Quantcast
Channel: Snotstories – Watkykjy, huh?
Viewing all 228 articles
Browse latest View live

Bokkies, bloeisels en ‘n bier(e) saam met Willem Boshoff

$
0
0

Die son gaan slaap bietjie later deesdae, ons het die winter survive en oor so paar winks begin die World Cup! Jy kan vir ‘n limited time only ons Superbru pool gratis join – die wenner kan ‘n springbok wen, as die Bokke wen.

Ek sal seker altyd skiem dat die Bokke ‘n shot sal hê om die trophy terug te bring, but this time it’s different. Ek is vas oortuig – want chack my zoo cookie
zoo-cookie-bokkeKoekies praat mos nie kak nie.

Anyway, die veld is weer vrolik my bra, die lewe ‘n lied! Die verskonings om te braai raak by die dag meer. Kort rokkies, spierwit bene (vir so ruk at least) en bloeisels aan die bome. The start of new things. So loop ek die anderdag perongeluk aspris die nationale kaptein van kuns, Willem Boshoff, raak. Die bra is fokken huge in die overseas en sy baard is even meer huge. Fok Paul Kruger.
willem boshoff
Nee seriously, klap ‘n google as jy skiem ek try jou ‘n mielie rol. Of check net sy website – ‘n legend, fokken #once. Ons het in so semi-biertuin tuin onder ‘n druiweprieël gepark en ek was, first of all, blown away toe hy my tune ons het dalk al iewers, somewhere along the line ontmoet. Hy was amper convinced en ek kon nie regtig stry nie want ek het al per geleentheid memory loss gehad as daar jagsemeisies aka tipex oftewel Jagermeister betrokke was.

Willem is oorsprongklik van daai zefskaam hoekie in die Vaaldriehoek langs V-Town. However, die naaste wat ek aan Vanderbijlpark oor die laaste dekade gekom het was om ‘n tjerrie wat ook daar gebore is te date – een van daai dik skelm (pun intended) nommertjies.

Willem het ons oor ‘n glasie rooi vertel van die moves wat hy gepull het as hy nie regtig met iets (governments policies veral) saamgestem het nie. Amerika se calculated air strikes op Baghdad (die payback vir 9/11) het hom byvoorbeeld nie aangestaan nie. Kuns wat hy oor daardie tietkop move wat George Bush in 2001 gemaak het, het net die ander dag vir like R2-miljoen.
verkoop. “Ek dink ek het die werke oorspronklik vir R15 000 stuk laat gaan,” het Boshoff verduidelik. Nie ‘n sent meer vir die artist nie.
bushToe begin hy oor rappie gesels en dit was dalk die befokste pre- World Cup chat wat ek tot dusver gehad het. Boshoff worry, soos meeste van ons nou maar doen, oor die ouderdom van sekere spelers. Hy kon egter die waarde van soveel ervaring in die Springbok groep beaam en nes die res van ons, sien hy ook daarna uit om die global showpiece te kokkenotch.

Vir my was dit verby cool om te check dat ‘n legend in die kunswêreld ook ‘n opinie oor iets het wat nie noodwendig hip-and-happening in artistic circles is nie. So baie arty farty fokkers is nou maar net nie so gewire om van sport te hou nie. Baie van hulle kyk daarop neer terwyl ander hipsters daarvan oortuig is dat dit “uncool” is om so bietjie passionate oor ‘n bolsport te raak.

Okay fine, daar is seker redes waarom sekere mense besluit om met oogklappe deur modern South African living te gaan, en ek is seker baie ouens wat die kwas eerder smeer, was op skool gemok omdat hulle nie ‘n bal wil of kon vang nie – en dit is ook oraait.

Maar as Willem Boshoff uitmaak, kan dit dalk net tot hul voordeel wees om so elke nou en dan die kassie dop te hou as die ouens in groen en goud jol. Niemand verwag van jou om oornag die coach of kaptein se naam te ken nie, maar fok die game, check net hoe mense reageer wanneer ons score.

My tweede zamalek was veral lekker gewees, thanks Willem en PS, die blou aap road kill decompose in een van die local artists se studio.

Deel met jou tjommies!

    Jack Parow se boek is uit – Die Ou Met die Snor by Die Bar

    $
    0
    0

    “Dis nie omdat ek dink die son skyn uit my gat dat ek my life story in hierdie boek vertel nie. Ek meen fok, ek is nog maar net 33 jaar oud, give me a break.”

    So begin Zander Tyler, aka Jack Parow die voorwoord in sy boek (soos oorvertel aan Theunis Engelbrecht). Dis ‘n soortvan outobiografie wat terugstrek na nog vóór die man met die lang pet se geboorte. Hy skets ‘n prentjie van sy voorvaders (almal kleurvolle, interesting karakters) en gaan haal hom duskant sy oupagrootjies en trek vir hom deur tot by sy carefree, uncomplicated jeug (ons praat hier van pre-hoërskool) waar hy as laitie in comics en arcade games verlore geraak het. Dis ook hierdie verbeeldingswêreld wat hom ge-shape het in die entertainer waarin hy eventually ontwikkel het, natuurlik nie sonder complications nie…

    Dis ‘n nostalgiese trip down memory lane, soos wat jy in sy musiek ook sal aantref, kenmerkend byvoorbeeld in sy tune, “I Miss”. Parow is ook ‘n serious familieman (self ook deesdae ‘n pa van ‘n dogtertjie, Ruby) en hy dink ook fondly terug aan hoe sy ma en sy sussies hierdie stoutgat kind moes handle, hulle vakansies by die see en hoe sy pa hom op trips in die kar gevat het as die gooste in die huis te loud en praterig begin raak het.

    Verder gesels hy oor sy hoërskooldae en al die kak wat gewoonlik spat in daai vormingsjare waarmee puisiegevrete moes deal – boelies, underage drinking en fucked raak by house parties. En natuurlik skool self, wat vir sommige kinders ‘n baie kak tyd in hulle lewens is. Wanneer die zits en die hormone inskop en kids somtyds nie lekker weet waar hulle inpas nie. ‘n Groot deel van die boek kan half as ‘n moderne handboek vir kids gesien word en ek skiem Parow se jonger audience en fans sal veral met hierdie gedeeltes identifiseer. Dalk ‘n case van “leer uit hierdie bra se foute”. Altyd handy.
    die-ou-met-die-snor-by-die-bar-jack-parowNog ‘n rede hoekom Parow die boek geskryf het (behalwe dat hy deur publishers genader is en gevra is om dit te doen) was om vrae te beantwoord. Jy kan imagine hoe so iemand lastig geval word voor shows, na shows of sommer by Pep terwyl hy net probeer onties koop en gepeper word met vrae. Baiekeer dieselfde goed oor en oor, sou ek raai. Ek sou my poes gepluk het as ek in sy skoene was, maar Zander maak altyd tyd vir sy fans en hierdie was maar net nog ‘n manier om so paar dinge wat nie general knowledge is nie so effens op te klaar en in perspektief te sit.

    Soos almal moes Zander ook maar uitfigure wat hy na skool sou doen en hier is waar die handboek-vibe weer inkom in ‘n manier: hy het seriously dead beat jobs gewerk. Ek meen jirre, wie wil in ‘n begrafplaas werk of nine to five fokken vis pak in ‘n fabiek? #SlegteTye
    jack-parow-comicDie grootste deel van die boek gee mens so bietjie insight into wat alles agter die skerms gebeur, ‘n loergat tot die Suid-Afrikaanse entertainment industry, soos toe Steve Hofmeyr hom wou bliksem, toe ‘n paar ander Afrikaner omies hom wou donder en hoe van sy bookings deur verkrampte konte stopgesit is. Gelukkig is dit meerendeels positief. Nie almal is konte nie. Hy gesels ook oor sy collabs met like minded mense en befokte artist en sy liefde vir Afrikaans. Die taal wat hy volgens extreme Afrikaanse kerkmense so opfok en naai.

    Sy travels en oorsese toere klink ook befok lekker. Hy het kakbaie international acts ontmoet, asook heroes uit sy kinderdae wat hom inspire het, sommige van hulle presies soos hy hulle imagine het en sommige van hulle bietjie konterig. Van die staaltjies van wat voor, tydens of na shows en sy travels gebeur is soms poes crazy.

    Hy deal ook met so paar persoonlike issues in sy boek – die dood van sy pa (wat daartoe gelei het dat hy Tussen Stasies geskryf het), asook hoe hy op ‘n stadium totally rock bottom geslaan het en weer by sy ma moes intrek om homself van die grond af moes optel en basies van scratch af te begin om te kom tot waar hy vandag is. Dis ook lekker om te weet dat sy musiek moerse rewarding is vir hom – mense het hom al by shows genader en vertel van hoe van sy “dieper” songs hulle al deur heavy taai tye getrek het.

    Die boek vat jou op ‘n wilde ride deur goeie tye, kak tye, fokken weird goed wat die man al moes aanskou, awsome gigs aook die kakste gigs wat Jack Parow al moes deurmaak, of dit nou organisers, drank of min slaap se skuld was. Daar is oor die honderd illustrasies en foto’s (baie uit sy private collection) wat nog nooit voorheen te siene was nie en die hoofstukke word mooi afgerond met lyrics van sy songs. All-in-all is daar drie-en-twintig van sy tunes se lyrics in die boek, so fans wat altyd by hom gemoan het dat hulle die lyrics saam met die songs wil lees en sing het nou ‘n kief item vir hulle Jack Parow collection. Hy neem jou ook op ‘n tipe walk-through deur van sy music videos, die idees daaragter, die harde werk op sets en hoe die dinge aanmekaargesit is.
    afrikaans-is-doodDis by no means ‘n literary masterpiece. Die boek is in Straatafrikaans geskryf en lees fokken easy. Jy sal hom in ‘n halwe dag kan deurdraf. Teen 200 skille vir ‘n 240 bladsye boek (wat illustrasies, foto’s en kleurfoto’s hier en daar insluit) is dit ‘n bargain. Sulke tipe boeke sou normaalweg enige iets vanaf R275 opwaards kos, so props aan Jack Parow en die publishers wat die fans se beursies in ag geneem het met die release  daarvan. Ons kan Krismis al amper ruik (ja fok, dis daai tyd van die fokken jaar), so bestel hierdie outjie solank maar vir jouself, jou goose of jou tjommie.
    Jack-Parow_PenguinRandomHouse_WatkykjyDie eBook is slegs 130 pitte, maar sit eerder daai R70 by en koop die actual boek. ‘n Lekker boek met kiekies en fotos moet langs die swembad of onder ‘n boom gelees word waar jy eventually met hom oor jou gesig aan die slaap raak en verder lees as jy vol drool wakker word…
    jack-parow-father

    Deel met jou tjommies!

      Fok poachers! Hollywood actress, Shannon Elizabeth help SA se renosters.

      $
      0
      0

      Jy hoef nie stats gevoer te word om te weet watter groot fokop rhino poaching in Suid-Afrika en die res van ons kontinent is nie. Daar is probably genoeg tjommies op Facebook wat jou timeline elke nou en dan ontsier met foto’s van dooie, bebloede renosters en dit maak jou in elk geval net die poes in. Dis nie lekker om sulke kak te sien nie en het moontlik die teenoorgestelde uitwerking as handjie bysit of geldjie uithaal. Dis soos karongelukke en gewapende roof in Mzansi – dis so algemeen dat ons afgestomp raak.

      Verlede week het Shannon Elizabeth (daai warm goose wat die rol van die exchange student speel in American Pie) ons last minute deur David Reese (onthou jy Nick van Egoli?) gevra om iets te kom help film en dokumenteer. Ons was soos in like, haar persoonlike film crew, gurlfrang!
      *stoot bors uit en vryf so oor gulp*

      Sy wil footage terugneem Amerika toe en daar ook awereness create rondom die poaching gemors wat amper elke dag in ons wildreservate afspeel. Om eerlik te wees, die TV mark, wildlife programme en die interwebs is pretty much saturated met almal se pleidooie en mens wonder of die zak wat ingesamel word regtig ‘n verskil maak. Gelukkig is dit steeds die geval. Shannon het net voor sy in SA aangekom het, oor die $30000 ingesamel. In die bigger scheme of things klink dit nie na baie geld nie, maar dit maak tog ‘n verskil, veral met die Rand wat so in sy ma se beste poes in is. Daai geld translate na net onder die R400k en gaan sorg dat Hwange National Park ‘n solar waterpomp kry vir die rhinos. Tracking collars, ranger supplies en ‘n wireless kamera trap word vir olifante gekoop vir die Aware Trust en omtrent ‘n R100k gaan vir toerusting gaan vir Saving The Survivors – ouens wat renosters rehabiliteer.

      shannon-elizabeth-baby-rhino

      Hierdie baba rhino is ongeveer drie jaar oud. Hy en sy ma is uit die chopper gedart en sommer saam onthoring, getag en DNA samples is geneem.

      Mens kan ook in statistieke gaan rondkrap, want awereness programme soos hierdie bring oor die langtermyn moontlik die meeste zak van oorsee af in. Meer as wat ons in SA kan insamel. Dit was ook cool om eerstehands te ervaar wat alles gebeur rondom die de-horning en tagging program met die renosters. Dis nogal ‘n fokken storie, en ‘n duur storie daarby. Met verlede week se mission is vyf renosters onthoring, getag en DNA samples van geneem en alles het tussen 7am en ongeveer 11am gebeur. ‘n Moerse suksesvolle dag, want dit kan maklik ‘n hele dag van ‘n kakhuis vol mense se tyd vreet om net een renoster se horing af te sny. Dis fokken helikopters en petrol en chainsaws en veeartse en helpers en voertuie en what-what. Dit voel soos ‘n fokken oorlog.
      Dit is actually ‘n tipe van oorlog. ‘n Fyn beplande een. Die helikopter moet die rhinos gaan locate waarna die span op die grond ge-radio word. Daar word tussen die grond en die lug gekommunikeer en oom renoster kry ‘n veerpyltjie met lekker drugs net so bokant sy poeflobbe. Daarna beweeg ‘n security team wat soos fokken navy SEALS lyk in om die perimeter te secure tesame met hulle kick-ass Pitbull terrier, Diego. Die medics beweeg ook in, net in case ‘n bedonderde renoster dalk iemand se klokke aftrap of ribbes teen ‘n boom wil pannekoek. Alles moet redelik vinig gebeur – renosters is (soos die grootste rugbyspelers) moerse sensitiewe diere.

      shanon-elizabeth-rhino-south-africa

      Shannon Elizabeth saam met die ouens van Pit-Track Anti-Poaching Unit en hulle kief hond, Diego.

      Terwyl hulle daar uitgepass lê word die horing afgesny tot ongeveer vier vingers van die basis van die horing af. Enigsins dieper en senuwees word raakgesny. Dit gebeur alles met ‘n chainsaw. Daarna word tracking chips ingesit met behulp van ‘n cordless drill (sommer in beide horings) en ‘n klein stukkie word uit die stert gesny vir DNA sampling. Die renosters se ore word gestop met moerse lappe en hulle word geblinddoek gedurende die proses. Hulle asemhaling word ook gemonitor deur jou hande voor die neusgate te hou en dit moet hier by die 7 harde blase per minuut wees. As dit by 6 en onder kom, kan dinge gevaarlik raak, want dit beteken oom renoster is besig om te stress of besig om wakker te word. Of beide – dan is daar kak, naels en hare vir almal in die omtrek. Hierdie hele scenario speel min of meer binne 10 minute af. Daarna spuit die veearts die outjie in met die antidote om die rhino wakker te maak. So paar pietse op die boud volg en dan moet almal soos Craig Joubert maak en fokof!

      rhino-dehorning-watkykjy

      Tragies dat mooi diere esteties opgefok moet word om hulle aan die lewe te hou.

      O ja, so gepraat van naels – dis wat ‘n renosterhoring is. Een moerse fokken nael. Ek het so paar van die shards opgetel en ek sweer – as ek dit langs my toonnaels sit wat ek knip, sal jy nie die fokken verskil kan sien nie. Behalwe miskien vir so bietjie toe jam, maar dit kan ek gougou was met industrial cleaners. So hier is dalk ‘n oplossing – ons almal knip ons toonnaels en spaar dit in botteltjies. Sodra die botteltjies vol is, maal ons dit fyn en pos dit Ooste toe sodat daai konte ons sif toonnaels kan opsnuif en met boners kan rondloop. Hulle sal nie ‘n fok die verskil agterkom nie, want daar is nie ‘n fokken verskil nie.
      Dis moelik om te sê of die hele de-horning storie die mees effektiewe manier is om poaching te fight. Die horings groei actually vinniger terug wanneer dit gesny word en moet dan weer uitgesort word op ‘n latere stadium wanner die renoster dan weer deur al hierdie kak en drama sit. Vir nou is dit ‘n oplossing. Die tannie van Sanparks het ons getune dat die renosters dit nie regtig voel nie. Volgens haar is dit soos wanneer jy jou vingernaels te kort sny. Ek weet nie van jou nie, maar as ek my vingernael te kort sny trek my hol dienooreenkomstig so styf toe dat ‘n poep nie eers kan ontsnap nie. Dit het gelyk of die diertjies bietjie stress vang – bene het bietjie geskop en nostrils het ge-flare. Moelik om so iets te aanskou. Dit het op ‘n stadium gelyk of iemand ‘n sak mielies op Shannon Elizabeth se emosionele wipplank gegooi het. En soos opportunistiese kokkelolle was ons daar om haar met drukkies en rugvryfies te troos so tussen deur die snot en trane…

      Deel met jou tjommies!

        Meneer Doenbaar and the Saturday Semi

        $
        0
        0

        Deur Meneer Doenbaar

        One of the great perks of being an occasional contributor to Watkykjy, is that every now and then Griffin can’t make it to an event and he turns to you, a willing member of his ever ready crew of representatives and lines them up for an interview, or a photography gig, or VIP access to a Johnny Walker whiskey tasting where you end up drinking Platinum Label and Coke, stuffing your face with complimentary Woolworths schwarmas before you have to call an Uber to take your 1-star rated drunken ass back home. That’s an example, of course.

        Or perhaps it’s like when Ch0pper Charlie interviews Metallica or Gareth Wilson interviews the Lumineers or Griff himself interviews Kris Kristofferson. I guess what I’m saying, is, there are awesome things that can happen, and opportunnities like this should not be simply shrugged off. And so, this Saturday, Griff arranged for me to have a new and unique experience of a lifetime. Being the day of the big S.A. vs All-Blacks semifinal, I figured this one would be huge.

        An overseas trip was highly unlikely, but as I waited in anticipation on Saturday morning for the call with details I still did the math on a possible plane flight to the UK. Or perhaps it would be a lekker all-expenses-paid braai and brandy experience sponsored by Ricky Louw or Meister Jagie, with an overnight stay at a 5 star hotel and breakfast for the victory babbelas. Or maybe a trip to a game farm in the Magaliesberg for an early hot-air-balloon ride followed by an event where I’d rub shoulders with the eligible daughters of the cream of South Africa’s rugby heritage. Or maybe even just free KFC and a chance to watch the rugby on IMAX followed by a little dancing at Tiger Tiger, boet.

        But it was bigger than that – my chance, my opportunity, my moment was here, to fly the flag proudly for Watkykjy and for my country…

        At 4:30pm on Saturday I would be taking Griffin’s niece to meet international superstar pop singer Carly Rae Jepsen, and afterwards had free Golden Circle tickets for the show at the Monument Amphitheatre!!! Tadaaaa! Dankie bra, dit was befok timing. Die enigste fokken semi wat ek gesien het was tussen my bene toe daai kort C3PO-goud rokkie van CRJ effens opgelig het terwyl sy “I really really really really like you” mooi gedans het.

        In Carly se defense, wat sy nodig het want sy is Canadian, is sy ‘n mooierige meisie with one helluva voice and a tight backing band wat lekker pop tunes sing. Pop is nie rerig my ding nie, but I had enough tequila, brandy and whiskey in me that I actually ended up enjoying the show for what it was – a good fun evening of happy music. Dankie, Carly. Call me, maybe?

        In retrospect, mine just may have been the better semi to experience…
        crj-pretoria crj-pretoria-2 crj-pretoria-4 crj-pretoria-6 crj-pretoria-8

        Deel met jou tjommies!

          Eina! 23 alledaagse dinge wat jou opfok met pyn.

          $
          0
          0

          nicholas cage huilJou senuweestelsel bestaan uit ‘n hele paar substelsels: die brein en die rugmurg vorm jou sentrale senuweestelsel en die sensoriese en motoriese senuwees maak jou perifere senuweestelsel op. Of iets in daardie lyn. Skool en biologie is ‘n moerse distant memory vir meeste van ons. Wat jy wel weet is dat al hierdie stelses direk aan jou woordeskat verbind en dat die woorde “eina”, “fok” en “poes” met crazy glue aan jou traankliere vasgegom is. Van ons is groter ongeluksvoëls as ander, maar daar is so baie alledaagse goedjies wat meeste van ons six love opfok met pyn…

          Shampoe in die ogies
          Baie basic en gebeur moontlik so gereeld as wat jy jou hare was. Jy kan jou oegies so styf toemaak as wat jy wil maar somehow kry die shampoe altyd sy pad na die oogballe toe. Kan ‘n kak vibe veroorsaak as jy met rooi ogies by die graft opdaag want ouens skiem jy het of gehuil in die kar op pad werk toe of te veel bergspinasie longe toe gestuur.

          Kookolie
          Jy skiem jy gaan vinnig ‘n low budget aandete aanmekaar gooi. Skyf in die bek sonder jou shirt lob jy so paar Smackeroos in ‘n pot warm olie wat jy te lank op high gelos het. Die Smackeroos se water en olie begin mekaar te bliksem en hulle vuishoue land regoor jou bors. Dit lyk asog iemand jou met ‘n fokken haelgeweer geskiet het. Bonuspunte as ‘n vet druppel olie binnekant jou naeltjie land. Hy maak ‘n moerse blaas en jy kak af vir weke na die tyd.

          Messe en ander skerp kak
          Afgesien van die feit dat jy al jou hele fokken lewe lank met skerp voorwerpe (dit sluit jou tjommies uit) werk, sal jy dit steeds regkry om jou vinger raak te sny terwyl jy iets kerf. Dis een van daai instant snye, gevolg deur liters bloed, so 6 kilogram vloekwoorde en dan rondhardloop en skreeu soos ‘n maer vark. As jy ‘n spesiale tipe van dom is (jy weet jy is, want dit het al gebeur) het jy ook al die verkeerde tool vir die verkeerde job gebruik – broodmes om ‘n plug oop te maak, ‘n steakmes as ‘n skroewedraaier, ‘n skroewedraaier as ‘n steakmes. Dit eindig gewoonlik met ‘n gat in jou palm en jou Discovery kaart wat by Ongevalle ge-rev word.

          Uie
          Is dit regtig die moeite werd om uie in kos te gebruik? Fokkit, uie is kak irritered. Dit verander jou in ‘n stinkende tjankbalie. Ouens wat uitmaak van, reken daar is baie maniere om uie te skil sonder om te tjank. Persoonlik gebruik ek die “doen dit net kontvinnig” metode – maak ‘n diep sny sny reg rondom die ui en tune koebaai vir so twee lagies en sny die res vinnig op voor jy in trane uitbars. Sny dan ook jou vinger raak. ‘n Ander oplossing is om Chappies te kou – jy kou Chappies in dit sitkamer terwyl jou goose in die kombuis staan en grens met die uie. Of koop net ‘n pak uie wat fokken klaar opgekerf is.
          hoe om uie te skilChillies
          Ons is steeds in die kombuis. Jy is besig om chillies op te kap vir een of ander rede. Maybe wil jy jalapenos vol kaas stop of dalk is jy net besig met een of ander tuisgemaakte warm sousie. Either way, jy try jou tjommies impress met jou Saterdagbraai se bykosse. So rukkie later hoor hulle jou vanuit die badkamer brul. Jy het vergeet om jou kloue af te spoel voor jy gaan pis het en tydens daai dringende waterskenking het jy met jou chilliehande aan jou sensitiewe vleismissiel se glans geraak. En daarna ‘n traan weggegee en die vuur na jou oë toe versprei. Kak tye.

          Kleintoontjies
          Daar is net so paar dele van jou lyf wat jy nie met gips kan uitsort as jy dit opfok of breek nie: jou slang, jou ribbes en jou kleintoontjie. Skop daai outjie per ongeluk teen iets hard soos ‘n kas of tafelpoot vas en jy is in pyn vir weke, pers van die enkel af ondertoe en loop soos ‘n gebreklike T-Rex wat houtwerk op laergraad gedop het. Binne die ses tot agt weke wat dit jou neem om te herstel is die kanse fokken goed dat jy hom weer sal stamp.

          Jou kop
          “Wat maak jy onder die lessenaar, Gert?”
          “Ek soek net my… *thump* EINA POES-FOK-DONNER!”
          Nadat jy jou kop se agerkant kakhard gestamp het met die opkomslag sal whatever bo-op die lessenaar was langs jou op die vloer begin neer reën in stukkies. Dit is gewoonlik kakduur, is van glas gemaak sodat jy in die splinters ook kan trap of iets moerse fokken special wat irreplaceable is. Dit alles net omdat jy jou iPhone wil inplug. Want plugs moet altyd op die kakste plekke in jou huis sit. En as dit nie tafels is waaronder jy moet inkruip nie, sal daar altyd iets wees om jou kop teen te stamp. Daai kombuiskasdeurtjie wat se hoek net op die regte plek vir jou kroontjie wag, daai lae deurkossyn by jou tjommie se huis wat jou voorkop wil naai of enige ander inanimate object wat jou so hard teen die kop etter dat jy die kleur pers kan ruik.

          Jou ulnare senuwee
          Jy ken hom as jou shock beentjie. Hoekom de fok moet daar nou juis ‘n tender plekkie op daai spesifieke deel van jou elmboog sit? Ag wat, beggers can’t be choosers. Imagine dit het tussen jou kneukels gesit? Kakbaie mense sou dik skille op YouTube kon maak met kaalvuis boxing matches en cage fighting in Brakpan.

          Paper cuts
          Min mense werk deesdae met papier, maar jy kry steeds daai kak tjommies of kollegas wat skiem dis ‘n piele idee om vinnig ‘n papierdun snytjie tussen jou vingers of agter jou oor te sit. Wees next level. Dra van daai pakkies Wimpie sout saam met jou. Dit maak vir ekstra humor.

          Jou babafabriek
          Of jy nou ‘n dude of ‘n chick is, ‘n skop in die klokke of die klein mannetjie in die boot bring enige iemand op hulle knieë. Vir lank. En die geluide wat jy maak… Jirre, jy klink soos ‘n veldmuis wat geboorte skenk aan ‘n walvis. Nul lekker. Jy weet ook hoe dit voel wanneer ‘n maand se tyd moet verbygaan in ‘n paar minute terwyl die binnekant van jou mond soos metaal proe.
          skop in die ballasDeure. Enige deure.
          Totsiens, vingers! Aaawuhoooooo! Trane Hospitaal. Pynpille.

          Jou eie tande
          Killing machines. As jy nog nooit ‘n koors ontwikkel het van tandpyn nie, baie geluk, maar ek is seker jy het al jou tong of jou wang raakgebyt. Dis een van die domste goed wat met ‘n mens kan gebeur en jy kan dit nie verduidelik nie. Hoekom kan jou fokken tong en wange nie net uit jou fokken tande se pad bly nie, fok? En dit verander jou oombliklik in ‘n blathering idiot. “Eihaa eh heh by tong raahebyh!!!” terwyl lang lelle kwyl by jou bek uit drup.
          Lyk soos ‘n poes. Klink soos ‘n poes.

          Krampe
          Krampe is interessante gediertes. Hulle kom voor in verskeie variasies op die mees onvoorspelbare tye. Die meer vergewensgesinde krampe is daai outjie wat jy in die oggende kry wanneer jy wakker word en strek met jou eerste oggendpoep. Wanneer jou voet of enkel voel asof hy ‘n stadige 90-grade draai maak waaraan jy fokol kan doen nie. Soos ‘n stadige vice wat toedraai en iets gaan afknak. As jy gelukkig is, het jy jou arm ook heeltemal dood verslaap en in die poging om jou voet of enkel te gryp, bliksem jy alles van jou bedkassie af asof jy ‘n zombie is. Lekker dom. Jy weet jy het ‘n arm maar dit voel nie asof hy deel van jou lyf is nie. Proper Maandag vibes. Vergete is daai nat droom waarin jy Quen Elizabeth ‘n vleisdas gee.

          As ‘n bonuspunt sal jy later in die dag ‘n verskietende holkramp ook kry. Super spesiale mense kry hulle in sarsies. Gewoonlik in heavy publieke plekke soos crowded hysbakke of escalators in poesbesige shopping centers. Wat daai variant van krampe nog meer spectacular maak is dat jou eerste reaksie altyd is om oombliklik jou hol te gryp met die een arm terwyl die linkerkant van jou lyf collapse, jou regterkant probeer equalize sodat jy nie grondwaards neerslet nie en die ander arm hemelwaarts strek asof jy om vergifnis roep vir bloedskande.

          Tow bars
          Daar was ‘n moerse conspiracy met die uitvinding van die tow bar. ‘n Groep twisted scientists het in ‘n basement vergader en besluit dat dit vir ewig en altyd presies op die hoogte van die middel van jou maermerrie sal wees. Die rede vir die swart rubber cover wat oor die outjie pas is ook toevallig so bewerkstellig dat jy dit moeiliker in die aand sal sien wanneer jy gou om die agterkant van jou kar in ‘n klein spasie (gewoonlik jou garage) loop om iets te gaan kry.

          Legoblokkies
          Lego – Empiriese bewys dat die senuwee onder jou voetsole direk met ‘n draad aan jou poefstring verbind. Glo my nie? Trap op Lego en kyk hoeveel jy van jou onna en jou jeanpant uit jou hol uit moet trek. Dis gewoonlik so vier vingers.
          legoWaxing
          Meeste ouens maak nie uit van waxing nie. Sure, ‘n paar van ons het al van die odd patch reg rondom die nipples ontslae geraak as deel van ‘n dare. Of bloot omdat ons uitgepass was en iemand toevallig wax op hande gehad het. Dis kakseer. Dis hoekom min van ons verstaan hoe chicks wax strips plak en afruk rondom die toegerankte heerlikheid. Ek kan glad nie die pyn imagine nie. Wel, ek kan actually soortvan as ek ‘n cartoon daarvan moet imagine: Die labia hou sy sy posisie soos ‘n magaphone terwyl die girl ‘n World War II bomwaarskuwing uit alle openings skreeu en klein bloedkolletjies op die wolbeursie se walle uitslaan. Is daar nie iets makliker soos ‘n roompie wat sommer ook lekker ruik nie?

          Hamers
          Dit maak nie saak hoe fokken goed jy dink jy met gereedskap is nie – voor jy die dag dood neerslaan sal jy al meer as eenkeer jou wysvinger en duim met ‘n hamer raakgepoes het. En nie sag nie. Blou naels en bloedblaas vibes. Hoekom is ons so fokken stupid waneer ons pertrette, posters en familiefoto’s ophang? Dis ‘n fokken basic ding – jy moet net een fokken spyker inkap. Jy begin altyd met so paar ligte tikkies: Tik-tik-tik. Kyk of die spykertjie gevorder het. Tik-tik-tik. Ja-nee, hy gaan stadig maar seker in. Tik-tik. Raait, nog so paar sagte tikkies en twee hardes en ons kan daai swart-en-wit poster van James Dean bokant die kaggel laat hang. Tik-tik-THUMP! EEEEEEINAAA MASEFOKKENHAAAAAARE!
          As jy next nevel is dra jy plakkies wanneer jy kakkies teen jou muur ophang en die hamer sal op jou groottoon land. Met die kant waarmee jy die spykers uithaal na onder.

          Warm kos en drankies
          Kan iemand my asseblief inlig of daar al microwaves bestaan wat kos egalig kan warm maak? Hierdie is ‘n saak wat meeste van ons moontlik weekliks opfok. Sny ‘n stuk steak. Druk dit in jou mond. OM-NOM-NOM. Hap ‘n groot vurk vol spinach en feta. FUUCCCCCK! MON-MON-MON. Jy herkou soos ‘n bees, maar agteruit, om al die lava uit jou bek te kry en lyk eventually soos ‘n voëltjie wat kos uitkots vir haar kinders. As jy ‘n poepol is, rol jy dit rond in jou mond wat half oop is om dit af te koel terwyl jy blowjob geluide maak. Iewers in die Spur hou ‘n mamma haar hand voor haar laitie se ogies en gluur jou aan.

          Drankies werk dieselfde, maar daar is beter tell-tale signs. Soos met sous en custard. Jy kan die velletjie wat bo-op dryf fokken SIEN, maar jy sal steeds ‘n hap of ‘n sluk vat, jou dom doos. Fokweet hoekom ons breins ons so trick nie. As daai velletjie nie al die pad in die mond in af is nie, los hy ok so lekker rooi brandstreep teen jou ken af. Luuks.
          kat-blaas-vlammeWeird diere wat jou aanval
          Ons praat nie hier van die deursnit kietsie of waghond nie. ‘n Konyn het my al aan die palm beetgekry met sy tande dat ek rondgehardloop het soos ‘n heks wat van die brandtapel af ontsnap het. Dit het vir maklik ‘n minuut (wat soos 150 jaar gevoel het) aangehou. Ek was gelukkig. Dit was net ‘n konyn. ‘n Gewone troeteldier tipe van situasie. Naas dit was die mees eksotiese dier wat my aangeval het ‘n tipe iguana wat my ‘n pers streep met sy stert dwarsdeur my blou North Star tekkies gekont het. Dit was my eie skuld want ek het vir kak gesoek. Wanneer dit by die meer “interessante” diere kom word daai aanvalle altyd deur mense provoke…
          “Mamma, ek gaan vir die volrtruis ‘n Nik Na..”
          *CRUNCH*
          Kind het een oog minder.
          Dis ook snaaks wat skilpaaie kan vermag. Een van die fokken stadigste diere op aarde, naas Blade Nzimande, maar hy kry dit steeds reg om jou neus te gryp en daar te sit soos ‘n hoer op ‘n SANDF soldaat tot ‘n dokter hom moet verwyder.
          Net omdat jy vir skillie wou french kiss met ‘n stukkie blaarslaai vir Instagram fame.
          Onthou jy daai ryk kindertjies wat op laerskool na die wintervakansies kaalkop vanaf die Kruger Wildtuin terug gekom het? Dit was bobbejane wat hulle hare uitgeruk het. Klosse daarvan. Don’t fuck with the animal kingdom.

          Toilet seats
          Daar is nie baie trust waneer ‘n badkamerdeur agter jou toegaan nie. Toilet seats gee baie mense issues. Dit gebeur baie min, maar soms waneer jy gaan sit om ‘n boetie te bou, is daar ‘n haarfyn krakie in die sitplek. Jy sal dit eers agterkom waneer jy eventually opstaan om jou droltonnel boudservette te voer en daai stiplek soos ‘n moerse rooimier byt. Om te pis kan ook nie altyd maklik wees nie. Veral nie by vreemde mense se huise nie. Jy sit die toilet seat op (jy het mos fokken goeie maniere) en sodra daai straal dik loop, begin die seat om slow motion terug te val. Vol angs wag jy maar dat die rim jou full force op die tril slaan want jy vat eerder die pyn as om die kakhuis se mure vol pis te sprei.

          Kak
          Ja, ‘n bruinbeersessie kan baie fokken seer raak. Spuities maak jou boude so sensitief soos daai blink vampire outjie in Twilight en jy moet maar netjies gaan sit vir so paar dae na die tyd om nappy rash te verhoed. Kyk maar mooi na wat jy eet en drink want spuities se nefie is ook nie jou maat nie – daai dae waneer jy ‘n boomstomp deur ‘n sleutelgaatjie probeer druk. ‘n Man kan ‘n aar of ses bars. Daar is darem ‘n effense relief as die grootste drol op aarde jou kakpyp verlaat en jou poefgaatjie vir ‘n wyle tot verhaal moet kom en asemhaal soos ‘n vis wat op droëe land uitgespoel het. Daai relief het ook ‘n maatjie saamgebring – skaam.
          dumb-and-dumber-toilet-kakPuisies
          Sulke embarrassing vergroeisels vol etter wat deur hulle kenmerkende steekpyne ‘n traan na die oog toe kan bring, veral daai outjies wat dit somehow goed gedink het om in die binnekant van jou neusgat kamp op te slaan. Jy kan die fokken ding nie uitdruk nie en hy sit nou maar daar tot hy eventually as ‘n ryp peer besluit om in ‘n spectacular mengel van snot, bloed en puss soos ‘n vulkaan te ontplof. Daais wat op die punt van jou neus sit is ook glad nie die piel vir Sannie nie. Mooi groot en rooi met ‘n blink, goue punt wat net wag om orgasme te bereik en ‘n gat in jou snawel te los. Die puiste wat net-net off-centre sit is die beste. Dis soos ‘n moerse fokken billboard wat deur iemand anders betaal is en jou gesig adverteer as die toppunt van perceived kak persoonlike hygiene.
          “As daai ou nie eers sy gesig kan was nie, imagine hoe stink sy tril?”

          Jou broek se zip
          ballas in zipOnhou jy daai pisgril wat jy gekry het terwyl jy daardie een scene in There’s Something About Mary moes aanskou? Ben Stiller wat die onmoontlike vermag en sy ballas en sy eenogmonster vas zip in sy broek? Dis een van ons grootste vrese – om die voorvel, ‘n gedeelte van jou vleisrottang of daai sensitiewe balsakvel in ‘n zip verstrengel te kry. En ek fokken wed jou nou R1000 – as dit al met jou gebeur het (al was jy net 6 jaar oud), het dit nog net eenkeer met jou gebeur en nooit weer nie. Nie seker of dit gereeld met die gooses gebeur nie, maar ek kan my die pyn indink nadat die kat se tongetjie aan die ander kan van 100% opgezipte jeanpant sit. Die vraag is dan: do you go all the way back?

          Deel met jou tjommies!

            AfroBoer – kan jy uppity spel?

            $
            0
            0

            Any publicity is good publicity. Daai kak vlieg nie altyd nie. Vat nou maar byvoorbeeld die geval van AfroBoer, ‘n restaurantjie in die ooste van Pretoria wat koekies en broodjies bak. Check, die tannie wat die plek besit het probably duisende rande spandeer en die plek se naam gerigistreer as ‘n trade mark (wat ‘n doodnormale besigheids-move is) en nou skiet sy vir Gerald Clarke kaarte omdat sy nuwe CD naam AfroBoer & The Golden Goose is (‘n verwysing na Clarke en sy girlfriend tussen tjommies, kennisse en ander sosiale sirkels). Sommer lawyer vibes. Mag nie! Mag nie! Mag nie!

            Gerald Clarke se CD se naam het presies net mooi fokol met enige kos uit te waai en ek sukkel om die verband te trek of *sit leesbril oor neus* die geregtelike meriete van die argument vas te stel. Kyk, ek sou verstaan het as daar ‘n Afrikaanse rofstoeier met ‘n moerse krullebos genaam AfroBoer was (hoekom is daar nog nie een nie?!) wat in die stoeikryt inklim en ‘n bra in ‘n vetkoek-suit ‘n paar vet poesklappe gee. Dit sou soortvan kos-related gewees het at a stretch. Lawyer away, ek sê!

            Snaaks genoeg lui die restaurant se beskrywing op hulle Facebook page as volg: “The feel of my café is very uniquely non-traditional but could very well include a bit of zulu on my stoep and boerekos in my kitchen”. Hmmmm…. Zulu on my stoep. Waar het ons dit al gehoor? Jy sien dat nie Leon Schuster ‘n toon klap na die naaste fancy ouens in suits met die aktetasse nie.
            afo-zulu-on-my-stoepWat nog meer strange is, is dat die restaurant heel OK is daarmee om Gerald te gebruik vir publisiteit en om hom te beksryf as hulle mascot. Amper presies ‘n jaar gelede. Duidelik like hulle actually die ou.
            afroboer-restaurantIn case jy hom nie mooi kan sien voor die restaurantjie nie, hier is nog ‘n foto van Gerald, duidelik met een of ander tipe van afro strain onder lede. Ons weet nog nie of daar ‘n cure is nie. Sterkte, Gerald.afro-clarkeDie idee was eintlik om hierdie week ‘n moerse lekker onderhoud met meneer Clarke te voer oor sy musiek, sy CD se nuwe launch volgende week en al daai mooi en lekker bybelse dinge. In plaas daarvan moes ek die bra bel en vir hom hierdie fokken stupid vrae vra:

            Griff: Is jy Afrikaans?
            Gerald Clarke: Ja

            Griff: As mens die hare (op jou kop) uitcheck, lyk dit of dit ‘n afro kan wees?
            Gerald Clarke: Ja

            Griff: Word daar soms na Afrikaanse mense as Boere verwys?
            Gerald Clarke: Ja

            Daar het jy dit. Afro + Boer = AfroBoer. Dit was nou ‘n fokken simpel interview. Seker die kakste een ooit op Watkykjy. Mooi so, Griff.
            *klop myself op die skouer*
            Moenie worry nie, ons sal hom volgende week voor die kamera beetkry en behoorlik met hom gesels…

            Hier is ‘n vinnige Marketing101 tip – Sou dit nie net soveel makliker gewees het om Gerald Clarke uit te nooi om as deel van sy launch en toer so paar tunes by die eetplek te kom jol het nie? Dan kon almal wen. Duidelik was hy al by die plek en duidelik het hy homself moerse geniet. Hy smile dan en alles. Op die foto waar hy voor die restaurant staan. Gerald Clarke.  Mascot. Dit lyk defnitief nie asof hy ‘n poep inhou nie.
            *onthou om volgende week confirmation te kry dat hy wel nie ‘n poep ingehou het nie*

            Ek is doodseker die bra het nie gaan sit en google om vas te stel watter besigheid se naam hy kon steel vir sy album nie, want die antwoord vir sy album se naam groei op sy fokken kop uit in sulke krulle. Sy album gaan moontlik ‘n goeie drie of vier maande hardloop, then that is that. Dis hoe musiek werk. Hy vat nie kos uit mense se borde nie. Dis seker ook net ‘n kwessie van tyd voor sy chick van Golden Goose in Amerika (hulle maak sneakers) se lawyers hoor. Fok, wat bly dan oor vir die bra? Wat moet hy dan sy album noem, assuming dat hy daarop uit is om name te steel van besighede? Die Eetplek en die Tekkies???
            afroboer-eetplek
            Check, ons gaan nie goor wees met die eetplekkie nie, so volg hulle geus op Twitter. Hulle het maar net 93 maatjies sover. Almal maak foute en foute kan reggestel word. Ek is seker hulle kos is moerse lekker as mens so na hulle fotos kyk. Sien? Fair bemarking. Almal mag maar wen.

            Maar nog meer belangrik, kom ondersteun volgende week vir Gerald Clarke wanneer hy sy CD launch in Pretoria, Dinsdagaand 24 November by die Atterbury Teater. Gaan join die FB events page en comment sommer “Watkykjy het my gestuur” om vir die bra jou support te wys, want fokweet, musos in Suid-Afrika werk hulle gatte af om ons te entertain en hulle moet nogal met eksterna kak deal. Dit terwyl hulle eintlik net wil survive, met hulle lewens wil aangaan en vir mense soos ons wat tien duime op elke hand het, befokte musiek wil maak…
            afrober-launch

            Deel met jou tjommies!

              Het jou, katvis! ‘n Moerse fokken sad online dating scam storie.

              $
              0
              0

              Griff,

              Ek wil vir jou ‘n storie vertel. My storie. Dis fokken sad en embarrssing, I know maar die mense moet weet. As jy besluit om die storie te publish vertrou ek jy sal my naam anoniem hou. Fokweet ek wil nie die aan my gekoppel hê nie. Ek ly nog aan skok na die hele storie.

              Ek het ‘n Instagram account geskep so begin van die jaar en nogals moeite gedoen om cool foto’s op te laai, soos enige single ou maar doen. So jy verstaan my opgewondenheid toe daar so oulike blonde girl omtrent elke foto like wat ek post. Na so 3 maande besluit ek nee maar ek sal moet kontak maak. Ek stuur toe vir haar ‘n boodskap op Instagram. Man, en ons gesels te fokken lekker! Haar naam is Milandie Williams en sy is 23, woon in Walvisbaai en werk by PWC as ‘n jong klerk. Sy’t op Stellenbosch B. Com Rek geswot op ‘n PWC beurs en nou moet sy haar beurs terugwerk. Eventually skuif ons die gesprek Whatsapp toe. Ek kon nie verstaan hoekom sy ‘n SA nommer het nie – sy verduidelik toe dat dit kom van haar swot dae of op Stellenbosch en sy gebruik dit om in kontak te bly met al haar pelle. Nouma great! Ons begin toe met voice notes en later doen ons die whatsapp call storie – wat eintlik heel lekker werk. Fok Gert, maar ons gesels! Elke dag tussen so uur en 90 min. Na so 3 dae van gesels ontwikkel ons gesprekke na teksbook phone sex en sexting. Fokken witwarm. Ek kon my geluk nie glo nie!
              katvis-1So gaan twee weke verby en ek begin planne maak om die girl te sien. Hier moet ek vasmaak! Maar fokol wil uitwerk nie. Ten spyte van al my moeite kan ons nie ‘n naweek kry wat werk vir ons albei nie. Ek reël toe dat hulle blomme aflewer by PWC in Walvis, dis mos ‘n fokken nice gesture? Net iets om te sê “ek dink aan jou tydens jou raadseksamen”. Maar die blommewinkel bel hoogs geirriteerd: “Meneer! Ons was nou al drie keer by PWC en hulle het ons hand op die hart belowe daar is nie so persoon wat daar werk of eskamen skryf nie. Het jy ‘n nommer van haar, dan skakel ons haar?” En baie embarrisingly moes ek toe sê “Nee, ek het nie”. Sien, sy’t geweier om vir my haar Namibiese nommer te gee. Nou om ‘n lang storie kort te maak, sy spin toe ‘n verskoning dat sy vir ‘n stalker wegkruip en dis waarom reception by PWC haar identiteit beskerm.

              In elk geval, geselsies en “ek wil jou met my vleisgeweer bykom”-boodskappies vloei toe weer mooi. Als vergete. Net om ‘n dag later ‘n boodskap te ontvang dat ons “dinge moet los”. My fokken hart gebreek. Ek bedoel, ek het toe fond geraak van die girl se aandag…

              Toe so aand of wat later is daar weer ‘n girl op Instagram wat my foto’s like en my follow. Haar naam is Audrey Winter. Maar die keer kon ek rerig nie my oë glo nie. Sy lyk dan soos ‘n super model!
              katvis-2Ek dag toe, laat ek ‘n kans vat. Hierdie kan net interessant wees. Milandie is in elk geval vol kak. Turns out, Audrey en haar vriendin (wat so gaaf is om haar konstant af te neem) toer die wêreld vir ses maande en is nou in Bali op die laaste twee weke van die trip. Sy het Medies geswot op Stellenbosch en toe opgeskop omdat sy nie presies geweet het wat sy wil doen nie.

              En kêrels, ons gesels! Sy vertel my hoe my lewensfilosofie haar beïndruk en hoe diep mens ek is. Woorde vir ‘n man se ego, né? Dit was ook nie lank nie toe is ons kniediep in “ek wil jou vooroor buig en vol wors stop dat jou oë soos slaghuisvensters lyk”. Te fokken lekker. Ek bedoel, hoe gelukkig kan ‘n man dan nou wees!?

              Wat my toe nou byval is dat Milandie nog steeds wil gesels, maar dat hulle soos Batman en Bruce Wayne is. Nooit saam in dieselfde kamer nie. Nooit is hulle saam op die lug nie. Milandie is op Whatsapp en wanneer sy stil raak is Audrey op Instagram besig met my. Maar ek mind nie, ek kan heeldag vir ‘n girl vertel hoe ek haar wolscooter sal ry…

              Maar toe kom die ontnugtering. Ek gaan vir ‘n bier saam met ‘n pel van my. En ek vertel hom van die gelukskoot. “Jy sal nie glo met wie gesels ek nie!”, en ek wys vir hom die foto van Audrey heel trots op myself. Hy antwoord toe: “Ja doos, ek kan dit nie glo nie want dis nie sy met wie jy fokken gesels nie. Daai girl is ‘n catfish.”

              “‘n Wat?”
              “‘n fokken catfish, my ou. Soos in “A catfish is someone who pretends to be someone they’re not using Facebook or other social media to create false identities, particularly to pursue deceptive online romances.”

              Daai foto’s is van ‘n model in Amerika, ene Viki Odintcova. Ek twyfel fokken sterk of sy enige iets in Afrikaans kan se. En by the way, hier is haar profile kyk.
              katvis-3My fok, voel ek soos ‘n lekker vet poes. Maar ek dink toe aan Milandie. Die een met wie ek nou al ‘n diep band gevorm het so oor drie weke. En ek sê vir ou Balsie: “Pel, ek dink Milandie is ook ‘n catfish, dalk dieselfde een.”
              Hy wys my toe hoe om fotos te google. Dik impressive. So minuut later slaat ons die jackpot. Milandie gebruik Emilie Nereng se foto’s. ‘n life style blogger van Skandanavia.
              katvis-4Daar vind ek toe fotos van Milandie se “oorlede broer”, haar hondjie wat sy ge-erf het by die bure se seuntjie wat dood is aan kanker en al die foto’s wat sy vir my gestuur het oor Whatsapp.
              En ek wil kots en skree gelyk…

              Jy sien, jy voel kak. Embarressed. Dom. Die donner in. Met haar en met jouself. Dis gald nie fokken lekker nie. Dat een girl ‘n man so kan rondfok met twee fake profiles? En die ergste is daai twee fake profiles is al langer as vier maande lank aktief. Hoeveel ander bra’s het al soos ek in die pomp gekak???

              Ek moet egter net b voeg dat ek ‘n deuriekak pel het (van die Kaap af) wat my vertel het hy ken albei die girls. In die Kaap ken almal mos mekaar. Wat gelei het tot my valse vertroue in die tweetjies se profiles. Turns out hy ken nie vir Milandie of Audrey, oftewel vir Emilie of Viki nie. Fokken Kapenaars!

              So ek deel my verleentheid om jou die verleentheid te spaar. Fokkit boys, bly dalk maar by ‘n bier down en “hey was dit seer toe jy uit die hemel uit geval het?” want fokweet dis veiliger as die katte op die internet…

              Groete.
              Katvis.


              Het jy ‘n interesting real-life storie om met ons te deel? Maak asof ons die zef Huisgenoot is en deel daai kak met ons.

              Deel met jou tjommies!

                Welsyn se soutpiel album nou beskikbaar op vinyl

                $
                0
                0

                Willim Welsyn is vir some rede deesdae meer bekend vir sy ‘WAT’ podcasts waar hy sulke ou ooms, hipsters en hippies in sy garage interview. Waddefok?! Of is dit WAT de Fok?

                Either way word die iTunes charts eweskielik getop en die mense tune in soos hulle het in die dae toe Nicky van der Berg nog nie ‘n DA Doffel was nie. Sê wie, sê wat, en sê maar wat jy wil, maar Welsynswerk word daar beslis gedoen. Persoonlik like ek dit meer om self die vragies in sulke situasies vra, so daar is dalk ‘n goeie rede waarom ek skiem dat Willim se Shunt album aansienlik beter as sy popular podcast is.

                So check ek diè bliksem net die ander dag saam met so ander bruin Bliksem, oftewel @Kroeskop, in Tullbach by die Saronsberg Teater. En sou die bliksem net een bliksemse tune van sy Shunt album af jam – Fat People. Ek was heavy disappointed.

                Nes sy podcast was diè album ook ‘n top verkoper op some iTunes skaal vir nuwe bands laasjaar en daarom skiem ek die plaat wat hy nou met die hulp van vhmusic.co.za uitbring gaan ook soos nie vir lank op die rakke bly nie. Hulle launch die plaat en ‘n documentary hierdie week, maar dit is next level invite only vibes. Goeie nuus vir julle watkykertjies is dat ons ‘n Shunt plaatjie weggee sodat jy dalk vir jou hipster tjomma een vir kersfees kan gee, of dalk het jy self net die ander dag daai ou faktap Pioneer platespeler afgestof.
                shuntAs jy nie wen nie kan jy ook vir Willim ‘n mail by williamwelfare@gmail.com drop, maar maak gou want daar is al klaar nie baie van hierdie nommertjies beskikbaar nie. Ek staan klaar voor die posbus en wag vir myne. Fokken once. En yes dit mag dalk die beste R280 wees wat ek die jaar nie op drank spandeer het nie.

                Die skuld vir hierdie stukkie Shunt wat ek vandag hier sit en tik val natuurlik solid op die skouers van Victor Wolf – daai ander boer wat ook baie Afro vibes gooi.

                But let me explain.

                Road Trip Oktober 2014:
                Vir breakfast het ek gesit en luister terwyl Riku in ‘n Randburg sitkamer sy padjie in ons land se messed-up musiek industrie verfilm het. Dit was my eerste smaakie van Die Wasgoedlyn, hoewel ek nie op daardie stadium ‘n fokken clue gehad het waaroor dit gaan nie. Teen lunchtyd het ons by Deon Janse van Vuuren se studio in Alberton gestop waar ek ‘n next level exclusive preview van Bacchus Nel se nuutste album geniet het. Of was dit net bootleg Bacchus tracks? Either way, dit was nie deel van my road trip plan nie, so dit was befok.

                Toe Jackie, Wolf se vroutjie met die sexy stem, dit uiteindelik reggekry het om ons in die kar te laai was dit al amper 2nm en ons het nog ten minste sewe ure se langpad gehad om af te handel. In die kar was daar natuurlik ook tunes, maar net so duskant Bloem het Riku sy mini-banjo thingy uitgehaal en begin saam jam.
                “Bra ek hoop nie jy mind nie, maar ons jol die naweek ‘n gig saam met Willim Welsyn en ek moet bietjie rehearse,” tune Riku my.
                victor-wolfEn dit is net daar waar die kak begin het.

                So al deur die Karoo was daar hard geshunt, fok nie eers Gert Vlok Nel se tunes oor die gehuntery in Beaufort Wes sou die geshuntery stop nie. Die Fat People track was natuurlik catchy, maar op snit 10 tune hy: “Your unenlightened opinions are god awful sins.” Fokkit ek het daai gelike want daar is mos nou meer as genoeg mense in die land wat nie vir ‘n fok ‘n koerant oopmaak of nuus kyk nie – en yes hulle weet mos alles! So terwyl dit oor die Toyota se speakers gepomp het, het bra Vic bly saam jam en toe hulle my uiteindelik by die zefste dorp in all of Africa drop was ek hooked.

                Fok, ek sal dit nooit vergeet nie. As ek nou daaran dink was dit amper soos ‘n freaky weergawe van daai Taxi Jam vibes van way back. Onthou julle nog die een met Chopper daarin? Jirre ou Chopper was poes zef gewees op sy dag.

                Om ‘n William Welfare Shunt plaat te wen, stuur vir Willem ‘n kort clip van jou en klomp tjommas wat bietjie taxi jam vibes gooi. Enige tune, enige plek.
                Steek hom.

                Deel met jou tjommies!

                  Gerald Clarke rock Pretoria met ‘n kick-ass band en… Dozi?

                  $
                  0
                  0

                  Gerald Clarke het verlede week sy album, AfroBoer & The Golden Goose gelaunch by die Atterburyteater in Petoors. Dit is meeste van die tyd maar net eenvoudig die moeite werd om musiek te gaan kyk as om bloot net daarna te luister. Visually translate alles net beter van ‘n stage af en dwing jou om so bietjie meer in te neem omdat daar kakbaie energie is – iets wat Gerald se guest artists na die tafel toe gebring het. Daar was ge-blues en ge-rock maar dit het by tye defnitief meer oorgeleuen na die rock kant toe, veral met guest artists soos Jaco Mans se insette. Rock of blues – Simon Orange se keyboard het gesorg vir daai ektra edge. Dink aan The Doors tipe orrel vibes. Daai was kaklekker gewees. Sulke sixties. Nie te veel nie en nie te min nie. ‘n Voller klank en net-net mooi afgerond.

                  Die feit dat die show met ‘n klein 2 minute video ge-open het om so bietjie van die album se journey te skets was ook ‘n moerse lekker touch gewees. Storietyd. Lekker man.

                  Ek kan nou nie al die guest artists se name onthou nie, maar Schalk van Der Merwe het ‘n befokte rugraat vir die tunes gegee met sy slappin’ da bass waaraan Tim Rankin en ‘n bra van Lydenburg die vleis begin pak het met die drum beats. Dis gewoonlik ‘n moerse risk om twee drummers saam te laat jol in een band op een stage maar dit het net eenvoudig gewerk. Dit gee jou bietjie meer van ‘n “waddefok doen hulle nou?” moment soos jy tussen die twee drummers rondkyk en dan terug na Gerald wat jam, skuifel en jive oppie stage en die smooth lyrics uitbassuin. Obviously was Gerald Clark die main attraction. Dis afterall sy fokken album launch en die bra het gekook op stage, maar ek voel dis nodig om die band ook uit te lig want hulle het ‘n befokte job gedoen.

                  Nog ‘n lekker bonussie vir die oog was Suzzi Swanepoel, ‘n blonde bokkie wat die blues ‘n lekker horing gegee het met so paar sassy songs wat sy saam met Gerald gesing het. Ek skiem dit sou cool gewees het om haar dalk ‘n tamboeryn in die hand te stop want – en maybe was dit net ek in die gehoor gewees – dit het op ‘n stadium gelyk of sy imaginary draties nogal hard gooi. As ek in die voorste ry gesit het was daar dalk net moeilikheid… Next time.

                  Tamboeryndraties ter syde gestel was daar eerlikwaar net een fokken weird “what the fuck”-oomblik gewees. Wag so bietjie. Actually meer as een. So drie van daai oomblikke. Ek het nooit in my fokken lewe gedink ek sal Dozi ooit live op ‘n stage sien voor ek vrek nie (die ou in die pienk hemp hieronder in die fotos – jy sal hom nie herken nie). Dit was ‘n lekker sucker punch gewees. Dis kroekens, ouens. Dit was heel bizarre – die man is ‘n kop of twee langer as die res van die mense op stage en hy lyk moerse ongemaklik met ‘n kitaar, moontlik vanwee die lengte-storie. Dit lyk eerder asof hy met ‘n AK47 rondlsluip en terries agter die stage se gordyne in die pere wil skiet.

                  Hang on – daar is  positiewe aspekte. Ons judge die arme bra al te kakhard vir jare lank. Behalwe vir een van die tunes waar Dozi ‘n stuk in Zulu gesing het (wat by the way, baie befok was), het hy ook ‘n solo hier en daar uitgeruk en backing rhythm verskaf vir ‘n gedeelte van die show. Hierdie awkwardness het my die hele storie actually baie meer laat geniet. Die hele what-the-fuckness wat vir some rede net befok gewerk het. Asof iemand my aan my skouers geruk het het en tune: “Jissis ou, sien jy wat op stage gebeur?”

                  Gerald, ek skiem jy moet hierdie show ‘n regular ding maak en hom op toer vat deur die land. Jy het ‘n befokte storie om te vertel deur jou musiek, skiem ek. ‘n Tipe musical journey. Gooi dalk nog so bietjie visuals by? O ja, en hou vir Dozi in die line-up. Hy sal seker maak die terries fok nie met julle blues nie…

                  Net ‘n vinnige laaste note – julle outjies moet bietjie by meer live shows uitkom. Die musoc

                  Hier is so paar kiekies wat deur Watkykjy se fotograaf, Henry Engelbrecht geneem is verlede week by die show:
                  20151124 Gerald Clark_D7A_4820_106 20151124 Gerald Clark_D7A_5377_75 20151124 Gerald Clark_D7A_5616_60 20151124 Gerald Clark_D7A_5674_58 20151124 Gerald Clark_D7A_6080_41 20151124 Gerald Clark_D7A_6221_29 20151124 Gerald Clark_D7A_6475_4 20151124 Gerald Clark_D7B_5111_61 20151124 Gerald Clark_D7B_5621_22 20151124 Gerald Clark_D7B_5740_8 20151124 Gerald Clark_D7B_5910_3 20151124 Gerald Clark_D7B_5924_13

                  Deel met jou tjommies!

                    Een aand in Hatfield Square…

                    $
                    0
                    0

                    Yes Griff, Ek het nog ‘n storie vir jou. Fokweet hoekom die goed met my gebeur. Right, so in die dae van Hatfield Square vind ek myself een aand laat in Dropzone. Vrinne huistoe en ek wat nog ‘n laaste keer James se Sit Down geniet. So oppad uit die Sqaure uit, loop-strompel ek verby so oulike blonde kat. Ek – wat maar eintlik ‘n skaam outjie is, maar geselserig die tyd van die aand – kyk toe vir die girl en sien aai shame man, sy lyk dan skoon onsteld. “Hallo”, groet ek in my beste ‘ek is net vriendelik maar eintlik wil ek deur jou wolbeursie blaai’-stem. Ai man, sy gee so regte hartseer sug, net soos meisies kan. Die ekwivalent van puppy eyes. My eerste gedagte is haar pelle het sonder haar gery, en soos ‘n man maar maak met ‘n pensie vol rum dink ek hardop. Sy reageer toe dadelik, “Jaaaa” en lyk nog meer bedroef. Natuurlik stel ek toe voor dat ek haar sal gaan aflaai. Dis mos nie moeite nie. Man, en sy’s dankbaar. Haar hele gesiggie blom sommer. So stap ons toe na my bakkie toe, net ingeklim sê sy: “Jissie, baie dankie vir jou moeite. Ek waardeer rerig. Ek sal vir jou ‘n blow job gee om dankie te sê”. “Huh, ‘n wat?” vra ek effens onseker. “Ek sal vir jou ‘n blowjob gee om dankie te sê” sê sy met so glimlag. Ek is toe net soos FUCK YES!! Klein fist-pump. Uiteindelik pel, hier is jou dankiesê van die lewe af! Dik karma-vibes, pappie! Fokken dankbaar is ek nou dat ek maar tog ‘n noot vir die doof-stom outjie by die robot gegee het. Ek’t rerig nie geweet wat om te sê nie – ek bedoel dis nie aldag dat ‘n random girl vir jou ‘n BJ aanbied nie. Ek’s toe net soos, “nee ag dis cool man.” Ek’s mos fokken suave. Meantime try ek my semi kamofleer. Ek wat nie onervare wil klink nie, begin toe maar met kakpraaitjies. Van waar af is jy? Wat swot jy? Sy kom van PE af en kom kuier net vir ‘n vriendin. En toe so in die bestuur begin sy met my belt sukkel. Maar tussendeur beduie sy hoe om te ry na haar vriendin toe – links, regs, links. Toe ons verby Loftus is toe vra ek verbaas, “Waar bly jou vriendin? En hoe ken jy diè paaie?” Sonder om ‘n beat te mis antwoord sy “Ek’s ‘n call girl” in so opgewonde hoofmeisie stem. “’n Fokken WAT?” blerts dit uit my uit en ek trek summier my broek op! prostituut hoerMy bliksem man! Geen fokken wonder nie! “Lekker jou doos!” sê ek vir myself. Maar true to my promise sê ek ek sal haar steeds gaan aflaai. So, daar is ons tweetjies toe, 2:30 am in die middel van Sunnyside, voor ‘n woonstelblok. Not my proudest moment. Ek try nog gesels “so hoe is dit om ‘n call girl te wees” Maar dis fokken awkward. Sy sê toe die woonstelblok se intercom is gebreek en vra toe of sy haar “vriendin” kan bel van my foon af. Sy sal dan voor die hekkie staan dat sy kan sien dis sy – want haar vriendin moet van binne af oopmaak. “Ja fok, OK” sê ek. Ek wil nie 3uur die oggend in Sunnyside wees nie, en nog minder saam ‘n prozzie nie. Ek wil net die storie afhandel. So stap sy met my foon teen haar oor voor my uit tot by die hekkie. Ek sien hoe waai sy vir haar “vriendin” en hoe gaan die hekkie oop, en hoe sy inloop. Met my foon in haar hand. En soos twee stadige ratte wat inmekaar in rol, kliek ek. Ag poes. Syt my foon gesteel. Heel braaf klim ek uit en loop na die hekkie toe. Dis ‘n nuwe fokken Nokia! Ek skree toe “Hey bring terug my fokken foon!” Dit was tevergeefs. En ek vloek sommer die doof-stom outjie. Groete, Katvis

                    Deel met jou tjommies!

                      Daar is alweer fokol op TV!

                      $
                      0
                      0

                      Dis nogal lagwekkend hoe mense probably reeds ‘n week na 6 January 1976 met die SAUK se eerste broadcast van televisie begin bitch en moan het dat daar fokol op TV is. Fast forward na amper 2016 waar ons DSTV het met kakbaie channels en ons kla steeds soos ou tannies met spuities in ons pannas.
                      “Ja, maar alles fokken repeat”
                      “Check watse kak movies speel M-Net op Sondae”
                      “Daar is net kak op TV!”
                      Ek skiem nie dit gaan oor kwantiteit of kwaliteit nie. Ons Suid-Afrikaners like net fokken erg van moan. Dis ons kos. Hoe meer jy vir ons gee, hoe meer het ons om oor te kerm. Ons moan as dit nie reën nie. Gods, sommige mense bid selfs vir reën en as dit in strome afkom kak en kerm ons oor haelstorms en vloede. Behalwe vir die kak waaroor jy om ‘n braaivleisvuur staan en sanik sal jy later ook teef oor die feit dat almal altyd te veel vleis bring. As ons nie eendag vrek van stress of eie gekak-en-kerm nie, dal ons vir seker vrek van oorvloed.
                      fokol op TVDit vir eers daar gelaat, kan Watkykjy jou ten minste uithelp met jou moerse TV-kyk probleem – daai ondervloed van oorvloed wat jou so befok maak, as jy bereid is om te luister. Dit sal jou veral baat as jy reeds ‘n armgat is wat nie DSTV het nie of dalk nog wik en weeg of jy jou subscription in die asblik moet gooi. Teen ongeveer R780 per maand is ‘n kakhuis vol mense heel happy om net sport te kyk. Wel, nie regtig happy nie. Hulle bitch oor die feit dat hulle DSTV “net vir die sport hou” maar maak steeds die beursie oop. Dik pun in daai vorgie sin, totally intended – “net vir die sports”. As jy so baie zak per maand op sport wil blaas, gaan kyk die actual fokken event dalk? Of gaan kyk dit by ‘n pub of by jou sportmal tjommie se huis. Check, ek raas nie met jou nie. As jy fine is daarmee om net onder R9500 per jaar op TV-sport weg te pis is dit jou eie keuse.

                      Kom ons praat eerder met die mense wat TV kyk vir general entertainment en amusement. Daai ouens wat net ‘n uur of twee se geraas op die beeldkassie soek terwyl hulle die rys, vleis en aartappels afwurg en met die linkerhand voor in die broek wil relax. Daar is lig een die einde van die TV tonnel en dit sal effens zak kos, maar nie te veel nie. Het jy al van Plex gehoor? Jy kan hier meer in diepte daaroor gaan oplees, maar kom ons kry gou ‘n vinnige walk-through…

                      Plex is ‘n media server wat al jou movies, TV reekse, musiek en foto’s organise. Dit werk met smart TVs, tablets, smart phones en jou Xbox of Playstation. Jy install die verniet server software op ‘n PC of jou laptop, connect jou “server” aan jou home network deur ‘n router of wi-fi router en jy’s good to go. Jou smartphone of tablet word dan jou remote control. Jy configure dan jou server met folders waarin jy jou TV reekse, movies en musiek dump en die software doen die res van die werk. As jy aan die interwebs ge-connect is trek die software al die meta-data in. As jy nou na jou screen sit en kyk soos ‘n aap wat sy eie kak geruik het, hier is wat bedoel word met metadata: Dis info oor jou movie en TV reekse soos wat die epsiode se naam is, ‘n mooi cover prentjie, ‘n klein opsomming van die movie, artist, episode, directors asook ‘n rating uit 10 uit wat vanaf movie databases afgetrek word. Ek het byvoorbeeld my eie categories gemaak vir classic movies, comedy shows, documentaries en kak wat kinders kan kyk terwyl die grootmense drink en om die braaivleisvuur moan oor Zuma en die Rand.
                      plex-categoriesAs jy nie ‘n smart tv het nie, stream al hierdie kak oor jou netwerk na jou TV deur jou connected device soos ‘n Apple TV, jou Playstation of Xbox. Fokol buffering. As jy nie iets soos ‘n gaming console of Apple TV het nie, moenie fokken worry nie. Jy kry ‘n klein device genaamd Chrome Cast vir so 650 skille – steeds cheaper as ‘n maand se DSTV subscription.
                      chromecast-apps-sdkHierdie outjie plug by jou TV se HDMI port in, word ge-power deur jou TV se USB port (of phone charger as jy wil) en kry sy eie naam op jou wireless netwerk. Iets soos “Wat Cast Jy?” sal doen. Download die free Plex app vir jou tablet of smartphone en jy het jou eie persoonlike DVD shop in jou hande. As jou Chromecast en jou smartphone of tablet op dieselfde wireless network ge-connect is, jy al jou movies op jou server gaan copy het en jou folders opgestel het, werk alles piele. Dis fokken easy. Select die movie wat jy wil kokkenodge. Hy maak in ‘n groter screen oop met meer info, ratings en al daai lekker beskywings en stront wat jy nie ekstra op IMDB hoef op te lees nie. Druk play en tune hy moet na jou Chromecast toe jol op jou TV. Jou smart device is ook nou jou remote, so jy kan volume harder of sagter sit, die ding pause, fast forward of whatever jy wil doen. Jy kan hom even stop en weer play druk en kies dat hy verder op jou ipad of foon moet jol in case jy moet gaan kak en nie jou entertainment wil onderbreek nie. Ook lekker vir daai tipe mense wat so 30 minute se TV of movies op hulle iPads langs die bed soek om aan die slaap te raak. Nog ‘n befokte ding is dat jy kan track hou van wat jy alles reeds gekyk het. Hier is ‘n screen shot van my iPad met sommige van die 1560 movies wat ek gelaai het:
                      plex-moviesDie “discover” en “browse” function maak die hele experience ook baie beter. In “browse mode” lyk dit basies soos jou eie persoonlike DVD winkel op jou foon/tablet en wanneer jy “discover” select is die software intuitive genoeg om te weet wat is die nuutste movies or TV reekse wat jy gelaai het, die nuutste released entertainment en as jy byvoorbeeld ‘n paar movies van dieselfde director het (meestal sonder dat jy weet) tune die software jou “O ja, daai doos het ook al hierdie ander kak gemaak”. Lekker gerieflik.
                      plex-discover-modeDie ander piele ding is dat Plex elke keer wanneer jy nuwe movies of reekse in jou folders op jou laptop of PC se hard drive copy, automaties gaan scan vir nuwe info, poster art ensovoorts. So wanneer jy volgende keer jou smart device oopmaak op “discover” tune jou screen jou: “Hey, pielkop, hier is die nuwe goeters wat jy gelaai het. Enjoy. Jou vriend, Plex.”

                      As jy regtig wil, kan jy jou foto’s ook deur Plex manage, maar dis kakboring en plein ongeskik om al jou selfies wat jy by Magoebaskloof in jou onderbroek afgeneem het te deel met vriende en family op jou groot TV. Musiek? Yes, go for it, want nou is al jou media in een plek.

                      Om net weer terug te kom na die Chromecast device: hierdie klein dingetjie is regtig befok. Jy kan ‘n spul ander apps download om na jou TV toe te cast straight van die interwebs af. Jy kan byvoorbeeld music video playlists op YouTube gaan soek en na jou TV toe stuur of ander entertainment videos in ‘n queue drop. Of jou tjommies kan beurte maak om musiek te kies en cast van hulle eie fone af. Nog iets wat ek hoogs aanbeveel is Rebull TV se app waar jy actions sports, arts & lifestyle shows, doccies en dies meer kan stream deur jou Chromecast. Een van Redbull TV se befokste features vroeër vanjaar was dat hulle Lollapalooza live gestream het. Jy kon op jou calendar in die app tune dat jou alarm jou moet remind om sekere bands oor die naweek live te kyk.
                      redbull-tvNog ‘n belangrike app wat jy kan oorweeg (kry dit in elk geval vir jou smart device), is TuneIn Radio. Jy kan ‘n kakhuis vol radiostasies stream na jou TV toe. Obvisouly maak ‘n lekker surround sound system ‘n moerse verkil, maar as jy ‘n LCD of LED TV besit, is dit kanse goed dat hy reeds deur een of ander tipe hi-fi jol, so hopelik is jy reeds sorted in daai opsig. Maak ook sommer ons stasie, Interwebsradio een van jou favourites. Moet nou nie laat ons fokken baklei nie…

                      Jy kan ook wegkom deur net jou Xbox te connect nadat jy Plex se server op jou PC of laptop install het. Dis so maklik dat iemand soos SAA se CEO dit kan doen, maar soos SAA se finansies, lyk dit redelik fokken tos, so kry maar eerder ‘n ekstra device soos die Chromecast wat ek aanbeveel. Daar is ander befokte devices op die mark ook soos RokuBox maar dan gaan jy ongeveer ‘n grand meer moet uitruk vir iets wat min of meer dieselfde job doen.
                      xboxJy het nou absoluut geen fokken rede om weer te bitch dat daar niks op TV is nie. Trek jou pirate outfit aan en gaan soek waarvoor jy lus is op die interwebs se rowwe waters. En vat daai ekstra R780 per maand en moer dit in ‘n debit order in om jou huis of kar vinniger af te betaal en kom bedank ons oor ‘n jaar vir al die kakbaie geld wat ons jou gespaar het.

                      Happy viewing!

                      Deel met jou tjommies!

                        Bacchus is beter as die Bokke en Proteas

                        $
                        0
                        0

                        So sit ons die ander aand nà ‘n Bacchus Nel show by Mike’s on Main in Kleinmond. Dit is een van daai bars waar die brannas specials en visvang stories (en tips) soos stroop loop. Kleinmond is ‘n kusdorpie waar die meeste afgetrede NG predikante in die land woon, of so sê hulle. Daar hang ‘n “No Passing Out!” teken teen een van die mure en in die rokershoekie is daar sulke sluwe slotmasjiene – dit het my aan Steak ‘n Ale laat dink. Mike sit altyd aan die linkerkant van die bar op een van die swart stoele, maar hy was nie daar nie. Of dalk het ek hom iewers tussen Jäggie vier en ses verloor. Mike is nie ‘n klein man nie, ek moet dalk begin oplet in die klas.

                        “Ons glase het geklink soos vêraf klokke wat lui,” verduidelik Bacchus in hierdie exclusive interview waar al die quotes actually lyrics van sy songs is. Werner se slaghuis is langs Mike’s en hulle verkoop tans skaapskenkel teen R79p/kg. Fokken wenner by Werner’s! Bacchus het vroeër die aand by Die Stoep gejol maar van al sy performances wat ek in 2015 bywgewoon het, was die een sonder twyfel die beste van die lot. Turns out, as jy by sewe Bacchus Nel shows pitch, score jy ‘n CD, on the house my bra! Plus Bacchus het dit vir my persoonlik oorhandig en ek het sy blad geskud. Nooit sal hierdie hand weer gewas word nie, nooit.
                        bacchus nel tweester hotelOns het oudergewoonte oor die krieket gesels en gesit en wonder hoekom Quinton de Kock nie die Proteas se paaltjiewagter is nie. Bacchus is, nes sy tweeling broer Churchill Naude van Mitchell’s Plain, ‘n moerse krieket fan. En nes Churchill skryf hy ook gedigte. En nes Churchill is Bacchus ook deel van die nuwe Wasgoedlyn bende vir some rede. Op ‘n stadium het daar ‘n meisie duskant ons tafel gestaan en sonder om op te kyk reken Bacchus: “Sy dra ‘n crucifix om haar nek; tattoo van die donkerprins op ‘n ander plek. Maar sy is moeg vir tweedehandse liefde. Sy is moeg om haar liggaam te verpant.” Sure, die girl was bietjie Danville vibes, maar dit was asof Bachhus haar geken het.
                        “En ek weet wie sy is, sy is die water, sy is die vis. En ek weet wie sy is, sy skyn soos die son, sy verdwyn soos die mis.”

                        Die vissermanne het die tunes gelove, maar so ook die mense tydens die ander ses shows wat ek bygewoon het. ‘n Volle sewe. Dit is like groupie level expert. Maar as ek nou so terug kyk is die rede vir my sewe shows omdat Bachus s’n dalk een van die least pretentious albums is wat in gedurende 2015 in Suid-Afrika vervaardig en vrygestel is. Straight-up, no popcorn, no bullshit, lekker-luister tunes wat jou in die bar lus maak vir dans en in die kar so bietjie laat dink. Net die ander dag het ek gesien hoe ‘n solid soutpiel tjomma van my en sy vrou – wat nie ‘n woord Afrikaans verstaan nie – hulle gate uit geniet het by so ‘n show.

                        Die derde brannas special by Mikes was ‘n nie die slimste idee nie, but then what is a Bacchus show sonder ‘n behoorlike babelas?

                        ‘n Quick recap van sewe stand-out babelasse vir 2015:
                        Februarie 28 – Fanie’s Place, Tjoerras: Die eerste een was kliphard, onthou ek nou. Ek, Poenie en Vrottie het so bietjie vrot geraak. Ons het by die afterparty oornag en die voglende oggend was dit full blast google maps om uit die deel van Centurion te kom  waar die brandewyn tot teen aan die rotse gestoot het .

                        Weer Fanie’s Place. Dalk weer in Maart – Brixton Benefit: By die een was Werries en Griff die bittereinders gewees. Dit is ook waar die hele Bucks vir Brixton party op die Melkery gebore is. Melt het op some stage ‘n das of ‘n CD of iets weirds vir ‘n aardige bedrag aan die gehoor gesmous. Anton Goosen en Die See was ook daar.
                        bacchus nel fanie se plekBlah Blah Bar Kaapstad (September) – Wasgoedlyn-aandjie: My bakkie was nog warm na die moerse roadtrip, maar blah is daar gefokken blah by die Blah Blah bar. Ek was veral bly dat niemand my as “daai dude wat laas op die balkon uitgepaas het” onthou het nie. Churchill het net so voor die ingang, ewe bouncer vibes, gesit en luister. Die bra het my later gewys hoe een of ander bliksem op ‘n moerse strategic plek op die muur die woord “poes” geskryf het. Dit was ‘n skoolaand, maar die rooiwyn was op special.

                        Richmond, Noord Kaap (Oktober)–Die Krip Teater: Die show is in die Blah Blah bar gebook toe Bacchus my tune hy het ‘n sudden opening op sy toer. Al kak was dat meeste mense op die dorp reeds vir Gert Vlok Nel se show bespreek het. Die show was vir my een van die bestes en die icing op ‘n befokte dag in die Karoo. Ons het die middag eers sit en luister hoe Breyten Breytenbach in die most sophisticated way vir Rian Malan kakbyt omdat sy Porsche glo oppad na die gig gaan staan het. Daarna het Gertjie en Johan Kontrabas tunes gepomp, en net toe hulle skiem die party is verby, toe eet Bacchus hulle in die oor met ‘n rympie of twee. Drie absolute moedderfokken legends.

                        HAP Koffiehuis – Bacchus se 40th – Bacchus se pa was ook by die jol, fokken obviously. So vertel die oom-hulle my oor die novilon kombuis, en die General Electric yskas wat laatnaag nog suis. Ja, die actual plaas wat Oppiplaas inspire het. Die boere wat hulle wou vang. My persent vir Bacchus was my teenwoordigheid, en ‘n tequila en sy laaitie het ook so bietjie saam musiek gemaak. Absa take me home service to the rescue!
                        hap koffiehuisNieu Bethesda – Ramstal: Hierdie een is nog vars, al wat ek onthou is dat daar ‘n band van Pretoria ook iewers betrokke was. Die Ramstal is ‘n moerse lekker jol maar sorg maar dat jy met ‘n vol pens daar opdaag want Ian se pot verkoop na ‘n paar doppe heavy vining uit. Bacchus het my by die show amper gebliksem toe ek met sy kitaar begin rondfok het.

                        Kleinmond – Die Stoep : By elk van Bacchus se shows is daar ‘n ander flavour. Soms is dit net hy, soms is Rian Britz ook daar. Ander kere het Riku Latti en Victor Wolf in. By Die Stoep se jol was dit die drie troepe, hoewel ek moet bieg dat daar seker songs op Bacchus se setlist is wat net eenvoudig beter werk as Marissa West ook ‘n mic in die hand het. Dit was ‘n mooi een en ons kon die see ruik.

                        As jy meer oor Bacchus en sy tunes en al die dinge will weet, word ‘n bra, my bra.
                        https://www.facebook.com/groups/5614771580/

                        Of koop die tracks online:

                        Deel met jou tjommies!

                          Daar is fokol op TV, maar Netflix is in SA!

                          $
                          0
                          0

                          Ons is een van 130 lande wat gisteraand die cut gemaak het om uiteidelik saam met die groot kinders bal te skop. Fok ja! Netflix is finally “legally” in Suid-Afrika. Met “legally” bedoel ons dat jy dit uiteindelik kan kry sonder om daai ekstra $5 tunneling fee te betaal vir ‘n service soos UnoTelly om internasionale channels te unlock. Dis dalk steeds die moeite werd om daai ekstra bietjie te betaal as jy opsoek is na UnoTelly se 393 channels wat goed soos BBC sport, Comedy Central, Discovery, ESPN, Eurosport, National Geopgraphic, Rugby Live Sport en dies meer wil unlock. Gaan kyk gerus hierso vir ‘n lys van channels.

                          Die punt is dat jy uiteindelik die vryheid het om ‘n keuse te maak vir jou entertainment teen ‘n moerse bekostigbare prys van $8 per maand (ongeveer R125). As jy kyk na wat jy tans op ‘n DSTV subscription spandeer, kan jy NetFlix vir min of meer 7 maande kry vir dieslfde zak wat jy op DSTV sou spandeer in een maand. Gaan lees ook hierdie Watkykjy artikel wat ons so paar weke terug oor Plex geplaas het – ‘n media streaming service vir jou huis. Netflix werk ook met al daardie devices wat in die artikel genoem word.
                          netflixDis kakmaklik om met Netflix op te sign. Na minder as ‘n minuut is jy reeds aan die kyk en daar is fokken baie entertainment. Jy kan verskillende profiles opstel vir whoever saam met jou bly en daai ouens se stuff is personalised, so jou viewing history per profile word gestoor. Jy kan dit op jou laptop, tablet, smart phone of TV kyk en weereens, as jy nie ‘n smart TV het nie, kan jy iets soos jou Xbox, Playstation, Roku, AppleTV of Chromecast gebruik (as jy wel ‘n smart TV het, maak seker jou firmware en apps is updated). Daar is ook nie ‘n limit tot wat jy kan kyk nie. Die movie of reeks wat jy gekyk het gaan nie ewe skielik “verdwyn” nie. Afrikaanse mense raak mos dik paranoid oor waarvoor hulle betaal. Jy kan fokken relax. Die interface is ook intuitive en poesmaklik om te gebruik. Fok, jy kan ‘n tablet vir ‘n 3-jarige kind gee om Ben 10 of Adventure Time te kyk met sy eie account sonder dat hy die huis afbrand.
                          netflix-en-chilleJy kan jou playback quality ook stel wat die beste by jou dataplan pas. Enige iets tussen 300mb per uur, 700mb per uur of 7gb per uur. Net om jou ‘n idee te gee: teen 700mb per uur is die kwaliteit teen 720p actually heel fine as jy in ag neem dat daai movies wat jy download ongeveer 700mb is vir ‘n 90min movie en 350mb per TV series episode is. Jy score actually effens, want met torrent sites moet jy in ag neem dat jy upload ook om deel van die swerm pirates te wees. As jy een van daai ouens is wat min of meer 3 ure per dag TV kyk, sal jy 2.5gb per dag spandeer wat jou data vreet teen 75gb per maand. Die 300mb per uur setting (wat heel fine is vir tablets, laptops en smart phones) sal jou so 27gb per maand uit die sak jaag as jy 3 ure TV per dag kyk. Jy weet obviously wat jou TV habits is, so doen bietjie die somme. Onthou dat dit ‘n streaming service is. Jy kan pause, resume en terug gaan om jou history te check of aan te gaan waar jy laas opgehou het, maar jy download nie fisies ‘n video wat jy iewers save nie.
                          netflix-qualityNetflix is natuurlik nie vir almal nie. Die Sport Billies sal aanhou om R780 per maand te betaal om sport te kyk en dis fine. Jy het ook ‘n internet connection nodig (minimum 2mb ADSL behoort die ding te doen, alhoewel ons 4mb/s sal aanbeveel) en vir die van julle wat reeds een of ander uncapped deal het is dit ‘n no-brainer om at least die verniet eerste maand ‘n shot te gee. In my geval betaal ek in elk geval reeds R850 p/m vir 100gb data op ‘n 20mb/s telkom fibre line wat, so toe ek my DSTV ge-cancel het, het ek ewe skielik daai ekstra R780 gehad om te spandeer op wat ek wil. ‘n 50gb data top-up op Telkom DSL of fibre kos byvoorbeeld R269.00. Weereens, maak jou eie sommetjies. Uncapped bly nog steeds fokken koning.

                          Naspers se Showmax (DSTV se antwoord vir Netflix) teen R99 per maand het amper die mas opgekom maar hulle het byvoorbeeld nie support vir Chromecast of gaming consoles nie. Dit is ook onseker hoeveel data hulle streaming service jou uit die sak sal jaag. Hulle tune bloot “Content is delivered via adaptive streaming up to HD (720p)” en dis onseker watter encoding hulle gebruik vir content delivery. Baie mense sou reken dat ons proudly South African moet koop. Dis totally fine, maar proudly South African produkte moet eers hulle fokken sokkies optrek voor hulle saam met die ouens met groot ballas wil swem. Die Gautrein is byvorbeeld proudly South African, maar daai Bombardier treine kom van Canada af, pappie. Dit word nie in Watloo aanmekaar gesweis nie. Die trein gaan staan so nou en dan omdat ESKOM deur die kak is, nie Kanada of die produk self nie. Wag… Kanada is effens deur die kak, is hulle nie?

                          Sover dit TV in SA aangaan is almal bewus van die opsies wat ons tans het. SABC en sy stiefboetie from another mother, ETV is ‘n onwelriekende pot kak, alhoewel die onlangse vyfdag kriekettoets tussen die Proteas en Engeland uitgesaai was op SABC3. Daar is ook Openview HD wat teen ‘n once-off fee van R1200 vir jou ‘n keuse van net oor die 20 tos channels gee, waarvan SABC se channels ook deel uitmaak. Fokken SABC moet mos oral beskikbaar wees. En dan die open secret waarvan DSTV seersekerlik bewus moet wees waaroor niemand blykbaar praat nie: ouens sonder DSTV wat hulle tjommies se login details gebruik om Supersport te stream. Jy is moontlik een van hulle en skiem nou ek is ‘n moerse fokken klikkiebek. Hulle weet daarvan, hoor. Ek het nie na juffrou toe gehardloop nie, jou stupitte nool!

                          En hier is vir jou nog ‘n shocker: Die ou analog Mnet signals op daai kak-ou decoders is steeds active. Daar is krimpies wat steeds iets soos R315 per maand betaal om net Mnet en Supersport 1 te kyk, hoewel geen nuwe accounts oopgemaak kan word nie. O ja en daar sweef steeds van daai illegal “modded” decoders van die 90s rond. Dus twee fokops wat Multichoice skynbaar nie kan fix nie. Of hoop dat niemand daarvan weet nie. Net vir interessantheid, back in die 90s was mense heavy paranoid dat hulle gevang sou word met hulle illegal decoders en dat Mnet die signal kon trace. Wat actually volgens legende gebeur het is dat daar ‘n hotspot in Pretoria-Noord was waar kokkelolle illegal decoders gekoop het en hulle subscriptions ge-cancel het. ‘n Obvious red light vir Mnet en toe hulle aan die eerste ex-subsciber se deur geklop het, het hy op die verkoper van die decoders gesplit en hy is tjoekie toe. Maybe is dit hoekom die ouens hulle TVs begin afsit en in die strate begin dice het. #Marabs4Life

                          As jou goose nie hierdie outjie ken nie, is sy te jonk viir jou,

                          As jou goose nie hierdie outjie ken nie, is sy dalk te jonk vir jou.

                          So gaan check jou options uit. Voor jy jou ogies uitvee is alle entertainment afhanklik van die interwebs. Iemand moet nou net ook inspring en live coverage van events soos local bands se shows by venues begin stream. Mense sal betaal vir daai kak. Make it happen. Vir nou het die tyd aangebreek om die local beskikbaarheid van movies en series ‘n shake up te gee in SA. Dit sal interessant wees om te sien wat die impak gaan wees. Uiteindelik kan jy nou ook “Netflix & chill”. Ek weet, dis ‘n nuwe konsep vir jou, maar voor jy iemand oornooi vir “Netflix & chill” onthou asseblief net dat dit in Amerikaanse lingo actually beteken dat jy iemand oornooi vir broeknaai en bier…

                          Happy viewing!

                          Deel met jou tjommies!

                            David Bowie was ‘n mal space kadet genius gewees

                            $
                            0
                            0

                            Na minder as 24 uur is jy possibly alreeds gatvol om al die David Bowie posts op die interwebs en in jou social timelines te sien. Om die waarheid te sê is ekself glad nie ‘n fan nie, maar dis human nature om bietjie nuuskierig te wees en rond te krap. Bowie het vir die afgelope agtien maande stilweg teen kanker baklei en het eventually die battle op 10 Janurie verloor, twee dae nadat sy splinternuwe album, Blackstar release is. Dit is asof die ou sy timing presies reg gekry het en alles beplan het vir sy departure en met rus vir sy siel deurgebreek het na die groot trop toe.
                            david-bowie-blackstarSoos dit die geval met my is, is sy musiek nie dalk in jou top 100 lys nie, maar dis die moeite werd om ten minste sy music video vir Blackstar ‘n shot te gee. Mens kan dit eerder sien as ‘n befokte short film waarvoor die perfekte musiek gekies is. Dit sal ook nie verbaas as ‘n kakhuis vol studente gaan poog om ‘n tagtig bladsy thesis oor hierdie video alleen te skryf vir een of ander obskure meestersgraad nie. Die simboliek is nogal oorweldigend en ek gaan nie eers probeer om daraan te raak nie. ‘n Man sal heeltyd sit en pause en weird kak raaksien en excited raak.
                            “Steek hy sy eie kersie aan vir ‘n vigil?”
                            “Jirre nooit, hy’s ‘n fokken blinde profeet!”
                            “Is daai swart ster alien-taal? Of is dit kommunistiese kak?”
                            “Beteken daai geel smiley face op sy suit dat jy dit nie te ernstig moet opneem nie? Of beteken dit ek moet acid vat?”

                            *sluk so acid”

                            Sover het sy tjommie, Annie Lennox dit die beste opgesom:

                            Like a gazillion other people, I feel stunned by the news that David Bowie has departed this earth.
                            At the loss of someone who has impacted and influenced your life, you can hardly begin to measure the shape of what’s left behind.
                            Our personal and collective inner landscape has shifted and we’re trying to come to terms with it.
                            No one exists forever and it seems our elegant gentleman was well aware that his last mortal chapter was about to reach it’s conclusion.
                            “Blackstar” was his parting gift.
                            Provocative and nightmarishly “otherworldly”… we are jolted towards the twilight realms of epileptic seizures and voodoo scarecrows.
                            The bejewelled remains of Major Tom lie dormant in a dust coated space suit…
                            It leaves me breathless.
                            You must see it to believe it…
                            He knew…
                            He could see through it all.

                            As ‘n bonus, kyk gou eers hoe Lennox en Bowie terug in 1992 Under Pressue tydens die Freddie Mercury Tribute Concert perform het. Definitief een van die highlights, maar ek sal jou aanraai om die hele DVD op te spoor of te download, al is dit net om vir die performers in die line-up se faktap outfits te lag. Self James Hetfield het soos ‘n fokken dork gelyk. Almal was marabse in die 90s.

                            Terug by Bowie se movie. Maak seker jy het tyd om dit aandagtig te kyk. Jy sal moontlik vind dat jy skielik alles oor die man met die weird ogies en space obession wil gaan oplees. Daar was heavy schizo drug vibes op ‘n stadium in sy lewe gewees.

                            Jy kan nou maar verder gaan sit en wonder oor waddefok daar gebeur het. Chilling kak. Blackstar was David Bowie 25ste studio album en dit sluit af met die tune I Can’t Give Everything Away, wat moontlik beteken dat jyself maar deur sy lyrics moet gaan rondkrap om easter eggs te kry of secrets te unlock. Soos faktap “geleerdes” sou reken: It’s a riddle wrapped in an enigma tied with a pretty ribbon of obfuscation, thrown into an ocean full of sharks with friggin’ lasers attached to their heads… of so iets …

                            Hierdie is die tipe album wat hopelik eendag op vinyl vrygestel sal word sodat jy na dit op jou grammafoonplatespeler kan luister tydens spesiale geleenthede saam met jou “vriende”. Jy kan die omslag netjies langs jou tikmasjien uitstal, wyl jul organiese, geroosterde kasjoeneute verorber saam met ‘n boetiekbier of twee, julle geöliede baarde in nabetragting streel en dan en wan ‘n traan wegpink met ‘n geruite sakdoek.

                            Of koop dit net op iTunes en luister dit stilweg.
                            En onthou om “Bowie” reg uit te spreek.
                            Moenie ‘n fokken maui wees nie.

                            Deel met jou tjommies!

                              2016 Public Holidays in SA. Gebruik ons kalender om jou leave te beplan!

                              $
                              0
                              0

                              Baie geluk as jy gister die kakste Maandag (volgens statistieke) van 2016 oorleef het.

                              Ongelukkig lyk dit of 2016 nie die jaar van die groot vakansie gaan wees nie, maats. Die Rand se broek is tot op haar enkels afgetrek en die regering is besig om met die duiwel se deurklokkie te speel. Vir wat dit werd is gee ons vir jou weereens ‘n breakdown van al die vakansiedae en maak so paar voorstelle van hoe jy hierdie jaar jou leave optimaal kan gebruik.

                              Daar is altesaam dertien public holidays in 2016 as 2017 se nuwejaarsdag ingesluit word en slegs tien van hulle is bruikbaar. Die res van hulle is maar soos ‘n effie wat jy aanvanklik verkeerd-om probeer trek oor jou pielkop. Ons kom netnou by daai depressing kak uit. Uit die oorblywende tien public holidays val drie van hulle op weeksdae. Nie lekker weeksdae soos Maandae en Vrydae om langnaweke te vorm nie. Kak weeksdae. Sulke vuiles. Daar bly altesaam vyf langnaweke oor, so jy beter maar die beste probeer maak van 2016 en try om nie uit te brand nie.

                              Ons het vir jou ‘n kalendertjie saamgestel wat jou tune wanneer die public holidays gebeur, asook met ‘n reminder van elk ‘n dag voor die tyd. Die behoort op al jou tablets, smart phones en laptops se calendar apps en software te werk. Raak wys en fokken hardloop dadelik HR department toe voor al daai ander kokkelolle by jou graft hulle leave insit en jy deel word van die skeleton crew wat met jare se kak moet deal tewyl die ander mense lang drankies drink en kyk hoe die dolfyne mekaar naai.
                              Kry hom hierso:
                              Watkykjy se 2016 Public Holiday Calendarwatkykjy-holiday-2016Soos altyd, is daardie tydperk tussen einde Maart en begin Mei die lekker deel. Ons skop 2016 se public holidays darem af met ‘n langnaweek of twee – Maandag 21 Maart is Human Rights day en die week daarna klap ons die Vrydag tot die Maandag vir ‘n superlangnaweek (25 tot 28 Maart).

                              Daarna moet ons ‘n maand wag vir Freedom Day wat hierdie jaar op ‘n donnerse Woensdag val (27 April). Werkersdag val ook op ‘n Sondag maar at least kry ons die Maandag (2de Mei) ‘n blaaskans. Dis jou laaste langnaweek tot en met Desember. Dan word dinge net al hoe meer useless. Op 16 Junie val Youth Day op ‘n Donderdag, Vrouedag val op ‘n Dinsdag (9 Aug) en om jou ‘n lekker skop in die klokke te gee is Nasionale Braaidag vir 2016 ge-cancel. Wel, nie ge-cancel nie – maar enige fokken dom doos kan op ‘n fokken Saterdag braai asof niks exciting gebeur nie. Yup, 24 September val op ‘n bliksemse Saterdag. Fokken fok!

                              But wait, there’s more! Uiteindelik word ons weer verras met ‘n langnaweek in die vorm van Reconcilliation Day wat op ‘n Vrydag val (16 Desember). Die grote waarna almal altyd uitsien ‘n week daarna, Krimis, naai ons ook effens deur die ore. Kersfees gebeur hierdie jaar op ‘n Sondag en ons score net die Maandag vir Boxing Day.
                              #Blessings

                              Dit is dan dit. Jy kan net sowel terug werk toe fok, want ons word beroof van Nuwejaar. Die klein kont het besluit dat hy sal plaasvind op ‘n Sondag en nee, my geleerde kollega – Maandag die 2de Januarie van die jaar van onse jirre 2017 is nie virre fok ‘n bonus vakansiedag nie.

                              Hoe jy moontlik jou leave kan beplan vir die jaar wat voorlê:

                              • Sit leave in vir die 22ste tot die 24ste Maart. Jy gebruik 3 dae en jy score Maandag die 21ste sowel as Vrydag die 25ste. Op daardie manier score jy 9 dae wat ‘n moerse bonus is. Onthou, jy sluit naweke in.
                              • Met die 27ste April (Freedom Day) wat op ‘n Woensdag val kan jy net sowel die Donderdag (28ste) en Vrydag (29ste) af vat omdat Mandag die 2de Mei ook ‘n vakansiedag is. Op daai manier score jy darem 6 dae.
                              • Junie is fokken useless met Youth Day wat op ‘n Donderdag val, so vat daai Vrydag die 17de ook af vir ‘n 4-dag-naweek.
                              • Jy kan dieselde doen met Maandag, die 8ste Augustus omdat vrouedag op Dinsdag die 9de val.

                              Jirre, dan is dit daai fokken lang stretch tot en met Desember. Jy moet vier fokken maande wag voor jy weer ‘n break of twee score. As jy tot dusver ons reseppie gevolg het, behoort jy in totaal sewe dae se leave te gebruik het. Volgens wet behoort jy ten minste 21 leave days per jaar te kry, so jy behoort nou met nog so 14 dae in die bank te sit. Doen jouself ‘n moerse fokken guns en gebruik 7 van daai dae om net ‘n blaaskans in Oktober vat as jy kan. Al sit jy net op jou gat by huis en speel Xbox, raak geswaai elke dag of trek draad tot die hane kraai. Vat. Daai. Fokken. Break.

                              Vergeet ook sommer van Desember wat soos ‘n useless second hand voor jou deur staan en bedel. Werk maar deur Desember en gebruik eerder daardie laaste week wat jy oor het om iets te gaan doen in die laaste week van Januarie, 2017. Jy sal agterkom dat dit ‘n cheaper holiday sal wees en dat jy meer geld in jou rekening sal vind omdat jy nie aapkak gegaan het gedurende Desember nie. Die paaie na SA se holiday destinations sal ook aansienlik rustiger wees en jou kanse om in ‘n padongelukstatstiek te verander is ook skraler. Tensy jy natuurlik soos ‘n kont bestuur.

                              Sterkte vir 2016. Dit gaan ‘n poesrowwe ride wees…

                              Deel met jou tjommies!

                                Hoe om Afrikaanse popmusiek se videos fair en square te judge.

                                $
                                0
                                0

                                Ek het vir myself ‘n challenge gestel voor ek play gedruk het vir hierdie video om te kyk hoe predictably kak Afrikaanse popmusiek se videos regtig kan wees. Ek het so paar vrae opgestel om te antwoord en te check of die music video aan ‘n sekere stel tos vereistes voldoen. Miskien wil jy saamspeel? Gaan kry gou vir jou ‘n clip board en ‘n pen, skryf hierdie vrae neer en gaan check so paar Afrikaanse popliedjies uit wat jy nog nooit gecheck het nie. Of gaan revisit so paar van die verkakte videos waarvan jy wel bewus is. Maak jou heading sommer “Suig hierdie Afrikônse vidiejou duk piele?” en beantwoord hierdie stel vrae…

                                In my geval het ek pause gedruk voor ek deur Ricky Faber se “Kaalgat in die reën moes suffer. Die video word onderaan geplaas vir jou volkome ongerief.
                                ricky-faber-kak-afrikaanse-musiek1. Word die woorde “baby”, “sokkie”, of “bokkie” gebruik? Een punt vir elk.
                                Yup, 40 sekondes in die song in. Moontlik ‘n nuwe rekord om die woord so lank as moontlik in te hou. Dis fokken moeilik vir hulle. Ek moet ook hier bieg dat ek dit tweekeer gekyk het en die woord “baby” tien keer getel het voor ek in my mond opgegooi het.

                                2. Is die setting vir die video iewers op ‘n plaas, in a parkeerterrein, ‘n hangar of groot sementblad, in ‘n kak restuarant of nagklub van een of ander ander aard of dalk voor ‘n fontein of waterval?
                                Beslis. Dit lyk of dit moontlik ‘n parking lot van een of ander aard kan wees.

                                3. Lyk dit of die video iewers in ‘n security kompleks in die ooste van Pretoria geskiet is met ‘n tos-kaanse huis as backdrop?
                                Nie in hierdie geval nie

                                4. Kom dit voor asof die video se “director” moerse baie van water hou?
                                Fok ja! Dit fokken reën dan!

                                5. Is daar mense wat agter of saam met die “kunstenaar” dans of sokkie?
                                Jy fokken weet dit. Die hele bliksemse tyd.

                                6. Die chicks in die video… Is hulle kleredrag dalk een van die volgende: ‘n rooi of wit rok wat by Edgars op special gekoop is; rooi of blou blokkieshemp wat geknoop is by die naeltjie; cowboy boots; cowboy hoed. ‘n Bonuspunt kan toegeken word as die chick blond is en bootse, ‘n kort rompie of short, ‘n blokkieshemp en ‘n cowboy hoed dra.
                                Die fokken rooi rok feature, ja.

                                7. Die song self – gaan die repetitive chorus op met ‘n oktaaf?
                                Nope, nie met hierdie song nie

                                8. Dra die “kunstenaar” dalk ‘n wit hemp saam met ‘n jean pant? Voeg ‘n ekstra punt by as die kraag opgeslaan is. Voeg nog ‘n punt by as dit snow washed jeans is.
                                Geen popped collar hierso nie, maar daai wit hemp en denim is om van jags te word as jy ‘n chick is wat nie mooi weet van grimering aansit nie.

                                9. Het die “kunstenaar” blonde highlights en probeer sy hare gel sodat dit na kruising lyk tussen Tin-Tin en David Beckham?
                                Natuurlik, my ou.

                                10. Is die song ‘n original of ‘n cover van ‘n cover van ‘n cover?
                                Hier moet mens Google inspan (jy luister mos nie eintlik hierdie kak nie).  Die antwoord is ja. Hierdie was blykbaar eers Abel Kraamsaal se song toe cover Ricky Faber dit, asook een of ander jafel genaamd Juandré. AB de Villiers se naam word ook rondgegooi.

                                11. Word daar gebruik gemaak van ‘n “fancy” kar (convertible BMW Z-reeks, Masiepa Benz, classic etc) of ‘n double cab bakkie? In die geval van ‘n bakkie – gee ‘n bonuspunt as dit ‘n Hilux is.
                                Geen karre in hierdie video te bespeur nie.

                                12. Word daar gebruik gemaak van ‘n backtrack vir die musiek se beat? Indien ‘n elektriese kitaar wel feature en hy is nie ingeplug nie, tel ‘n bonuspunt by.
                                Die fokken backtrack is teenwoordig, ja.

                                13. Gee een punt as daar enige tyd gedurende die video ‘n vuis hartstogtelik gebal word. Of wanneer ‘n handgebaar gemaak word waar dit lyk of die ou tune “net so fokken vis”.
                                Elke keer as die chorus slaan, vang hierdie marabs “net sulke fokken visse!”


                                Tel nou al hierdie punte bymekaar en score die video ‘n punt uit tien uit vir kakgeit. Kyk, ons weet daar is dertien punte om op te score en so paar bonuspunt, maar musiek in hierdie klas begin reeds met drie punte teen dit, bloot omdat dit bestaan. Vandaar die extra drie punte vir judgies.

                                Hoeveel moet mens nou weer kry om matriek te slaag? Wat? Ek kan nie hoor nie? O, dertig persent? In Ricky Faber se geval, score Kaalgat in Die Reën 10 uit 10 vir kakgeid. Hy slaag die kakgeidtoets vir Afrikaanse popmusiekvideos cum laude.

                                Ons is seker dat jy op ‘n paar sal afkom wat moontlik 12 uit 10 of dalk hoër score. Happy judging!

                                Deel met jou tjommies!

                                  You have never heard of a band called Feels and they’re probably going to be fucking huge

                                  $
                                  0
                                  0

                                  I nearly deleted an email I received yesterday because I initially thought it was spam. Normally when the subject comes in as “[your-subject]” sent via Watkykjy’s online mailing form, the body of the email usually starts off along the lines of “First off, apologies for contacting you in English, my Dutch skills aren’t that great.” – overseas companies trying to sell me some shit. Locally it is usually some PR companies (I am looking at you, Cape Town) asking for free publicity because their “client doesn’t have budget”. The client is usually some big fucking company trying to score freebies. They too, can fuck off…

                                  For some reason (probably morbid curiosity or boredom) I decided to give this email from Helsinki, Finland a quick read over and I am fucking glad that I did. It was from Jere Leskinen, a guy who started managing this totally unknown Finnish band about a month ago.

                                  They only have three songs available for now, only have 800 fans on Facebook, and have three gigs lined up around their home town. They are currently working on an EP as well as a full length album. This could be the next undiscovered gem and I am pretty sure that whichever big record label picks up on this first, could turn this talented trio into something massive. I have a similar feeling about these guys that I had about Die Antwoord back in 2008. Something just tells me these guys are destined for something big, because this genre of music is buzzing fucking hard right now.

                                  Feels is an electro-pop group formed by singer and songwriter Sofi Meronen, keyboardist Mikael Myrskog and producer (not really sure what they mean by that) Jooel Jons. They describe their music as epic, gripping and toned with northern melancholy. Scandinavian vibes. If that all sounds a bit unfamiliar to you, at least you’ll know the term ‘eletro-pop’. According to Jere the response in Finland has been “pretty nice” with both national and local radio play for both of their songs. Finland being a country with a population of just over 5 million people, not half bad but in South African terms it is almost a third of Gauteng’s population.

                                  What I really like about these guys is that they seem al jacked up and ready to go. They are a brand new outfit but already have two music videos produced to accompany two of their three songs. And it’s fucking well produced. The word “cinematic” comes to mind. It actually just makes me really want to visit that part of Europe and lock myself up in a wooden cabin somewhere with my chick, put on this band’s music and see what happens.

                                  I’ve sent their music to some of my friends to listen to and give me their opinions. One of them was Gareth Wilson (part owner of The Goodluck Bar in Joburg and Oppikoppi’s talent buyer) and he also got very excited: “So refreshing to hear a band that captures my attention from the first listen. Within the first few bars I was hooked. Expect this band to blow up very soon!”

                                  Myself and Gareth have now decided to try our very best to bring them over to South Africa for a tour as soon as we can and as soon as they are willing and ready. So all you venue owners and festival organisers, you better get in contact with us before Feels go full-tilt and we only get to see them gracing South African shores with Roxette-like reunions 30 years from now, just because you didn’t pay attention today…

                                  Website: www.feelsfeels.com
                                  Facebook: www.facebook.com/thisisfeels
                                  Support them: https://soundcloud.com/feelsfeels

                                  Their music videos:

                                  Photos of the band:feels feels-2-watkykjy Sofi-feels

                                  Deel met jou tjommies!

                                    Dit maak mos sin dat dié twee op een of ander stadium sou vassit – Superman v Batman: Dawn of Jusitce

                                    $
                                    0
                                    0

                                    Deur Maaskaas (https://twitter.com/Maaskaas)

                                    Dis eerste pouse en Groot Blou en die Donker Ridder size mekaar op. Check: Supes is daai Presidentsverkenner bra wat agtien maande terug hier ingewals het, vir die skoolnuusblaadjie skryf, en heelwaarskynlik hoofseun gaan word, maar nogsteeds so bietjie van ‘n disregard vir skooleiendom en onskuldige bystanders het. Bats is weer die marabs-met-geld prefek wat sy gwai so skiet en doodtrap voor hy fights agter die fietsloods opbreek. Dit maak mos sin dat dié twee op een of ander stadium sou vassit.

                                    Lex is so agterbakse Std. 6 laaitie en sy pa is ‘n dokter en ‘n skoolhoof. Hy gaan moontlik iewers in sy lewe die intense begeerte kry om boemies te skop. Die fokkertjie konkel en maak planne terwyl die ander twee hul World’s Finest-moves vir mekaar wys. Louise probeer uitpluis wat die misverstand veroorsaak het. Sy verteenwoordig immers die kultuurvereniging en is op die ererol. Sulke rye balkies.

                                    En dan is daar die hot, misterieuse uitruilstudent-chick wat netbalspan gekry het, sonder om proewe te speel…

                                    Dit in ‘n neutedop, is die aanvang (en baie solid chunk in totaal) van Zack Snyder/DC Comics/Warner Brothers se antwoord op Marvel Studios se dominance van die superhero genre. So sinies soos wat dit met die aanvang klink, is dit juis wat Superman v Batman: Dawn of Jusitce so wonderlik maak. Fok, ek was een van daai ouens wat van kindsbeen af comics lees en versamel en moes menigde maal aanhoor: “Hey, lees jy boeke met prentjies?” (Terloops, “Ten minste lees ek.”, is nie jou beste antwoord in daai situasie nie) en ek het heelpad deur die movie sulke lekker broekkorsies gemaak en myself fucked up geniet. Dis ‘n massive movie. Ambisieus en balls to the wall, and let’s not fool ourselves: dit is ‘n vet toffie vir die competitors, want sales matter en Zack het besluit om kwaliteit bo kamp te plaas en volg Man of Steel op met iets besonders. Dis nie foutloos nie, maar dis wat ambisie soms kweek. Mos.
                                    Awesome-Batman-v-Superman-Dawn-of-Justice-WallpaperVir die hardcore comic fans is daar baie om oor te gush. Anders as die mees recent spate Marvel movies, poog DC op hierdie stadium nie om comic storylines te recreate vir die groot skerm nie, maar skep nuwe, effens anders oorspronge vir ‘n jonger generasie en verwerk dit dikwels daarna baie cleverly terug na hul boeke toe. Kind of a different way around. Please don’t get me wrong, Geoff Johns, die pappa creative by DC, is nie onder ‘n stuk Kryptonite gebore nie – hulle betaal hard lobola op visual inspiration en classic storie-elemente. Ben Affleck se Batman is all the way Year One Frank Miller met ‘n solid dash Brian Azzarello (hulle collaborate hoeka nou op DKIII. Onthou: Sales matter) en daar is besliste All-Star Superman (Grant Morrison/Frank Quitely) references in hoe ons die Man van Môre (Henry Cavill) sien. En natuurlik die Dan Jurgens era. O fok, vir die heavy slimmes onder julle was daai nou dalk ‘n poesgroot spoiler. Alert, Alert!
                                    (Check net ook die The Dark Knight Strikes Again homage in een van die beste action set pieces van die film. O fok, daar doen ek dit amper weer, maar fokkit – dit was in die trailer, so ek spoil fokol)

                                    Gepraat van die set pieces: “Jirre, Jissis, Got!” Is pretty much wat ek in verwondering kon uitkry so tussendeur stik aan my popcorn en smarties. Dis fokken impressive. Jy wag dalk so bietjie daarvoor, maar die dosis is darem die movie deurspek. Dis nog ‘n ding – dis soms moeilik om mooi te distinguish watse movie hierdie is. Een deel journalistic exposé, een deel political thriller en een deel skop, skiet, vlieg en donder. Dis ‘n poespas, maar op ‘n bevredigende manier. Snyder behou juis sy credibility deur ‘n movie te maak wat op die regte manier gritty en broody is – miljoene kinders gaan vir die speelgoed smeek en dik raak van <insert fast food chain> se kiddies meals, maar dis eintlik heel volwasse en relevant. Dis meer eg as Gray’s Anatomy of Donald Drumpf se campaign en establish die twee óórspronklike superheroes as die ouens wat rerig uitmaak. Daar’s selfs so subliminal message oor mense wat anders as jy is aanvaar. Ek skiem daai bra van Beeskraal kan dalk baat by ‘n trippie Imax toe maak.

                                    Die flaws is basies twee groot denouement oomblikke wat effens maklik gebeur (check, denouement is Frans vir ontknoping. Ek maak uit van foreign. En gepoes word in skoolbadkamers) en die baie obvious punting van die pending Justice League movie. It did make for some delightful easter egg viewing vir ons hardened geeks, maar jirre, Zack. Ek weet van sales wat saakmaak, maar maak net eers een movie klaar. Dis DC hierdie, nie fokken Marvel nie.

                                    Amy Adams se Lois is lekker en Gal Gadot se Diana Prince verdien ‘n Woensdag se “Wonder” Warm bokkie inskrywing hier op Watkykjy. Mark Zuckerburg se Lex Luthor is lieflik, maar dis duidelik dat hy bietjie te veel tyd op Heath Ledger Joker se instagram account spandeer.
                                    gal-gadot-back_batman_supermanEinde laaste: Chris Terrio en David S. Goyer se script hou kersvas, alhoewel dit so tikkie korter kon wees. Die plot is ook net so intricate en ek kon rerig doen met 15 minute vroeër gaan pis en dampie maak. Dit verander niks aan die feit dat ek dink dis die mees befokte genre movie van ons tyd nie. I loved it en vir 2 en ‘n halwe ure was ek weer ‘n laaitie. Dis fokken priceless.

                                    Ps. My effense glipsies aside, het ek rerig hard probeer om hierdie spoiler friendly te maak. Seriously, jy moet check wat in tweede pouse gebeur. Op Imax verkieslik.

                                    PPs. My bet is op Darkside as die Justice League villian. ‘n Buddy het getune hy skiem weer Braniac. Let’s see. Sales matter.

                                    Deel met jou tjommies!

                                      Albert Frost wys hoe musicianship fokken harde werk is

                                      $
                                      0
                                      0

                                      Om jou lewe 100% te sustain as ‘n musician (met fokken goeie musiek) is kakharde werk en dit kos groot geld. Jy moet heeltyd in jouself invest en kanse vat om te kyk wat werk en wat fok uit. Life on the road ain’t cheap. Meeste van ons is bewus daarvan maar wanneer jy by ‘n show staan met ‘n brannas in die klou terwyl ‘n bra met ‘n instrument sy zak probeer verdien is dit die laaste gedagte op jou brein. Jy word entertain, raak nog dronker ná die tyd en fokof. Die muso pak op, chat met fans en klim laat in die bed om so paar ure slaap in te kry voor die volgende dag se werk begin. As jy die  “kom-ons-raak-poesdronk-voor-en-na-die-gig” tipe muso is, word jou volgende dag nog korter omdat ‘n hangover jou heeltyd poesklappe gee. Albert Frost het meer ure in sy dag as die deursnit SA musician, want hy drink al vir die afgelope vyf jaar fokol. Fokweet hoe hy dit regkry. Hy is ‘n alles-of-niks mens en het besluit om die “alles” vir musiek te gee en die “niks” vir drank.
                                      alfrost2Albert het verlede week opgevlieg van die Kaap af Gauteng toe om ‘m mediatoer te doen vir die release van sy nuwe album, The Wake Up. Fokol gigs deur die week, want daar was nie tyd vir jol en promote nie. Dis ‘n heavy risky business, want om ‘n album te record (as jy dit proper doen) is poesduur. Teen buddy-pryse kyk jy na ten minste R150k plus. Nou moet jy boonop geld laat reën vir vliegkaartjies, petrol, kos, verblyf en al daai klas van kak. Dit alles net om mense te vertel van die harde werk waarop jy so trots is. Die werk wat jou 18 maande besig gehou het in die studio en moontlik gesorg het dat jy ‘n gig hier en daar (en gevolglik inkomste) moes mis. Dink daaraan in terme van iets wat jy baie graag wil doen – dalk ‘n besigheid of een of ander fokken scheme wat jy van die grond af wil kry. Jy moet R200k leen en dis ‘n long shot en jy’s bang, want sê nou dit fok alle soort pers uit? Wat dan? If you never try, you will never know and you will always wonder about it. Right? Dis dalk tyd om ‘n kans te vat. Maybe is dit tyd vir jou eie Wake Up?

                                      Anyway, die bra moes countless radio en TV interviews doen tussen Pretoria en Joburg gedurende verlede week, en het hier by casa Watkykjy tuisgegaan. Dit alles tussen phoner interviews, Skype meetings en kak uitsort – merch, branding, toerbus, staff. The list goes on. Ek was vir die eerste deel van die eerste dag nie saam gewees nie, want fok 4am opstaan net om Joburg traffic te mis vir 7am call times op TV. Ek het my karsleutels net in Albert se general direction gegooi en iets ongeskik gemompel. Jissis, ‘n man het slaap nodig. My missions saam het hom het Dinsdag 10am begin en teen Vrydagaand het dit gevoel asof ‘n Ekurhuleni dumpster truck oor my gery en reverse het. Fokken pateties. Al wat ek gedoen het was om saam te ry en kak te praat. Uitendelik was die Gauteng promotion week agter die rug en ons het Saterdag 6:30am lughawe toe gefok.
                                      “Fok bra, weet jy hoe fokken gatvol is ek vir Albert Frost?”, tune Albert Frost my net voor ons park. Ek kyk na al die leë koeldrankblikkies, polystyrene koffie cups en chocolate wrappers waarmee hy my kar ge-decorate het deur die week en antwoord eerder nie.
                                      My “werk” was gedoen. Meanwhile back in Kaapstad het sy goose hom ingewag met ‘n van vol gear om straight na nog ‘n gig toe te ry en op te stel. Sondag moes hy heeldag rehearse en die afgelope Maandag het sy promotion vibes in die Kaap begin, gevolg deur sy eerste launch gig vir ‘n sold-out show by die Fugard Theatre gisteraand. Hierdie komende week gaan die launch toer in full gear met shows wat in Bloem begin en die week daarna eindig in Price Albert.

                                      So tussenin al die rondjaery met meetings tight op mekaar het Albert gemanage om vir so 4o minute lank stil te sit sodat ons ‘n interview vir Watkykjy ook kon doen. Rolbees het ingepull en die twee dudes het fokken lekker sit en chat. Gewoonlik het ons tyd om mooi te prep en die sound apart te record, maar hierdie keer was nie so ‘n keer nie. Vir die eerste 45 sekondes klink dit of die buurman Africa Mall probeer bou met ‘n grinder en hier in die middel rond vlieg die Guptas 5 meter bo-oor ons. Daar is ook die kwessie van die Rottweiler wat in die agtergrond kromrug trek en drie van die grootste Rottweiler-drolle uitsqueeze op die grasperk. Dis asof hy vir die kamera perform. Geen kamera nie? Sulke dassiedrolle. Kamera? Fokken Seacom cables. Ek weet nie hoekom de fok die honde dit net met Albert se interviews doen nie, maar hierdie keer het ons die visuals mooi weggesteek.

                                      Die video interview is so net oor die 13 minute lank. Vir die ouens wat die hele chat van so 30 minute lank wil luister (dis genuine ‘n fokken lekker gesprek oor musiek in general ook) het ons ‘n Soundcloud file hieronder embed. Vir die serious fans wat nie zak het om een van die shows te gaan kyk nie, drop ons ‘n mail en ons sal een dubbelkaartjie weggee vir elke show soos dit hieronder gelys is.

                                      As jy The Wake up wil koop, gaan skiet ‘n draai by VH Music – daar is option vir die fisiese CD, WAV files en FLAC files (vir die ouens met serious sound systems)

                                      Volg Albert op:
                                      Facebook
                                      Twitter
                                      Instagram

                                      frost tour

                                      Deel met jou tjommies!

                                        ‘n Vergifinisbriefie vir Koos Kombuis

                                        $
                                        0
                                        0

                                        Deur Potskerf Potgieter

                                        Vir ‘n lang ruk het ek hierie moerse wroeging binne-in my gedra. Ek het ‘n groot teenkantsbeweging, ‘n tipe van eenman terroriste organisasie sonder enige”ammo” teen Koos Kombuis geloots. Immers was dit sy toedoen dat ek een van my grootste wroegings moes uitwroeg. Soos ‘n recce in die nag gewapen met net ‘n kitaarsnaar en ‘n blikkie bulliebeef het ek iewers in 1992 my anti-Koosisme beweging begin. Ek kon nie wag om my nuut selfgeskepte “Koos is ‘n Doos” T-shirt vir die mense van Sunnyside te wys nie. Tot my groot ontnugtering het meer as wat ek op ge-bargain het my voor gekeer in Sunnypark en in Esselen straat met die volgende vraag: “wie die fok is Koos?”. Ja jy het reg gelees, nie: “who the fuck is Alice?” nie, maar “wie die fok is Koos?”. Meeste van hierie gesprekke het as volg uit gedraai:
                                        “Hey my bru!”
                                        “Yes!!” met ‘n moerse tevrede smile
                                        “wie die fok is Koos?”
                                        “Koos Kombuis man!” my smile nou minder tevrede
                                        “wie die fok is Koos Kombuis?”
                                        “Dis die doos wat Johannes Kerkorrel probeer wees!” my smile nou feitlik non-existing.
                                        “wie die fok is Johannes Kerkorrel?”
                                        “Nee my jissus man, hoe kan jy met my Afrikaans praat en nie weet wie Johannes Kerkorrel of Koos Kombuis is nie!!” my smile het nou in ‘n vertikale posisie van my mond na my voorkop verskuif.
                                        “dis nie nodig om die Here se naam fokkin ydelik te gebruik nie – ek vra net, Fok!”… en omtrent ‘n halwe kakhuisie vol variasies van bogenoemde.

                                        Nou het ek in ‘n dilemma beland – om my haat teenoor Koos uit te spreek het my nou begin irriteer, want in plaas van die “kitaarsnaar” te gebruik om Koos stadig te verwurg het ek begin vasberade raak om die ding op Sunnyside se mense te gebruik. Ek het nou met een van twee keuses gesit: of ek trek na ‘n ander neighbourhood wat vir Koos beter ken en paradeer my Koos T-shirt daar (‘n moeilike een want ek bly huur-vry in my pa se flat in Gerhard Moerdykstraat Santa Maria woonstelle nommer 606), of ek drop die hele anti-Koosisme ding. DIT was close onmoontlik want al my vriende het teen die tyd kennis gedra van my hate relationship met hom. Almal het geweet ek profeteer dat die hele Koos-aktivis-anti-regering ding net ‘n moerse show is om te probeer famous raak. Amper soos die KISS make-up – kak musiek maar cool make-up. Almal het geweet ek profeteer dat dit mense soos Koos is wat Alternatiewe Afrikaanse musiek so repeterend soos techno gaan laat begin klink.

                                        Bly sal ek bly by my geloof – sowaar as wat publieke kakhuisdeure slotte vermis sal ek hierrie veldtog deurdruk. Ek het dit ten goede gedink om heelaas my blikkie bulliebeef met Mrs Balls se hot chutney te verorber en my kitaarsnaar op te hang voor iemand seerkry. En so het my fase van geheelonthouer begin. Doelgebonde het ek my strategie van in-your-face Koosisme-haat-verkondiging verander na ‘n totale weerhoudingsaksie. Ek sal nie Koos luister nier! Ek sal nie Koos lees nie! Ek sal nie Koos praat nie! Ek sal nooit, ooit en verewig (bedoelende fokken lank van nou af) Koos koop nie! Dit sou alles goed en wel kon realiseer, het ek nie die nuwe Koos CD, Niemansland en Beyond in ‘n geweefde grasmandtjie voor my voordeur een oggend ontdek nie, met twee rooi rosies en ‘n nota op die voorblad: “Gelukkige Verjaarsdag. Kobus. Ek is nog steeds lief vir jou. Jy weet wie!” Wie die fok is “Kobus”? So het my moerse soektog na “Kobus” begin. Helikopters, die Taakmag, die FBI, die CIA, die hele Santa Maria blok woonstelle. Plakkate het opgegaan: “Kobus, kom haal jou CD by my: Santa Maria 606.” Hierrie soektog het die Osama sage na wegkruipertjie laat lyk.

                                        Alles vergeefs, Kobus het nooit sy CD om haal nie. Die feit dat ek nou met ‘n Koos CD sit wat ek nie gekoop het nie en wat nie myne is nie en wat ek nie mag luister nie en waarvan ek nie die woorde mag luister nie het my gewroeg. Probleem nommer drie het sy kop uitgesteek: “Jissie bru, ons check jy het ‘n Koos Kombuis CD ge-shop!” “Is jy uiteindelik oor die Koos ding?”
                                        “Nee fok man, dis nie myne nie!”
                                        “Wie s’n is dit?”
                                        “Dis Kobus s’n”
                                        “Wie’s Kobus?”
                                        “Ek weet nie! Dit was in ‘n mandtjie voor my deur, soos die Moses babatjie innie Bybel”
                                        “Koos is besig om jou te haunt my bru!”
                                        “Moenie fokken belaglik wees nie!”

                                        Dit het my letterlik maande gevat om van die CD te probeer ontslae raak. Eckard by Mainline Music wou nie die ding hê nie want daar was “Gelukkige Verjaarsdag” op die cover geskryf. Ek het vir eers vir Eckard probeer soft talk deur voor te stel dat ons ‘n kleurkopie maak van ‘n bestaande kopie in sy winkel. Dit het natuurlik op dowe ore geval. My volgende voorstel was dat ons 50/50 in ‘n handtekening-fraud-scam ingaan deur Koos se handtekening te vervals op die voorblad saam met die: “Gelukkige Verjaarsdag”. Die laaste voorstel het Eckard in ‘n “doos” laat verander. Ek kon nooit weer CD’s by Eckard se shop gaan koop of verkoop nie. Fok vir Eckard – ek kan van hierdie CD ontslae raak sonder hom. Dieselfde storie het by Jan se vlooimark stalletjie te Sunnypark uitgespeel. Ek het wel die handtekening-fraud idee ‘n skip gegee!

                                        koos kombhuisMy meisie wou dit nie hê nie want sy is Engels en dit kom glo van een van my ex’s af. My pa reken dit is godslasterend (ek kon nie met hom redekawel nie as gevolg van die feit dat ek nog nooit na die ding geluister het nie). My boetie was into Black Sabbath en Uriah Heep, en volgens hom is Afrikaanse musiek kak and that’s it – die einde van die storie. My sussie is ‘n groot Rina Hugo, Karen Houghaard en Modern Talking aanhanger – hier het ek maar skuins voor die tuinhekkie verby gehou. Ek het geweier om enige van my vriende aan Koos bloot te stel (alhoewel meeste van hul alreeds ‘n kopie besit het). Die laaste uitweg was Joe, die tuinjong wat Santa Maria se patchie gras so lowergroen en mooi gesny gehou het. Vol hoop nooi ek hom vir ‘n koppie koffie en begin my storie vertel van hoekom ek vir hom ‘n Koos CD wil gee – die hele anti–Koosisme tot die CD-innie-mandjie-storie. Joe was moerse in sy noppies met sy nuwe toevoeging tot sy reeds bestaande collection van vyf CD’s, en kon my nie genoeg bedank nie. Alles was wel tot die volgende oggend toe ek die CD in my posbus kry met die nota: “danki ver di mesik maar det es kak – Joe”

                                        So staan ek toe weereens voor die teologiese gevurkte pad waarna Led Zeppelin in Stairway to Heaven refereer (ek verwys graag na die normale version, nie die backward masked version soos opgesskryf deur Rodney Seal nie). Moer ek die CD weg of breek ek my eie lewensmaatstaf en luister daarna (miskien was my pa reg)? Moer-weg is nie ‘n goeie opsie nie – CD’s is immers erg duur en daar is kinders wat sonder kos gaan slaap! Is dit so verkeerd om net ondersoek in te stel? Gaan my vriende uitvind as ek dit doen? Gaan God kwaad wees omdat ek geknak het onder die druk; dalk straf Hy my dat ek nooit ‘n jackpot by ‘n casino wen nie of erger; Hy breek my kar dat ek nie meer dronk girls van The Shaft af ‘n lift huis toe kan gee nie.

                                        Ek het stadig begin met eers net Liza se Klavier want immers klink dit soos iets wat Koos Kombuis by Koos Doep gesteel het. Stadig maar seker het ek die cover begin bestudeer. Eers net die agterste gedeelte Oos wes, Koos bes! – dis hier op die agterblad wat ek tot my skok besef het Johannes Kerkorrel was betrokke op hierrie album op backing vocals en klavier. Nou ja, what will be will be. As God my kar wil breek moet Hy, as my vriende my wil mock, moet hulle. Dit was soos fyndraai: ek kon nie nou meer omdraai of briek aandraai nie – die nuuskierigheid was te groot. Ek het geskiep na Kaalvoet en ’n Boer Maak ‘n Plaat begin lees. Op hierrie stadium was ek hooked. Een na die ander song het gevolg: Paranoia was my favourite en toe Kaalvoet en toe Onder in my Whiskeyglas en toe Swart September toe word Paranoia weer my favourite en so aan en so aan…

                                        Wonder bo wonder het God nie my kar gebeek nie, my vriende het my nie gespot nie – alles was dieselfde. Dronk meisies het ‘n lift huis toe van The Shaft af gevra, my broer was nog steeds hooked op Sabbath en Heep; my sussie het die nuwe Rina album ge-shop en Joe het na vier weke weer met my begin chat. Alles was wel tot Koos eendag saam met een van my buddies kom kuier het.

                                        Koos was ‘n nomaad, en paar maande gelede het hy vir ‘n kort maand by ‘n neef in Santa maria 506 gebly. Sy regte naam was Kobus van Heerden!
                                        “My Koos Kombuis CD is eintlik Kobus s’n” het ek by myself gedink. Aanvanklik het ek besluit om die hele “Kobus-se-CD-ding” geheim te hou, maar my gewete het op die einde die upperhand gekry.

                                        Een aand by Farm Inn besluit ek toe om Koos te nader:
                                        “Kobus, sorry ek bedoel Koos – het jy ‘n babe?”
                                        “Nee …”
                                        “Het jy al ‘n babe gehad?”
                                        “Jip”
                                        “Het julle uitgemaak?’
                                        “Jip”
                                        Hierrie fokken ou was definitief nie lus om enige soort van conversation met my aan te knoop nie!
                                        “Sê my Koos, like jy van Koos?”
                                        “Hou ek van myself?”
                                        “Sorry, nee ek bedoel die sanger Koos!”
                                        “Koos Doep het lekker poetry geskryf, maar ek dink sy musiek suck”
                                        “Fok, hierrie is die langste sin wat ek die ou nog hoor uiter het vir die aand” – dink ek.
                                        “Sorry, nee ek bedoel Koos Kombuis”
                                        “Kyk my bru, ek is into Death Metal – Koos Kombuis is fucked up!”

                                        Net daar strip ek my moer vir Kobus van Heerden. Hoe durf hy insinueer Koos Kombuis is ‘n doos. Fok hom! Hy is die doos! “Hy kan fokken vergeet daarvan dat ek sy CD vir hom gaan terug gee” dink ek, terwyl ek met ongeloof na hierdie ou in sy KISS T-shirt staan en kyk. Ek’t besluit om nie verder asem te mors op ‘n Afrikaanssprekende breindood individu wat nie eens die ooreenkoms tussen poetry en musiek ken nie.

                                        So het my wroegings met die Koos’e van die wêreld tot ‘n einde gekom. My buurman se rifrug se naam is Koos, maar ek en hy kom baie goed oor die weg, en hopelik bly dit so.

                                        Koos (dis nou die Kombuis een), ek hoop jy het dit in jou om my te vergeef vir enige CD sales wat ek negatief mag beïnvloed het met die release van jou Niemandsland en Beyond CD.

                                        Vergewens Groete
                                        Potskerf

                                        Deel met jou tjommies!
                                          Viewing all 228 articles
                                          Browse latest View live