Meeste van ons is last minute shoppers vir about elke liewe geleentheid. Of dit nou vir ‘n tjommie se verjaarsdag is, ‘n aniversary present vir jou tjerrie of boyfriend, iets vir die skoonma, valentines day of Krismis. Dis in ons fokken bloed. Dis wat Suid-Afrikaners doen. Ons is laat vir alles en los alles tot om die laaste nippertjie. Op pad na die vriend of kennis se kinderpartytjie (waarvoor jy baiekeer fokol lus is nie) pop jy gou by Makro in en gryp ‘n speelding. “Fokken R500 vir ‘n bliksemse Frozen kosblik?!! Jissis!”. Of jy is daai ou wat by Spar die laaste bietjie verkakte blomme en ‘n tosserige kaartjie optel vir valentines day waarin jy net sowel kan skryf “Jy was ‘n last minute gedagte, sorry.” Of die trusty old “kom ons gryp sommer net ‘n bottel drank by Tops” vibe op pad na ‘n birtdhay braai. Ons doen dit die hele jaar deur en teen Kersfees se kant wil jy ‘n appel kak as jy saam met die res van ons jou hakke gestamp kry met trollies deur ander lede van die last-minute-shopper troppie.
Ons is ‘n fokken simpel nasie en hierdie trend sal nooit stop nie. Dis hoekom ons maar hier op Watkykjy min of meer elke jaar vir jou ‘n laas aanmekaarsit van so paar idees vir last minute shopping. Natuurlik sal ‘n groot gedeelte hiervan ook beskikbaar wees op Watkykjy se online shop. Fok, ons moet ook zak maak om Krismis aan die lewe te bly…
1. Op Watkykjy se Zefshop is daar ‘n verskeidenheid CDs en DVDs waarin jy dalk mag belangstel. Dit sluit in CDs deur Fokofpolisiekar, K.O.B.U.S, Wrestlerish en dies meer. Ons het die musiekgedeelte van die shop bietjie afgeskeep in 2017. Nie dat ons nie stock het nie. Ons het fokken skaars CDs en DVDs (veral local) waarvoor ons einde Januarie sal kans kry om werk van te maak. Dan gaan julle moet spring, want dis serious collector’s items. So gepraat van last-minute en deur die kak. Daai is ons uitgeknip… Krap hier rond vir CDs en DVDs wat tans in stock is.
2.Wat van iets waaroor ons juis gister gepraat het? Koop vir jou beter helfte ‘n klein stukkie van die groot interweb gold rush of bubble, afhangende hoe jy daarna kyk. Wat van so bietjie Ethereum of Bitcoin? Maak ‘n account oop op Luno as jy wil. Almal mos nou so fokken heeltyd oor dit en dit maak jou mal. Raak deel van die paniek.Dis bietjie van ‘n moerse onpersoonlike geskenkie, maar dit kan werk as iets aanvullend. Ek het self vir my goose R500 se Ethereum gekoop, want jy weet, “dis die gedagte wat tel”. Moet my nie so vinng judge nie. Dis nie al wat sy kry nie. Ek moet nog net die proper geskenk uitfigure… Fok!
3. Check, ek weet ons het daai bottel drank bespreek wat jy gryp op pad na ‘n braai toe, maar ons het meer verwys na Klippies, Olof Dwetg, Smirnoff en Cape To Ten Rand. Daai klaslose slaansappies. Jy kan wel klas koop en dit kos nie ‘n plaas se prys nie. Ons sal julle vroeg in volgende jaar ook bietjie meer in detail vertel van Valiant Swart se Mystic Boer Brandy, maar hierdie produk is al so ses maande op die mark en dis fantastiese brannas. Die potstill is smooth as fuck en vind veral ook aanklank by mense whiskeyliefhebbers en mense wat skiem hulle is fancy en cognac sip. Hierdie sal die perfekte gesken vir enige pa, skoonpa, vriend, neef, nig, vrou, skoonma of spesiale persoon wees. Basies enige iemand van van topklas drank hou. Jy kan dit in Makro en Tops omtrent regoor Suid-Afrika koop. En net vinnige ‘n side note vir die pielkoppe wat tune “hy na-aap vir Jack Parow” – hierdie brannas was al in beplanning wording en beplanning nog voor Jack Parow se career begin het. Mystic Boer Brandy nie ‘n rondfokproduk nie. Dis nie karatesap nie. Die ou wat hiervoor verantwoordelik is, is die bra wat Jameson’s oorgebring het Suid-Afrika toe. Nou weet jy.
4. Ons is nog steeds by drank. Ons het verlede week op Facebook laat weet dat mense met interesting produkte vir ons so bietjie info moet mail. Ons was in ‘n festive spirit en het besluit om al die produkte op hierdie lys free of charge te lys. Rusty Old Truck local Hand Crafted Liqueurs het respond met:
Rusty Old Truck – local Hand Crafted Liqueurs. Tickle your taste buds with 29 flavours! Colorful blends of port and golden nectar mead. You shall have to have some!
Contact Mark(083 303 1428) or Lindie ( 060 544 6517) for further details
https://web.facebook.com/rustyoldtruck/
Nou ja toe. Contact vir Mark of Lindie. Dit lyk na ‘n lekker kleurvolle storie om die krismistafel meer festive te maak en om vir ouma skelmpies kakdronk te maak…
5. Terug by musiek en bra Don Cobra van L.A Cobra het ook vir julle ietsie van ‘n special vir Xmas:
Hi Griffin,
Ons het ‘n special op ‘n album, tshirt (mans of vrouens) en ‘n cap vir R500. Die normale prys is R650.
Hier is ‘n link na ons Facebook Store.
Miskien kan jy dit op jou Xmas lys van kief sit!
6. Tyd om weer bietjie ons eie horing te blaas – Vape juice! Ons het kakbaie vape juice! Daar is tans 24 flavours in stock wat wissel tussen 0mg, 3mg en 6mg nikotien. Einde Januarie voeg ons nog ses flavours by en so bietjie van ‘n update oor die ophou rook vibes (13 maande skoon) en al daai lekker dinge. Hoekom voeg osn eers einde Januarie weer flavours by? Want teen daai tyd is jou new years resolution straight in sy fuck you in en jy het weer begin rook en sommer ophou gym ook. Ons fokken check jou colours, bra. Gaan shop online by http://www.watvapejy.co.za Ons vra R95 vir 30lm en as jy peanut butter smaak is daar 100ml bottels ook, want dis moerse popular.
7. Hier is iets lekker local en rock ‘n roll vir mense wat vir babas en kleuters klere moet shop en nie lus is vir Pep of Ackermans se ranges wat al die enkelbyters dieselfde laat lyk nie! Lil Zeppelin voorsien styl en kwaliteit met n rock ‘n roll element vir babas en kleuters regoor Suid Afrika. Die local Suid-Afrikaanse besigheid word gerun deur ‘n ma wat die afdrukke en kleure alles met die hand maak. Gaan check www.lil-zeppelin.com vir die volledige range wat hulle het.
8. Zefgat grootmense kan natuurlik op Zefshop gaan rondkrap vir ons range Watkykjy shirts, steeds geprys asof in 2012 bly. Daar is so drie verskillende hempies vir 2-3-jarige kiddies ook, maar met prints op die bors soos “Pappa drink want ek kak stink!” is dit nie dalk almal se cup of gin nie…
9. Is jy meer van ‘n kunssinnige kalant? Like jy fotografie? Van julle sal vertroud wees met die werk van ons fotograaf-pellie, Fred Van Leeuwen, ook bekend as The Image Engineer. Hy het onlangs van die Kaapse droogte opgevlug Johannesburg toe en operate nou van daar af. Behalwe dat hy kick-ass live band photography en videos doen is Fred ook ‘n landskapfotograaf wat op die oomblik sy prints op special het gedurende Desember. Die fotos word op Hahnemüle Museum Etched papier gedruk en hou vir 250 jaar voor dit fade, so dis pretty much meer durable as jou eie vel en sal langer as jyself hou. As dit agter UV glas gemount word sal dit blykbaar nog jare langer hou. Die ongeraamde, limited edition A2 prints is tans op special vir R2000 en kom met n certificate of authenticity. Daar is nog net 1 print oor van die weerlig in Betty’s Baai maar die res is elkeen ‘n limited edition van 5 prints.
Email info@imageengineer.co.za. vir meer inligting of besoek www.imageengineer.co.za
10. As jy like van hi-risk en geld het om te brand, koop vir jou ‘n Bitcoin of Ethereum mining rig by Leetpro computers, maar lees eers hierdie artikel wat ons gister geplaas het moerse aandagtig. Daar is tans nog twee van die tipes wat ekself gebruik oor in stock teen’n bargain van R42,499 elk. Dis dan ook sommer die duurste item op ons Watkykjy Kief Krismislys. Ja, rykgatte lees ook Watkykjy. Hulle erken dit net nie maklik nie…
Ons kan net nie ophou stress dat jy moet gaan oplees oor wat crypto mining alles behels nie. Dis nie speletjies nie…
11. So een laaste push na ons online shop. Daar is ongeveer twintig tripple ply kakpapierrolle met Julius Malema se gevreet wat daarop geprint is oor. Daar was aanvanklik so tweeduisend maar ons het nou goddank die einde van hierdie run begin betree. Daar sal ook nie nog geprint word nie , want dit was nogal ‘n fokken mission. Dis ‘n lekker ou grap-persentjie en die cheapste gift op die lys teen R35 per rol. Zefshop se orders word via courier gestuur, so as jy tussen vandag en moremiddag 13:00 bestel sal jou pakkie jou teen Vrydag bereik as jy nie in ‘n verkakte, verlate dorpie bly nie. Andersins poskantoor ons die goed vir jou once, maar dan kry jy die na Krismis…
12. Wat van Showmax vouchers vir daai pelle of familielede wat dalk interweb het, maar nie DSTV besit nie? Of dalk vir jouself? Jy kan prepaid vouchers koop by Pick ‘n Pa, CNA, Game, Makro, HiFi Corp en Incredible Connection stores. Jy kan ook jou Pick ‘n Pay Smart Shopper points switch om R198 vir ‘n driemaand voucher ter waarde van R297 te betaal. Jy kan ook eBuck, UCount en ABSA rewards gebruik of dit add op jou Mweb, Vodacom of Telkom rekening. Of add hom op jou DSTV premium account as jy een het en betaal fokol daarvoor.
Hopelik het ons jou so paar idees gegee of jou kop in een of ander unrelated denkrigting gestuur. Good luck, dis moeilik om Krismis shopping te doen.As jy nie hier kon regkom nie, gaan hang vir so paar ure uit om Takelot met jou kredietkaart. Die probleem daar is dat daar te veel goed is om van te kies dat mens baiekeer met niks opeindig. Ai, die fokken pressure!