Ek wil nie by die heel begin begin nie, want dit gaan my net fokken kwaad en depressief maak. Kom ons sê maar net ek is min of meer 3 jaar terug Bitcoin aangebied om iets daaroor te skryf op Watkykjy. Ek het dit van die hand gewys. Ek het gedink dis ‘n klomp kak. Destyds was die prys hier by $300 rond gewees. Fast forward na so min of meer vier en ‘n half maande terug, einde Julie, begin Augustus 2017. Bitcoin se prys het gedraai hier by die R24k rond. Op daai stadium was ek drone befok gewees (ek is eintlik nog steeds) en het een Sondag vir myself ‘n DJi Spark bestel. Sommer so van my foon af terwyl ek lekker gesuip by ‘n music festival was. En dit terwyl ek reeds die DJI Mavic Pro met al die megafters en klokkies besit. Daar was absoluut geen rede om twee fokken drones te besit nie en ek het eintlik die zak nodig gehad. Sulke groot regretsies. Ek het die done eenkeer gevlieg en toe op Facebook onder my tjommies adverteer teen ‘n R500 knock. My tjommie, Snot, het belang gestel. Hier aangekom het hy die drone getoets en gevlieg en dadelik betaal. En my toe sommer ook op sy foon live gewys hoe hy Bitcoin uit thin air maak, want is die geld waarmee hy die drone by my koop. Ek was flabbergasted. Ek was al die jare onder die indruk dat Bitcoin ‘n kakspul is. My tjommie het my bullshit alarm solidly opgefok, want hierdie bra is een van die min mense in IT en basically enige tegniese veld wie se opinie en kennis ek 100% vertrou. Dit was asof ek al die jare lank bevriend was met ‘n Bitcoin whisperer en salig onbwewus was daarvan. In Homer Simpson se woorde: “FOK!”
Bra Snot het my patiently gehelp en raad gegee oor hoe om my eerste mining rig op te stel en aan die gang te kry. Exciting fokken tye! Ek voel net jammer vir die eerste paar tjommies wat in my firing line was. Arme Melt was ongelukkig heel eerste toe ek sy ore begin afkou het oor watse boner ek skielik vir Bitoin gekry het. Bitcoin boners all over the show. Ek was so fokken excited dat ek meer fotos as ‘n selfbehepte instagrammer begin neem en post het op Facebook. Foto’s oor die components van my mining rig, foto’s van die GPU kaarte, fotos van my eerste payout. Fotos van fokken alles. Wag, kom ek wys vir julle ook!
Jy fokken sien?!
As gevolg van al my posts en fotos op Facebook het mense my heavy begin fokken pla. Inboks messages, Whatsapp boodskappe, SMSe oproepe. Fok, even mense wat ek nie ken nie wat my nommer by so-en-so gekry het. Boodskappe van mense met wie ek beswaarlik tweejaarliks mee kommunikeer. Ek kon nie eet of kak nie – twee goed wat nogal van kardinale belang is vir basiese oorlewing. Die ongewenste gesprekke begin altyd met small talk: “Jissie uuuum… lanklaas gesels. Hoe is Johannesburg? (ek bly in Pretoria) Hoe gaan dit met jou vrou? Ons moet bietjie braai een of ander tyd… (radio silence).. So vertel vir my bietjie hoe myn ek hierdie bitcoin storie waarvan almal praat? Ek sien jy maak uit van…”
Dit was my eie fokken skuld met al die blerrie fotos op Facebook. Ignoreer was die beste geweer. Ek het wel effens met die “regte” tjommies engage en hulle vertel wat ek weet en my karige kennis gedeel en piele gevleg, maar dis ongelukkig nie ‘n vinnige 5 minute gesprek nie. Ek kan nie elke dag ‘n uur lank afstaan aan elke tweede ou wat alles oor “die bitcoin” wil weet nie. Ek het vir ‘n tydjie lank oorweeg om ‘n artikel te skryf met alles wat ek weet oor Bitcoin mining sodat mense my kon uitlos. Een van my tjommies het my so twee weke terug ook uitgevra oor die storie en dis ‘n bra met wie ek ‘n uur sal spandeer, maar ek het net nie die tyd gehad nie. Die maklike manier uit was om hom te verwys na ‘n reputable company wat Bitcoin mining parte en volle rigs bou en verkoop. Ready made tipe sit-net-jou-details-in-die-software vibes sodra die PC opstart. My vriend het sommer twee fokken rigs gekoop en beplan nou om ‘n derde een te bestel. Dis fokken groot geld vir meeste van ons.
Ek het aanhou om mense net na die company te verwys sodat hulle my kon uitlos, maar met die actual aankoop van twee masjiene deur my tjommie het ek besluit om hulle te kontak en dit bietjie vir myself ook die moeite werd te maak. In ruil vir hierdie artikel en banner ads wat julle op Wat Kyk Jy sal sien een of ander tyd, het LeetPro in Nelspruit ingestem om vir my ‘n GPU mining kaart en ‘n mining motherboard te gee. Lekker ruilhandel, huh? Hierdie ouens se diens is uitstekend en hulle pryse is nie afgryslik nie. Ek kon in fact nog nie beter pryse in Suid-Afrika opspoor nie. Hulle ship landswyd en hulle het actually stock. As jy al iets gehoor of gelees het van crypto mining, is dit probably dat daar wêreldwyd ‘n tekort aan GPUs en motherboards is. Hierdie ouens is die fokken besigheid. Ek wens ek kon dit sê omdat hulle vir my free stuff gee, maar hulle maak dinge genuine net baie makliker. Fok, ek het gesukkel op my eie aan die begin om die hoendertande op te spoor …
Maar kom ons stop net gou eers voor ons uitkom by so paar tegniese dinge sover dit bitcoin mining aanbetref. Ek is nie hier om mense te probeer oorreed om crypto currencies te koop, te trade of te myn nie. Ek deel my eerlike opnie en gebruik die bietjie ondervinding wat ek in die laaste vier of wat maande opgedoen het om mense wat my uitvra daaroor, hopelik genoeg info te gee om hulle minds op te maak oor die affêre. Ek sal jou wel vertel waar om wat te kry. Al hoe ek hierby baat is dat mense ophou om my te pla daaroor. O ja, en daai free hardware wat ek gescore het. Ons moet so paar van die algemene concerns aanspreek. Dit kan ongelukkig nie ‘n lang artikel wees nie, so as jy nie lief is vir lees nie, moet jy maar wegly van crypto currencies ook…
Wat is Bitcoin?
Die fout wat almal maak is om oor Bitcoin te praat asof dit ‘n kollektiewe naam is vir internet zak. Soos wat Cutex en Glad Wrap gebruik word asof dit die enigste van hulle soort op aarde is. Bitcoin is ‘n gedesentraliserde digitale geldeenheid wat jy oor die interweb kan rondstuur, direk van persoon tot persoon sonder om deur ‘n bank te werk. Die fooie is laer, jou account kan nie gevries word nie en daar is geen prerquisistes of limits wat jou soos ‘n tweedehandse citizen laat voel nie. O ja, en jy kan dit regoor die wêreld gebruik.
So hoe werk dit? Daar is ‘n klomp exchanges op die interweb waar jy bitcoin kan koop met dollar, Euros, Rande of ander crypto currencies. Jou bitcoin word op ‘n digital wallet gestoor op jou PC of mobile device. Die Bitcoin netwerk word aan die gang gehou deur bitcoin miners (dis nou drolle soos ek en maybe jy, een van die dae) wat op hulle beurt vergoed word in bitcoin omdat hulle nuwe transaksies verifieër. Dis allerhande complicated kak soos hashrates en toorkuns en blockchain vibes waaroor jy kan gaan oplees as jy wil. Vir die doeleindes van hierdie Watkykjy verrykende klassie na-ure, hoef jy net te weet wat hashrate min of meer beteken, maar meer daaroor bietjie later.
Die eintlike vraag wat jy jouself moet vra is “wat is crypto currencies?” Bitcoin is die grootste van meer as 1300 crypto currencies daarbuite wat jy op meer as 125 exchanges kan koop en verkoop. Die mees populêre cryptocurrencies naamlik Bitcoin en Ethereum kan jy op die Suid-Afrikaanse exchange, Luno koop en verkoop en trade en aapkak gaan. Jy hoef nie ‘n volle Bitcoin of Ethereum te koop nie. Jy kan fraksies daarvan oor tyd aanskaf en met so min as R10 se crypto currency begin. Weereens, vir die doeleindes van hierdie artikel cover ons nie trading en spekulasie nie maar crypto mining. As jy wil koop en verkoop, gaan aapkak. Moet my nie daaroor pla nie. As jy eventually besluit om crypto te myn, gaan maak vir jou solank ‘n free account by Luno oop. Jy kan dit link aan enige Suid-Afrikaanse bankrekening en dis maklik en pynloos om Etheruem of Bitcoin na jou gewone bankrekening oor te betaal in Rand.
Wat is crypto mining?
Voor ons hierdie enigsins bespreek moet ons eers die groot warning signs buite die hek ophang – hierdie is nie almal se cup of tea nie. Dit geld beide vir trading en mining van crypto currencies. Die heel beste raad wat ek elke liewe persoon gee waneer dit by mining of die aankoop en verkoop van crypto kom, is wees 100% bereid om 100% van die al die geld wat jy op crypto wil spandeer weg te bliksem vir ewig en altyd, amen. Het jy ‘n ekstra R1000 wat jy in die toilet kan afspoel? Kwaai, dan is jy miskien gereed. Hierdie is nie fokken grappies nie. Dis baie nader aan dobbel as enige iets anders. Daar is ‘n fokken huge verskil tussen investment en spekulasie en jy moet baie, baie fokken mooi gaan kyk na hoeveel jy wil insit terwyl jy bereid is om 100% afstand te kan doen van al daardie geld. Hierdie bra verduidelik mining nogal goed, so kyk eers hierdie video, dan move ons aan…
Waarmee mine mens?
Jy het hardware nodig.
High end graphics kaarte om meer spesifiek te wees. Jy kan, soos die ou in die video verduidelik het, begin deur te myn met wat jy het, mits jy ‘n high-end graphics card het wat die job kan doen. Jy kan op die interweb gaan soek vir “profitability calculators” om te kyk hoe verskillende kaarte perform en hoeveel zak jy kan maak deur verskillende coins te myn. Hier gaan dit oor daai hash rate waaroor ons vroëer gepraat het. Hier is ‘n kakkerige attempt tot ‘n verduideliking:
Op die oomblik myn ek Ethereum met drie sisteme. Een sisteem is my gewone video editing PC met ‘n Nvidia Nvidia GeForce GTX 1050 Ti kaart. Hy myn teen 14.1Mh/s (megahash per sekonde).
Dan het ek ‘n 5 kaart mining rig wat ek gebou het wat hardloop met 4 x MSi Radeon RX470 4gb kaarte en een MSi Radeon RX470 8gb kaart. Hierdie sisteem klap average 95.1Mh/s.
My volledige 6 kaart rig hardloop met 3 x MSi Radeon RX470 4gb kaarte en 3 MSi Radeon RX470 84gb kaarte en myn teen 113.2Mh/s average.
Saam myn die drie systems Ethereum teen 222,4 Mh/s average of 0,05 Ethereum elke 36 uur. Op Nanonpool (die pool waar ek mine en uitbetaal word) is die payout threshold 0.05 Ethereum. Dis ‘n uitbetaling min of meer elke 36 uur wat direk na my Luno wallet gaan. Dit neem dit my ongeveer 720 ure of 30 dae om 1 hele Etheruem te myn. Vir die slim kinders – dis omtrent ‘n maand, hoor? Op hierdie spesifieke oomblik (Vrydag ,15 Desember, 13:30) op Luno, is een Etheruem ZAR 9,878 maar in die regte lewe overseas is een Ethereum $649.32 teen ‘n dollar/R koers van R13,33 wat my ‘n totaal van R8655.43 gee. Ek score ‘n ekstra R1222 wat ek nie sou gehad het as ek nie straight na Luno to gemail het nie. Die verskil in prys is omdat Luno meer fokus op die koop en verkoop van Bitcoin en Ethereum op hulle exchanges as wat hulle worry of selfs bewus is van miners. Omdat hierdie een moerse fokken lang artikel is, sal die pryse verskil teen die tyd wat ek dit publish so paar dae later, so die syfers kan laer wees, maar sal most probably heelwat hoër wees as ek ‘n wilder raai moet vat. Ons sal verder af in die artikel uitvind…
As jy uitmaak van computer components af en tech en al daai dinge, sal jy redelik maklik vir jouself ‘n mining rig kan bou. Die maklikste manier is om maar net ‘n kompleet sisteem met die frame, alle hardware en software reeds installed by, Leetpro te bestel. Hierdie is min of meer my twee rig se specs. Ongelukkig het jy kakbaie geld nodig. Jy kan self uitwerk teen watter tyd die outjie homself sal afbetaal. Weereens – profitability calculators is jou vriend.
Vir die brawe ouens en die DIY roete het jy die volgende shopping lys nodig:
- ‘n Crypto mining motherboard wat 6 graphics kaarte kan vat op die PCI-e slots. Vir my tweede sisteem het Leetpro vir my een gegee wat sommer fokken 13 kaarte kan vat! Hy loop tans met 5 GPUs en ek kan upscale soos ek zak inkry.
- Op die heel minste 4gb RAM
- Op die heel minste ‘n Celeron processor (ek het ‘n G3900 op beide masjiene)
- Jou keuse van getal van graphics kaarte (GPUs), afhangende van hoeveel jy beplan om in jou mining rig te sit. Hierdie kaarte se pryse kan enige iets wissel tussen R3k en R15k per kaart.
- Vir elke kaart het jy ‘n riser kaart nodig om die GPUs aan die motherboard te connect. Die kaarte is te vet en gaan te warm wees om soos ‘n rye jags duiwe teen mekaar te sit.
- Ten minste ‘n 120gb SSD hard drive. Jy kan gaan vir ‘n gewone computer hard drive, maar ek is vertel jy mine beter met SSD, alhoewel ek dit nie self getoets het of regtig glo nie.
- Whatever operating system jy mee wil werk. Ek het vir Windows 10 gegaan. Maak ‘n bootable start-up disk op ‘n memory stick, sommer straight van Microsoft se site af.
- Drivers vir die GPU kaarte
- ‘n wireless USB adapter vir interwebs
- ‘n stabiele internet connection van ten minste 2mb/s
- ‘n power supply unit van ten minste 1000W
- ‘n frame om al hierdie kak in te bou (yster, aluminium of hout – jou keuse)
Die meerdeheid van crypto miners like dit om hulle GPUs te modify deur met die BIOS rond te fok om die kaart harder te laat werk. Om jou ‘n idee te gee: My kaarte (RX470) mine op average teen ‘n spoed van 20 Mh/s elk. Ek kan hulle warmer maak en hulle druk tot by 27 Mh/s elk wat beteken dat ek tussen die 11 kaarte ‘n totaal van 77 Mh/s sal score. Dis amper gelyk aan vier standaard RX470 kaarte ekstra! Meer as die helfte van ‘n standaard 6-kaart mining rig wat jy score! Dis ‘n trade-off wat jy vir jouself moet uitwerk, want ek mis eerder uit op die ekstra mining power in die hoop dat my GPUs langer sal hou – hopelik lank genoeg om 30 Ethereum coins te myn wat hopelik oor drie jaar R3mil sal werd wees. *hou so duim vas*
Jy het software nodig
Afhangende van watter crypto currency jy wil myn, het jy software nodig om mee te mine. Ek gebruik tans Claymore se dual Ethereum AMD GPU Miner v9.7 om Ethereum mee te myn. Jy kan hom hierso download:
https://github.com/nanopool/Claymore-Dual-Miner/releases/tag/v9.7. Min of meer ‘n maand gelede het ek oorgeslaan van Bitcoin mining na Ethereum mining. Vir Bitcoin mining ek het Nicehash se software gebruik. Dis die heel maklikste manier om Bitcoin mee te myn en jy kan hier lees oor die specs en presies wat die software doen. Dit kom basies daarop neer dat die software die beste algoritme kies en die mees winsgewende crypto coins myn. Jou profits word egter in Bitcoin uitbetaal. LET WEL! Nicehash is egter baie onlangs (begin Desember) ge-hack en meer as $60m se bitcoin (4,736.42 BTC) is gesteel. Hulle is glo baie naby om die service weer op die been te bring en meer secure te maak. Ekself het so paar rand daar verloor – so net oor die R250) of as jy meer positief daarna wil kyk – een dag se elektrisiteit.
Iets soortgelyks aan Nicehash, is Minergate. Dit support ‘n kakhuis vol verskillende crypto currencies wat jy na hartelus kan myn, so krap daar rond as jy lusvoel en vind uit waar jy moet wallets en dinge oopmaak om die coins te kan verkoop of trade. Ekself het hierdie nog nie probeer nie want ek hardloop al die pad Ethereum en gaan Nicehash beslis weer ‘n kans gee sodra hulle weer op die been is. Ek sal Minergate een of ander tyd hierdie week install en terugrapporteer at some point. Ek het dit reeds ge-download om te toets.
Soos genoem, mine ek tans Ethereum en ek doen dit deur Nanopool. Soos jy in die onderstaande graphic kan sien, kan jy kies tussen tien crypocurrencies om te mine. Dis fokken maklik om dit aan die gang te kry. Click op “quick start” en al die info is daar. Hulle tune jou presies wat om te download en hoe om dit te doen. Jy kan met die Claymore Dualminer meer as een currency op ‘n slag myn, maar hou maar vir nou eers by iets basic soos Etheruem. Jy kan later as jy meer vertroud is met die proses bietjie rondspeel en kyk wat gebeur.
Jy het ook die nuutse version van MSI Afterburner nodig om jou kaarte se temperature en fan speed te regulate. Maak seker daai software hardloop altyd. Jy kan die nuutste versionr hier download:
https://www.msi.com/page/afterburner
Om remotely in te log op jou masjien om te kyk of alles lekker loop gaan jy die nuutste weergawe van Teamviewer nodig kry. Kry sommer die app vir jou foon ook. Met die laaste check was hulle official website af gewees, maar ‘n vinnige Google en jy sal dit iewers in die hande kan kry. Dis free.
Jy het ‘n wallet nodig vir jou crypto coins
‘n Wallet is ‘n password password-protected container wat jou earnings stoor en ‘n network-wye ledger hou van transactions. Jy kan die beste en mees trusted Suid-Afrikaanse wallets by Luno kry om jou Bitcoin en Etheruem te stoor. Dis verniet om op te sign en jy kan selfs Etheruem en Bitcoin koop en verkoop. Jy kan Luno link met enige bankrekening locally link om die crypto wat jy myn in Rand oor te betaal. Jy kan ook van enige ander Bitcoin en Etheruem wallets af geld ontvang of vir jouself stuur. Jy kan sommer vir my ook stuur om my te bedank vir hierdie artikel as jy wil:
My Bitcoin wallet:
1J4BPoPjZxhBqFRioF3PcNe76hBnmjWPbJ
My Etheruem wallet:
0x26c5793A3f119215EBcB58Fd5440F810f5A8E622
Ek hoop jy het my bietjie getip. Hierdie is kakbaie skryfwerk….
Behalwe vir die wallet gaan jy op ‘n stadium bietjie meer secure moet gaan en daai wallet offline moet vat. Mens doen dit deur middel van ‘n cold storage wallet wat gewoonlik ‘n USB device is, of bloot deur vir jouself ‘n paper wallet uit te print. Hierdie video verduidelik heel duidelik hoe om dit te bewerkstellig:
Hierdie artikel behoort jou te cover om aan die gang te kom as jy ‘n interest het in crypto mining. Jy het absoluut ‘n groot aptyt nodig vir fokken baie leeswerk en om konstant te leer en jouself op datum te hou met wat aangaan in crypto-wêreld. Hier is ook so paar general vrae (en ‘n stelling of twee) wat gereeld opduik:
Ek weet nie eers waar om ‘n computer aan te sit nie!|
As jy nie weet waar om ‘n computer aan te sit nie, is jy fokken dik onnosel. Jy sit dit aan met die fokken power knoppie, jou nool. Hou op om so fokken simpel te probeer wees. Dis ‘n tos grappie en ouer as DOS.
As dit so maklik is, hoekom doen almal dit nie?
Jy gaan eers “maklik” moet definieer, ou perd. Sure, as jy ‘n ekstra R50k het wat rondlê waarvoor jy fokol voel, 100% vertroud is met IT, plek het vir so ‘n masjien en tyd het om trouble shooting en leeswerk te doen, dan is dit maklik. Verder neem ‘n minig rig plek op en hy maak whatever kamer hy in staan warm. Dis soos om ‘n heater in die huis te hê wat geld maak. Het jy ‘n gedeelte in jou huis of flat wat jy kan opgee waar niemand met die masjien gaan fok nie? Onthou, dis ‘n open frame PC en hy is fokken duur. Good luck as jy klein, curious kinders het.
Kom ons veronderstel jy het die zak om alles te koop, moet jou steeds die hardware in die hande kry. Dit het my fokken lank gevat om my eerste rig met ses kaarte vol te maak. Onthou, jy kan nie net sommer enige graphics kaart in die ding inkont nie.Die goed is fokken skaars. Myners en gamers compete in dieselfde mark om daai kaarte in die hande te kry. Hulel haat mekaar. En die suppliers is baie bewus hiervaan. Die manufacturers en verspreiders van GPU kaarte se pryse het gefokken skyrocket in die laaste jaar of wat. Ek het self beplan om hierdie week nog twee RX470 kaare te koop en die stock is *poof*! Nou moet ek seker vir my vrou eerder iets koop vir Krimis.
Jy het ook ‘n stable internet connection nodig. Ten minste ‘n 2mb lyn. As jy nie internet het nie en jou masjiene loop 24/7 gaan jy fokol myn en net elektrisiteit mors.
Die moontlikheid bestaan dat jy die masjien vir ‘n rukkie moet babysit en kyk dat dit stable hardloop. Jy moet ook bewus wees van die verskillende mining options. Daai selfde tjommie van my wat die twee masjiene bestel het, het dit opgestart begin mine toe toe op vakansie gewaai see toe. Hy kon vandaar af inlog van sy foon en laptop af deur middel van Teamviewer, maar dit was nie eers drie dae nie, toe kak Nicehash met daai ge-hackery. Hy was te gretig om zak te begin maak dat hy nie ‘n tweede option gereed gehad het om byvoorbeeld Etheruem te myn nie. Nie dat die option nie bestaan nie – hy het net nie geweet hoe om dit te doen nie. Hopelik weet hy teen hierdie tyd al en maak geld.
Jou kragrekening lyk seker fokken horrible?
Moontlik. Ek het nie juis indiepte daarna gekyk nie, maar as ek moet skat sal dit moontlik so tussen R500 na R900 meer per maand wees met my twee rigs en editing PC wat hardloop met ‘n totaal van 12 kaarte. Vir baie mense is kragverbruik ‘n groot issue. Vir my beteken dit fokol. Ek sien dit as ek wat ESKOM krag inruil op crypto currency. Ek myn tans presies 1 Ethereum per maand met my setup. Vrydag, 15 Desember was een Ehereum R10,899 en vandag, Maandag 18 Desember is een Ethereum R11734 werd. Ek het tussen Vrydag en Maandag R834 gescore – heel moontlik genoeg om vir die krag te betaal vir ‘n maand. In fact, ek gaan daai presiese bedrag gou oorbetaal na my FNB rekenig, dan weet ek my krag is at least gecover. Dit kan natuurlik ander kant toe ook werk en die prys van Ethereum kan drop, maar ESKOM se prys bly konstant. Vir nou.
Hierdie Bitcoin ding is niks anders as ‘n fokken bubble nie!
Jy is 100% reg en niemand weet watter kant toe die ding gaan loop nie. Crypto currency is wel die toekoms van die pad wat die wêreldekonomie gaan loop. Dis moontlik dat die sterkste crypto coin nog nie eers in development is nie. Kyk waar was Nokia in die 90s? Kyk hoe het Apple Computers gekak en kyk waar is iPhone nou? Soos met die internet bubble in die vroeë 2000s gaan ‘n klomp dinge kak, maar ‘n klomp dinge gaan survive ook. Crypto curreccies gaan nie net in sy gegeel in sy eie hol op verdwyn nie. Die ander ding om te onthou is dat mining hardloop op distributed computing. Daar sal wel werk wees vir jou hardware iewers.
Bitcoin is ‘n fokken scam, is dit nie?
My oom se nefie se vriend se hond se perd se piel het kakryk geword uit bitcoin. Join onder my en word ryk! Dis nooit te laat nie! As jy hierdie tipe kak lees op Facebook of enige ander plek – bly fokken vêr weg! Daar is vreeslik baie scammers en piramide skemas en geldmaakstories daarbuite. Sodra iemand tune “join onder my en kry mense onder jou” is dit ‘n groot vet fokken pyramid scam. Daai shemes mag dalk lyk of dit vir nou sal werk maar dit is nie sustainable nie. Dit buit desperate mense uit. Dis soos daai wondermiddels en diet pills. Die goed fokken werk nie. Daar is nie ‘n short cut na ‘n dunner lyf of ‘n dikker beursie nie. Hou op lui wees. Daar is net twee maniere om crypto currencie in die hande te kry:
1) Jy fokken myn dit met hardware
2) Jy fokken koop dit op ‘n legit exchange, nie by plekke wat persentasies daagliks terugbetaal afhangende van op watter level jy is nie.
Moenie in daai tipe “timeshare” inkoop nie. As jy weet jy het ‘n probleem met dobbel, moet om godsnaam nie met jou kredietkaart gaan bitcoin en Ethereum koop in die hoop om vinnig geld te maak nie. Ek verwys jou na reël nommer een: speel met geld wat jy 100% bereid is om nooit ooit weer te sien nie.
Het jy nou al die geld wat jy in al daai hardware invest het terug gemaak?
Nee. Ek het toe ek in Augustus met drie kaarte begin myn het deur middel van online calculators uitgewerk dat my hardware hulleself binne 10 maande sou terugbetaal, met ander woorde teen Junie 2018. Ek het intussen nog hardware aangekoop (meer as verdubbel) en mens sou aanneem dat die goal post verder aanksuif, maar in werklikheid het ek nog so twee maande om te gaan om alles te cover. Alles na dit is wins. Ek het egter ophou om geld na my FNB rekening oor te betaal, juis omdat Etheruem en Bitcoin se pryse so dramaties ge-skyrocket het. Ek het tans net onder R12k se Etheruem wat ek enige tyd kan oorbetaal. Ek het ook wel R12k se Bitcoin (alles wat ek gemyn het) drie weke terug laat uitbetaal om nog hardware te koop en dit bring my by die volgende punt…
Is dit nie te laat om te begin nie?
Soos met enige spekulasie is daar altyd die “what if?” gedagtes wat heeltyd deur jou kop maal. Op ‘n sekere punt moet jy besluit jy cash nou in, of jy hou ‘n gedeelte, of jy sit alles op swart. Toe ek my Bitcoin verkoop het vir R12k het ek geweet dit gaan probably opgaan, maar ek het daai R12k nodig gehad om hardware te koop wat ek hierdie week nie in die hande sou kon kry nie. Vandag is daardie R12k min of meer R17k werd. En dis iets waarmee jy heeltyd moet gaan vrede maak. As jy nou die hele “what if” game en “wanneer is dit te laat om te begin” game live in aksie wil sien, gaan volg die storie van die Bitcoin Pizza op Twitter. ‘n Bra genaam Laszlo Hanyec het in 2010 ‘n pizza gekoop vir 10,000 bitcoins. Die Twitter rekening volg die pizza se huidge waarde daagliks in USD.
Gaan maak dus gerus jou eie mind op. Oor alles wat jy hier gelees het. As daar ‘n aanvraag is, sal ek maybe eenkeer per maand ‘n artikel oor crypto hier kom drop. Hopelik het ek genoeg gecover vir beginners. Dis fascinating en fokken scary. Toe ek begin mine het was een Bitcoin R24k. Ek het hou by Luno ingelog en gesien dis tans R304,401 vir ‘n Bitcoin. Sommige mense reken dit gaan $100,000 vir een Bitcoin wees binnekort, but who fuckin; knows? Niemand nie.
Dis ‘n fokken bubble.