelmet. Nie eers Lanie se huge bass of Greg se belaglike ukelele kon die aandag aftrek van die hot meisie wat dans en sing nie. Dit was pragtig.
                                      0224_Nomadic Orchestra_D7A_1521_1Dit was ook nie die einde van die aand nie. Dit was die begin van ons undoing. Ons het ge-deurnag en dinge het baie fokken blurry geraak… Wat het ek die laaste dag van Oppikoppi gesien? ‘n Band met die naam van Satanic Dagga Orgy. Waaroor gaan die musiek? Fokweet. Hulle het in onderbroeke gesing en dans en kitaar gespeel en ek het baie gelag. Wat het ek die res van Sondag gesien? Fokol. Gogol Bordello? Nie met ‘n oog nie. “Jy kan daai kak op YouTube kyk, man!” *vat nog ‘n sluk skoon vodka*. Ek is nogal die poes in vir myself daaroor, maar wat maak ‘n ou? Jy gaan maar weer volgende jaar terug en hoop jy fok nie op nie…
                                      0302_SDO_D7B_3632_1Nog bands op my lysie wat ek fokken graag wou sien: Shark To a Gunfight, Southern Wild, Tweak (haha, noddefok nie), Albert Frost & Toya Delazy (spyt oor daai een) asook PH Fat (hulle het blykbaar kakbaie spandeer aan ekstra production value). O ja, en Tartran. Blykbaar was hulle fokken amazeballs (soos die gooses sou tune).
                                      0202_Shark-To-A-Gunfight_D7B_8448_1En dit is hoekom daar befokte fotograwe soos Watkykjy se Big H is. Om af te neem wat dose soos ons mis en dit te verewig. Onse Henry het nagenoeg dertigduisend foto’s oor die Oppikoppi naweek geneem en die moments gaan uitsoek. Hy het gemanage om 79 bands af te neem. Dit moet ‘n nuwe fokken rekord wees. En dis nie kak foto’s van 79 bands nie. Dis fokken topklas. Gaan kyk gerus vir jouself op die Watkykjy Facebook page:

                                      Oppikoppi Dag 1
                                      Oppikoppi Dag 2
                                      Oppikoppi Dag 3
                                      0325_GOGOL BORDELLO_D7B_6335_1Vir ‘n beter, nog meer omvattende oorsig van Oppikoppi, lees gerus ook hierdie drie stukke:
                                      http://mk.dstv.com/2015/08/09/oppikoppi-2015-dag-1-wil-jy-nie-saam-met-ons-kom-inkleur-nie/
                                      http://mk.dstv.com/2015/08/09/oppikoppi-2015-dag-2-jys-n-nyala/
                                      http://mk.dstv.com/2015/08/11/oppikoppi-2015-dag-3-die-verstrooides-van-afrika-en-die-moeilike-aksent/

                                      Deel met jou tjommies!

                                        Dis heerlike lente, maar spaar ons seblief hierdie kak.

                                        $
                                        0
                                        0

                                        Kom ons maak hierdie somer in Suid-Afrika lekker vir mekaar. Moenie soos ‘n doos aantrek nie. Jy het nie regtig baie fashion sense nodig, net ‘n bietjie common sense. Dis straight forward, maats: Ouens, dra maar die gewone boardshorts. Gooses, bly weg van die oumabroeke af en hou by bikinis en die odd one piece vibe wat smaaklik vertoon.

                                        Ons sal graag bietjie van ‘n swimsuit collection van die Watkykertjies aanmekaar wil sit oor die volgende maand of so. Dis nie ‘n kompetisie nie, dis net vir fun, so stuur gerus bietjie kiekies in van jou volgende braai langs die opblaas swembad, die community pool of die strand.

                                        Om julle reg te help is daar so paar defnitiewe no-no’s gekies ter illustrasie. Hier is so paar tips oor hoe om nie vir die somerseisoen te dress nie…

                                        Hierdie geld vir die gooses en die brasse. Winter is verby, my ou. Daai hairy bene – skeer vir hulle of kak af en dra ‘n langbroek vir die res van die seisoen. Jy wil nie lyk asof Chewbaka jou met gom besmeer het en jou bene soos ‘n hond naai nie. Bad dog. Die hare moet waai.
                                        harige beneLevi Strauss het al way terug in die 1850s die groot pappa van die jeanpant geword. Denim moet eintlik net in die jeanpant formaat gesien word. Nie op handsakke nie, nie op werkshemde nie, nie as skoene nie en sure as fuck nie as whatever die fok hierdie bra hieronder probeer afpull nie.
                                        jeanpant skoene jeanpant waddefok is dit hierdieCrocs is ook ‘n fokken groot sonde. Veral in ‘n kleur soos oranje. Daai gaatjies op die skoene is waar jou selfbeeld uitloop, so hou dit in gedagte.
                                        Orange-CrocsAs jy confident genoeg is om so langs die dam uit te hang, double check net seblief alles voor jy aan die einde van die dag jou goedjies oppak. Vreemdelinge wil nie agter jou aanloop en gaan rondkrap daar by die exhaust rond vir vermiste sambrele, boomboxes, braaitange of klein troeteldiertjies nie, ouma.
                                        oumaAs jy vir ‘n one-piece wil gaan wat lyk asof dit op jou lyf geverf is, meisie, doen presies dit – verf dit eerder op jou lyf. As jy flos en fliesies dra wat lyk of dit jou koek of poefloebbe in twee gaan verdeel kan dinge risky raak.
                                        baie dunDaai tipe bathing suits maak ook baiekeer vir kak akward tan lines. Na ‘n dag op Balito se strand wil jy nie lyk asof ‘n ou met enorme ballas en ‘n dun voël met ‘n groot kop op jou bors gesit en Rapport lees het nie.
                                        groot tanTe veel strappies op die bikini kan ook maak dat so paar ure in die son jou laat lyk asof jy saam met die duiwel vleis gebraai het. Heeltemal te veel pentagramme en dit lyk of die son vir so wyle by jou hol uitgeskyn het. Sulke strale.
                                        strappiesProbeer ook om nie te lyk asof jy by geboorte in ‘n hangmat toegedraai is en vir 20 jaar lank niks anders gedra het nie. Daai toutjies onder by die poefenjors het ook die geneigdheid om ‘n ongewenste, onverwagse drol soos fokol te laat split. Dubbeldrolle. Not want.
                                        drol splitterWanneer jy by ‘n partytjie opdaag en soos ‘n doilie aantrek, gaan mense jou op die tafel maak lê en jou as ‘n lappie gebruik om die kakwarm teepot op neer te sit. Hey, maar as branderke op jou maag jou ding is, go for it.
                                        teepotHierdie is ook ‘n baie belangrike fashion tip vir die somer – as jy tuisgemaakte swemklere het, los dit by die fokken huis en loop eerder kaal rond. CDs, duct tape en goudvisse? Nee jirre man. Kom by.
                                        cds duct take swim goudvisseDudes, niemand gee regtig om of jy jou broeke by knopstores koop nie. Hel, jy kan even jou vleismissiel in ‘n kruiwa saam met jou rondstoot orals waar jy gaan of aan jou enkel vasmaak met ‘n Lance Armsttong bandjie, want jy het duidelik ‘n moerse probleem. Maar for fuck’s sake, bly weg van die shape shifter swembroeke af. Dis pretty much heelbo aan die skaal van walg en mondkatjies. Jy behoort in elk geval nie aan een van daai totterman-tribes van Suid-Amerika nie.
                                        knopstores 1 knopstores 2

                                        Borat se mankini. 2006 het gebel en soek hulle grappie terug. Jou fokken nool. Nee. Net… Nee.
                                        borat mankiniOns is weer terug by die one-piece suits. Girls, as julle dit regtig moet dra, stick asseblief by een kleur. Full size prints van cute katjies gaan byvoorbeeld nie werk nie. Een golf by Margate wat jou verkeerd op die agterstewe klap en daai katjie se neuse sit dalk smack bang waar jou voorboude se neusie sit. Totes awkies. Hou verby…
                                        poeskat suitAah, ou Gawie Grapgat. Die ou met die harige borskas en rolpens wat vir homself ‘n bikini toppie skeer en ‘n poeshoed toevoeg tot sy ensemble. Leer eers om daai vier Castle Lights te handle, dan praat ons weer. Terloops, vir een of ander rede laat hierdie foto my dink aan Grieke. Hier is vir jou ‘n kak bonus grappie:
                                        Wat weeg die average Griek?
                                        Groente.
                                        gawie grapgatHierdie enetjie sien mens heeltemal te veel. Die kenmerkende Harmanus rugboud. ‘n Boud wat al die pad teen die rug opgaan. Geen wonder die Hermanus sign board se ‘M’ word heeltyd gesteel nie. As jy nie muffins het om te verkoop nie, hou asseblief op om dit te adverteer. Bikinis kom in meer as een size uit. Probeer om “heeltemal te fokken klein” te vermy. Vir almal se onthalwe.
                                        rugboudeSo gepraat van boude. Het jy geweet jou boude sit aan die agterkant? Jy het? Nouma vertel vir ons hoekom jy wil lyk asof jy boude op die voorkant ook het? Dit maak net vir ‘n baie vreemde broekhoes. Jy sien die skirt aan die linkerkant? Probeer hom gerus. Simmetrie is meestal vleiend.
                                        broekhoes broekLaastens net ‘n tip vir die ouens van Brakpan af. Los jou twaalfjarige niggie se swemklere uit. Sit daai drank ook neer. Gaan dink eers mooi oor wat jy wil bereik.

                                        Geniet jou somer!
                                        gomgat gawie

                                        Deel met jou tjommies!
                                          Viewing all 228 articles
                                          Browse latest View live