Quantcast
Channel: Snotstories – Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

Die Pan Perde en die 2021 Bull Run – dit was nou fokken dik pret!

$
0
0

Ons het julle reeds vanoggend vertel  van wat by die 2021 Weg Ry & Sleep Bull Run gebeur het, maar wil tog net ‘n spesiale post doen vir ons span stoetmerries wat by verre in die minderheid was in terme van deelnemers, maar ook by verre die coolste span was. Die girls het nogal die koppe laat draai. Myne veral van die skoon brannas en Jagermeister wat ek moes sluk. Ons het ‘n fantastiese tyd saam met hulle gehad, voor, tydens en na die Bull Run en kan nie wag vir die volgende braai nie.

Ek stel net gou ons fotograag, Merrie van der Moot vinnig aan die woord, want hierdie hele avontuur sover dit Watkykjy se betrokkenheid betref, was eintlik haar toedoen:

My betrokkenheid by die Pan Perde en hulle Bull Run planne het een wintersaand op my stoep in die Moot oor ‘n braaivleisvuurtjie begin. Linndi (my oud kollega en goeie vriendin) het my vertel hoe sy en ‘n klomp van haar besties vir die derde jaar aan ‘n karresies in die Noordkaap gaan deelneem. Haar beskrywing van hoe dit daar lyk en wat mense daar doen, het vir my baie soos Afrikaburn geklink, maar met karre en sonder hippies. Probleem was, ek weet niks van karre nie, so deelneem was nie ‘n opsie nie. Maar ek like van reis en kuier en foto’s neem, so toe bel ek vir Griffin en hoor of ons nie ‘n plan kan maak met ‘n storie vir die website nie. And the rest, as they say, was history!

Toe ons begin reëlings tref was dit die peak van die derde Covid wave en ons moes Zoombraai en baie WhatsApps stuur aan ‘n groep vreemde merries wat ons nie van Adam af ken nie. Groot was my verligting toe elkeen van die girls later opdress en opdaag en baie entoesiasties deelneem aan elkeen van ons vreemde versoeke (en vir al ons perdgrappies lag).

En wanneer ek vandag deur al die stories lees en die fotos en videos kyk, is dit met ‘n vol hart, want ek het vier nuwe awesome vriende en ‘n sak vol van die beste memories saam met ‘n paar oues gemaak. Girls, julle rock! Julle kar, julle dekor, julle moeite en julle gees verdien alles goud in my boekies. Ek kan nie wag om te sien waarmee julle volgende jaar vorendag kom nie. Neeeeeeeiiiiiiighh!!!

Rainbows en unicorns al die pad vorentoe!

Dis dan sommer ook die perfekte geleentheid om vir al die sponsors moerse dankie te sê. Julle het die girls se las aansienlik ligter gemaak. Die Pan Perde het ‘n moerse suksesvolle Bull Run gehad in vergeleke met verlede jaar. Hierdie jaar het hulle kar nie gebreek nie en hulle kon aan alles deelneem. Op die ou einde het hulle ‘n hele spul mans ore aangesit. Uit die 160 spanne wat deelgeneem het, het die Pan Perde 63ste ge-eindig. Glattiekakkie, girls! Dit gaan in elk geval nie oor wen nie. Dit gaan meer daaroor om ‘n befokte tyd saam met befokte mense te hê, nuwe tjommies te maak en herinneringe en life experience op te bou. Ek het nog nooit so tipe festival beleef nie en ek is nou heeltemal fokken begeesterd om volgende jaar self deel te neem! Ons sal weer volgende jaar bakhand kom staan namens die Pan Perde, maar miskien sal ons self ook ‘n geldjie bedel om daar uit te kom. As jyself ooit gewonder het of jy so iets moet doen, hou op fokken wonder. Doen dit net. Al kom kamp jy net saam en braai en kuier as spectator. Kom beleef dit vir jouself, want… man, fokken doen dit net!

  • Alt Text
  • Alt Text
  • Alt Text
  • Alt Text
  • Alt Text
  • Alt Text
  • Alt Text
  • Alt Text
  • Alt Text
Die volgende persone en companies het dit hierdie jaar vir die Pan Perde moontlik gemaak om aan die Bull Run deel te neem:
  • Batman van die Moot  het  met R5000 gegee.
  • Ingilozi Familie Park  het 500 gegee.
  • Schalk, die bra wat heel eerste op die website donate het het R500 gegee en toe sommer nogR200.
  • Greg Harvey van Hunters Hill Safaris het soos Batman van die Moot ook R5000 gelas.
  • GoodGolly.co.za  het al die kar se stickers geborg, sowel as die Instax camera en die films wat daarvoor gebruik is.
  • Buks van Reliable Tyres in Centurion het 5 splinternuwe tyres geskenk.
  • Aladin van die Verre Noord  het gesorg vir R1000 vir petrol en tolhekke.
  • Stoffel van Midstream het ingespring met R3500 toe die girls se kombi wat die Mazdang moes sleep, se battery gekak het.
  • Jacques, Maryna & Carina het elk R500 gegee.
  • HiQ in Bela Bela het die tyres wat Buks donate het, verniet op die kar gefit.
  • Hannes Brummer wat as proffesionele akteur se tyd gegee het, want niks is so kosbaar soos tyd nie, julle. Niks nie.

In totaal is daar R13700 in cash gegee, sonder dat ons die battery, tyres en stickers se waarde byvoeg, so in werklikheid klok dit in net hier onder die R20k.

En natuurlik het Watkykjy die girls se media coverage, foto’s en videoproduksies geborg, maar dis soos ‘n Mastercard – dis mos fokken priceless:

Hierdie post is 222 keer in totaal gelees en 106 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,663,787 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

Trending Articles