Quantcast
Channel: Snotstories – Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

14 verniet tips oor hoe om ryk te word wat jy reeds weet, maar nooit by uitkom nie omdat jy verskonings maak.

$
0
0

Dis gewoonlik mense wat appels deur tennisrakkette kan eet wat met afguns goed kwytraak soos: “beauty catches the attention but character catches the heart“; onderbedeelde mans wat reken “dis die motion van die ocean en nie size van die skip nie” en arm mense wat sê “geld kan nooit vir jou geluk koop nie“. Ons almal doen dit gereeld en ons almal is verkeerd. In ons moere in. Daai insanely hot chick het dalk meer karakter as wat jy dink, die man in kanariegeel Lambo is piel is heel moontlik groter as jou eie en geld kan 100% geluk koop. Weet jy hoe gelukkig maak dit mense om op lekker vakansies te kan gaan, lekker geskenke, klere en gadgets te koop of te ontvang? Of om ‘n befokte kar te ry, lekker kos te vreet en sonder worries te gaan slaap? Ons praat hier van gemaklike besteebare inkomste hoor, nie skuld nie, want ek kan reeds hoor hoe die “Ja maar jy moet onthou….” teenargument oor die vlaktes aangerol kom soos ‘n mank olifant.
Daar is ‘n ellelange lys van boeke daarbuite soos Rich Dad, Poor Dad, The Millionaire Next Door, How Rich People Think en dies meer wat almal best sellers is maar as jy na die top 20 best sellers gaan kyk onder hierdie boeke is daar min of meer dieselfde reseppie: ‘n klomp kak stories wat ek skiem grotendeels opgemaak is soos die “ek moes deur 1 meter diep sneeu skool toe kruip en my ma het konfyt van bessies gemaak wat ek by die skool moes verkoop vir ‘n kwart sjilling” tipe kak. Dis totes waar dat honger die beste kok is en dat swaarkry die meeste miljoenêrs maak, maar jy moet onthou dat die meeste geld wat daai tipe mense maak (spesifiek hierdie auteurs van rykdomboeke) kom uit die verkope van hulle boeke. Of die praatjies wat hulle lewer voor uitverkoopte gehore wêreldwyd met daai Briteny Spears microphones op hule koppe sodat hulle arms vry is om dramatiese wawiele te maak soos wat hulle oor die stage paradeer. En as daai mense van die stage afklim, investeer en diversifiseer hulle al daai zak  wat hulle by die event maak in ander kak en word nog ryker.

Jy kan al hierdie boeke se boodskappe saamgooi en jy gaan altyd by dieselfde lysie van tips uitkom. Daar is geen secret tot rykword nie, al claim hulle dit. Die groot secret is jyself en wat jy met die info doen. Soos wat alkoholiste 12 stappe na recovery het, het hierdie boeke ook 7 stappe na rykdom. Of 8. Of 10. Of waddefok ever hulle jou probeer wysmaak.

So hier is sommer 14 punte wat in al daai boeke gecover word, for free:

  • Die mees obvious duh-ding is so fokken duidelik soos daglig: om minder te spandeer as wat jy verdien.
  • Vermy impulsiewe aankope. Jy met mos nou klaar al jou groceries. Hoekom wil jy ‘n fokken Kinder Egg by die til gryp? Of nog groter – jou kar is fine, jy hoef nie elke 5 jaar ‘n nuwe een te koop nie. Wil jy die res van jou lewe afbetaal aan een kar? Want dis wat jy doen.
  • Diversifiseer jou beleggings – dit beteken dat jy jou investments moet verrpei. As jy alles byvoorbeeld net in crypto indruk, gaan jy sleg tweede kom. Invest in tradisionele beleggings ook soos byvoorbeeld Satrix40.
  • Moenie laat jou kredeitkaar jou lewer regeer nie. Dis makliker gesê as gedaan, maar hierdie is ‘n fokken diep donker gat waarin jy nie wil hê die bank moet die lotion met ‘n emmertjie afstuur nie. Skuld is fokken duur, pappie!
  • Nog ‘n fokken moelike een – begin werk aan jou pad na rykdom terwyl jy jonk is. Kom ons vat eiendom as ‘n voorbeeld – as jy kan manage om in jou twintigs ‘n eiendom te koop, is hy afbetaal teen jou mid 40s en dan kan jy nog ‘n plek koop wat afbetaal is teen die tyd wat jy ‘n afgetrede sneeudeir is. Jy kan dan besluit of jy beide wil verkoop of uitverhuur of iets slim daarmee doen.
  • Stel vir jouself doewillte om jou begeertes na te streef. Ek gebruik sommer weer eiendom as voorbeeld. Ek het ‘n huis gekoop einde 2012 en die plan is om die huis se bond binne 10 jaar te settle. Ek weet nie hoedefok ek dit gaan doen nie, maar dit moet gebeur, want ek het myself belowe dit gaan gebeur, so einde 2022 gaan ‘n moerse interesting tydperk wees. Ek gaan of lag of huil. Daarna wil ek ‘n investment property koop wat afbetaal is teen die tyd wat ek ‘n bedonderde krimpie is. Dis ‘n manier om vir die toekoms te voorsien.
  • Jy kan fokken baie zak spaar deur sekere kakkerige aspekte van jou lewe te verander. Hou op rook, drink minder en eet gesonder. Skielik het jy ‘n ekstra R3k per maand. Kyk na jou gesondheid, want hospitale en dokters is poesduur. As jy gesonder lewe jy kan ook so bietjie langer lewe om jou tjieng te geniet. Jy hoef nie die drama queen van health te word nie. Begin klein – een lepel minder suiker in jou koffie, een minder swietie per week, een ekstra push-up per dag. Healthy body, healthy mind en healthy beursie.
  • The power of positive thining. Dit klink soos nog ‘n duur self-help boek wat ek nie gelees het nie maar daar is aspekte van positiewe denke wat meeste mense afmaak as ‘n pot kak. Eerlikewaar, as jy  die hele fokken tyd oor jou onderlip gaan neerslet, gaan jy nie in die regte frame of mind wees om jou eie lewe postief te beinvloed nie. Ook, as jy glo geld is van die duiwel af, het jy reeds ‘n kakhuis vol ander probleme. Het jy al gesien hoe met die bybel geklap mense is wat fokol het nie? Hulle skiem alles kom van bo af en gebeur met ‘n geloofsrede. Ok then. Geniet dit om te wag, hoor.
  • Bly vêr weg van mense wat kak aan jou probeer smous soos foon nommers vir netwerke, wonderprodukte, websites, boeke en kitsrykdom schemes. Laasgenoeme is gewoonlik ‘n piramide skema. Jy het nie ‘n bullshit artist nodig om jou ‘n les te leer nie. Doen dit fokken self.
  • Sonder om heeltemal te hard op jouself te wees of om aan die ander kant, heeltemal te veel selfvertroue te hê, wees 100% eerlik met jouself oor wat jy kan doen en wat jy nie kan doen nie. Jy gaan moet uitfigure waar die kortpad en waar die langpad is na finansiële sukses. ‘n Langpad is byvoorbeeld om ‘n pro gholfspeler te word. Jy kan nie net stokke optel by Cash Converters en more skielik die Sunhsine Tour wen nie. Sekere dinge neem tyd. O ja, die kortpad bestaan nie.
  • Die enigste sure fire manier om geld te maak, is nog altyd deur harde werk. Harde werk wat jy slim aanpak.
  • Kyk na wat om jou aangaan en wat ander mense doen. Waar is die gaps in die mark? Daar is te veel mense wat tupperware en skoonheidsprodukte verkoop. Of  vandaai bullshit koffie waarmee jy jouself kwansuis maerder kak. Vind iets anders, want as jy aan dieselfde koek probeer sny as die versadigende mark, kry almal krummels. Jy soek die hele fokken koek en die icing wat jy kan deel met so paar uitverkore mense.
  • Gee geld weg of gee geld terug. Ek het aan die begin van die jaar besluit om gesemantlik vir so 5 mense na aan my, by projekte te betrek en om gesamentlik R100k ekstra vir hulle te maak, want as hulle geld maak, maak ek ook geld. Dis dalk nie ‘n moerse bedrag nie,  en ek het nog nie my doelwit bereik nie, maar die jaar is nog nie verby nie en ek is redelik naby aan my goal. Volgende jaar gaan daai goal op na R150k toe. En wie weet, dalk betrek daardie 5 mense my by stuff wat hulle doen volgende jaar en ek maak ‘n ekstra R20k uit elkeen van hulle?

Becoming Warrent Buffet
Skep ‘n tipe van ‘n vision board en gaan kyk na die lewens van inspirerede rykgatte en figure uit hulle van ons plebs onderskei. Dit help nie om na konte soos Donald Trump of Elon Musk te kyk nie, want hulle ma’s se water het direk oor ‘n dam geld gebreek. Gaan kyk na waar hulle ouers of voorouers aan die zak gekom het. Kyk ook eerder na die filantrope onder hulle – die ouens wat gereeld miljoene weggee, want hulle is by verstek ‘n beter kwaliteit tipe mens. Ouens wat uit beskeie agtergronde kom, soos Warren Buffet.

Op 91-jarige ouderdom is Warren Buffet die tiende rykste persoon ter wêreld met ‘n net worth vat $104.1 miljard (billion in Engels). Hy  is een van die mees gerespekteerde investors in die wêreld en daar is ‘n lekker documentary van so net onder die uur-en-‘n-half wat na sy hele geskiedenis kyk tot en met vandag. Daar is ook onderhoude met die oom homself, asook sy nabye familie en sakevennote. Die interviews met sy gesin wys ‘n baie persoonlike kant maar dit cover ook Warren se tekortkominge, wat hyself ruiterlik erken.
Hy is ‘n moerse indrukwekkende omie, wat ten skpyte van sy rykdom, ‘n nederige mens van absolute integriteit is. Hy is ook mededeelsaam – nie net met sy geld nie, maar ook sy wysheid rondom rykdom en die skepping daarvan. Jy kry ‘n idee van sy lewensfilosofie en sy benadering tot die besigheidswêreld. Die omie is heavy focussed – iets wat jy nodig het om die beste in enige veld te word. Hy het groot respek vir sy medemens en sy morele kompas makeer ook fokol – goed waarmee meeste van ons sukkel.

Hierdie doccie gaan oor meer as net investing, zak en rykom. Dis ‘n mengsel van professionalitiet, leierskap, fokus, passie, deernis en menslikheid wat alles eienskappe is wat jou pad na rykdom soveel makliker sal maak. Gaan vat gou so paar lessies by die oom…

Hierdie post is 37 keer in totaal gelees en 37 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,703,087 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Viewing all articles
Browse latest Browse all 228

Trending Articles